Skrywer: Megan Zondagh

Konsertkaartjies

Ons is opgewonde om aan te kondig dat konsertkaartjies eersdaags op Quicket beskikbaar sal wees. Hou asseblief hierdie spasie dop om presies te weet wanneer kaartjie verkope open. Neem dan asseblief ook kennis dat die konsert vanaf 2 – 12 September plaasvind. As gevolg van die energievlakke en deelname van al die leerders in ons skool, vind die konsert nie elke aand gedurende daardie twee weke plaas nie. Sodra ons gereed is om Quicket oop te stel, sal almal in kennis gestel word. Wees asseblief nog ‘n rukkie...

Lees Verder

Landloop Wynberg zone wedloop: 24 Julie 2024

Drie van ons leerders het Woensdag, 24 Julie 2024, aan die Wynberg sone landloopwedloop deelgeneem. Hulle het baie goed gevaar in uiterse nat en modderige toestande. Uitslae: Lukas 17de James 19de Delmar 10de (deur na Cape Metro champs) Baie geluk, Jannies! Ons is so trots op...

Lees Verder

Rugby teen Milnerton Primary: 24 Julie 2024

Met afloop van die Kenridge rugbywedstryde, was daar bietjie nabetraging gedoen en het die afrigters skouer aan die wiel gesit met die volgende oefening. Hulle hardewerk was beloon met puik uitslae teen Milnerton Primary Woensdag(24/07) o.7A – verloor 0-2 o.7B – gelykop 5-5 o.8A – wen 5-1 o.8B – wen 4-0 o.9A – wen 4-2 o.9B – wen 4-3 o.11A – wen 24-10 o.11B – wen 26-0 o.13A – verloor 12-24 Sterkte aan al die seuns met hulle wedstryde môre teen Curro...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde – 26 Julie 2024 

  Moeder Natuur stuur die afgelope tyd baie kouefronte met wolke wat ‘oopmaak’ en die aarde seën met salige reën. Is dit nie ‘n wonderlike voorreg om met die gekletter van mildelike reën op die dak soggens wakker te word nie. Die reuk van ‘n vars en nuwe dag is so kosbaar. Dalk met al die reën die afgelope tyd, sien baie min van ons die voordele wat dit vir die grond en mense inhou, raak as gevolg van die ontwrigting en skade wat dit veroorsaak het. Met die reën het Moeder Natuur ook haar winterkloue behoorlik vir die Wes-Kaap en veral vir ons pragtige Moederstad ingeslaan. Die gure weer beïnvloed beslis weer soos die vorige jaar al ons buitemuurse aktiwiteite. Die watertafel van beide die Conradieveld en die junior veld (agter die skool) het die afgelope tyd baie gestyg en maak dit selfs moeilik om op te oefen. Ons vra dus asseblief vir jul begrip indien wedstryde en/of oefeninge gekanselleer word.  Graag wil ek al ons ouers/voogde hartlik bedank vir hul ruim bydrae via die Karri-toep vir die fondsinsamelingsprojek van Donderdag, 18 Julie, om Internasionale Nelson Mandela-Dag te vier. Te danke aan julle vrygewigheid kon ons ‘n almintige R16 000  vir ‘’The Haven Night Shelter’’ insamel sodat hulle noodsaaklike benodigdhede vir haweloses kon aankoop. ‘’The Haven Night Shelter’’ in Kaapstad bied slaapplek, kos en klere aan ongeveer 80...

Lees Verder

Netbal JvR vs Kampsbaai: 22 Julie 2024

Maandag, 22 Julie, het ons C-spanne weer die geleentheid gekry om teen Laerksool Kampsbaai te speel. Die spanne het baie goed gedoen. Ongelukkig het Woensdag se reën gemaak dat die ander spanne nie kon speel nie. Ons is baie trots op die twee spanne. Uitslae: 0.13C wen 5-3 0.9C wen...

Lees Verder

Lego-kontak

Ons is reeds besig om aan 2025 se Akademiese week te beplan. Indien enige iemand ‘n kontak het met iemand by Lego – boublokkies sal dit so gaaf wees om my (Marinda Brink) in kennis te stel. Die tema van die week is geskoei op Lego – boublokkies. Die plan is om volgende jaar se Akademiese week nog groter en met nog meer pret aan te bied. Kontak my gerus:...

Lees Verder

Western Cape Virtual Eisteddfod

Coreen Scholtz en Chanelle van Wyk het gedurende Junie aan die “Western Cape Virtual Eisteddfod” in die klavier afdeling deelgeneem, en die afgelope week hulle uitslae ontvang.  Baie geluk met julle pragtige prestasies!   Coreen Scholtz Graad 4, Klavier solo, Romanties: Goud Graad 4, Klavier solo, Kontemporêr: Silwer   Chanelle van Wyk Graad 6, Klavier solo, Modern: Silwer Graad 6, Klavier duet: Goud...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde – 19 Julie 2024 

Wie sou kon dink dat gure en ontwrigtende weersomstandighede die eerste 2 weke van die kwartaal so kon beïnvloed. Die sluiting van die skool op Donderdag, 11 Julie, deur die WKOD mag dalk vir ons vreemd wees, maar ons skool het nie noodwendig dieselfde stormskade soos die meeste skole in die Wes-Kaap opgedoen nie. Dit is veral skole in die Wynlande en Overberg wat groot skade ondervind het. Die grootste ontwrigting vir ons skool was beslis dat ons nie met die buitemuurse program kon begin nie. Selfs die jaarlikse en gewilde hokkietoernooi te Laerskool Stellenbosch moes gekanselleer word tot groot teleurstelling van die leerders en afrigters.  Soos in my vorige nuusbrief belowe, gee ek graag terugvoer rakende ons o/13A-tennisspanne (seuns en dogters) wat vanaf 08 – 12 Julie aan die prestige Sun City tennistoernooi deelgeneem het. Ons dogterspan het uitstekend gevaar deur ‘n 3de plek uit 14 skole te behaal. Ons seuns eindig 7de uit 15 skole. Ons het teen die top tennisskole in die land meegeding sonder om vir hulle terug te staan. Welgedaan, dogters. Om met ‘n 3de plek weg te stap teen heelwat groter skole, is eenvoudig net merkwaardig! Baie dankie aan juf. Suné en mnr. Rashard wat onderskeidelik die dogters- en seunspanne vergesel het. Ek sal my plig versuim indien ek nie ‘n lansie breek vir Yurich Daniels en sy tennisakademie wat instrumenteel in ons...

Lees Verder

Ella Grey presteer by ATKV-DigiKuns

Ons is ongelooflik trots op Ella Grey (gr.6) wat onlangs aangewys is as kategorie-wenner vir Beeldhoukuns: ouderdom 9 – 12 jaar. Die tema vir haar kunswerk was “Ontdekkingsreis deur die wildtuin”. Ella het nie net in die Beeldhou-afdeling presteer nie, maar behaal ook ‘n A-simbool vir haar kunswerk in die afdeling, Gemengde Media. Dankie vir jou inspirerende werk,...

Lees Verder

Jan Kas

Baie dankie vir al die Woolworths-sakke wat aan Jan Kas geskenk is. Dit maak ‘n reuse verskil en dis lekker om te weet ons doen ons deel wanneer dit by die voetspoor wat ons in die natuur los, kom. As jy enige swart Woolworths winkelsakke het waarvan jy ontslae wil raak, stuur dit asseblief saam skool toe. Leerders kan dit vir juffrou Megan in haar kantoor aflewer. Belangrike skakels: Winkeltye en skooldrag Aanlyn winkel Klere omruil: Indien jy iets gekoop het wat jy wil omruil, kan jy vir my (Megan) ‘n boodskap stuur en die item saam met jou kind skool toe stuur. Maak asb. seker dat dit steeds in die oorspronklike kondisie en sakkie(s) is. Vir enige navrae, kontak my direk d.m.v. Whatsapp: Megan – 067 448 4943 (slegs...

Lees Verder

Rugby teen Laerskool Kenridge: 17 Julie 2024

Op Woensdag, 17 Julie, het die Jannies Bellville toe gery om teen Laerskool Kenridge te speel. Hierdie wedstryd, wat lyk of dit ‘n jaarlikse instelling gaan raak, is ‘n goeie maatstaaf vir ons rugby en hoe dit ontwikkel. Alhoewel die tellings nie gister aan ons kant was nie, het ons beslis gewys dat Jannies veggees in moeilike omstandighede het. Ons volgende wedstryde is teen LS Primêr (24/06, Tuis) en Curro Langebaan (27/06, Weg). Rugby vir die kwartaal is nou amptelik in volle...

Lees Verder

Dané Olivier presteer in ballet

Dané bet tydens die Kaapse Ballet- en moderne dans Eisteddfod die volgende prestasie in haar ouderdomsgroep behaal: – Ballet repertoire – 2de plek – Eie reuse solo(kontemporêr) -1ste plek – Groep – 2de plek Sy is ook gekies om deel te neem aan die South African International Ballet Competition te Artscape vanaf 14-17 Julie. Dané is deur na die finaal van hierdie kompetisie te Artscape. Dit is ‘n groot eer om aan die kompetisie deel te neem. Welgedaan,...

Lees Verder

Netbal: JvR vs Kampsbaai, Woensdag, 17 Julie 2024

0.13A  wen 32-2 0.13B  wen 17-3 0.13C  wen 12-1 0.12A  wen 28-1 0.12B  wen 15-1 0.12C  wen 17 -3 0.11A  wen 12-2 0.11B  wen 11-0 0.11C   wen 8-0 0.10A  wen 11-1 0.10B  wen 8-5 0.9A   wen 10-2 0.9B   wen 4-1 0.9C   wen 2-0 0.8A  wen 13-0 0.8B  wen 2-0 0.7A  wen 6-0 0.7B  verloor...

Lees Verder

Tennis: Sun City tennistoernooi Julie 2024

Dit is met groot opgewondenheid dat ons die nuus deel van ons tennisspan se deelname aan die onlangse tennistoernooi te Sun City wat gedurende die week van 8-12 Julie ‘n ware beproewing van uithouvermoë en vaardigheid vir ons spelers was. Ons is verheug om ons sukses en ervarings met julle te deel.  Die toernooi het begin met intense wedstryde en ‘n atmosfeer van kompetisie wat aan ons span ‘n unieke geleentheid gebied het om hul vaardighede ten toon te stel. Met elke dag wat verloop het, het ons gesien hoe ons spelers groei en hulself op die baan uitdaag.  Vir die dogterspan was dit ‘n besondere toernooi. Hulle het hulself as formidabele mededingers bewys en het met groot vasberadenheid vir elke punt baklei. Ons is trots om aan te kondig dat ons dogters ‘n indrukwekkende derde plek in die toernooi behaal het. Hierdie prestasie getuig van hul toewyding en harde werk.  Die seuns het ook nie teruggestaan nie en het hulself as mededingende teenstaanders bewys. Hulle beklee ‘n eerbare agtste plek en het elke wedstryd met dapperheid en vasberadenheid aangedurf. Hulle prestasies is ‘n weerspieëling van hul verbintenis tot die spel en die span.  Die ondersteuning van ons jannie-gemeenskap het ‘n groot rol in ons sukses gespeel. Julle aanmoediging en ondersteuning het ons aangespoor om elke dag ons beste op die baan te lewer.  Dit was ‘n ervaring wat...

Lees Verder

Oud-Jannies Presteer: ATKV-Afrikaansolimpiade

Ons is baie trots op twee van ons oud-Jannies wat skitterend tydens hierdie jaar se nasionale senior ATKV-Afrikaansolimpiade gevaar het! Stella Malan behaal ‘n gesamentlike 4de plek in die Wes-Kaap en 7de in Suid-Afrika en Mari Swanepoel die gesamentlike  7de plek in die provinsie en 11de in die land. Dit is ‘n ongelooflike prestasie vir ‘n baie uitdagende eksamen waaraan duisende hoërskoolleerders regoor Suid-Afrika deelneem. Ons harte loop oor van trots! Welgedaan,...

Lees Verder

Roosterruiling

Eerskomende Maandag en Dinsdag se rooster sal omruil a.g.v. kooroefening wat moet plaasvind voordat die kore Maandagaand by HS JvR optree. 

Lees Verder

Skool verdaag vroeër

As gevolg van die sportnaweek (26 en 27 Julie) te Langebaan Curro het ons besluit om die skool op Vrydag, 26 Julie, vroeër te verdaag. Die hokkiespelers sowel as hul afrigters moet reeds Vrydagmiddag om 13:30 met die eerste wedstryde begin. Gr. 1-3: verdaag om 10:45 Gr. 4-7: verdaag om 11:00 Baie dankie vir die samewerking in hierdie...

Lees Verder

Bekers/trofees inhandig

Leerders wat wisseltrofees ontvang het, moet dit asseblief so gou moontlik terugbring skool toe. Handig dit asseblief by juffrou Marietjie in. 

Lees Verder

Senior Koor: Tafelberg Koorfees

Woensdag, 17 Julie 2024 Beste Ouers/Voogde, Ek deel graag meer detail met julle rakende ons senior koor se optrede by die Tafelberg Koorfees eerskomende Maandagaand (22 Julie). Plek: Hoërskool Jan van Riebeeck skoolsaal (dit vind niè meer in die Groote Kerk plaas nie) Tyd: Alle leerders moet asseblief teen 15h45 by HSJvR wees. Daar sal hoërskoolleerders wees om ons kinders na die opwarmingslokaal te neem. Die vertoning begin 18h30, en daar sal vanaf 17h00 reeds lekker pannekoek en sop in die Rooiplein te koop wees. Indien daar ouers is wie nie die vertoning bywoon nie, kan jy jou kind na afloop van die konsert, 19h30, in die opwarmingslokaal optel. Kleredrag: DOGTERS • Lang- of kortmou wit en donkerblou hemp • “Soft Shell” baadjie • Geruite rompie / donkerblou langbroek • Swart sykouse • Swart skoolskoene SEUNS • Lang- of kortmou wit en donkerblou hemp • “Soft Shell” baadjie • Khaki langbroek • Swart skoolskoene Kos: Pak asseblief vir jou kind water en iets om te eet in. Ons sal vir die kinders kans gee om rustig iets te eet voor die optrede 18h30 begin. Onthou asseblief om julle kaartjies vir die vertoning op Quicket te koop. Laat weet gerus indien daar enige vrae is. Ons sien baie uit na die Koorfees, en kan nie wag om ons nuwe musiek met almal te deel nie! Vriendelike groete, Rolene van...

Lees Verder