Geagte Ouers / Voogde – 12 Julie 2024
Dit is my groot voorreg om ons leerders, ouers/voogde en personeel hartlik terug by die skool na ‘n heerlike wintervakansie te verwelkom. Ek glo dat almal die drie weke van lekker rus behoorlik gebruik het om die spreekwoordelike battery sommer ten volle te herlaai en is ook slaggereed vir nog ‘n besige kwartaal propvol opwindende aktiwiteite wat voorlê. Een van die hoogtepunte vir die kwartaal is ongetwyfeld die twee-jaarlikse konsert wat voorlê. Daar is verder heelwat sport- en ander kultuurgeleenthede (Koor & Eisteddfod) om na uit te sien, veral die jaarlikse interskole wat tuis tydens die naweek van 16 en 17 Augustus plaasvind. Die Suid-Kaap Sporttoer vanaf 10 – 14 Junie 2024 was weereens ‘n reuse sukses en die leerders wat die toer meegemaak het, praat nog steeds met lof oor die wonderlike ervaring om teen ander skole, veral buite ons area, te speel asook die ongelooflike besienswaardighede wat hulle besoek het nie. Ons het weer nie toegelaat dat die leerders hulle selfone saam op toer neem nie. Hulle het dus saans na die sportwedstryde bordspeletjies gespeel en lekker met mekaar gesels. Dit is juis die samesyn, sosialisering en kameraadskap wat die leerders vir ‘n baie lang tyd gaan onthou en waardeer. Weereens baie dankie aan die personeel (Leon, Lucia, Ischké, Shahneé, Sharon, Maricqe, André, Erick, en Rashard) wat die leerders op toer vergesel het en so mooi na...