In die land van KI is jou brein koning!
In die land van KI is jou brein koning en dit is hoe dit hoort.
Laerskool Jan van Riebeeck se KI-beleid word tans geïmplementeer. Die doel van die beleid is om te verseker dat KI-hulpmiddels op ‘n verantwoordelike, etiese en veilige manier gebruik word om onderrig te ondersteun, maar ook om te voorkom dat leerders se kognitiewe funksies, leerprosesse en ontwikkeling bloot na KI gedelegeer word en sodoende ondermyn word.
Met hierdie konteks in gedagte, het ons in ‘n kort video opname vir ‘n paar Jannies, onvoorbereid, gevra waarom hulle skool toe kom, en vir ‘n paar ouers, waarom hulle hul kinders skool toe stuur.
Kom luister wat die Jannies sê, verstaan die potensieel negatiewe impak van KI op leer en vergewis jouself van die skool se KI-beleid.
Belangrike kennisgewing: KI-beleid
Ons wil ouers vriendelik versoek om vroegtydig kennis te neem dat daar ’n belangrike skrywe oor die skool se Kunsmatige Intelligensiebeleid in hierdie week se nuusbrief onder Jannies Gesprekke ingesluit is. Dit is van groot belang dat alle ouers die dokument aandagtig deurlees, aangesien dit riglyne bevat wat ons skoolgemeenskap direk raak. Kyk sommer ook na die kort video opname in die artikel, waar Jannies vertel waarom hulle skool toe kom, verstaan die potensieel negatiewe impak van KI op leer en vergewis jouself van die skool se KI-beleid. Skakel na artikel: In die land van KI is jou brein...
Geagte Ouers / Voogde – 03 Oktober 2025
’n Opwindende Kwartaal 3 propvol skoolaktiwiteite kom vandag amptelik tot ’n einde met die sluit van die skole vir ’n kort vakansie voordat ons die finale pylvak van die jaar aanpak. Ek hoop en vertrou dat julle ook kwartaal 3 saam met jul kind/ers en ons terdeë geniet het. Dit is vir my ’n riem onder die hart dat julle jul kinders en ons skoolaktiwiteite so lojaal ondersteun. Ek glo jul kinders is gelukkig by die skool en daardeur sê ek nie dat ons alles wat ons by die skool doen perfek doen nie, maar eerder dat die bestuurspan en personeel saam met die Beheerraad alles in hul vermoë doen om die skool net na nog hoër hoogte te lei. Die leerders se vrymoedigheid om daagliks by my kantoor te kom inloer om te groet of net om seker te maak dat ek, soos hulle dit stel: ‘’okay’ is’, is seker die beste byvoordeel wat ek, as skoolhoof, voor kon vra. Ek is saam met julle ongelooflik trots op jul kinders se prestasies, maar veral oor hul goeie maniere! Oktobermaand het haar verskyning te vinnig gemaak. Vir my is dit ’n idilliese maand en kan ek nie anders as om aan die bekende digter, C. Louis Leipoldt, se pragtige gedig oor Oktober te dink nie. ‘Dit is die maand Oktober, die mooiste, mooiste maand! Dan is die dag so helder, so groen is elke aand, so blou en sonder wolke die hemel heerlik bo, so blomtuin-vol van kleure die asvaal ou Karoo.’ So pragtig beskryf die tweede strofe van sy bekende gedig die mooiste en magiese maand van die...
Belangrike Kennisgewing oor Jan Kas Omruilings
Neem asseblief kennis dat alle omruilings binne 7 dae vanaf die datum van aankoop gedoen moet word. Ons kan ongelukkig nie klere omruil wat maande later, of selfs eers ’n jaar ná aankoop, na ons teruggebring word nie. Dankie vir julle begrip en samewerking.
Intersenfase Markdag: 2 Oktober 2025
Kom geniet ’n dag vol pret en koopgeleenthede by ons Intersenfase Markdag! Jy kan nou jou tafel op Karri bespreek. ???? Tafels kan vanaf 09:30 opgestel word. ???? Verkope begin om 10:00. Moet dit nie misloop nie – bespreek vandag nog jou plek!
Program: Laaste week van kwartaal 3
Hier volg inligting rondom die beplanning vir die laaste week van kwartaal 3: Maandag, 29 Sept: Klasse ruil soos normale rooster - akademie gaan voort Tennis uitspeel rondtes Krieket 13A-toer Dinsdag, 30 Sept: Klasse ruil soos normale rooster - akademie gaan voort Tennis uitspeel rondtes Woensdag, 1 Okt: Klasse ruil soos normale rooster - akademie gaan voort Tennis uitspeel rondtes Algemene kennis toets Donderdag, 2 Okt: Klasse ruil nie Sivviedag Markdag - Intersenfase verkoop (10:00) Tennis uitspeel rondtes Jan Kas gesluit Skool verdaag om 13:00 vir gr. 1 - 7 Vrydag, 3 Okt: Klasse ruil nie Sivviedag Vorderingsverslag (rapport) word elektronies gestuur Tennis uitspeel rondtes Jan Kas gesluit Skool sluit om 10:30 vir gr. 1 -...
Begrotingsvergadering: Maandag, 03 November 2025
Beste Ouers, Sien asseblief baie belangrike inligting hier onder rakende ons jaarlikse begrotingsvergadering op 3 November 2025: [pdf-embedder url="https://laerskooljanvanriebeeck.co.za/wp-content/uploads/2025/09/Begrotingsvergadering-Maandag-03-November-2025.pdf" title="Begrotingsvergadering Maandag, 03 November...
Geagte Ouers / Voogde – 26 September 2025
Die tweede laaste week van die besige kwartaal het omtrent vinnig verbygesnel en vandag het ons met die opwindende, tweejaarlikse akademiese- en kultuurweek afgesluit. Die week voel natuurlik ook korter met die publieke vakansiedag, naamlik Erfenisdag of ook bekend as ‘Braaidag’ wat ons jaarliks op 24 September vier. Ons land spog met ‘n magdom kulture en ‘n mengelmoes van goeie mense. Daarom vier ons jaarliks Erfenisdag op 24 September. Tydens die spesiale openbare vakansiedag vier ons as trotse Suid-Afrikaners ons kultuur en ons kosbare erfenis. Kom ons gebruik die dag om as ‘n trotse nasie ons wonderlike land, sy pragtige mense, diere en natuurskoon te waardeer. Erfenisdag is juis in 1996 ingestel om die kultuur en die unieke diversiteit van ons reënboognasie te vier! Jy kon dus op die spesiale dag self besluit gebaseer op jou taal, geloof, kultuur en herkoms om iets te doen om jou eie erfenis te vier, asook om die geleentheid te gebruik om meer oor ander kulture en hul kosbare erfenis te leer. Ek glo almal het die dag omhels en ‘n smaaklike vleisie op die kole gegooi of aan iets heerliks eie aan jou kultuur gesmul. Om ons wonderlike erfenis te vier, het ons skool op Donderdag, 25 September, spesiaal ons trotse landsvlag in die vierkant ‘gebou’. Elke graad het ‘n ander kleur van die landsvlag soos volg verteenwoordig: Graad 1: swart Graad 2: geel Graad 3: groen Graad 4: rooi Graad 5: wit Graad 6: groen Graad 7: blou Die akademiese- en kultuurweek was weereens ‘n reuse sukses en ons Jannies het al die opwindende aktiwiteite en ‘buite-die-klaskamergeleenthede’...
Rasieleier Kliniek
Vriendelike groete/ Kind regards, Megan
Pragtige Musiek in die Welgemeend
16 November – DAGBOEK DIE DATUM EN BESPREEK ‘n Baie besonderse konsert in die Welgemeend-herehuis (op die JvR Hoërskool-terrein), Tuine, Kaapstad, word op Sondag, 16 November, aangebied – om 12:30 en 15:30. Baie bekende Hofmeyr-kunstenaars tree op – in erkenning aan die familie se lang verbintenis met Welgemeend: · Violis, Zanta Hofmeyr · Fluitis, Melané Hofmeyr-Burger · Sanger-liedjieskrywer, Laurinda Hofmeyr · Komponis, Hendrik Hofmeyr – wat komposisies spesiaal vir die konsert skryf. Kaartjies teen R250 (R200 vir pensionarisse en studente), wat ook verversings insluit, kan by Quicket bespreek word: Hofmeyr Artists in...
Jantrap: 27 September 2025
Kom trap saam in die mooiste wynlandskap op die 27ste September by Meerendal. Kies tussen ‘n 5km en 10km roete. Almal is welkom. Meer inligting op die WhatsApp-groep. Sluit hier aan: Jantrap: WhatsApp-Groep
Dapper Stappers: 20 September 2025
Kom herlaai in die natuur ná ‘n besige derde kwartaal en stap saam die Elephant’s Eye-roete op 20 September. Meer inligting is op die WhatsApp-groep beskikbaar. Sluit hier by die groep aan: Dapper Stappers: WhatsApp-Groep
Geagte Ouers / Voogde – 19 September 2025
Ek hoop en vertrou dat julle ook ’n baie goeie week geniet het, veral met die Springbokke wat die vorige naweek vir die Kiwi's behoorlik gewys het waar Dawid die spreekwoordelike wortels gegrawe het. Ek glo dit was ’n moeilike week vir die New Zealanders om hul grootste rugby-pakslae ooit te verwerk. Dr. Rassie en sy span weet darem net hoe om alle Suid-Afrikaanse rugbyliefhebbers baie trots te maak. Die Kaapse weer bly darem net onvoorspelbaar en Moeder Natuur het weer die week haar “koue baadjie” aangetrek, al wil ons tog in ons harte glo dat lente uiteindelik hier is, en daarmee ook baie van ons gunsteling-blomplante. Ek glo dat julle opgelet het dat die clivias aan die voorkant (Kloofstraat se ingang) van die skool vanjaar weer in prag en praal blom met hul oranje kleure wat behoorlik die voortuin van die skool ophelder. Clivia miniata is een van ons meer bekende plante in Suid-Afrika en kom in tuine regoor die land voor. Hierdie wonderlike plante produseer nie net pragtige blomme tydens die lente nie, maar vermenigvuldig ook vinnig oor tyd, en as inheemse plante is hulle gewoond aan ons uiterste Suid-Afrikaanse klimaat. Ons pragtige oranje clivias komplimenteer ons skool se kleure beslis so mooi. Baie geluk aan Ghia (Gr. 6) en Mateo Perreira (Gr. 4) wat bronsmedaljes na afloop van die WOW se provinsiale spelkompetisie op Saterdag, 13 September, te Wellington verower het. Hulle is dan die enigste Jannies wat verder tot die nasionale rondte, wat op 11 Oktober by die Universiteit van Stellenbosch plaasvind, gevorder het. Ons is baie trots op julle en dit is baie spesiaal...
Christiaan verower goud in stoei
Ons is trots om aan te kondig dat Christiaan Cronje, op 6 September 2025, aan die Parow Wrestlemania Toernooi deelgeneem het. Hy het in die Freestyle, FS-U/10-afdeling kragte gemeet en met groot vasberadenheid die goue medalje gewen. Baie geluk, Christiaan, met hierdie uitstaande prestasie!...
Drukwerk by die skool
Het jou kind nodig om iets te print? Moenie bekommerd wees nie, ons help jou graag by die skool! Swart & wit: R5 per bladsy Kleur: R10 per bladsy Gaan betaal eers by tannie Adri (ontvangs) Sy sal vir jou 'n papiertjie gee met bewys van betaling Stuur die drukwerk in PDF-formaat aan juffrou Marecia by marecia@jvrprim.co.za Drukwerk moet minstens 24 uur voor die tyd gestuur word. Geen onmiddellike drukwerk sal gedoen word...
Belangrike Datums
april 2026
mei 2026
junie 2026
julie 2026
augustus 2026
september 2026
oktober 2026
november 2026
desember 2026
maart 2027