Kategorie: Algemeen

/ Algemeen, Nuus

Liewe Gr. R – 7-Ouers,

Neem asseblief kennis dat julle vanaf vandag (Maandag, 26 Februarie) toegang tot ‘n benoemingsvorm (nominasies – Addendum B) het om ‘n ouer(s) by die skool voor te stel wat bereid is om hom-/haarself beskikbaar vir die 2024 BR-Verkiesing te stel.

Benoemings sluit op Maandag, 04 Maart, om 13:00 en alle getekende benoemingvorms (nominasies) moet fisies dan by die adminkantoor (Jodene) ingehandig word. Neem ook asseblief kennis dat die benoemingsvorms (Addendum B) ook in harde kopie by die adminkantoor beskikbaar is.

Maak asseblief seker die benoemingsvorm is deur die volgende persone onderteken:

  1. Voorsteller
  2. Sekondant
  3. Kandidaat

Baie dankie vir julle dringende aandag en aksie.

Vriendelike groete
Naas Beets
SKOOLHOOF

BR VERKIESING 2024 - ADDENDUM B
/ Dapper Stappers, Nuus

Ons stap op Saterdag, 2 Maart, Kloof Corner op tot by die kontoerpad teen Tafelberg en dan tot by die grot, Andy’s Cave. Indien jy graag saam wil stap, sluit gerus by die Dapper Stappers-groep in die WhatsApp Community aan. Hier volg meer inligting:

  • Begin ongeveer 09:00 stap (onderhewig aan verandering, afhangend van die weer)
  • Begin met ‘n opdraende 1 km tot by die kontoerpad waarna ons ‘n gelyke roete tot by Andy’s Cave stap.
  • Alle leerders en ouers welkom, solank leerders wel al in die berg of bietjie verder gestap het en weet wat om te verwag.
  • Dis nie ‘n moeilike roete nie, maar die opdraende aan die begin kan uitdagend wees.
  • Bring sonbrandroom en trek gepaste stapskoene en ‘n hoed aan.
  • Pak genoeg water en peuselhappies.
  • Die vorm om aan te dui of jy wil saam stap en meer inligting sal binnekort op die Dapper Stappers WhatsApp-groep gedeel word.

Ek hoop om julle daar te sien!
Suzaan

/ Algemeen, Nuus

Liewe Ouers,

Neem asseblief kennis dat julle vanaf Maandag, 26 Februarie, toegang sal kry tot benoemingsvorms (nominasies – Addendum B) om ‘n ouer by die skool voor te stel wat bereid is om hom/haarself beskikbaar te stel vir die 2024 BR-Verkiesing. Benoemings sluit op Maandag, 04 Maart, om 13:00 en alle getekende benoemingvorms (nominasies) moet fisies dan by die adminkantoor (Jodene) ingehandig word. Ons sal die benoemingsvorms elektronies beskikbaar stel, maar dit is ook in harde kopie by die adminkantoor beskikbaar.

Maak asseblief seker die benoemingsvorm is deur die volgende persone onderteken:

  1. Voorsteller
  2. Sekondant
  3. Kandidaat

Volg gerus hierdie skakel vir die kennsigewing en benoemingsbekragtigingbrief.

Baie dankie vir julle dringende aandag.

Vriendelike groete
Naas Beets

/ Algemeen, Nuus

Ons het week 5 van kwartaal 1 op ‘n hoë en ‘besige’ noot afgesluit met onder andere ‘n mini-kriekettoernooi te Laerskool Hugo Rust (Wellington) op Vrydagmiddag en -aand, ‘n swemgala Vrydagmiddag tuis met 8 skole uit ons onmiddellike omgewing wat deelgeneem het, ons o.13-rugbygroep het op Saterdag, 17 Februarie, aan die ‘Onder die Berg’-rugbytoernooi deelgeneem wat HS Jan van Riebeeck aangebied het, ‘n netbalkliniek is op Saterdag, 17 Februarie, tuis deur WPNA aangebied asook ons jaarlikse koorkamp wat op Vrydag, 16 en Saterdag, 17 Februarie, plaasgevind het. Dit is omtrent ‘n mondvol en julle kan dus aflei dat ons skoolprogram besig en propvol aktiwiteite is vir ons leerders om aan deel te neem. Laat my toe om weereens al ons toegewyde onderwysers en afrigters hartlik te bedank wat al die buitemuurse aktiwiteite vir ons Jannies moontlik maak.

Die jaarlikse koorkamp onder leiding van juf. Rolene en mnr. Ben het vanjaar oor twee dae geskied, naamlik die Vrydagmiddag, 16 Februarie, en Saterdagoggend, 17 Februarie. Graag wil ek hulle hartlik gelukwens met die nuwe aanslag van koorafrigting asook die aanleer van nuwe en moderne liedjies waarmee ons leerders hulself kan vereenselwig. Ons koorleerders het die koorkamp terdeë geniet. Hulle het nie net gesing en nuwe liedjies geleer nie, maar ook aan ander pretaktiwiteite deelgeneem. Ons is saam met die koorleerders baie opgewonde en sien uit na al die kooroptredes wat die jaar op hulle wag.

Op Dinsdag, 20 Februarie, om 12:15 het ons ‘n beplande ontruiming vir brand by die skool geoefen. Ons oefen een keer per kwartaal ‘n veiligheidsontruiming sodat ons leerders en personeel presies weet watter prosedure om te volg indien een van die volgende gevaarlike situasies homself voordoen:

  • ‘n Brand
  • ‘n Bomdreigement
  • Stakings en siviele onrus.

Ek wil nie graag sportspanne of individuele leerders uitsonder nie, maar laat my toe om die volgende merkwaardige uitslae met julle te deel:

  • Ons o.13A-dogterstennisspan wen op Maandag, 19 Februarie, die o.13A-dogterspan van Laerskool Durbanville 5 – 1 tydens ‘n ligawedstryd. Baie geluk Jeanne van Heerden, Stella Pansegrouw, Stella Zulch en Ané Swanepoel. Julle maak ons baie trots! Dit wil gedoen wees om hierdie puik uitslag teen ‘n ‘groot’ skool met meer as 1 200 leerders (gr. 4 – 7) te behaal.
  • Op Woensdag, 21 Februarie, het 20 van ons leerders aan die sone-atletiekbyeenkoms te Vygieskraal deelgeneem en die volgende 9 atlete kwalifiseer vir die WP-Kampioenskappe op Woensdag, 28 Februarie, te Dal Josaphat in die Paarl:
    • Delmar Benecke
    • Jana Olivier
    • Stella Zulch
    • Frank van der Walt
    • Daniella Boshoff
    • Carter Schoeman
    • Jeanne van Heerden
    • Ellen van Heerden
    • Maia du Toit

Ons hou styf duimvas dat die boegnoemde atlete hul WP-kleure sal verwerf. Baie dankie aan mnre. Leon en Erick wat ons atlete bygestaan en vergesel het.

Ek is saam met ons leerders baie opgewonde en sien baie uit om almal later vanaand tydens die klasbraai by die Conradieveld vanaf 18:00 te ontvang. Bring dus jou piekniekmandjie of iets ‘lekkers’ om te braai en geniet die samesyn en geselligheid wat net Laerskool Jan van Riebeeck kan opdis. Ons gaan net onsself wees!

Ek herinner ook al ons graad 6- en 7-ouers om gerus ‘n plan te maak om die Opedag van HS Jan van Riebeeck op Dinsdag, 27 Februarie, om 18:00 by te woon. Hulle gaan soos gewoonlik baie moeite doen om ons leerders spesiaal te ontvang.

Graag sluit ek af met die volgende aanhaling van Chris Bertram rakende groei-ingesteldheid en wens vir julle ‘n wonderlike naweek toe:

“When you are in a growth mindset,
what that means is that you choose to see that struggle
and challenges as an opportunity for growth and
for learning and development!’’

Vriendelike groete

Naas Beets
SKOOLHOOF

/ Algemeen, Nuus

Neem asb. kennis dat geen ou skooldrag wat nou skool toe gebring word, aanvaar sal word nie. Klere is reeds alles afgelewer soos vorige skrywes gemeld het. Dankie aan diegene wat so goed reageer het. Ons kon twee skole sommer ordentlik help!

/ Algemeen, Nuus

Wat is die dinge wat jou kind gespanne en ongelukkig maak? Leer hulle van jongs af om net te fokus op dit wat HULLE kan verander en leer hulle die onderskeid. Jy mag hulle dalk baie onnodige hartseer spaar. Sien die diagram hier onder wat wys wat jou kind kan beheer en wat nie.

– Marike Badenhorst, Opvoedkundige Sielkundige

 

 

/ Algemeen, Nuus
Somersokkie gr. 5-7: 13 Maart 2024
  • Woensdag, 13 Maart 2024
  • In die skoolsaal
  • Graad 5-7-leerders welkom
  • Kaartjies op Karri teen R100 (ete ingesluit)
  • Snoepie beskikbaar

/ Algemeen, Nuus

Op Vrydag, 09 Februarie 2024, het ons weereens ‘n suksesvolle senior swemgala aangebied. Moeder natuur het hierdie keer besluit dat alhoewel die temperature die afgelope tyd rekordhoogtes bereik het, sy nie haar samewerking gaan gee nie. Die kwik het skaars 24 grade C bereik, maar die koeler weer en kouer swembadwater het nie ons entoesiastiese swemmers teruggehou nie. Baie geluk aan die onderstaande swemmers wat na afloop van die gala die volgende bekers ontvang het:

  • Junior dogterswemmer (o.10 & o.11) vir die jaar: Ellen van Heerden
  • Junior seunswemmer (o.10 & o.11) vir die jaar: Daniel van den Berg
  • Senior dogterswemmer (o.12 & o.13) vir die jaar: Bailey Thomson
  • Senior seunswemmer vir (o.12 & o.13) die jaar: Delmar Benecke

Laat my ook toe om al ons ouers, voogde, oumas en oupas wat die gala bygewoon het om hul kind/ers en kleinkinders te ondersteun, hartlik te bedank. Dit is ‘n riem onder die hart om te sien hoe ons ouers, voogde en grootouers ons leerders in alle opsigte ondersteun. Baie dankie aan mnr. Leon wat die gala gereël het asook ons Hoof van Swem, juf. Izél saam met al die ander personeel wat as beamptes opgetree het. Graag wil ek een van ons ouers uitsonder, naamlik Christo Benecke, wat elke jaar bereid is om as tydhouer op te tree. Baie dankie, Christo, ons waardeer jou tyd!

Op Dinsdagaand, 13 Februarie, het ons vir die eerste keer ‘n wintersportinligtingsaand in die saal aangebied. Die opkoms van ouers was verblywend en ek wil spesiaal die 71 ouers/voogde wat die inligtingsessie bygewoon het, hartlik bedank vir hul teenwoordigheid, insette en betrokkenheid. Die doel van die vergadering was om vroegtydig inligting en reëlings rakende die 2024 wintersportprogram met ouers/voogde te deel asook om ouers/voogde aangesig-tot-aangesig te versoek om al die sportdae, -toernooie en -wedstryde te eerbiedig deur te beplan om veral die spesifieke sportnaweke eerder tuis te bly asook om nie kinderpartytjies op sportdae/wedstryde/toernooie te reël nie. Ons sportadministrateurs en -afrigters is meer as toegewydheid om ons leerders legio geleenthede te bied, maar ons het die inkoop en ondersteuning van ons ouers/voogde nodig. By voorbaat dankie vir julle ondersteuning in die verband en geniet elke oomblik saam met jou kind/ers op die sportveld.

Op Woensdag, 14 Februarie 2024, het ons leerders en personeel saam Valentynsdag gevier. Die dag het onder andere afgeskop met al ons leerders en personeel wat spesiaal in ‘iets’ rooi, pienk en/of wit getooi was. Die valentynsdagverkope tydens eerste pouse was ‘n spreekwoordelike WENNER en ‘n reuse sukses. Dit is met groot entoesiasme en opwinding deur die leerders ondersteun. Baie dankie aan juff. Mardry, Charlene, Raché en Andri wat die vierkant so mooi verfraai het asook tydens eerste pouse met die verkope gehelp het. Baie dankie aan al ons ouers/voogde vir al die wonderlike Valentynsdagitems wat te kope was.

Tradisioneel word Valentynsdag gevier waar geliefdes hul liefde vir mekaar bewys deur geskenke, blomme of kaartjies aan mekaar te gee. Ek besef dat die dag tipies kommersieel van aard is, maar tog is dit belangrik vir ons leerders om ‘n dag van liefde en omgee te vier. Dit sluit op ‘n manier by een van ons kernwaardes, naamlik OMGEE aan. Ons kinders word groot in ‘n era en wêreld waar alles resultaatgedrewe en materialisties van aard is. Ons vergeet dat ons kosbaarste kommoditeite nie in die bank is nie en dat liefde alle kwaad oorwin. Ek hoop en vertrou dat julle ook op Valentynsdag tot in die afgrond bederf is, julle jul geliefdes bederf het en mag ons nooit die krag van liefde en vergifnis onderskat nie. Ek daag ons skoolgemeenskap uit om daagliks liefde en omgee uit te leef om die wêreld ‘n beter plek te maak. Veral in Suid-Afrika waar mense geweldig swaar kry en onder baie moeilike omstandighede leef. Net ‘n bietjie omgee, empatie en liefde sal die wêreld se verskil maak.

Laat my asseblief toe om die bekende “gospel”-sanger, Trevor Sampson, saam met sy orkes (Leon & Barleon Jaftha) hartlik te bedank vir hul puik optrede Donderdagoggend, 15 Februarie, vanaf 07:15 – 07:45 (tydens Jannies vir Jesus-tyd) in die saal. Groot dankie aan Duane Coetzee, ‘n oud-ouer van die laerskool, wat die optrede moontlik gemaak het. Baie dankie ook aan al die Jannies, ouers/voogde en personeel wat dit vrywillg bygewoon het, asook juf. Lucia vir al die reëlings.

Ek is so opgewonde en trots om die volgende rakende die kodering en robotika-onderrig met julle deel: Die graad 6’e is tans besig met kodering en programmering van toestelle wat die vogtigheid van grond kan bepaal en aandui of plante, bome, blomme, gras of struike besproeiing moet ontvang. Die leerders moes self die kodering doen om die toestel in staat te stel om die grondvogtigheid te bepaal. Hulle het die toestelle in my kantoor op my kantoorplante kom toets, en dit werk. Wel gedaan, juf. Suné, met die harde werk wat jy by kodering en robotika insit. Die leerders geniet hul gate uit.

 Baie dankie aan juf. Rolene en mnr. Ben wat vandag en môre ‘n koorkamp by ons skool aanbied om ons senior koor verder te ontwikkel en voor te berei vir toekomstige optredes. Die koorkamp behels ook lekker pretaktwiteite en ek glo die koorleerders gaan dit tereë geniet.

Ongelukkig moet ek nou my nuusbrief vir die week afsluit, maar soos oudergewoonte met ‘n inspirerende aanhaling oor groei-ingesteldheid deur Eleanore Rooseveldt en wens vir julle ‘n wonderlike naweek toe:

“The future belongs to those that believes in the beauty of their dreams’’

Vriendelike groete

Naas Beets
SKOOLHOOF

/ Algemeen, Nuus

Ons sien uit na ons jaarlikse klasbraai wat op Vrydagaand, 23 Februarie, vanaf 18:00 by die Conradieveld plaasvind. Kom kuier asb. saam deur ou en nuwe Jannie-vriendskappe te koester. Bring gerus jou eie piekniekmandjie of vleisie, kampstoele, komberse, ens. saam. Ons voorsien braaidromme en -hout. Die braaidromme word in graadgroepe van stygende orde (gr. 1 – 7) vanaf die hek tot by die klubhuis gerangskik. Kom kuier lekker saam waartydens ons die mooiste uitsig in die land kan vier!

/ Algemeen, Nuus

Om ‘n kind wat ‘n woedeuitbarsting het, te kalmeer sonder om sélf kwaad te raak, is ‘n uitdaging. Daar is wel ander maniere wat ‘n ouer kan probeer om sy of haar kind te kalmeer.

  • In plaas van: “‘n Kind wat al so groot is soos jy, tree nie meer soos ‘n baba op nie…”
    Probeer: “Grootmense voel ook soms soos jy nou voel. Dit is okay. Dit gaan weer verby…”
  • In plaas van: “Moenie wáág om dit te doen nie!”
    Probeer: “Jy mág kwaad raak, maar ek gaan nie toelaat dat jy iemand seermaak nie! Ons moet mekaar veilig hou …”
  • In plaas van: “Moenie so moeilik wees nie!”
    Probeer: “Dit is ‘n moeilike een. Kom ons kyk of ons dit nie saam kan probeer oplos nie!”
  • In plaas van: “Jy is onmoontlik!”
    Probeer: “Ek kan sien jy sukkel hiermee…”
  • In plaas van: “Hou op om so te kla!”
    Probeer: “Kan jý aan ‘n oplossing dink?”
  • In plaas van: “Gaan onmiddellik na jou kamer toe!”
    Probeer: “Ek wag hier by jou totdat jy beter voel en reg is vir ‘n drukkie…”

MARIKE BADENHORST
OPVOEDKUNDIGE SIELKUNDIGE

/ Algemeen, Nuus

Tydens die inligtingsaand van 23 Januarie en na vele gesprekke met verskeie ouers/voogde kom ek tot die besef dat die meeste ouers/voogde salig onbewus is oor die beginsel van Groei-ingesteldheid (‘Growth Mindset’) by die skool. Ons het groei-ingesteldheid alreeds in 2023 by die skool uitgerol en wil vanjaar dit verder beklemtoon en ontwikkel. Laat my dus toe om in ‘n neutedop die beginsel van groei-ingesteldheid te verduidelik. Pas dit gerus in julle gesinslewe toe. Dit het juis begin met ‘n mens se eie gedagtes veral as sukses jou die gedurig ontwyk. Mense met ‘n vaste-ingesteldheid (“Fixed Mindset”) glo dat hul intelligensie en vaardighede eienskappe is waarmee jy gebore word en dat dit nie kan verbeter nie. Mense met hierdie tipe oortuiging word maklik ontmoedig en hulle is geneig om weg te skram van moeilike take of uitdagings. Navorsing het bewys dat mense met ‘n groei-ingesteldheid glo dat jy jou intelligensie kan ontwikkel deur vaardighede aan te leer en dat jy met meer oefening en moeite die uitdaging mettertyd sal kan baasraak. Hierdie tipe mense omhels uitdagings, volhard deur struikelblokke, leer uit kritiek en soek inspirasie in ander se suksesse.

Ons doel met groei-ingesteldheid is juis om ons leerders en personeel te ontwikkel wat deursettingsvermoë, wilskrag, empatie, goeie kennis oor jouself, ‘n behoefte aan leer en ontwikkeling en ‘n ingesteldheid van groei, insluit. Om regtig jouself te wees, moet ons ruimte vir ontwikkeling skep. Navorsing toon dat breinontwikkeling slegs kan plaasvind indien uitdagende take aangepak word. Dus wil ek versoek om jou kind/ers onder jou wakende oog ‘n kans te gee om ‘n bietjie, maar tog verantwoordelik te waag en selfs te misluk terwyl hulle nog jonk is sodat die spreekwoordelike groei-ingesteldheid se ‘spiere’ kan oefen. Vertel vir jou kinders dat bekendes soos Albert Einstein, Walt Disney, Steve Jobs, Michael Jordan en Oprah Winfrey verskeie mislukkings ervaar het, voordat hulle sukses behaal het. Hulle het egter nooit tou opgegooi of weggestap van hul drome nie. ‘n Mens leer dikwels die belangrikste lewenslesse wanneer jy misluk. Ek sê gereeld vir ons sportspanne dat ‘n mens eintlik net iets leer wanneer jy eers verloor. Kollektief moet ons, ons kinders leer dat om te verloor of te misluk deel van die lewe is. Ons moet eerder fokus dat ons nie verloor nie, maar eerder daaruit leer m.a.w. jy verloor nie, jy leer net!

Op Saterdag, 03 Februarie, het ons o.13A-tennisspanne (seuns & dogters) aan Laerskool Kenridge se tennistoernooi (dubbelspel) deelgeneem. Ons tennispselers het puik gevaar. Baie geluk aan die volgende spelers:

  • Ané Swanepoel & Stella Zulch behaal 2de plek (silwer) van hul B-dubbelsgroep.
  • Adriaan Wessels & Rafa Lamprecht behaal 2de plek (silwer) van hul A-dubbelsgroep.

Op Dinsdag, 06 Februarie 2024, het die interskole atletiekbyeenkoms te HS Jan van Riebeeck se velde plaasgevind. Ons atlete het puik gevaar en 19 atlete is deur na die volgende rondte. Baie geluk aan Jana Olivier wat die o.13 gewigstoot vir dogters gewen en die rekord verbeter het. Sy het egter drie maal in 6 gooie haar eie rekord verbeter. Dit is voorwaar ‘n merkwaardige prestasie. Baie dankie aan mnr. Leon en sy span vir al die puik reëlings. Julle maak ons baie trots! Die afgelope week het daar ook verskeie tennis- en krieketwedstryde plaasgevind. Die sportprogram is in volle swang en ek versoek al ons leerders om aan ten minste een somersport deel te neem.

Baie dankie aan juf. Andri wat op Dinsdagaand, 06 Februarie 2024, die inligtingsessie rakende redenaars met al ons belangstellende leerders en hul ouers aangebied het. Redenaars leer die leerders om hul verbale- en nie-verbale kommunikasievaardighede te verbeter, effektiewe navorsing te doen, denkprosesse te ontwikkel om mense van hul standpunt te oortuig en laaste maar nie die minste nie, help dit met selfvertroue.

Soos julle bewus is, beplan ons om aktief vanaf 2024 musiek en kultuur te promoveer deur die musiek- en kultuurspyskaart uit te brei. Ons wil graag ons leerders ook aan ander musiekinstrumente blootstel, dus was ons baie opgewonde toe ons nuwe musiekinstrumente (saksofone & viole) by die skool afgelewer is. Kontak gerus juf. Rolene (nuwe Hoof van musiek en kultuur) indien jou kind in musiek belangstel en musiekonderrig wil ontvang.

Graag sluit ek af met die volgende aanhaling oor groei-ingesteldheid deur Sherman Finesilver en wens vir julle ‘n wonderlike naweek toe:

“Don’t worry about failure,
worry about the chances you miss when you don’t even try’’

Vriendelike groete

Naas Beets
SKOOLHOOF

/ Algemeen, Nuus

Ons versoek dat ouers van die agterste hek (Kerkstraat) gebruik maak om hul kinders in die middae te kom haal. Ouers / voogde kan agter parkeer of self afstap nasorgsentrum toe om hul kind te gaan haal, of jy kan vir die sekuriteitswag vra om jou kind via die “walkie talkie” te laat roep. Indien die sekuriteitswag jou kind laat roep, sal die nasorgpersoneel jou kind vergesel of opstuur na die afdakkie toe.

Ouers kan ongelukkig nie by die Kloofstraathek inry nie. Dit veroorsaak ‘n groot verkeersopeenhoping indien ouers voor by die skool probeer inkom aangesien daar net een in- en uitgang is. Hierdie hek is slegs vir personeel en besoekers aan die skool.

Baie dankie vir almal se samewerking.

/ Algemeen, Nuus

Daar is ongelukkig weer kopluise onder enkele leerders gewaar. Kyk asb. by die huis in jou kind se hare vir enige ongewenste gaste.

Indien daar tydens skooltyd luise in jou kind se hare gewaar word, sal ons jou kontak sodat jy jou kind kan kom haal. Leerders wat kopluise het, mag eers weer skool toe kom nadat die luise heeltemal verwyder is.

Wenke:

  • Indien jy wil voorkom dat jou kind kopluise kry, kan jy voorkomende sjampoe by bv. Dischem of Clicks koop.
  • Indien jy luise in jou kind se kop gewaar, koop ‘n sjampoe wat spesifiek luise en nete doodmaak.
  • Maak seker jy lees die instruksies van die luissjampoe.
  • Dit help ook om ‘n luiskammetjie te koop om nete en luise uit te kam.
  • Was jou kind se beddegoed om ontslae te raak van nete en luise wat moontlik daarop agtergebly het.

Belangrike Datums

september 2026

14sep00:0023:59Krieket: o.13A vs Brackenfell (WEG)

14sep(sep 14)00:0015(sep 15)23:59Konsert: Optrede 1

14sep(sep 14)00:0018(sep 18)23:59Skool verdaag om 13:00 (Hele week)

14sep18:0020:00Konsert Kleedrepetisie

15sep08:0008:30Algemene Kennis toets

15sep18:3020:00Konsert: Optrede 2

16sep18:3020:00Konsert: Optrede 3

17sep18:3020:30Konsert: Optrede 4 (Grand Finale)

20sep(sep 20)00:0019(sep 19)23:59Heidré Ehlers (Onderwyser) verjaar

20sep00:0023:59Krieket: o.13A toer

21sep00:0023:59Krieket: o.13A toer

21sep09:0010:00Kultuursaal

21sep10:3011:00Skrywersbesoek - Silas en die ysbeer op Tafelberg (Annie Klopper en Zandré Coetzer)

21sep16:0018:00Beheerraad-vergadering (Goedkeuring)

22sep00:0023:59Markdag - Grondslagfase

22sep00:0023:59Sivvies

22sep00:0023:59Krieket: o.13A toer

22sep08:0008:30Koffie-en-Beskuit Konsert

23sep00:0023:59Sivvies

23sep00:0023:59Skole sluit (skoolvakansie)

23sep00:0023:59Krieket: o.13A toer

24sep00:0023:59Erfenisdag

25sep(sep 25)00:0005okt(okt 5)23:59Skoolvakansie

30sep00:0023:59Monica Robertson (Klasassistent) Verjaar

Wys Meer

oktober 2026

25sep(sep 25)00:0005okt(okt 5)23:59Skoolvakansie

30sep00:0023:59Monica Robertson (Klasassistent) Verjaar

06okt00:0023:59Skole heropen

08okt00:0023:59Jannies vir Jesus

09okt00:0023:59Lead4life (Gr.6)

09okt(okt 9)00:0011(okt 11)23:59Dapper stappers kamp en stapnaweek (Greyton)

10okt08:0012:00Hs JvR - Gr.7 Inligtingsdag

12okt00:0023:59WKOD: Sistemiese Toetse

13okt12:4513:45Matrieksaal

14okt15:0017:00Graad 6-middag (Hs JvR)

16okt00:0023:59Finkom Vergadering

16okt00:0023:59Atletiek: De Hoop

16okt08:0008:00Skaak: vs Deutsche Internationale Schule Kaapstad TUIS (o.9, o.11 en o.13 span)

17okt00:0023:59Tennis: o.13A Brackenfell (Seuns & Dogters)

20okt00:0023:59Atletiek: De Kuilen (o.10 - o.13)

20okt00:0023:59Atletiek: Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)

21okt18:3018:30Hs JvR - 100 Feeskonsert (in Stadsaal)

22okt18:0019:00Kultuurkonsert ISF

23okt(okt 23)00:0022(okt 22)23:59Skaak: Panorama Skaaktoernooi

23okt00:0023:59Skaak: Panorama

23okt08:0008:00LJvR Junior Koor en St Cyprian's Junior Choir "Choir Mingle"

23okt08:0008:30Kultuurkonsert GF

24okt00:0023:59Krieket: Minikriekettoernooi by Stellenbosch (o.7 - o.9)

26okt00:0023:59Beheerraad-vergadering

26okt00:0023:59Krieket: o.10A vs Curro Durbanville (WEG)

29okt00:0023:59Krieket: o.13A & B vs Curro Durbanville

30okt00:0023:59Sivvies

31okt00:0023:59Tennis: Welegmoed Open (o.13A)

Wys Meer

november 2026

31okt00:0023:59Tennis: Welegmoed Open (o.13A)

02nov00:0023:59Begrotingsvergadering: Ouers

04nov(nov 4)00:0003(nov 3)23:59Stemdag: Openbare vakansiedag

05nov18:0019:30Opedag: Gr.1 (SLEGS OUERS)

06nov00:0023:59Somersport Eindig

07nov00:0023:59Krieket: Mini-Kriekettoernooi by Curro Hermanus (o.7 - o.9)

09nov00:0023:59Eksamen Begin (Gr.7)

10nov00:0023:59Inligtingsaand (Gr.4)

12nov00:0023:59Eksamen Begin (Gr.4-6)

12nov00:0023:59Inligtingsaand (Gr.7)

12nov00:0023:59Tennis: o.8 Rooibal by Kenridge

13nov00:0023:59Krieket: Mini-kriekettoernooi by Durbanville (o.7 - o.9)

14nov08:0008:30Sue Ballet

16nov00:0023:59Interne Sport Begin

17nov00:0023:59Huppelland Gr.R Kleedrepitisie

20nov00:0023:59Huppelland Gr.R-konsert

20nov00:0023:59Eksamen Eindig

20nov00:0023:59Krieket: Durbanville Krieket Klub (o.8 & o.9)

21nov00:0023:59Ouersport- en Pretdag

23nov18:0018:00Beheerraad-vergadering

24nov00:0023:59Prysuitdeling: Gr.1-3

26nov00:0023:59Kerskonsert

26nov00:0023:59Jan Kas Sluit

30nov00:0023:59Prysuitdeling: Gr.4-6

Wys Meer

desember 2026

30nov00:0023:59Prysuitdeling: Gr.4-6

02des00:0023:59Atletiek

03des00:0023:59Prysuitdeling: Gr.6-7

03des08:0008:30Graad 3-Afskeid

04des00:0023:59Atletiek

07des00:0023:59Gr.7-Sokkie

08des00:0023:59Sivvies

08des00:0023:59Gr.7-Afskeid

09des00:0023:59Skole sluit (Leerders)

09des00:0023:59Sivvies

11des00:0023:59Skole sluit (Personeel)

14des(des 14)00:0012jan(jan 12)23:59Skoolvakansie

16des00:0023:59Versoeningsdag

25des00:0023:59Kersfees

26des00:0023:59Welwillendheidsdag

Wys Meer

januarie 2027

14des(des 14)00:0012jan(jan 12)23:59Skoolvakansie

01jan00:0023:59Nuwejaarsdag

08jan09:0012:00Jan Kas Open

11jan07:0010:00Jan Kas op

11jan08:0008:30Skool Open - Personeel

11jan08:3008:30EXCO-Vergadering

12jan08:0009:00Fasevergaderings

12jan12:0012:00Personeelvergadering

12jan13:0014:30Jan Kas oop

13jan08:0008:00Geen Klasruiling

13jan08:0008:00Saalbyeenkoms leierbalkies word oorhandig

13jan08:0008:30Skool Open - Leerders

13jan14:0014:00Atletiekspan oefen

13jan14:1014:10Nasorg Begin

14jan08:0008:30Klasruilings

14jan08:0008:30Karri-lyste oop vir bekendstellingsaand

15jan00:0023:59Swem: Senior Kleur Gala

18jan08:0008:00Buitemuurs Begin

19jan17:0017:00Huppelland Bekendstellingsfunksie

21jan07:1507:15Jannies-vir-Jesus begin

21jan17:0017:00Bekendstellingsfunksie: Musiekvergaderings

21jan18:0018:00Bekendstellingsfunksie: Klasvergaderings

21jan19:0019:00Bekendstellingsfunksie: Algemene vergadering in Saal

22jan08:0008:00Toets: Engels (gr.4&6)

22jan08:0008:00Toets: Afrikaans (gr.5&7)

23jan08:0008:00Lead4life: Leerderraad (LsJvR)

28jan00:0023:59Netbal: Patrys Netbaltoer (o.12 & o.13)

29jan(jan 29)00:0028(jan 28)23:59Sivvies: Skool Verjaar

29jan00:0023:59Netbal: Patrys Netbaltoer (o.12 & o.13)

29jan08:0008:00Toets: Engels (gr.5&7)

29jan08:0008:00Toets: Afrikaans (gr.4&6)

30jan(jan 30)00:0029(jan 29)23:59Junior Koorkamp

30jan00:0023:59Netbal: Patrys Netbaltoer (o.12 & o.13)

31jan(jan 31)00:0030(jan 30)23:59Skool Verjaar (106)

Wys Meer

februarie 2027

04feb00:0023:59Netbal: Voorseisoen (o.7 - o.13)

05feb(feb 5)00:0004(feb 4)23:59Senior Koorkamp

05feb08:0008:00Toets: Wiskunde (gr.4-7)

06feb(feb 6)00:0005(feb 5)23:59Senior Koorkamp

06feb00:0023:59Tennis: o.13A & B Kenridge (seuns & dogters)

08feb(feb 8)00:0012(feb 12)23:59Interne Redenaarskompetisie

11feb00:0023:59Netbal: Voorseisoen (o.7 - o.13)

12feb00:0023:59Krieket: Hugo-Rust Mini-kriekettoernooi (o.7 - o.9)

12feb08:0008:00Toets: NWT/NW (gr.4-7)

12feb08:0008:00FINKOM vergadering

12feb08:0008:00Sivvies: Valentynsdag

13feb00:0023:59WPNA: Netbalkliniek (o.7 - o.13)

14feb(feb 14)00:0013(feb 13)23:59Valentynsdag

16feb00:0023:59Atletiek: Interskole

17feb08:0008:30Graad 5&7 Kamp

18feb00:0023:59Netbal: Voorseisoen (o.7 - o.13)

18feb08:0008:30Graad 5&7 Kamp

19feb08:0008:30Toets: SW (gr.4-7)

19feb08:0008:30Graad 5&7 Kamp

19feb18:0018:00Klasbraai Laerskool (Conradieveld)

20feb00:0023:59WPNA: Netbalkliniek (o.7 - o.13)

25feb00:0023:59Netbal: Voorseisoen (o.7 - o.13)

25feb18:0018:00Huppelland Klasbraai (Conradieveld)

26feb00:0000:30Swem: Junior Kleur Swemgala

26feb00:0023:59SOMERSPORT EINDIG

26feb08:0008:30Sivviedag

26feb08:0008:30Toets: SW (Gr.4&&)

27feb00:0023:59Netbal: Onder die Berg (Hs JvR) o.12 & o.13

27feb00:0023:59Rugby: Onder die Berg (HsJvR) o.12 & o.13

Wys Meer

maart 2027

01mrt00:0023:59WINTERSPORT BEGIN

03mrt00:0023:59Eliam Kaunda (Terrein) verjaar

04mrt08:0008:30Toets: EBW (gr.7)

05mrt00:0023:59Netbal: Bulfees (o.8 - o.13)

05mrt00:0023:59Rugby: Bulfees (o.7 - o.13)

05mrt07:4508:45Kooroefening

05mrt08:0008:30Skool verdaag vroeër

11mrt18:0018:00Somersokkie (gr.5-7)

12mrt00:0023:59Hokkie: Lochnerhof (WEG) o.7 - o.13

12mrt08:0008:30Algemene Kennis toets

12mrt08:0008:30Skool verdaag vroeër

12mrt08:0008:30FINKOM Vergadering

13mrt00:0023:59Netbal: Lochnerhof (WEG) o.7 - o.13

13mrt00:0023:59Rugby: Lochnerhof (WEG) o.7 - o.13

15mrt08:0008:30Musiekkonserte (Gr.5-7)

16mrt08:0008:30Musiekkonserte (gr.2-4)

17mrt08:0008:30Junior Koorfees in skoolsaal

18mrt00:0023:59JvR Gholf Dag

18mrt08:0008:30Huppelland Spesiale Personedag

18mrt08:0008:30Sivvies

18mrt08:0008:30Oranjeriviertoer vertrek

18mrt08:0008:30Skool verdaag vroeër

18mrt10:0010:00Markdag

19mrt00:0023:59Rugby: o.11A & B Willie le Roux Fees

19mrt08:0008:30Sivvies

19mrt10:0010:30SKOOL SLUIT

20mrt00:0023:59Rugby: o.11A & B Willie le Roux Fees

21mrt00:0023:59Rugby: o.11A & B Willie le Roux Fees

21mrt00:0023:59Menseregtedag

22mrt00:0023:59Rugby: o.11A & B Willie le Roux Fees

22mrt(mrt 22)00:0005apr(apr 5)23:59Skoolvakansie

26mrt00:0023:59Goeievrydag

26mrt12:0012:00Sue-Ann Bouw (Adminassistent) verjaar

29mrt00:0023:59Familiedag

Wys Meer

april 2027

22mrt(mrt 22)00:0005apr(apr 5)23:59Skoolvakansie

06apr08:0008:30Skool Heropen

06apr08:0008:30Buitemuurse Winterprogram begin

06apr08:0008:30Nasorg begin

08apr07:0007:00Fasevergaderings

09apr00:0023:59Hokkie: o.13A Van Riebeeckstrand (Seuns & Dogters)

09apr08:0008:00Toets: Afrikaans (gr. 4&6)

09apr08:0008:00Toets: Engels (gr.5&7)

10apr00:0023:59Netbal: o.10A Netbaltoernooi

10apr12:0022:00KAPPERJOLLE

12apr08:0008:00GEEN SPORT

12apr13:0013:00Skool verdaag 13:00

12apr13:3013:30Ouerbesoeke

13apr08:0008:00GEEN SPORT

13apr13:0013:00Skool verdaag 13:00

13apr13:3013:30Ouerbesoeke

15apr07:1507:45Jannies vir Jesus begin

16apr00:0023:59Hokkie: Worcester-Noord (TUIS) o.7 - o.13

16apr08:0008:30Skool verdaag vroeër

16apr08:0008:30FINKOM-vergadering

16apr08:0008:30Toets: Afrikaans (gr.5&7)

16apr08:0008:30Toets: Engels (gr.4&6)

17apr00:0023:59Rugby: Worcester-Noord (WEG) o.7 - o.13

17apr00:0023:59Netbal: Worcester-Noord (WEG) o.7 - o.13

21apr00:0023:59Rugby: Milnerton (TUIS)

23apr08:0008:30Toets: Wiskunde (gr.4-7)

23apr08:0008:30FAMILIENAWEEK

24apr08:0008:30FAMILIENAWEEK

25apr08:0008:30FAMILIENAWEEK

26apr08:0008:30Skoolvakansiedag

26apr08:0008:30FAMILIENAWEEK

27apr08:0008:30Vryheidsdag

27apr08:0008:30FAMILIENAWEEK

28apr08:0008:30Dinsdag en Woensdag periodes ruil om (Kooroefening)

30apr08:0008:30Senior Koorkamp

30apr08:0008:30Toets: NWT/ NW (gr.4-7)

30apr08:0008:30Sivviedag

Wys Meer

mei 2027

01mei00:0023:59Rugby: Vredekloof (TUIS) o.7 - o.13

01mei00:0023:59Werkersdag

07mei00:0023:59Hokkie: Bell Park (TUIS) o.7 - o.13

07mei08:0008:30Skool verdaag vroeër

07mei08:0008:30Assessering: SW (gr.4-7)

08mei00:0023:59Netbal: Bell Park (TUIS) o.7 - o.13

08mei00:0023:59Rugby: Bell Park (TUIS) o.7 - o.13

12mei(mei 12)00:0011(mei 11)23:59Gr.6-Kamp

13mei(mei 13)00:0012(mei 12)23:59Gr.6-Kamp

13mei08:0008:30Musiekpersoneel Konsert

14mei(mei 14)00:0013(mei 13)23:59Gr.6-Kamp

14mei08:0008:30Assessering: SW (gr.4-7)

14mei08:0008:30FINKOM-vergadering

15mei00:0023:59Rugby: Mikro (WEG) o.7 - o.13

15mei00:0023:59Netbal: Mikro (WEG) o.7 - o.13

15mei00:0023:59Hokkie: Mikro (WEG) o.7 - o.13

19mei00:0023:59Rugby: Sunningdale (TUIS) o.7 - o.13

21mei00:0023:59Netbal: JvR B- D Netbaltoernooi (TUIS) o.10 - o.13

21mei08:0008:30Skool verdaag vroeër

21mei08:0008:30Eisteddfod

22mei08:0008:30Eisteddfod

26mei08:0008:00Naomi Uys (Onderwyser) verjaar

28mei00:0023:59Hokkie: Noord-Eind (WEG) o.7 - o.13 Seuns & Dogters

28mei08:0008:30Skool verdaag vroeër

28mei08:0008:30Sivvies

28mei08:0008:30SUMMIT

29mei00:0023:59Rugby: Noord-Eind (WEG) o.7 - o.13

29mei00:0023:59Netbal: Noord-Eind (WEG) o.7 - o.13

29mei08:0008:30SUMMIT

30mei08:0008:30SUMMIT

31mei00:0023:59Charlene van Rooyen (Onderwyser) verjaar

Wys Meer

junie 2027

31mei00:0023:59Charlene van Rooyen (Onderwyser) verjaar

01jun13:0013:00Skool verdaag om 13:00 vir gr.7

02jun08:0008:30Gr.7 Eksamen begin

02jun13:0013:00Skool verdaag om 13:00 vir gr.7

03jun08:0008:30Skool verdaag vroeër

04jun00:0023:59Hokkie: Minitoernooi by Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9 Seuns & Dogters)

04jun08:0008:30Gr.4-6 Eksamen begin

04jun08:0008:30Veiling

05jun00:0023:59Netbal: Minitoernooi by Van Rieebeckstrand (o.7 - o.9 Dogters)

05jun00:0023:59Rugby: Mini-Rugby Durbanville Voorbereiding

07jun08:0008:30Interne Buitemuurseprogram Begin

11jun08:0008:30FINKOM-vergadering

15jun08:0008:30Hoofleiertoesprake en Verkiesing

15jun08:0008:30Oefen Musiekkonsert

15jun08:0008:30Eksamen Eindig

16jun00:0023:59Jeugdag

17jun08:0008:30Musiekkonsert Oefen

17jun08:0008:30Toeroorhandiging

17jun08:0008:30Hoofleiers bekendmaak

17jun18:0018:00Musiekkonsert

18jun00:0023:59Helene Slabbert (Onderwyser) verjaar

18jun08:0008:30Lead4Life (gr.6)

18jun08:0008:30Noodhulpopleiding

19jun08:0008:30Noodhulpopleiding

21jun00:0023:59o.13A WINTER SPORTSTOER (Rugby, Netbal & Hokkie)

21jun08:0008:30Lead4Life (gr.4)

22jun00:0023:59o.13A WINTER SPORTSTOER (Rugby, Netbal & Hokkie)

22jun08:0008:30Lead4Life (gr.5)

23jun00:0023:59o.13A WINTER SPORTSTOER (Rugby, Netbal & Hokkie)

24jun00:0023:59o.13A WINTER SPORTSTOER (Rugby, Netbal & Hokkie)

24jun08:0008:30Sivviedag

24jun10:0010:00Markdag

25jun00:0023:59Ilse-Marie Holtzhausen (Onderwyser) verjaar

25jun08:0008:30Skool Sluit

25jun08:0008:30Sivviedag

28jun(jun 28)00:0019jul(jul 19)23:59Skoolvakansie

30jun00:0023:59Shahnee Felix (Onderwyser) verjaar

Wys Meer

julie 2027

28jun(jun 28)00:0019jul(jul 19)23:59Skoolvakansie

30jun00:0023:59Shahnee Felix (Onderwyser) verjaar

08jul00:0023:59Leon Hanekom (Onderwyser) verjaar

08jul00:0023:59Claudia Abdol (Assistent) verjaar

12jul00:0023:59Rugby-Kliniek

13jul00:0023:59Rugby-Kliniek

15jul00:0023:59Rugby-Kliniek

20jul08:0008:30Buitemuurseprogram begin

20jul08:0008:30Skool heropen

20jul08:0008:30Tennistoer: Sun City

21jul08:0008:30Tennistoer: Sun City

22jul07:1507:45Fasevergaderings

22jul08:0008:30Tennistoer: Sun City

23jul00:0023:59Hokkie: Curro Durbanville (WEG) o.7 - o.13

23jul08:0008:30Tennistoer: Sun City

23jul08:0008:30FINKOM Vergadering

23jul08:0008:30Toets: Engels (gr.4-6)

23jul08:0008:30Toets: Afrikaans (gr.5&7)

23jul08:0008:30Skool verdaag vroeër

24jul00:0023:59Netbal: Curro Durbanville (WEG) o.7 - o.13

24jul00:0023:59Rugby: Curro Durbanville (WEG) o.7 - o.13

24jul08:0008:30Tennistoer: Sun City

26jul08:0008:30GEEN SPORT

26jul13:0013:00Skool sluit 13:00

26jul13:3013:30Ouerbesoeke

27jul13:0013:00Skool sluit 13:00

27jul13:3013:30Ouerbesoeke

28jul00:0023:59Netbal: Van Riebeeckstrand (WEG) o.7 - o.13

28jul00:0023:59Rugby: Kampsbaai (TUIS) o.7 - o.13

29jul07:1507:45Jannies-vir-Jesus Begin

30jul(jul 30)00:0029(jul 29)23:59Bring-en-Raai

30jul00:0023:59Hokkie: o.9 Seuns & Dogters Driehoek (Robertson & Sunningdale)

30jul08:0008:30Toets: Afrikaans (gr.4&6)

30jul08:0008:30Toets: Engels (gr.5&7)

30jul08:0008:30Sivviedag

31jul00:0023:59JvR Mini-Sportstoernooi - Rugby & Netbal (o.7 - o.9)

Wys Meer

augustus 2027

31jul00:0023:59JvR Mini-Sportstoernooi - Rugby & Netbal (o.7 - o.9)

01aug00:0003(aug 3)23:59EXCO-Strat

02aug(aug 2)00:0006(aug 6)23:59JanArte Kunstefees

03aug00:0023:59Rugby: Bishops (TUIS) o.9 & o.13

04aug00:0023:59Rugby: Bishops (TUIS) o.11

04aug00:0023:59Netbal: Tableview (WEG) o.7 - o.13

06aug(aug 6)00:0009(aug 9)23:59FAMILIENAWEEK

06aug08:0008:30Toets: Wiskunde (gr4-7)

09aug00:0023:59Nasionale Vrouedag

13aug00:0023:59Hokkie: Courtrai (WEG) o.7 - o.13

13aug08:0008:30FINKOM-vergadering

13aug08:0008:30Toets: NWT/NW (gr.4-7)

13aug08:0008:30Skool verdaag vroeër

14aug00:0023:59Netbal: Courtrai (TUIS) o.7 - o.13

14aug00:0023:59Rugby: Courtrai (TUIS) o.7 - o.13

18aug00:0023:59Rugby: Kenridge (TUIS) o.7 - o.13

18aug00:0023:59Netbal: Kenridge (TUIS) o.7 - o.13

20aug08:0008:30Assessering SW (gr.4-7)

21aug00:0023:59Netbal: J.W.G Fees Brackenfell o.10A & o.11A

21aug00:0023:59Rugby: J.W.G Fees Brackenfell o.11A

21aug08:0008:30Wiskundekamp (gr.6&7)

26aug08:0008:30Wintersport Eindig

27aug00:0023:59Interskole Hokkie: Welgemoed (WEG) o.7 - o.13

27aug08:0008:30Sivviedag

27aug08:0008:30Groot "Brag"

27aug10:0010:00Interskole

27aug12:0012:30Skool verdaag vroeër

28aug00:0023:59Netbal: Welgemoed (WEG) o.7 - o.13

28aug00:0023:59Rugby: Welgemoed (WEG) o.7 - o.13

28aug08:0008:30Interskole

30aug08:0008:30GEEN SPORT

31aug08:0008:30GEEN SPORT

Wys Meer