Kategorie: Algemeen

/ Algemeen

Ons is opgewonde om ons ouma- en oupadag vanaf vandag op Karri te adverteer.  Nooi gerus ons mooi kinders se grootouers om hierdie oggend saam met ons te geniet. 

/ Algemeen, Nuus

Markdag sal op 19 September plaasvind. Hierdie keer kry die grondslagfase ‘n beurt om iets te verkoop. 

Geen klappers of lewende hawe mag verkoop word nie.
Dit begin om 10:00, ouers kan al van 09:30 kom regmaak.
Bespreek asseblief jou tafel op Karri.

/ Algemeen, Nuus

Augustus-maand het net te vinnig tot ‘n einde gekom terwyl Moeder Natuur beslis nie haastig is om die lenteseisoen aan Kaapstad bekend te stel nie. Dit is ongelooflik dat ons die een kouefront op die ander kry wat groot hoeveelheid reënvalneerslae bring. Selfs die nuutste weervoorspelling toepassing sukkel om by te hou. Ons weet ook dat Lentedag tradisioneel orals in Suid-Afrika op 01 September gevier word, maar hier in die Moederstad gaan dit ons ongelukkig nog nie op 01 September beskore wees nie. Ek weet nie van julle nie, maar ek soek nou warmer weer met heerlike sonskyndae en bome vol pragtige lentebloeisels wat die hele omgewing ophelder. Kom ons hoop dat ons warm baadjies binnekort met warmer dae vervang sal word. 

Graag wy ek die grootste gedeelte van my nuusbrief dié week aan die nuwe leerontwikkelingsentrum wat op Maandag, 26 Augustus, amptelik sy deure oopgemaak het. Hierdie wêreldklas-sentrum met al sy moderne meubels, speelgoed en apparate is tot stand gebring as gevolg van die ruim skenking van Whitey en Annalise Basson asook Mari en Brynn Kushner. Ons is vir julle as familie baie dankbaar en ons is saam met julle baie trots op die merkwaardige ruimte. Na deeglike oorweging en konsultasie is daar op ‘n baie gepaste naam, naamlik Zen Den besluit. Die leerders is eens dat Zen Den ‘n baie “cool’’ naam en plek is. Die betekenis van Zen Den is soos volg:

  • Zen: Dit is die Japanese uitspraak van ‘n Chinese woord wat ‘n gevoel van rustigheid en balans binne jouself verteenwoordig.
  • Den: ‘n Plek waar ons leer om self slim keuses te maak. 

By die Zen Den word daar gestreef om ‘n veilige en kalm omgewing vir leerders wat sensories oorlaai of oorweldig voel, te skep. Hier kan leerders ondersteuning en rustigheid ervaar. Ons doel met die Zen Den is om die nodige wegbreekruimte gedurende skooltyd te skep waar leerders nodig het om hulle sintuie te reguleer en van hul angstigheid ontslae te raak. Hulle innerlike kalmte kan hier herstel word, sodat hulle weer rustig kan raak om verder in die klaskamer te funksioneer. Die sentrum bevorder selfregulering, emosionele welstand en akademiese sukses deur ‘n holistiese benadering wat die uniekheid van elke leerder erken en ondersteun. Om op te som, kan Zen Den gesien word as ‘n ‘toevlugsoord’ waar leerders kan selfreguleer, herlaai en floreer. Hier wil ons ook leerders met unieke uitdagings rakende neurodiverse prosessering ondersteun en hulle met die nodige vaardighede bemagtig om die wêreld met selfvertroue vierkantig in die oë te kyk. Ouers/voogde is welkom om die ongelooflike sentrum te kom besigtig. Ek glo ons skool is stadig maar seker besig om homself van ander skole te onderskei deur onder andere wêreldklas fasiliteite vir ons leerders te skep danksy ondersteuning van donateurs en weldoenders. Baie dankie ook aan Stephen Hitchcock (Stretch Architects), ‘n ouer en Beheerraadslid vir jou aandeel in die ontwerp van Zen Den. Laat my toe om veral vir Mari Kushner hartlik te bedank vir haar leeue-aandeel tot die totstandkoming van Zen Den. Mari, ons waardeer al jou kosbare tyd, finansiële bydraes en jou besonderse estetiese oog rakende die fynere afronding van die merkwaardige sentrum.

Vandag sluit ons die lang wintersportseisoen met ‘n sportnaweek tuis teen Laerskool Welgemoed af. Vanmiddag word al die hokkiewedstryde aangebied terwyl netbal- en rugbwedstryde môre sal plaasvind. Daar sal verskeie kosstalletjies by die skool en Conradieveld wees met smaaklike disse te koop. Vanaf Maandag, 02 September, is dit konserttyd! Daar is die laaste paar weke baie hard geoefen om vanjaar ‘n konsert, naamlik ’’Somewhere over the Rainbow’’, aan te bied wat jou vir seker sal meevoer. Ons Graad 7-leerders kry vanjaar elkeen ‘n geleentheid om as hoofkarakter op te tree. Ons weet dat dit vir hulle ook ‘n hoogtepunt sal wees. Kaartjies verkoop op die oomblik soos soetkoek. Tyd hardloop nou vinnig uit. Ek hoop van harte almal het al hul kaartjie gekoop, want mis jy die konsert, gaan jy vir seker baie spyt wees. Die skoolkonsert gaan beslis weer skooltrots en –gees aanwakker. Baie dankie aan al ons ouers/voogde wat so hard aan die kostuums werk. Ons is julle baie dankbaar en weet dat dit asemrowend gaan lyk. 

‘n Skoolkonsert bied vir ons leerders net soveel lewenslesse buite die vier mure van die klaskamer as wat byvoorbeeld sportwedstryde doen, naamlik om te leer om effektief as ‘n span saam te werk en te volhard. Verder bevorder dit die leerders se selfvertroue en kweek dit ‘n gesonde werketiek. Kom ons wees eerlik: om op ‘n verhoog voor ‘n gehoor van meer as 350 mense op te tree, definitief intimiderend vir die meeste mense sal wees. Die skoolkonsert bied dus ‘n geleentheid vir leerders om moedig voor ‘n gehoor op te tree, ‘n vaardigheid wat hy/sy nog baie in hul lewe nodig sal kry. Geniet die konsert, lekker saamsing en mag dit al jul verwagtinge oortref!

Ek sluit dan die week weer af met nog ‘n bekende aanhaling rakende dankbaarheid, dié keer deur Arianna Huffington.  Ek wens vir elkeen ‘n wonderlike naweek toe en geniet die sportnaweek teen Laerskool Welgemoed!

“Living in a state of gratitude 
is the gateway to grace.’’ 

Vriendelike groete,
Naas Beets 
SKOOLHOOF 

/ Algemeen, Konsert, Nuus

Konsertreëlings:

Volg hierdie skakel om die volledige konsertreëlings te sien:
https://bit.ly/konsertreëlings2024

Konsertkaartjies:

Bespreek by die skakel hier onder:

Kaartjies vir 2-11 September 2024
https://qkt.io/vBCzZL

Grand Finale Kaartjies – 12 September 2024
UITVERKOOP

Vir enige navrae kontak vir Megan per e-pos by:
megan@jvrprim.co.za

/ Algemeen, Nuus
Ons is opgewonde om aan te kondig dat konsertkaartjies eersdaags op Quicket beskikbaar sal wees. Hou asseblief hierdie spasie dop om presies te weet wanneer kaartjie verkope open. Neem dan asseblief ook kennis dat die konsert vanaf 2 – 12 September plaasvind. As gevolg van die energievlakke en deelname van al die leerders in ons skool, vind die konsert nie elke aand gedurende daardie twee weke plaas nie.
Sodra ons gereed is om Quicket oop te stel, sal almal in kennis gestel word. Wees asseblief nog ‘n rukkie geduldig.
/ Algemeen, Nuus

Ons is reeds besig om aan 2025 se Akademiese week te beplan. Indien enige iemand ‘n kontak het met iemand by Lego – boublokkies sal dit so gaaf wees om my (Marinda Brink) in kennis te stel. Die tema van die week is geskoei op Lego – boublokkies. Die plan is om volgende jaar se Akademiese week nog groter en met nog meer pret aan te bied.

Kontak my gerus: marinda@jvrprim.co.za

/ Algemeen, Nuus

Dit is tyd vir veiling! Kliek op die skakel vir meer inligting: https://qkt.io/gSkzHj

/ Algemeen, Nuus

Ons is baie trots op twee van ons oud-Jannies wat skitterend tydens hierdie jaar se nasionale senior ATKV-Afrikaansolimpiade gevaar het!

Stella Malan behaal ‘n gesamentlike 4de plek in die Wes-Kaap en 7de in Suid-Afrika en Mari Swanepoel die gesamentlike  7de plek in die provinsie en 11de in die land.

Dit is ‘n ongelooflike prestasie vir ‘n baie uitdagende eksamen waaraan duisende hoërskoolleerders regoor Suid-Afrika deelneem.

Ons harte loop oor van trots! Welgedaan, Jannies.

/ Algemeen, Nuus

Eerskomende Maandag en Dinsdag se rooster sal omruil a.g.v. kooroefening wat moet plaasvind voordat die kore Maandagaand by HS JvR optree. 

/ Algemeen, Nuus

Op 15 en 16 Julie vind daar ouerbesoeke plaas. 15 Minuut-afsprake sal met onderwysers gemaak kan word om oor jou kind(ers) se akademiese vordering of emosionele welstand te gesels.

Volg hierdie stappe om ‘n afspraak te maak:

  1. Volg die skakel vir die Besprekingsbladsy.
  2. Kies die graad waarin jou kind is.
  3. Onder “Select Staff”, kies die onderwyser met wie jy ‘n afspraak wil maak.
  4. Op die kalender, gaan na Julie en kliek op 15 / 16 Julie.
  5. Kies die tydgleuf wat jou sal pas. Indien daar geen tydgleuwe meer beskikbaar is nie, stuur gerus ‘n boodskap op WhatsApp of per e-pos aan die betrokke onderwyser om ‘n alternatiewe tyd te reël.
  6. Rol af op die bladsy en vul jou naam, e-posadres, kind se naam en enige addisionele kommentaar in.
  7. Jy sal ‘n bevestiging van jou afspraak per e-pos ontvang.
  8. Indien jy die afspraak wil skuif of kanselleer, volg die stappe in die e-pos.
  9. Jy kan tot en met 24 uur voor ‘n afspraak nog bespreek, verander of kanselleer.
  10. Om te sien watter onderwyser bied watter vak aan, sien gerus die personeelblad op die webtuiste.

Die skool verdaag op 15 en 16 Julie vroeër: 12:45 (gr. 1-3) en 13:00 (gr. 4-7)

/ Algemeen, Nuus

So kom die 2de laaste week van kwartaal twee asook die eksamen tot ‘n einde terwyl Moeder Natuur se winterreën salig oor die stad uitsak. Ek glo dat heelwat ouers/voogde saam met hul kinders ‘n groot sug van verligting gegee het toe die laaste vak op Woensdag, 05 Junie, geskryf is. Die antwoordstelle is amper klaar gemerk, ‘n deeglike modereringsproses word gevolg en punte word verwerk sodat ons op Vrydag, 14 Junie, die dag wat die skole sluit, vir elke leerder sy/haar rapport kan gee.

Graag wil ek spesifiek die leerders bedank en gelukwens met hul deeglike voorbereiding vir die eksamen asook die besonderse werketiek wat hulle dwarsdeur die kwartaal gehandhaaf het. Hartlike dank ook aan ons ouers/voogde wat hul kinders so mooi en lojaal die afgelope twee weke tydens die eksamen/assessering ondersteun het om net hul beste te doen. Laaste, maar nie die minste nie, ‘n hartlike dank aan ons opvoeders en leerontwikkelingspersoneel wat met soveel deernis en toewyding ons leerders vir die eksamen en assesserings voorberei het.

Vanaf Maandag, 27 Mei, het die interim buitemuurse sportprogram in skooltyd, net na die aflê van die daaglikse eksamens plaasgevind. Die doel om nog steeds met sportoefeninge tydens die eksamentyd voort te gaan, was tweeledig: eerstens, die leerders geniet dit terdeë om direk na ‘n lang eksamensessie uit die klas te kom, die vars lug te geniet en aktief te wees wat sommer ook met hul algemene geestelike welsyn tydens eksamen help. Tweedens, help die program om hulle fiks te hou asook om hul spelpeil langer te handhaaf veral met ‘n welverdiende drie weke vakansie wat voorlê. Daar is die afgelope kwartaal so hard gewerk om fiksheidsvlakke te verbeter, effektiewe spelpatrone te implementeer en indien ons sportoefeninge vanaf die begin van die eksamen sou stop plus die vakansie wat voorlê, beteken dit dat daar amper sewe weke van geen oefeninge en afrigting sou plaasvind nie.

Saterdagaand, 01 Junie, het ons jaarlikse veilingsdinee by die ikoniese Pienk Dame, naamlik die Mt. Nelson Hotel plaasgevind. Al die kaartjies was vir die glans- en fondsinsamelingsgeleentheid uitverkoop. Die tema vir die aand was ‘Glansryk in Wit’ en die gaste was elegant en deftig vir die spesiale geleentheid getooi. MC du Toit, een van ons ouers het soos in die verlede as afslaer opgetree. Hy het die ongelooflike 41 lotte binne ‘n kort tydjie onder groot geesdrif van die gaste verkoop. Ons is hom uiters dankbaar vir die puik taak wat hy verrig het. Dit is dan my eer en voorreg om bekend te maak dat daar tydens die veiling ‘n enorme R1,5m ingesamel is. Dit het al ons verwagtinge oortref veral met die huidige ekonomiese toestande in ag geneem. Graag wil ek ook die geleentheid gebruik om al ons gaste en veral ons ouers wat op die aand ‘n finansiële bydrae gemaak het, hartlik te bedank vir hul finansiële bydrae om LS Jan van Riebeeck na nog hoër hoogtes te neem. Daar is darem nie net ‘n spogveiling gehou nie, maar ook lekker saam gekuier en gedans. Die onthaalsaal van die Mt. Nelson was uiters stylvol voorberei en verfraai. Die samesyn was kosbaar en die goeie gevoel van die skoolgemeenskap was feitlik tasbaar. Baie dankie aan ons Voorsitter van die Opvoedingstrust en die Beheerraad, naamlik Merwe Scholtz vir sy dinamiese leiding en puik toespraak wat die doel van die spesiale aand mooi in konteks geplaas het. Laat my ook toe om die reëlingskomitee bestaande uit Anna Blackmore en Michelle Forsyth weereens hartlik te bedank en geluk te wens met ‘n onvergeetlike glansaand.

 

Op Vrydag, 31 Mei, het ons skool ‘n pantoffeldag aangebied en kon die leerders vir R20 met hul gunsteling-pantoffels skool toe kom. Leerders en personeel het met hul gunsteling-pantoffels by die skool opgedaag en ‘n allemintige R6 700 is op die dag vir die Monte Rosa ouetehuis ingesamel wat die gr. 3’s volgende week aan hulle gaan oorhandig. Baie dankie juf. Michelle vir die reëlings asook vir almal se bydrae. Dit word opreg waardeer.

Dit is dan my eer en voorreg om die 2024 Hoofseun en Hoofdogter wat op 05 Junie verkies is, naamlik Frank van der Walt en Karu Rademeyer bekend te maak. My beste wense vergesel hulle met hul nuwe rol as hoofleiers by ons skool. Mag dit vir hulle baie vervulling bring. Ons is baie trots op Frank en Karu!

Op Woensdag, 05 Junie, het Marié Cruywagen (BR-lid) vir die onderwysers IKT-opleiding gegee om MineCraft Education in hul leer en onderrig te inkorporeer. MineCraft Education is ‘n samewerkende en veelsydige toepassing wat opvoeders ‘n transformerende manier bied om leerders te betrek en hul passie vir leer aan te wakker. MineCraft Education hou die volgende voordele vir leerders in:

  • Verhoog kreatiwiteit
  • Verbeter probleemoplossingsvaardighede
  • Moedig lees en skryf aan
  • Ontwikkel navorsingsvaardighede
  • Verskerp wiskundige vaardighede
  • Stimuleer verbeelding en inspireer kreatiwiteit
  • Help om koderingsvaardighede te ontwikkel

Baie dankie, Marié! Ons het groot waardering vir al jou kosbare tyd en toegewydheid om IKT by Laerskool Jan van Riebeeck na nog hoër hoogtes te neem.

 

Hiermee sluit ek dan af met ‘n treffende aanhaling van Arthur Ashe en wens ek vir elkeen ‘n wonderlike naweek sonder eksamenstres saam met jul gesin toe:

“Success is a Journey,
not a Destination.
The Doing is often more important than the Outcome!’’

Vriendelike groete

Naas Beets
SKOOLHOOF

Belangrike Datums

oktober 2026

22okt00:0023:59Krieket: 13A vs Tableview (TUIS)

22okt00:0023:59Krieket: Curro Century City (WEG) o.7 - o.9

22okt00:0023:59Krieket: 13B vs Tableview (WEG)

23okt00:0023:59Skaak: Panorama

23okt00:0023:59Swem: Herzlia (WEG)

23okt08:0008:00LJvR Junior Koor en St Cyprian's Junior Choir "Choir Mingle"

23okt08:0008:00TOETS: Wiskunde (Gr.4-7)

26okt00:0023:59Beheerraad-vergadering

26okt00:0023:59Krieket: o.10A vs Curro Durbanville (WEG)

28okt(okt 28)00:0027(okt 27)23:59Nicola Potter (Onderwyser) verjaar

28okt00:0023:59Krieket: 11A vs Elkanah House (TUIS)

28okt00:0023:59Krieket: 11B vs Elkanah House (WEG)

28okt08:0014:00Fotodag: Sportfoto's

29okt00:0023:59Krieket: 13A vs Curro Durbanville (TUIS)

29okt00:0023:59Krieket: Milnerton (WEG) o.7 - o.9

29okt00:0023:59Krieket: 13B vs Curro Durbanville (WEG)

29okt17:0018:00Kultuurkonsert Gr.4 & 5

29okt19:0020:00Kultuurkonsert Gr.6 & 7

30okt00:0023:59Sivvies

30okt00:0023:59Swem: Pinelands-Noord (WEG)

30okt00:0023:59Tennis: St Cyprians Mixed Toernooi

30okt08:0008:00SW Assessering (Gr.4 -7)

30okt08:1509:00Kultuurkonsert Gr.1 & 3

Wys Meer

november 2026

02nov00:0023:59Begrotingsvergadering: Ouers

03nov08:0008:30Koffie en Beskuit Konsert

04nov(nov 4)00:0003(nov 3)23:59Stemdag: Openbare vakansiedag

04nov00:0023:59Krieket: 11A vs Sunningdale (WEG)

04nov00:0023:59Krieket: 11B vs Curro Century City (TUIS)

05nov00:0023:59Krieket: Sunningdale (WEG) o.7 - o.9

05nov00:0023:59Krieket: 13A vs Van Riebeeckstrand (TUIS)

05nov00:0023:59Krieket: 13B vs Van Riebeeckstrand (WEG)

05nov00:0023:59o.11 & o.12 Netbalproewe vir Patrys toer 2027

05nov18:0019:30Opedag: Gr.1 (SLEGS OUERS)

06nov00:0023:59Somersport Eindig

06nov00:0023:59Krieket: o.13A - 6 'n kant toernooi De Kuilen

06nov13:0013:30Skool verdaag vroeër (GSF om 13:00, ISF om 13:15)

07nov00:0023:59Krieket: Mini-Kriekettoernooi by Curro Hermanus (o.7 - o.9)

09nov00:0023:59Eksamen Begin (Gr.7)

10nov00:0023:59Inligtingsaand (Gr.4)

12nov00:0023:59Eksamen Begin (Gr.4-6)

12nov00:0023:59Inligtingsaand (Gr.7)

12nov00:0023:59Tennis: o.8 Rooibal by Kenridge

13nov00:0023:59Krieket: Mini-kriekettoernooi by Durbanville (o.7 - o.9)

13nov10:3010:30Sivvies: Blou - Diabetes bewusmaking (R10 op Karri)

14nov08:0008:30Sue Ballet

16nov00:0023:59Interne Sport Begin

17nov00:0023:59Huppelland Gr.R Kleedrepitisie

17nov08:0008:30Koffie en Beskuit Konsert (slegs Grade 1-3)

19nov00:0023:59Krieket: Tableview (WEG) o.7 - o.9

20nov00:0023:59Huppelland Gr.R-konsert

20nov00:0023:59Eksamen Eindig

20nov00:0023:59Krieket: Durbanville Krieket Klub (o.8 & o.9)

21nov00:0023:59Ouersport- en Pretdag

23nov18:0018:00Beheerraad-vergadering

24nov00:0023:59Prysuitdeling: Gr.1-3

25nov08:0008:30Jan Kas Monitors Afsluiting

26nov00:0023:59Kerskonsert

26nov00:0023:59Jan Kas Sluit

27nov08:0008:00Eksperimaats Instappie: Gr.1-3 (Saal)

30nov00:0023:59Prysuitdeling: Gr.4-6

Wys Meer

desember 2026

30nov00:0023:59Prysuitdeling: Gr.4-6

02des00:0023:59Atletiek

03des00:0023:59Prysuitdeling: Gr.6-7

03des08:0008:30Graad 3-Afskeid

04des00:0023:59Atletiek

07des08:0008:30Gr.7-Sokkie

08des00:0023:59Sivvies

08des00:0023:59Gr.7-Afskeid

08des18:0020:00Drama-afsluiting: Gr.1-7

09des00:0023:59Skole sluit (Leerders)

09des00:0023:59Sivvies

11des00:0023:59Skole sluit (Personeel)

14des(des 14)00:0012jan(jan 12)23:59Skoolvakansie

16des00:0023:59Versoeningsdag

25des00:0023:59Kersfees

26des00:0023:59Welwillendheidsdag

Wys Meer

januarie 2027

14des(des 14)00:0012jan(jan 12)23:59Skoolvakansie

01jan00:0023:59Nuwejaarsdag

08jan09:0012:00Jan Kas Open

11jan07:0010:00Jan Kas op

11jan08:0008:30Skool Open - Personeel

11jan08:3008:30EXCO-Vergadering

12jan08:0009:00Fasevergaderings

12jan12:0012:00Personeelvergadering

12jan13:0014:30Jan Kas oop

13jan08:0008:00Geen Klasruiling

13jan08:0008:00Saalbyeenkoms leierbalkies word oorhandig

13jan08:0008:30Skool Open - Leerders

13jan14:0014:00Atletiekspan oefen

13jan14:1014:10Nasorg Begin

14jan08:0008:30Klasruilings

14jan08:0008:30Karri-lyste oop vir bekendstellingsaand

15jan00:0023:59Swem: Senior Kleur Gala

18jan08:0008:00Buitemuurs Begin

19jan17:0017:00Huppelland Bekendstellingsfunksie

20jan18:0019:00Redenaarsinligtingsessie

21jan07:1507:15Jannies-vir-Jesus begin

21jan17:0017:00Bekendstellingsfunksie: Musiekvergaderings

21jan18:0018:00Bekendstellingsfunksie: Klasvergaderings

21jan19:0019:00Bekendstellingsfunksie: Algemene vergadering in Saal

22jan08:0008:00Toets: Engels (gr.4&6)

22jan08:0008:00Toets: Afrikaans (gr.5&7)

23jan08:0008:00Lead4Life - Gr.7 Prefekte

28jan00:0023:59Netbal: Patrys Netbaltoer (o.12 & o.13)

29jan(jan 29)00:0028(jan 28)23:59Sivvies: Skool Verjaar

29jan00:0023:59Netbal: Patrys Netbaltoer (o.12 & o.13)

29jan08:0008:00Toets: Engels (gr.5&7)

29jan08:0008:00Toets: Afrikaans (gr.4&6)

30jan(jan 30)00:0029(jan 29)23:59Junior Koorkamp

30jan00:0023:59Netbal: Patrys Netbaltoer (o.12 & o.13)

31jan(jan 31)00:0030(jan 30)23:59Skool Verjaar (106)

Wys Meer

februarie 2027

04feb00:0023:59Netbal: Voorseisoen (o.7 - o.13)

05feb(feb 5)00:0004(feb 4)23:59Senior Koorkamp

05feb08:0008:00Toets: Wiskunde (gr.4-7)

06feb(feb 6)00:0005(feb 5)23:59Senior Koorkamp

06feb00:0023:59Tennis: o.13A & B Kenridge (seuns & dogters)

08feb(feb 8)00:0012(feb 12)23:59Interne Redenaarskompetisie

11feb00:0023:59Netbal: Voorseisoen (o.7 - o.13)

12feb00:0023:59Krieket: Hugo-Rust Mini-kriekettoernooi (o.7 - o.9)

12feb08:0008:00Toets: NWT/NW (gr.4-7)

12feb08:0008:00FINKOM vergadering

12feb08:0008:00Sivvies: Valentynsdag

13feb00:0023:59WPNA: Netbalkliniek (o.7 - o.13)

14feb(feb 14)00:0013(feb 13)23:59Valentynsdag

16feb00:0023:59Atletiek: Interskole

17feb08:0008:30Graad 5&7 Kamp

18feb00:0023:59Netbal: Voorseisoen (o.7 - o.13)

18feb08:0008:30Graad 5&7 Kamp

19feb08:0008:30Toets: SW (gr.4-7)

19feb08:0008:30Graad 5&7 Kamp

19feb18:0018:00Klasbraai Laerskool (Conradieveld)

20feb00:0023:59WPNA: Netbalkliniek (o.7 - o.13)

20feb00:0023:59Krieket: Minikrieketoernooi by Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)

25feb00:0023:59Netbal: Voorseisoen (o.7 - o.13)

25feb18:0018:00Huppelland Klasbraai (Conradieveld)

26feb00:0000:30Swem: Junior Kleur Swemgala

26feb00:0023:59SOMERSPORT EINDIG

26feb08:0008:30Sivviedag

26feb08:0008:30Toets: SW (Gr.4&&)

27feb00:0023:59Netbal: Onder die Berg (Hs JvR) o.12 & o.13

27feb00:0023:59Rugby: Onder die Berg (HsJvR) o.12 & o.13

27feb00:0023:59Krieket: Mini-kriekettoernooi Panorama (o.7 - o.9)

Wys Meer

maart 2027

01mrt00:0023:59WINTERSPORT BEGIN

03mrt00:0023:59Eliam Kaunda (Terrein) verjaar

04mrt08:0008:30Toets: EBW (gr.7)

05mrt00:0023:59Netbal: Bulfees (o.8 - o.13)

05mrt00:0023:59Rugby: Bulfees (o.7 - o.13)

05mrt07:4508:45Kooroefening

05mrt08:0008:30Skool verdaag vroeër

11mrt18:0018:00Somersokkie (gr.5-7)

12mrt00:0023:59Hokkie: Lochnerhof (WEG) o.7 - o.13

12mrt08:0008:30Algemene Kennis toets

12mrt08:0008:30Skool verdaag vroeër

12mrt08:0008:30FINKOM Vergadering

13mrt00:0023:59Netbal: Lochnerhof (WEG) o.7 - o.13

13mrt00:0023:59Rugby: Lochnerhof (WEG) o.7 - o.13

15mrt08:0008:30Musiekkonserte (Gr.5-7)

16mrt08:0008:30Musiekkonserte (gr.2-4)

17mrt08:0008:30Junior Koorfees in skoolsaal

18mrt00:0023:59JvR Gholf Dag

18mrt08:0008:30Huppelland Spesiale Personedag

18mrt08:0008:30Sivvies

18mrt08:0008:30Oranjeriviertoer vertrek

18mrt08:0008:30Skool verdaag vroeër

18mrt10:0010:00Markdag

19mrt00:0023:59Rugby: o.11A & B Willie le Roux Fees

19mrt08:0008:30Sivvies

19mrt10:0010:30SKOOL SLUIT

20mrt00:0023:59Rugby: o.11A & B Willie le Roux Fees

21mrt00:0023:59Rugby: o.11A & B Willie le Roux Fees

21mrt00:0023:59Menseregtedag

22mrt00:0023:59Rugby: o.11A & B Willie le Roux Fees

22mrt(mrt 22)00:0005apr(apr 5)23:59Skoolvakansie

26mrt00:0023:59Goeievrydag

26mrt12:0012:00Sue-Ann Bouw (Adminassistent) verjaar

29mrt00:0023:59Familiedag

Wys Meer

april 2027

22mrt(mrt 22)00:0005apr(apr 5)23:59Skoolvakansie

06apr08:0008:30Skool Heropen

06apr08:0008:30Buitemuurse Winterprogram begin

06apr08:0008:30Nasorg begin

08apr07:0007:00Fasevergaderings

09apr00:0023:59Hokkie: o.13A Van Riebeeckstrand (Seuns & Dogters)

09apr00:0023:59Netbal: o.9B & C Toernooi by Sun Valley

09apr08:0008:00Toets: Afrikaans (gr. 4&6)

09apr08:0008:00Toets: Engels (gr.5&7)

10apr00:0023:59Netbal: o.10A Netbaltoernooi

10apr12:0022:00KAPPERJOLLE

12apr08:0008:00GEEN SPORT

12apr13:0013:00Skool verdaag 13:00

12apr13:3013:30Ouerbesoeke

13apr08:0008:00GEEN SPORT

13apr13:0013:00Skool verdaag 13:00

13apr13:3013:30Ouerbesoeke

15apr07:1507:45Jannies vir Jesus begin

16apr00:0023:59Hokkie: Worcester-Noord (TUIS) o.7 - o.13

16apr08:0008:30Skool verdaag vroeër

16apr08:0008:30FINKOM-vergadering

16apr08:0008:30Toets: Afrikaans (gr.5&7)

16apr08:0008:30Toets: Engels (gr.4&6)

17apr00:0023:59Rugby: Worcester-Noord (WEG) o.7 - o.13

17apr00:0023:59Netbal: Worcester-Noord (WEG) o.7 - o.13

21apr00:0023:59Rugby: Milnerton (TUIS)

23apr08:0008:30Toets: Wiskunde (gr.4-7)

23apr08:0008:30FAMILIENAWEEK

24apr08:0008:30FAMILIENAWEEK

25apr08:0008:30FAMILIENAWEEK

26apr08:0008:30Skoolvakansiedag

26apr08:0008:30FAMILIENAWEEK

27apr08:0008:30Vryheidsdag

27apr08:0008:30FAMILIENAWEEK

28apr08:0008:30Dinsdag en Woensdag periodes ruil om (Kooroefening)

30apr08:0008:30Senior Koorkamp

30apr08:0008:30Toets: NWT/ NW (gr.4-7)

30apr08:0008:30Sivviedag

Wys Meer

mei 2027

01mei00:0023:59Rugby: Vredekloof (TUIS) o.7 - o.13

01mei00:0023:59Werkersdag

07mei00:0023:59Hokkie: Bell Park (TUIS) o.7 - o.13

07mei08:0008:30Skool verdaag vroeër

07mei08:0008:30Assessering: SW (gr.4-7)

08mei00:0023:59Netbal: Bell Park (TUIS) o.7 - o.13

08mei00:0023:59Rugby: Bell Park (TUIS) o.7 - o.13

12mei(mei 12)00:0011(mei 11)23:59Gr.6-Kamp

13mei(mei 13)00:0012(mei 12)23:59Gr.6-Kamp

13mei08:0008:30Musiekpersoneel Konsert

14mei(mei 14)00:0013(mei 13)23:59Gr.6-Kamp

14mei08:0008:30Assessering: SW (gr.4-7)

14mei08:0008:30FINKOM-vergadering

15mei00:0023:59Rugby: Mikro (WEG) o.7 - o.13

15mei00:0023:59Netbal: Mikro (WEG) o.7 - o.13

15mei00:0023:59Hokkie: Mikro (WEG) o.7 - o.13

19mei00:0023:59Rugby: Sunningdale (TUIS) o.7 - o.13

21mei00:0023:59Netbal: JvR B- D Netbaltoernooi (TUIS) o.10 - o.13

21mei08:0008:30Skool verdaag vroeër

21mei08:0008:30Eisteddfod

22mei08:0008:30Eisteddfod

26mei08:0008:00Naomi Uys (Onderwyser) verjaar

28mei00:0023:59Hokkie: Noord-Eind (WEG) o.7 - o.13 Seuns & Dogters

28mei08:0008:30Skool verdaag vroeër

28mei08:0008:30Sivvies

28mei08:0008:30SUMMIT

29mei00:0023:59Rugby: Noord-Eind (WEG) o.7 - o.13

29mei00:0023:59Netbal: Noord-Eind (WEG) o.7 - o.13

29mei08:0008:30SUMMIT

30mei08:0008:30SUMMIT

31mei00:0023:59Charlene van Rooyen (Onderwyser) verjaar

Wys Meer

junie 2027

31mei00:0023:59Charlene van Rooyen (Onderwyser) verjaar

01jun13:0013:00Skool verdaag om 13:00 vir gr.7

02jun08:0008:30Gr.7 Eksamen begin

02jun13:0013:00Skool verdaag om 13:00 vir gr.7

03jun08:0008:30Skool verdaag vroeër

04jun00:0023:59Hokkie: Minitoernooi by Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9 Seuns & Dogters)

04jun08:0008:30Gr.4-6 Eksamen begin

04jun08:0008:30Veiling

05jun00:0023:59Netbal: Minitoernooi by Van Rieebeckstrand (o.7 - o.9 Dogters)

05jun00:0023:59Rugby: Mini-Rugby Durbanville Voorbereiding

07jun08:0008:30Interne Buitemuurseprogram Begin

11jun08:0008:30FINKOM-vergadering

15jun08:0008:30Hoofleiertoesprake en Verkiesing

15jun08:0008:30Oefen Musiekkonsert

15jun08:0008:30Eksamen Eindig

16jun00:0023:59Jeugdag

17jun08:0008:30Musiekkonsert Oefen

17jun08:0008:30Toeroorhandiging

17jun08:0008:30Hoofleiers bekendmaak

17jun18:0018:00Musiekkonsert

18jun00:0023:59Helene Slabbert (Onderwyser) verjaar

18jun08:0008:00Lead4Life - Gr.6

18jun08:0008:30Noodhulpopleiding

19jun08:0008:30Noodhulpopleiding

21jun00:0023:59o.13A WINTER SPORTSTOER (Rugby, Netbal & Hokkie)

22jun00:0023:59o.13A WINTER SPORTSTOER (Rugby, Netbal & Hokkie)

23jun00:0023:59o.13A WINTER SPORTSTOER (Rugby, Netbal & Hokkie)

24jun00:0023:59o.13A WINTER SPORTSTOER (Rugby, Netbal & Hokkie)

24jun08:0008:30Sivviedag

24jun10:0010:00Markdag

25jun00:0023:59Ilse-Marie Holtzhausen (Onderwyser) verjaar

25jun08:0008:30Skool Sluit

25jun08:0008:30Sivviedag

28jun(jun 28)00:0019jul(jul 19)23:59Skoolvakansie

30jun00:0023:59Shahnee Felix (Onderwyser) verjaar

Wys Meer

julie 2027

28jun(jun 28)00:0019jul(jul 19)23:59Skoolvakansie

30jun00:0023:59Shahnee Felix (Onderwyser) verjaar

08jul00:0023:59Leon Hanekom (Onderwyser) verjaar

08jul00:0023:59Claudia Abdol (Assistent) verjaar

12jul00:0023:59Rugby-Kliniek

13jul00:0023:59Rugby-Kliniek

15jul00:0023:59Rugby-Kliniek

20jul08:0008:30Buitemuurseprogram begin

20jul08:0008:30Skool heropen

20jul08:0008:30Tennistoer: Sun City

21jul08:0008:30Tennistoer: Sun City

22jul07:1507:45Fasevergaderings

22jul08:0008:30Tennistoer: Sun City

23jul00:0023:59Hokkie: Curro Durbanville (WEG) o.7 - o.13

23jul08:0008:30Tennistoer: Sun City

23jul08:0008:30FINKOM Vergadering

23jul08:0008:30Toets: Engels (gr.4-6)

23jul08:0008:30Toets: Afrikaans (gr.5&7)

23jul08:0008:30Skool verdaag vroeër

24jul00:0023:59Netbal: Curro Durbanville (WEG) o.7 - o.13

24jul00:0023:59Rugby: Curro Durbanville (WEG) o.7 - o.13

24jul08:0008:30Tennistoer: Sun City

26jul08:0008:30GEEN SPORT

26jul13:0013:00Skool sluit 13:00

26jul13:3013:30Ouerbesoeke

27jul13:0013:00Skool sluit 13:00

27jul13:3013:30Ouerbesoeke

28jul00:0023:59Netbal: Van Riebeeckstrand (WEG) o.7 - o.13

28jul00:0023:59Rugby: Kampsbaai (TUIS) o.7 - o.13

29jul07:1507:45Jannies-vir-Jesus Begin

30jul(jul 30)00:0029(jul 29)23:59Bring-en-Raai

30jul00:0023:59Hokkie: o.9 Seuns & Dogters Driehoek (Robertson & Sunningdale)

30jul08:0008:30Toets: Afrikaans (gr.4&6)

30jul08:0008:30Toets: Engels (gr.5&7)

30jul08:0008:30Sivviedag

31jul00:0023:59JvR Mini-Sportstoernooi - Rugby & Netbal (o.7 - o.9)

Wys Meer

augustus 2027

31jul00:0023:59JvR Mini-Sportstoernooi - Rugby & Netbal (o.7 - o.9)

01aug00:0003(aug 3)23:59EXCO-Strat

02aug(aug 2)00:0006(aug 6)23:59JanArte Kunstefees

03aug00:0023:59Rugby: Bishops (TUIS) o.9 & o.13

04aug00:0023:59Rugby: Bishops (TUIS) o.11

04aug00:0023:59Netbal: Tableview (WEG) o.7 - o.13

06aug(aug 6)00:0009(aug 9)23:59FAMILIENAWEEK

06aug08:0008:30Toets: Wiskunde (gr4-7)

09aug00:0023:59Nasionale Vrouedag

13aug00:0023:59Hokkie: Courtrai (WEG) o.7 - o.13

13aug08:0008:30FINKOM-vergadering

13aug08:0008:30Toets: NWT/NW (gr.4-7)

13aug08:0008:30Skool verdaag vroeër

14aug00:0023:59Netbal: Courtrai (TUIS) o.7 - o.13

14aug00:0023:59Rugby: Courtrai (TUIS) o.7 - o.13

18aug00:0023:59Rugby: Kenridge (TUIS) o.7 - o.13

18aug00:0023:59Netbal: Kenridge (TUIS) o.7 - o.13

20aug08:0008:30Assessering SW (gr.4-7)

21aug00:0023:59Netbal: J.W.G Fees Brackenfell o.10A & o.11A

21aug00:0023:59Rugby: J.W.G Fees Brackenfell o.11A

21aug08:0008:30Wiskundekamp (gr.6&7)

26aug08:0008:30Wintersport Eindig

27aug00:0023:59Interskole Hokkie: Welgemoed (WEG) o.7 - o.13

27aug08:0008:30Sivviedag

27aug08:0008:30Groot "Brag"

27aug10:0010:00Interskole

27aug12:0012:30Skool verdaag vroeër

28aug00:0023:59Netbal: Welgemoed (WEG) o.7 - o.13

28aug00:0023:59Rugby: Welgemoed (WEG) o.7 - o.13

28aug08:0008:30Interskole

30aug08:0008:30GEEN SPORT

31aug08:0008:30GEEN SPORT

Wys Meer

september 2027

01sep08:0008:30GEEN SPORT

01sep08:0008:30Sivvies: Lentedag

02sep00:0023:59o.12 - 7's toernooi in Paarl

02sep08:0008:30GEEN SPORT

03sep08:0008:30GEEN SPORT

03sep08:0008:30FINKOM-vergadering

03sep10:0010:00EBW: Markdag

04sep08:0008:30GEEN SPORT

06sep08:0008:30Somersport Begin

10sep08:0008:30Akademiese- en Kultuurweek Begin

13sep08:0008:30Akademiese- en Kultuurweek Begin

13sep08:0008:30Robotikakompetisie ISF

14sep08:0008:30Somersport Eindig

14sep08:0008:30Akademiese- en Kultuurweek Begin

14sep08:0008:30Robotika kompetisie GF

15sep08:0008:30Interne Spelkompetisie

15sep08:0008:30Akademiese- en Kultuurweek Begin

15sep18:0018:00Jannies Talent

16sep08:0008:30Interne Spelkompetisie

16sep08:0008:30Akademiese- en Kultuurweek Begin

17sep08:0008:30Oupa-en-Oumadag

17sep08:0008:30Akademiese- en Kultuurweek Begin

20sep08:0008:30BR Begrotingsvergadering

21sep08:0008:30Skool verdaag vroeër

21sep08:0008:30Sivviedag

21sep10:0010:00Markdag

22sep08:0008:30Sivviedag

22sep08:0008:30Skole Sluit

23sep(sep 23)00:0004okt(okt 4)23:59Skoolvakansie

Wys Meer