Kategorie: Akademie

/ Akademie, Algemeen, Nuus, Rekenaars
Digitale Geletterdheid: Wat het ons in kwartaal 1 geleer?

Hierdie kwartaal in Digitale Geletterdheid het ons oor ‘n paar interessante aspekte van rekenaars en digitale toestelle gepraat. Een van die temas wat die meeste uitgestaan het, was die Graad 5’s se gebruike van die internet. Hier het die leerders geleer wat die voordele van die internet is, hoe om veilig te wees wanneer jy aanlyn werk en ook wat die gevare van aanlyn speletjies en toepassings is.

Ons het nie net teorie geleer nie, maar ook prakties op die tablette gewerk. Een van die lesse wat uitgestaan het, was toe die Graad 3’s ‘n tikvaardigheid-aktiwiteit gedoen het. Dit was so mooi om te sien hoe hulle mekaar gehelp het, as een sukkel om ‘n spesifieke letter te vind. Hulle het baie hard gekonsentreer om op die sleutelbord te tik en seker te maak hul tik met die regte vingers op die regte knoppies.

Ons sien uit na nog ‘n klomp lekker temas vir Kwartaal 2 in Digitale Geletterdheid.

 

/ Akademie, Eksamenrooster

Hier volg die eksamenrooster vir November 2024:

 

Eksamenrooster en inligting - Nov 2024
/ Akademie, Nuus
Graad 4-7-aktiwiteitrooster: 10 - 12 Junie 2024

Graad 4 – 7-leerders gaan volgende week drie dae propvol verrykende aktiwteite geniet. Kliek op die foto of volg die skakel om die PDF af te laai.

/ Akademie, Nuus

Dit is weer daardie tyd van die jaar waar die Jannies hul goeie spelvermoëns tydens die WOW-spelfees kan toets. Leerders (graad 1-7) wat belangstel om deel te neem, sal woordelyste by hul onderwysers ontvang. Die woordelyste is ook hier beskikbaar.

Leerders wat belangstel om deel te neem, word aangemoedig om so gou moontlik die woorde te begin leer. Hierdie leerders sal dan volgende kwartaal deur hul Afrikaanse onderwysers getoets word en inligting rakende registrasie sal daarna volg.

Belangrike datums wat al beskikbaar is (onderhewig aan veranderinge):
Distrikskompetisie: 28 Augustus 2024
Provinsiale rondte: 14 September 2024
Nasionale rondte: 28 September 2024

Vir enige navrae, kontak gerus vir Ilse-Marié Holtzhausen (ilsemarie@jvrprim.co.za).

/ Akademie, Nuus

Trek aan soos jou gunsteling-boekkarakter! Die beste kostuum per graad sal ‘n prys ontvang.

/ Akademie, Eksamenrooster, Nuus

Volg die skakel of kliek op die foto hier onder om die eksamenrooster in PDF oop te maak.

/ Akademie, Nuus

Ons gr. 3’s en 6’e van verlede jaar het ons weereens trots gemaak met die aflê van die sistemiese toetse wat deur alle Wes-Kaap leerders in gr. 3, -6 en -9 geskryf word. Dit is belangrik om altyd in ag te neem dat die leerders wat kwalifiseer vir konsessies, wat deur die WKOD goedgekeur word, saam met die res van die leerders hierdie toetse moet skryf. Hulle ontvang dus geen ondersteuning bv. voorlesers of transkribeerders soos wat hulle onder normale omstandighede tydens formele assesserings ontvang nie.

Vir die graad 3-leerders is tyd ‘n groot uitdaging tydens die sistemiese toetse. In die grondslagfase word daar geen tydsbeperking tydens formele assesserings toegepas nie. Wanneer leerders die sistemiese toetse skryf, word daar egter verwag dat hulle die toets binne ‘n uur voltooi. Ons resultate is indrukwekkend, al word die leerders onder druk geplaas.

Volg gerus hierdie skakel vir die uitslae.

Sistemies 2023
/ Akademie, Nuus

Ons bars weer van trots nadat ons Woensdag, 21 Februarie, die Kaapse Metro-Sentraaldistrik se prysuitdeling bygewoon het om die laaste erkenning aan ons matriekklas van 2023 te gee!

Hoërskool Jan van Riebeeck ontvang die volgende toekennings:

  1. Beste presterende skool in Afrikaans Huistaal
  2. Beste vordering in Afrikaans Huistaalgemiddeldes
  3. Konsekwente jaarlikse prestasie in Wiskunde en Fisiese Wetenskappe
  4. Jenna Kohler – beste presteerder in Afrikaans Huistaal
  5. Annabel de Jager – beste presteerder in Engels Eerste Addisionele Taal
  6. Adrian Huysamen – beste presteerder in Ekonomie en Ingenieursgrafika en -Ontwerp
  7. Nicole Prinsloo – beste presteerder in Toerisme en Besigheidstudies
  8. Zia Meintjies – beste presteerder in Gasvryheidstudies

… en die kersie op die koek: Jenna Kohler is die 8STE beste presteerder van alle leerders in die distrik!

Baie geluk aan al ons onderwysers en ons puik Jan van Riebeeckers – ons hou jul toekoms met groot belangstelling dop!

/ Afrikaans, Akademie, Nuus

Die Jannies (gr. 1-7) is welkom om in te skryf vir die ATKV se gewilde digitale spelkompetisie – DigiSpel. Hierdie spelkompetisie vind aanlyn plaas.

Bestudeer die deelnemersgids deeglik indien jou kind belangstel.

Daar is nog nie ‘n spesifieke datum bekendgestel waarop die kompetisie gaan plaasvind nie. Kostes beloop R120 per inskrywing. Jy kan die inskrywingsfooi deur middel van die Karri-toep betaal. Ons sal na aanleiding van die betalings op Karri die leerders inskryf. Die sluitingsdatum vir betalings op die Karri-toep is 1 Maart 2024.

Kontak Ilse-Marié Holtzhausen (Afrikaanse vakhoof) vir navrae: ilsemarie@jvrprim.co.za

/ Akademie, Nuus

Twee oud-leerders van JvR wat Hoërskool Pinelands toe is, Adan Eksteen en Mia Janse van Rensburg, het toekennings gekry vir ‘n bo 85% gemiddeld in 2023. Net 11 leerders in totaal het hierdie prestasie bereik. Baie geluk, ons is baie trots op julle!

/ Akademie, Nuus

Liewe Ouer/Voog

Die terug-skool-toe-seisoen het aangebreek, en ons wil julle hartlik verwelkom! Lapa-uitgewers gee hierdie oulike wenke vir huiswerk aangesien hulle ons leerders inspireer om tuis ‘n liefde vir leer te kweek. Hulle is gereed om julle te ondersteun op hierdie reis …

Hallo, grootskool!

  • Laat jou kind elke dag dieselfde tyd op dieselfde plek in dieselfde volgorde huiswerk doen – dit skep sekuriteit wat hulle laat ontspan en makliker leer.
  • Moenie huiswerk tussen kosmaak en ander aktiwiteite doen nie. Eerder ’n halfuur van jou volle aandag as ’n uur se verdeelde frustrasie.
  • Die onderwyser is jou en jou kind se vennoot. Hulle gaan baie makliker leer en vinniger vorder as hul weet julle drie werk as ’n span saam.
  • Reageer stiptelik op boodskappe of versoeke van die skool af. Dit gee jou kind ekstra sekuriteit en wys dat jy werklik in hom/haar belangstel. Dit bring ook mee dat hulle hul samewerking wil gee en hul bes wil doen.
  • Kontak gereeld die onderwyser en vind uit hoe jou kind vorder en of daar iets is wat jy tuis kan doen om sy/haar vordering in die klas te vergemaklik.
  • As jy nie met die onderwyser saamstem nie, bespreek dit met hom/haar. Moenie jou kind se onderwyser voor hulle kritiseer nie. Dit veroorsaak dat hy/sy gespanne is in die klas.
  • Wees geduldig. Jou kind ontwikkel nog. Wat jou kind vandag nie kan doen nie, draf hy/sy dalk oor ’n maand kaf. Elke kind ontwikkel fisiek, emosioneel en intellektueel teen hul eie tempo. Ons vergeet dit so maklik en breek in die proses ’n kind se selfvertroue, liefde vir hul medemens en hul begrip van die groot wêreld daarbuite af, wat weer sy vordering benadeel.
/ Akademie, Nuus

Onderwysers gaan in die vervolg alle taak- en toetsdatums op die taak- en toetsroosters (kalenders) laai. Die kalenders is beskikbaar in die webtuiste se menu onder Take en Toetse (op jou rekenaar sal dit in die boonste menu wees). Om dit te sync met jou kalender, kies die relevante graad se kalender en kliek op Teken in bo-aan vir verdere instruksies en die skakel. Jy kan ook hierdie skakel volg vir instruksies.

/ Biblioteek, Nuus

Dit is weer tyd vir ons kwartaallikse boekverkope!

  • Dit sal eerskomende Maandag en Dinsdag (op 4 en 5 Desember) in die biblioteek plaasvind.
  • Stuur asseblief ‘n geldjie saam indien leerders belangstel om ‘n boek te koop.
  • Beide kontant en kaartbetalings, sowel as SnapScan word aanvaar.
  • Die tye is as volg:
    • Maandag, 4 Desember, 09:30-14:00
    • Dinsdag, 5 Desember, 07:00-14:00.

Ons sien baie uit!

/ Akademie, Nuus

Om akademiese uitmuntendheid te verseker, moet die skool sorg dat die onderwysers by die regte graad en klas ingedeel word. Ons beskou dit as ‘n groei geleentheid om onderwysers volgens hul sterkpunte en vaardighede aan te wend. Sien hier onder die aanpassings vir 2024:

Belangrike Datums

augustus 2026

22aug00:0023:59Rugby o.11A : Brackenfell

22aug00:0023:59Wiskundekamp (Gr.6&7)

22aug00:0023:59Netbal (o.10 & o.11): Brackenfell

24aug(aug 24)00:0023(aug 23)23:59Ben Reynecke (Musiekonderwyser) verjaar

25aug08:0008:30Koffie-en-Beskuit Konsert

25aug13:0013:00Skaak: Courtrai Paarl WEG (Alle o.9-o.13 leerders)

26aug00:0023:59Beheerraad-vergadering

27aug00:0023:59Wintersport Eindig

27aug00:0023:59Trinity Musiekeksamens by Beau Soleil Musieksenstrum (Kenilworth)

28aug(aug 28)00:0027(aug 27)23:59Anika le Roux (Onderwyser) verjaar

28aug00:0023:59Finkom Vergadering

28aug00:0023:59Sivvies

28aug00:0023:59Hokkie: Interskole vs Welgemoed (TUIS) - Almal

28aug08:0008:00Assessering: SW Aardrykskunde

28aug08:0008:00Skaak: Interskole TUIS (o.9 , o.11 en o.13 span)

29aug00:0023:59Rugby: Interskole vs Welgemoed (TUIS) - Almal

29aug00:0023:59Netbal: Interskole vs Welgemoed (TUIS) - Almal

31aug00:0023:59GEEN SPORT

Wys Meer

september 2026

31aug00:0023:59GEEN SPORT

01sep00:0023:59GEEN SPORT

02sep19:0020:00Laerskool JvR Kore en Tjeggiese Kinderkoor (NG Kerk Tamboerskloof)

03sep(sep 3)00:0002(sep 2)23:59Sanna Molepo (Terrein) Verjaar

03sep(sep 3)00:0002(sep 2)23:59Gr.7 Entrepreneursdag

03sep00:0023:59Jannies vir Jesus

03sep00:0023:59Wintersporttoer o.13B

04sep(sep 4)00:0005(sep 5)23:59Tennis: o.13A Toernbooi by Courtrai

04sep08:0008:00Loslitdag

04sep08:0008:00Skaak: vs Deutsche Internationale Schule Kaapstad WEG (o.9, o.11 en o.13 span)

05sep(sep 5)00:0004(sep 4)23:59Skaak Topskole Wellington (o.9&o.11)

05sep09:0013:00SING. MOVE. PLAY. CONNECT

06sep(sep 6)00:0005(sep 5)23:59Skaak Topskole Wellington (o.9&o.11)

07sep00:0023:59Somersport Begin

07sep12:0014:30Tweedehandse Klereverkope

08sep00:0023:59Dolinda (Nasorg) Verjaar

08sep08:0008:00Kaapse Afrikaanse Eisteddfod - Junior Koor