Skrywer: Marinda Brink

Spog met oud-Jannies

Ons is opgewonde om met hierdie oud-Jannies te spog, aangesien die twee seuns tot die leerderraad van Rondebosch Boys’ High School vir 2026 verkies is. Baie geluk aan Taniel Webber, wat as hoofseun, en Alexander Benecke, as leerderraadslid verkies is. Ons wens hulle alle sterkte toe met die belangrike werk wat vir hulle voorlê. Taniel en sy ouers, Thornley en Elbe Webber. Alexander en sy ouers, Christo Benecke en Barbara...

Lees Verder

Belangrike vergaderings: 3 – 6 November 2025

Neem asseblief kennis van die volgende inligtingsvergaderings wat volgende week plaasvind: Maandag, 3 November:  Goedkeuring van begroting 2026 om 18:00 in die skoolsaal (sien mnr. Beets se skrywe). Slegs vir ouers. Dinsdag, 4 November: Oorgang van graad 3 na 4-ouerinligtingsgesprek om 18:00 in die skoolsaal. Voornemende graad 4-ouers van 2026. Slegs vir ouers/voogde. Woensdag, 5 November: Voornemende graad 1-ouers van 2026 ontmoet mekaar om 18:00 in die skoolsaal. Slegs vir ouers/voogde. Donderdag, 6 November: Oorgang van graad 6 na 7-ouerinligtingsgesprek om 18:00 in die skoolsaal. Voornemende graad 7-ouers van 2026. Slegs vir...

Lees Verder

Maandag en Dinsdag se periodes ruil om

Neem asseblief kennis dat eerskomende Maandag en Dinsdag se periodes omruil. Maandag sal Dinsdag se periodes volg m.a.w. senior kooroefening om 07:30, saal, ens. Die graad 7’s van 2020, wat volgende week met hul matriekeindeksamen begin, kom soos elke jaar vir oulaas ons saalbyeenkoms bywoon. Maak asseblief seker dat jou kind se LO-klere en boeke vir die dag se vakke reg ingepak word. Die buitemuurseprogram sal soos normaal voortgaan. Dankie vir die...

Lees Verder

Korrekte uitspraak van Nkosi Sikelel’ (Ons Volkslied)

Weekliks sing ons die volkslied uit volle bors, arms langs die sye, met groot entoesiasme en uiters trots op ons mooi, diverse land. Ons wil egter verseker dat ons elke taal wat in die volkslied ter sprake is, respekteer deur die woorde korrek uit te spreek. Ons sal dit op ‘n georganiseerde manier met die onderskeie graadgroepe implementeer.  Kan ons vra dat julle hierdie video saam met julle kinders by die huis kyk, ter voorbereiding van ons inisiatief: Emirates Karaoke Anthems: South...

Lees Verder

Kommunikasie aan onderwysers

Ons streef na ope en gemaklike kommunikasie tussen alle partye om gesonde verhoudinge met ons skoolgemeenskap te handhaaf. Ons rig egter ‘n vriendelike versoek om ons kommunikasiepraktyk te respekteer: Indien jy dringend met ‘n onderwyser tydens klastyd wil gesels deur gebruik te maak van WA-geskrewe of stemboodskappe en e-posboodskappe, ens. moet jy asseblief kennis neem dat die onderwyser se kernfokus spesifiek op onderrig en betrokkenheid by ons leerders gedurende klastyd lê. Ons onderwysers beantwoord baie graag boodskappe vanaf ouers, maar doen dit sodra hulle ‘n adminperiode tot hul beskikking het. In ons beleid stipuleer ons dat boodskappe binne 24 uur beantwoord sal word. Indien jy ‘n boodskap dringend onder die onderwyser se aandag wil bring en dit nie kan wag nie, moet jy asseblief vir Adri Marais (LS JvR) en/of Roxanne Kiko (Huppelland) kontak sodat hulle die boodskap direk en spoedig moontlik aan die onderwyser kan oordra.  Baie dankie vir die samewerking in hierdie verband. Kontakbesonderhede: Adri (ontvangs) – 021 423 4209 Roxanne (Huppelland) – 021 424...

Lees Verder

Blokkies bou: BCSA en CapeLUG-uitstalling

Ons is super opgewonde en bevoorreg om BCSA en CapeLUG as deel van ons Akademiese- en Kultuurweekprogram te verwelkom. Graad 1 – 3-leerders gaan heerlik blokkies bou terwyl die gr. 4 – 7-leerders torings vooraf in groepe gaan beplan en dit dan met bepaalde blokkies en figuurtjies gaan bou om te bepaal watter groep se toring die sterkste, hoogste, maklikste vervoer kan word, ens. is. BCSA bring hul eie blokkiestelle waarmee leerders gaan speel en bou terwyl CapeLUG se lede hul modelle gaan uitstal vir die maats wat baie geïnteresseerd is in blokkies bou. Hierdie organisasie doen dit vrywillig en geen koste is hieraan verbonde nie. Ons wil hulle egter ondersteun deur blokkies in te samel sodat hulle dit vir ander projekte kan aanwend. Sien gerus die onderstaande inligting oor hierdie organisasie. Information for donations   What is Brick Club SA Brick Club SA is a donation driven community initiative that brings play first activities to South African communities. We host free building sessions mainly in public libraries, with occasional Brick Club Experiences at daycares, children’s homes, and community centres. Children are the builders. Parents are welcome to be present and encourage them. Our duck mascot reflects our raise a village idea. Many small parts working together make something strong. Ducks are social, resilient, and intelligent. That spirit shapes how we welcome families and keep play simple, joyful, and...

Lees Verder

Uitvoerende funksies

Almal van ons benodig uitvoerende funksies. Vir sommige kinders is dit ’n natuurlike proses, maar vir baie kinders bly dit ’n uitdaging en ’n frustrasie. Hierdie vaardigheid is een van die belangrikste vaardighede om te funksioneer in ons besige leefstyl.

Lees Verder

Uitvoerende funksies

Het jy al ooit van Uitvoerende funksies (Executive functioning) gehoor?

Of jy nou bekend is met terminologie soos neurotipies, neurodivers, sensories sensitief of -soekend – ons almal moet die verskillende uitvoerende funksies baasraak om effektiewe kognitiewe ontwikkeling moontlik te maak.

Lees Verder

100 jaar Afrikaans! 104 jaar LS Jan van Riebeeck!

Marinda Brink – 27 Julie 2025 Ek lees ‘n eeu oue verhaal van lewenswel en -weë, soos Laurika sing waar Japie Louw en Trudie de Waal Afrikaans as Moedertaal spoke jaag om ons taal amptelik te bewaar.   En waarheen al die woorde is, sal net Jannies kan verklaar. Afrikaans, ons taal – groei en vernuwe om nog ‘n 100 jaar amptelik te bly staan.   Japie, ons is jou dankbaar wat voet-by-stuk gehou het dat ‘n Jan van Riebeeck-kultuur fier en vors trots kan staan om liefde vir ons mooie taal met die ander elf Tale te deel.   LS JvR jou waardes geëets teen Tafelberg, Leeukop en Seinheuwel Respek Eerlikheid Verantwoordelikheid Omgee Lig omhoog jou heilsaamheid om kinders in wêreldburgers te omskep.   Voorwaarts vir Afrikaans – ons mooie taal vir nog eeue om te...

Lees Verder

Kennisgewing: Skool verdaag vroeër a.g.v. Interskole

Neem asseblief kennis dat die skool Vrydag, 15 Augustus, om 12:00 verdaag aangesien die Interskole Hokkiewedstryde reeds op Vrydagoggend, 15 Augustus, om 10:00 te Moorreesburg begin. Daar sal wel toesig wees vir leerders wat skool gaan bywoon. Nasorg sal vanaf 12:00 aangebied...

Lees Verder

Akademiese- en Kultuurweek 2025

Tussen 17–26 September 2025 fokus ons op geïntegreerde, interaktiewe leer deur allerhande leergeleenthede te skep wat die boublokke van ontwikkeling benadruk word. Almal van ons het iewers begin wat ons òf ontwikkel het òf gestaak/verander het – jou stokperdjie of jou loopbaan. Jou nuuskierigheid en vaardighede het iewers of by iemand posgevat. Indien jy by hierdie week op welke manier ook al betrokke wil raak, moet jy asb. vir Marinda Brink (marinda@jvrprim.co.za) kontak. Idees is welkom. Voorlopige program: Ouma- en oupadag (19 Sept.) The Brick Club: uitstallings, werkSwinkels, speel-en-bou Maandag tot Dinsdag, 22-23 Sept.  Curro-musiekfees (23 Sept.) Jannies Talent (25...

Lees Verder

Tienerskap vervolg: Tuimeltreinjare

Tydens die Professional Minds-konferensie (Teens & Tweens) wat in Mei 2025 aangebied is, het dr. Jenny Rose (kliniese sielkundige wat in kinder- en tienergeestesgesondheid spesialiseer) heelwat insig oor hierdie komplekse fase gebied. Sy noem dat die hedendaagse tiener onder baie meer druk verkeer as ‘n paar dekades terug. Tieners van vandag se stresvlakke is hoog, hulle sukkel met geestesgesondheidsuitdagings en voel dikwels alleen. Onrealistiese verwagtinge (van hulself en gemeenskap) asook te veel blootstelling op ‘n te jong ouderdom mag redes hiervoor wees.  

Lees Verder

Inligting rakende laaste week

Belangrike inligting vir die laaste week van kwartaal 2: Maandag, 23 Junie: *Suid-Kaap-toer vertrek om 08:00 *Skool verdaag om 13:00 Dinsdag, 24 Junie: *Skool verdaag om 13:00 Woensdag, 25 Junie: *Skool verdaag om 13:00 Donderdag, 26 Junie: *Grondslagfase Musiekkonsert 08:00 in skoolsaal *Markdag om 12:00  *Sivvies *Skool verdaag om 13:00 Vrydag, 27 Junie: *Sivvies *Ontvang rapporte (hardekopie en elektronies) *Skool sluit vir vakansie om 10:30 (GF) en 10:45 (ISF) *Suid-Kaap-toer keer...

Lees Verder

Skoolhoofdeverslag aan die beheerraad

Die beheerraad hou een keer per kwartaal ‘n vergadering waartydens verskeie skoolsake bespreek en besluite geneem word.  Ons skoolhoof gee dan ook periodiek kortliks terugvoer aan die Beheerraad rakende die operasionele aktiwiteite wat oor ‘n spesifieke periode plaasgevind het.  Ons hoop en vertrou dit gee ook vir julle ‘n bietjie meer insig in die dag-tot-dag operasionele aktiwiteite wat by ons skool en Huppelland plaasgevind het. Volg gerus die skakel hier onder en lees die skoolhoof se verslag vir die tydperk 15 Januarie tot 30 April 2025.   1. SKOOLHOOFVERSLAG 15 JAN - 30 APR...

Lees Verder

Kennisgewing: Elektroniese Rapporte

Neem kennis dat ons vanaf hierdie kwartaal alle leerders vanaf Graad 1–7 se rapporte elektronies en in harde kopie (soos voorheen) sal versprei. Let asseblief op dat ons volgende week ’n e-pos aan ouers/voogde sal stuur om te bevestig dat die korrekte e-posadres bereik word. Jy sal ‘n afsonderlike e-pos ontvang vir elke kind wat jy in die skool het. Hierdie toetslopie sal nie oor enige belangrike inligting beskik nie. Ons het nodig om dit so te doen sodat ons die rapporte die daaropvolgende week, wanneer die skool sluit, aan alle ouers kan stuur. Indien jou e-posadres verander het, moet jy dit asseblief so gou moontlik aanpas. Ons is baie opgewonde oor hierdie nuwe IKT-verwikkeling en wil ons dank aan Marié Cruywagen, Leon Hanekom en Megan Zondagh...

Lees Verder

Dissipline en grense

Op uitnodiging van HS JvR woon ‘n groepie van ons laerskool- en Huppelland-ouers die motiveringspraatjie wat deur Johan Smith op Woensdagaand, 4 Junie, aangebied is, te HS JvR by. Motiverend was Johan Smith se woorde inderdaad: motivering aan ouers om dissipline op ‘n positiewe manier met moed aan te pak. Ek som graag die inhoud van hierdie treffende aanbieding op, aangesien elke ouer hierdie inligting benodig. Volwasse ouers moet soos helikopters hoog bo hul kind se kop vlieg – hoog genoeg sodat jy wyd kan kyk en die toekoms met durf saam met jou kind kan aanpak. Die doel van ouerskap is om ons kinders na volwassenheid te lei deur hulle te help om van rigting te verander indien hulle moontlik ‘n rigting wil inslaan wat nie ‘n suksesvolle eindresultaat inhou nie. Met hierdie eindresultaat word daar geen druk op prestasie geplaas nie, maar eerder op uiteindelik gebalanseerde volwassenes met karakter te fokus. Karaktereienskappe waaroor ons eendag wil trots wees, is: integriteit, eerlikheid, empatie, verantwoordelikheid, respek, ens. Wanneer jou volwasse kinders hierdie eienskappe besit, weet jy dat jy as ouer geslaag het. Om in hierdie doel te slaag, beteken dat jy as ouer sterk in jouself moet staan en dat julle as ‘n ouerspan moet saamwerk om dieselfde doel te bereik. Hierdie tydperk kom met beproewings en verloop nie altyd soos maanskyn en rose nie. Deur positiewe dissipline toe...

Lees Verder

Ouergesprek: Johan Smith

Koop gerus ‘n kaartjie op Karri teen R50 pp om die ouergesprek op Woensdagaand, 4 Junie, te Hoërskool Jan van Riebeeck in hul skoolsaal by te woon. Johan Smit is die gasspreker en sal oor grense en dissipline...

Lees Verder