Skrywer: Marinda Brink

Zen Den-gesels | Gr. 1: Liewe ma en pa, onthou, jou kind is nie jý nie

So op die drumpel van jou graad 1-kind se skoolloopbaan ervaar jy as ‘n ouer baie emosies. Jy besef jou kind word groot en al hoe meer mense word deel van haar wêreld: vriende, onderwysers, die skoolgemeenskap, dalk terapeute en meer. Ons weet mos dat dit ‘n hele gemeenskap verg om ‘n emosioneel sterk en gebalanseerde kind die grootmenswêreld in te stuur. Wanneer ons kinders die “groot skool” betree, word ons “beheer” oor hul doen en late algaande minder.

Lees Verder

Laaste week: 8 – 10 Desember 2025

Hier volg ‘n kort opsomming van die laaste week se aktiwiteite: Maandag, 8 Desember: Klasindelings vir 2026 word bekendgemaak Skool verdaag om 13:15 Graad 7-sokkie om 18:00 Dinsdag, 9 Desember: Sivvies Saalbyeenkoms gr. 1 – 6 Leerderraadslede vir 2026 word bekendgemaak Gr. 7-afskeid Senior Koor vir 2026 oefen Skool verdaag om 13:15 Woensdag, 10 Desember: Sivvies Gr. 7’s se laaste saalbyeenkoms 08:00 – 09:30 (Gr. 7-ouers is welkom) Ontvang rapporte (harde kopie en elektronies) Skool sluit...

Lees Verder

Prysuitdelingsgeleenthede 2025

Prysuitdelings vind op die volgende dae en tye in die skoolsaal plaas. Kom woon dit gerus by. Maandag, 1 Desember 2025: Graad 1: 08:30 Graad 2: 10:00 Graad 3: 11:30 Dinsdag, 2 Desember 2025: Graad 4: 09:00 (Geen Top 10 word aangekondig nie) Graad 5: 11:00 (Top 10 word aangekondig) Donderdag, 4 Desember 2025: Graad 6: 09:00 (Top 10 word aangekondig) Graad 7: 18:00 (Top 10 word...

Lees Verder

Engels Graad 5-7 (HL en FAL)

Neem asseblief kennis dat graad 5-7 Engelseklasse vanaf 2026 jaarliks oor ingedeel sal word (net soos ons klasindelingsbeleid vir jaarlikse graadwisseling) om te verseker dat leerders blootstelling aan verskillende onderrigstyle en onderwysers ontvang. Dit beteken dat die huidige graad 5 en 6 Engelseklasse van hierdie jaar (2025) nie noodwendig by dieselfde onderwyser en klasmaats ingedeel sal word nie. Tot op hede het leerders van graad 5 tot 7 jaarliks Engelse onderrig by dieselfde onderwyser ontvang en saam met dieselfde groep maats in die klas gebly.  Verder het ons ook besluit om slegs twee Engels HL (Home Language) en twee Engels FAL (First Additional Language) klasse per graad in te deel.  Engelse onderwysers vir graad 5 tot 7-klasse: HL (vakhoof): Charlene van Rooyen HL: Mardry Wright (ook vakhoof van FAL) FAL: André Lourens FAL: Sharon Mabena Hierdie indelings sal net soos die algemene klasindelings tydens die laaste week van hierdie kwartaal bekendgemaak...

Lees Verder

Spog met oud-Jannies

Ons is opgewonde om met hierdie oud-Jannies te spog, aangesien die twee seuns tot die leerderraad van Rondebosch Boys’ High School vir 2026 verkies is. Baie geluk aan Taniel Webber, wat as hoofseun, en Alexander Benecke, as leerderraadslid verkies is. Ons wens hulle alle sterkte toe met die belangrike werk wat vir hulle voorlê. Taniel en sy ouers, Thornley en Elbe Webber. Alexander en sy ouers, Christo Benecke en Barbara...

Lees Verder

Belangrike vergaderings: 3 – 6 November 2025

Neem asseblief kennis van die volgende inligtingsvergaderings wat volgende week plaasvind: Maandag, 3 November:  Goedkeuring van begroting 2026 om 18:00 in die skoolsaal (sien mnr. Beets se skrywe). Slegs vir ouers. Dinsdag, 4 November: Oorgang van graad 3 na 4-ouerinligtingsgesprek om 18:00 in die skoolsaal. Voornemende graad 4-ouers van 2026. Slegs vir ouers/voogde. Woensdag, 5 November: Voornemende graad 1-ouers van 2026 ontmoet mekaar om 18:00 in die skoolsaal. Slegs vir ouers/voogde. Donderdag, 6 November: Oorgang van graad 6 na 7-ouerinligtingsgesprek om 18:00 in die skoolsaal. Voornemende graad 7-ouers van 2026. Slegs vir...

Lees Verder

Maandag en Dinsdag se periodes ruil om

Neem asseblief kennis dat eerskomende Maandag en Dinsdag se periodes omruil. Maandag sal Dinsdag se periodes volg m.a.w. senior kooroefening om 07:30, saal, ens. Die graad 7’s van 2020, wat volgende week met hul matriekeindeksamen begin, kom soos elke jaar vir oulaas ons saalbyeenkoms bywoon. Maak asseblief seker dat jou kind se LO-klere en boeke vir die dag se vakke reg ingepak word. Die buitemuurseprogram sal soos normaal voortgaan. Dankie vir die...

Lees Verder

Korrekte uitspraak van Nkosi Sikelel’ (Ons Volkslied)

Weekliks sing ons die volkslied uit volle bors, arms langs die sye, met groot entoesiasme en uiters trots op ons mooi, diverse land. Ons wil egter verseker dat ons elke taal wat in die volkslied ter sprake is, respekteer deur die woorde korrek uit te spreek. Ons sal dit op ‘n georganiseerde manier met die onderskeie graadgroepe implementeer.  Kan ons vra dat julle hierdie video saam met julle kinders by die huis kyk, ter voorbereiding van ons inisiatief: Emirates Karaoke Anthems: South...

Lees Verder

Kommunikasie aan onderwysers

Ons streef na ope en gemaklike kommunikasie tussen alle partye om gesonde verhoudinge met ons skoolgemeenskap te handhaaf. Ons rig egter ‘n vriendelike versoek om ons kommunikasiepraktyk te respekteer: Indien jy dringend met ‘n onderwyser tydens klastyd wil gesels deur gebruik te maak van WA-geskrewe of stemboodskappe en e-posboodskappe, ens. moet jy asseblief kennis neem dat die onderwyser se kernfokus spesifiek op onderrig en betrokkenheid by ons leerders gedurende klastyd lê. Ons onderwysers beantwoord baie graag boodskappe vanaf ouers, maar doen dit sodra hulle ‘n adminperiode tot hul beskikking het. In ons beleid stipuleer ons dat boodskappe binne 24 uur beantwoord sal word. Indien jy ‘n boodskap dringend onder die onderwyser se aandag wil bring en dit nie kan wag nie, moet jy asseblief vir Adri Marais (LS JvR) en/of Roxanne Kiko (Huppelland) kontak sodat hulle die boodskap direk en spoedig moontlik aan die onderwyser kan oordra.  Baie dankie vir die samewerking in hierdie verband. Kontakbesonderhede: Adri (ontvangs) – 021 423 4209 Roxanne (Huppelland) – 021 424...

Lees Verder

Blokkies bou: BCSA en CapeLUG-uitstalling

Ons is super opgewonde en bevoorreg om BCSA en CapeLUG as deel van ons Akademiese- en Kultuurweekprogram te verwelkom. Graad 1 – 3-leerders gaan heerlik blokkies bou terwyl die gr. 4 – 7-leerders torings vooraf in groepe gaan beplan en dit dan met bepaalde blokkies en figuurtjies gaan bou om te bepaal watter groep se toring die sterkste, hoogste, maklikste vervoer kan word, ens. is. BCSA bring hul eie blokkiestelle waarmee leerders gaan speel en bou terwyl CapeLUG se lede hul modelle gaan uitstal vir die maats wat baie geïnteresseerd is in blokkies bou. Hierdie organisasie doen dit vrywillig en geen koste is hieraan verbonde nie. Ons wil hulle egter ondersteun deur blokkies in te samel sodat hulle dit vir ander projekte kan aanwend. Sien gerus die onderstaande inligting oor hierdie organisasie. Information for donations   What is Brick Club SA Brick Club SA is a donation driven community initiative that brings play first activities to South African communities. We host free building sessions mainly in public libraries, with occasional Brick Club Experiences at daycares, children’s homes, and community centres. Children are the builders. Parents are welcome to be present and encourage them. Our duck mascot reflects our raise a village idea. Many small parts working together make something strong. Ducks are social, resilient, and intelligent. That spirit shapes how we welcome families and keep play simple, joyful, and...

Lees Verder

Uitvoerende funksies

Almal van ons benodig uitvoerende funksies. Vir sommige kinders is dit ’n natuurlike proses, maar vir baie kinders bly dit ’n uitdaging en ’n frustrasie. Hierdie vaardigheid is een van die belangrikste vaardighede om te funksioneer in ons besige leefstyl.

Lees Verder

Uitvoerende funksies

Het jy al ooit van Uitvoerende funksies (Executive functioning) gehoor?

Of jy nou bekend is met terminologie soos neurotipies, neurodivers, sensories sensitief of -soekend – ons almal moet die verskillende uitvoerende funksies baasraak om effektiewe kognitiewe ontwikkeling moontlik te maak.

Lees Verder

100 jaar Afrikaans! 104 jaar LS Jan van Riebeeck!

Marinda Brink – 27 Julie 2025 Ek lees ‘n eeu oue verhaal van lewenswel en -weë, soos Laurika sing waar Japie Louw en Trudie de Waal Afrikaans as Moedertaal spoke jaag om ons taal amptelik te bewaar.   En waarheen al die woorde is, sal net Jannies kan verklaar. Afrikaans, ons taal – groei en vernuwe om nog ‘n 100 jaar amptelik te bly staan.   Japie, ons is jou dankbaar wat voet-by-stuk gehou het dat ‘n Jan van Riebeeck-kultuur fier en vors trots kan staan om liefde vir ons mooie taal met die ander elf Tale te deel.   LS JvR jou waardes geëets teen Tafelberg, Leeukop en Seinheuwel Respek Eerlikheid Verantwoordelikheid Omgee Lig omhoog jou heilsaamheid om kinders in wêreldburgers te omskep.   Voorwaarts vir Afrikaans – ons mooie taal vir nog eeue om te...

Lees Verder

Kennisgewing: Skool verdaag vroeër a.g.v. Interskole

Neem asseblief kennis dat die skool Vrydag, 15 Augustus, om 12:00 verdaag aangesien die Interskole Hokkiewedstryde reeds op Vrydagoggend, 15 Augustus, om 10:00 te Moorreesburg begin. Daar sal wel toesig wees vir leerders wat skool gaan bywoon. Nasorg sal vanaf 12:00 aangebied...

Lees Verder

Akademiese- en Kultuurweek 2025

Tussen 17–26 September 2025 fokus ons op geïntegreerde, interaktiewe leer deur allerhande leergeleenthede te skep wat die boublokke van ontwikkeling benadruk word. Almal van ons het iewers begin wat ons òf ontwikkel het òf gestaak/verander het – jou stokperdjie of jou loopbaan. Jou nuuskierigheid en vaardighede het iewers of by iemand posgevat. Indien jy by hierdie week op welke manier ook al betrokke wil raak, moet jy asb. vir Marinda Brink (marinda@jvrprim.co.za) kontak. Idees is welkom. Voorlopige program: Ouma- en oupadag (19 Sept.) The Brick Club: uitstallings, werkSwinkels, speel-en-bou Maandag tot Dinsdag, 22-23 Sept.  Curro-musiekfees (23 Sept.) Jannies Talent (25...

Lees Verder

Tienerskap vervolg: Tuimeltreinjare

Tydens die Professional Minds-konferensie (Teens & Tweens) wat in Mei 2025 aangebied is, het dr. Jenny Rose (kliniese sielkundige wat in kinder- en tienergeestesgesondheid spesialiseer) heelwat insig oor hierdie komplekse fase gebied. Sy noem dat die hedendaagse tiener onder baie meer druk verkeer as ‘n paar dekades terug. Tieners van vandag se stresvlakke is hoog, hulle sukkel met geestesgesondheidsuitdagings en voel dikwels alleen. Onrealistiese verwagtinge (van hulself en gemeenskap) asook te veel blootstelling op ‘n te jong ouderdom mag redes hiervoor wees.  

Lees Verder

Inligting rakende laaste week

Belangrike inligting vir die laaste week van kwartaal 2: Maandag, 23 Junie: *Suid-Kaap-toer vertrek om 08:00 *Skool verdaag om 13:00 Dinsdag, 24 Junie: *Skool verdaag om 13:00 Woensdag, 25 Junie: *Skool verdaag om 13:00 Donderdag, 26 Junie: *Grondslagfase Musiekkonsert 08:00 in skoolsaal *Markdag om 12:00  *Sivvies *Skool verdaag om 13:00 Vrydag, 27 Junie: *Sivvies *Ontvang rapporte (hardekopie en elektronies) *Skool sluit vir vakansie om 10:30 (GF) en 10:45 (ISF) *Suid-Kaap-toer keer...

Lees Verder

Skoolhoofdeverslag aan die beheerraad

Die beheerraad hou een keer per kwartaal ‘n vergadering waartydens verskeie skoolsake bespreek en besluite geneem word.  Ons skoolhoof gee dan ook periodiek kortliks terugvoer aan die Beheerraad rakende die operasionele aktiwiteite wat oor ‘n spesifieke periode plaasgevind het.  Ons hoop en vertrou dit gee ook vir julle ‘n bietjie meer insig in die dag-tot-dag operasionele aktiwiteite wat by ons skool en Huppelland plaasgevind het. Volg gerus die skakel hier onder en lees die skoolhoof se verslag vir die tydperk 15 Januarie tot 30 April 2025.   1. SKOOLHOOFVERSLAG 15 JAN - 30 APR...

Lees Verder