Geagte Ouers / Voogde – 23 Januarie 2026

Ek is so opgewonde om die jaar saam met die leerders, julle en die personeel af te skop. Ek kan bevestig dat alle skoolaktiwiteite met die aanvang van die 2de week van die nuwe kwartaal in volle swang is en alles verloop klopdisselboom. Op Vrydag, 16 Januarie, het die senior swemgala (Gr. 4–7) plaasgevind. Die weer het nie heeltemal saamgespeel nie, maar tog het die swemmers dit terdeë geniet terwyl hulle luidkeels deur die leerders, ouers, oumas en oupas, asook die personeel aangemoedig is. Baie geluk aan die volgende swemmers wat as die junior- en senior swemmers vir die jaar na afloop van die gala aangewys is: Junior dogter (Gr. 4 & 5): Anouk Jacobsz Junior seun (Gr. 4 & 5): Lukas Loubser Senior dogter (Gr. 6 & 7): Ellen van Heerden Senior seun (Gr. 6 & 7): Daniel van der Bergh Verder het die buitemuurse program amptelik op Maandag, 19 Januarie, volstoom afgeskop. Dit sluit ook musieklesse en kooroefeninge in. Baie dankie aan al die ouers/voogde vir julle aandeel om jul kinders te motiveer om vanjaar weer aktief aan skoolsport en/of kultuuraktiwiteite deel te neem en dit saam met hul maats te geniet. Baie geluk aan die volgende leerders (alfabeties) wat op Dinsdag, 20 Januarie, tydens die saalbyeenkoms hul leerderraadbalkies amptelik ontvang het: Anabella Boshoff Dane Botha Chris Derksen Jacques du Toit Jamie Jordaan Bella Naylor Jana Nel Mila Malan Ghia Pereira Pieter Rademeyer Cato Terblanche Lily van Zyl My hartlike dank aan hul trotse ouers wat die spesiale geleentheid bygewoon het om die tradisionele aansteek van hul onderskeie balkies te behartig. My beste wense vergesel die 2026...

Nuwe Onnies 2026

Ons verwelkom hierdie jaar drie nuwe grondslagfase onderwyseresse! Ons het vir hulle die volgende vrae gevra: 1. Het jy voorheen skool gehou? Indien wel, waar? 2. Wat doen jy graag in jou aftyd? 3. Wat is jou gunstelingkos/-dis? 4. As jy met 'n bekende persoon kan kuier, wie sal dit wees? 5. As jy 'n superpower gehad het, wat sou dit wees? 6. As jy die Lotto wen... Kom ons kyk 'n bietjie wat sê...

Bekendstellingsfunksie Kosbestellings: 22 Januarie 2026

Ons sien uit om saam as ouers, voogde en onderwysers volgende week Donderdagaand, 22 Januarie, te kuier. Oudergewoonte sal Stan van Boulevard 82 se "Food truck" weer na afloop van die inligtingsessie in die saal (rondom 20:00) regstaan met voorafbestelde etes wat op Karri beskikbaar is. Daar sal ook ’n tafel wees om jou dors te les. (Slegs SnapScan en Yoco) Alle kosbestellings moet teen Dinsdag om 13:00 op Karri geplaas word. Geen kos sal sonder voorafbestelling verkoop word nie. Karri-bestellings maak vandag oop. Die ete-opsies: Falafel vegetarieseburger met skyfies – R130 Karringmelkhoenderburger met skyfies – R155 Kaasbeefburger met skyfies – R165 Salm "Poke Bowl" – R175 Die koskaartjies sal by die registeronderwyser in die kind se klas wees deur wie die kosbestelling geplaas is. Dit kan op die aand tydens die klasvergaderings afgehaal...

STUDIEKURSUS: Kwartaal 1, 2026

Leerders word volgens hulle grade in groepe ingedeel. Die groepe bestaan uit 8–10 leerders per groep en kom een keer per week vir 45 minute bymekaar. Leerders gaan vir 7 weke gratis studie-ontwikkeling ontvang. U kan ’n e-pos aan Marietjie de Kock (marietjie@jvrprim.co.za) stuur om vir u kind ’n plek te bespreek. Die studie-ontwikkeling bestaan uit die volgende: Beplanning vir die kwartaal en doelwitstelling Hersiening van verskillende opsommings Luister- en konsentrasievaardighede Geheue-oefeninge Beantwoording van toetse en eksamens Die kursus begin die week van 26 Januarie. Hier is die tye en datums vir die onderskeie...

Kwartaal 1 se bedrywighede

Om by ‘n nuwe skool betrokke te raak, verg soms kophou om belangrike inligting nie mis te loop nie. Ons help graag deur hierdie kort opsomming as induksie te gebruik totdat jy vertroud is met die kalender, weeklikse nuusbrief en al die ander doen en late van ons skool. Die doel hiermee is nie om enige ander dokument te vervang nie, maar eerder om onnodige angs en onsekerhede uit die weg te ruim. Sien belangrike datums en kontakbesonderhede hier onder: [pdf-embedder url="https://laerskooljanvanriebeeck.co.za/wp-content/uploads/2026/01/Inligting-rakende-bedrywighede-aan-nuwe-ouers-2026.pdf" title="Inligting rakende bedrywighede aan nuwe ouers...

Jannie van die week

Ons eer graag Jannies wat iets besonders gedurende die week doen. Besonders is 'n besondere term vir 'n besonderse daad. Om hulpvaardig teenoor 'n maat op te tree wie se arm gebreek is en nie haar tas kan dra nie; om rommel op te tel sonder dat enigiemand vir jou opdrag gee; om vriendelik te wees teenoor iemand wat afsydig en ongeskik is; om respekvol teenoor besoekers op te tree is alles voorbeelde van 'n Jannie wat die Jannie van die week-toekenning verdien.   Hou asseblief hierdie spasie dop aangesien ons weekliks 'n Jannie van die week-verteenwoordiger op hierdie ruimte gaan...

Zen Den-gesels | Gr. 1: Liewe ma en pa, onthou, jou kind is nie jý nie

So op die drumpel van jou graad 1-kind se skoolloopbaan ervaar jy as ‘n ouer baie emosies. Jy besef jou kind word groot en al hoe meer mense word deel van haar wêreld: vriende, onderwysers, die skoolgemeenskap, dalk terapeute en meer. Ons weet mos dat dit ‘n hele gemeenskap verg om ‘n emosioneel sterk en gebalanseerde kind die grootmenswêreld in te stuur. Wanneer ons kinders die “groot skool” betree, word ons “beheer” oor hul doen en late algaande minder.

Jannies vir Jesus

Jannies vir Jesus vind elke Donderdagoggend van 07:15 - 07:45 in die NASORGLOKAAL plaas. Ons eerste samekoms van die jaar is volgende Donderdag, 22 Januarie. Ons sing eers lekker saam en dan bring ds Marietjie Steyn, van die Groote Kerk, of een van die onderwysers 'n boodskap. Dit is baie van ons Jannies se gunstelingoggend van die week. Alle gr.1 - 7-leerders en hul ouers is welkom! Sluit asb. by die communitygroep aan indien jy graag op hoogte wil bly van die aktiwiteite....

Geagte Ouers / Voogde – 16 Januarie 2026

Dit is my groot eer en voorreg om almal na afloop van die lekker somervakansie by ons geliefde skool terug te verwelkom. Ek vertrou almal het ‘n heerlike vakansie en ‘n Geseënde Kerstyd saam met familie en vriende geniet. Ek glo almal se spreekwoordelike batterye is ten volle herlaai en slaggereed om die nuwe jaar aan te pak. Groot opwinding het saam met hoë energievlakke op Woensdagoggend, 16 Januarie 2026, tydens die opening van die skool na die heerlike somervakansie geheers. Ons graad 1’s asook al ons nuwe leerders is spesiaal met ope arms deur die nuwe leerderraad en BRUL-JANt ontvang en sonder enige trane na hul onderskeie klaskamers vergesel. Dit was so lekker om al ons leerders, ouers/voogde en personeel weer te sien, blad te skud, drukkies te gee en sommer net lekker te gesels oor die wonderlike vakansie-ervarings asook die opwindende jaar wat voorlê. Ek het dan ook die voorreg gehad om met die aanvang van die eerste skooldag die gr. 2- tot 7-leerders amptelik in die saal te verwelkom. My saalboodskap vir die eerste dag van die skooljaar het gehandel oor of hulle (leerders en personeel) gereed voel vir hul onderskeie nuwe grade asook alles wat die nuwe jaar gaan bied. Ek het mooi verduidelik dat ‘n mens nooit regtig gereed sal voel om iets nuuts aan te pak nie, want dit is nie ‘n gevoel nie - dis eerder ‘n besluit. Ons weet dat ons vanjaar weer baie besluite moet neem en dus het ek en die personeel saam met die leerders kollektief die volgende besluite (ons Jannies-nuwejaarsvoornemens) geneem: Om te alle tye alle mense...

Jan Kas Omruilings

Neem asseblief kennis dat klere-items wat by die klerebank omgeruil word, glad nie gedra mag wees nie. Alle omruilings moet binne 4 weke geskied. Geen omruilings sal ná afloop van die 4 weke toegestaan word nie. Dankie vir die samewerking.

WhatsApp-Gemeenskap

Sluit nou aan by ons WhatsApp-gemeenskap! WhatsApp is ons hoof vorm van kommunikasie met ouers. Maak asseblief seker dat jy op alle relevante groepe is.  Gebruik hierdie skakel om by die WhatsApp-gemeenskap aan te sluit: https://chat.whatsapp.com/Lmxgmk8IQNHFl9w2N4VnMY Ons nooi jou uit om by die volgende groepe aan te sluit: Nuusbrief Advertensies (opsioneel) Verlore Goedere (opsioneel) Soek asseblief jou kind se graadgroep sowel as klasgroep, byvoorbeeld: Graad 6 2026 (Ls JvR) Graad 6DV 2026 (Ls JvR) Sluit ook aan by die sport- en kultuurgroepe waarin jou kind betrokke is, sowel as die toepaslike ouderdomsgroepe vir elke sportsoort. Vir enige navrae, kontak vir Megan by...

Hokkie en Netbal vir Ouers

Daar is 'n netbal- asook 'n hokkiegroep vir ouers wat op Dinsdag- of Donderdagaande by die skoolgronde lekker saam speel. Skandeer die QR kode vir die WhatsApp-groepe of kontak ons gerus vir meer inligting.   Hokkie Annemarie Kemp 082 808 8681   Netbal Tanja de Korte 072 744...

Jan Kas Klerebank – Oopmaak vir 2026

Neem asseblief die volgende datums in ag wanneer julle vir die nuwe skooljaar voorberei. Aanlynwinkel Die Jan Kas klerebank se aanlynwinkel maak weer op Maandag, 5 Januarie 2026 om 08:00 oop. Klerewinkel Voor die nuwe skooljaar begin, sal die físiese winkel op die volgende tye oop wees: Vrydag, 9 Januarie 2026: 09:00 – 12:00 Maandag, 12 Januarie 2026: 07:00 – 10:00 Dinsdag, 13 Januarie 2026: 12:00 – 14:30 Skool heropen Gewone winkelure hervat vanaf Woensdag, 14 Januarie 2026: Maandag & Woensdag: 07:00 – 08:00 Dinsdag & Donderdag: 13:30 – 14:30...

WhatsApp-groepe vir die Nuwe Jaar

Namate ons voorbereiding vir die aanvang van die nuwe skooljaar, wil ons graag duidelikheid gee oor die opdatering van ons WhatsApp-groepe: Graadgroepe se name word outomaties aangepas na die nuwe jaar se graadname. Ouers hoef nie die groep te verlaat nie — die nuwe graadonderwysers word eenvoudig bygevoeg. Klasgroepe word gedurende die eerste week wanneer skole heropen, vervang met die nuwe jaar se klasgroepe. Hoofgroepe (algemene inligtingsgroepe) wat nie jaarliks verander nie, bly onveranderd. Sportgroepe wat volgens ouderdomsgroepe werk, word jaarliks vervang met die groepe vir die nuwe jaar. Indien daar enige inligting of dokumente op van hierdie groepe is wat jy graag wil behou, stoor dit asseblief so spoedig moontlik, aangesien sommige groepe uitgevee of vervang gaan...

Belangrike Datums

julie 2026

28jul00:0023:59GEEN SPORT

28jul00:0023:59Finkom Vergadering

29jul(jul 29)00:0028(jul 28)23:59Gr.1 & 2 - Interne Robotika Kompetisie

29jul00:0023:59Rugby: Fanie Theron (WEG) - Almal

29jul00:0023:59Netbal: Tableview (TUIS) - Almal

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

Wys Meer

augustus 2026

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

01aug00:0023:59Netbal & Rugbytoernooi (o.7-o.9)

02aug(aug 2)16:0004(aug 4)17:00EXCO-Strat

03aug(aug 3)00:0008(aug 8)23:59Hs JvR JanArte Kunstefees

03aug18:0018:00Hs JvR - Tafelbergkoorfees

04aug00:0023:59Rugby: o.9 & o.13 Bishops (WEG)

04aug18:0018:00Reddam Sings - Junior Koor (Constantia)

september 2026

31aug00:0023:59GEEN SPORT

01sep00:0023:59GEEN SPORT

02sep19:0020:00Laerskool JvR Kore en Tjeggiese Kinderkoor (Ls JvR)

03sep00:0023:59Jannies vir Jesus

03sep00:0023:59Wintersporttoer o.13B

04sep00:0023:59TOETS: EBW (Gr.7)

05sep09:0013:00SING. MOVE. PLAY. CONNECT

07sep00:0023:59Somersport Begin

08sep00:0023:59Dolinda (Nasorg) Verjaar

08sep08:0008:00Kaapse Afrikaanse Eisteddfod - Junior Koor