Die Stad Kaapstad het onlangs ‘n kunskompetisie geloods om saam te val met die feesvieringe rondom die aanskakeling van die Kersliggies. ‘n Paar van ons leerders het deelgeneem en vier van hulle se werk is gekies as deel van die top 12.
Die leerders is Adriaan Wessels, Lara Basson, Lia Luna Li Lätti en Simon van Dyk. Ons is baie trots op hulle aangesien daar meer as 500 werke onvang is van skole soos Rondebosch Prep, Rustenburg Primary en St. Cyprians.
Die werk word uitgestal in die Burgersentrum tot 11 Januarie 2018. Daar is ook nog ‘n paar van ons leerders se werke te sien by die uitstalling.
Onder is ‘n foto van die leerders saam met J.P. Smith wat die opening van die uitstalling behartig het.