Dis weer sulke tyd!!! Op Woensdagaand 18 Maart om 19:00 is daar geleentheid vir jou om jou spesiale talent vir die skool te kom wys. Dis ‘n opwindende aand met klank en ligte en beoordelaars wat nog ‘n groot verrassing is. Enigeen van Gr.2 – 7 kan inskryf. Kom na juffrou Helecia Groenewald, kry jou inskrywingsvorm en begin solank oefen. Inskrywingsgelde is R100 vir ‘n individuele item of R150 vir ‘n groep. Inskrywings sluit Vrydag 6 Maart.