Kategorie: Sport

/ Krieket, Nuus, Sportuitslae

Baie geluk aan al die krieketspelers met die volgende uitslae:

  • o.7 wen met 9 lopies teen Herzlia
  • o.8 wen met 18 lopies teen Herzlia
  • o.9 wen met 18 lopies teen Reddam
  • o.11 A verloor met 61 lopies teen Ottohub
  • o.11 B verloor met 8 paaltjies teen Pinelands North
    • Luke Sieberhagen met boulsyfers van 3 beurte 2 paaltjies vir net 4 lopies
/ Nuus, Sportuitslae, Swem

Ons swemmers het Vrydag, 2 Februarie, aan die swemgala by die Duitse Skool deelgeneem. Laerskool Jan van Riebeeck het derde plek uit vier skole behaal. Wel gedaan aan al ons swemmers wat deelgeneem het!

Delmar Benecke en Karu Rademeyer het ook die afgelope naweek aan die Cape Town Bryan Button-kwalifiserende swemgala by die Universiteit van Wes-Kaapland deelgeneem:

Delmar
100m-rugslag: 1ste
100m-vryslag: 3de
200m-IM: 2de
50m-rugslag: 1ste

Karu
50m-borsslag: 1ste
100m-borsslag: 5de
50m-vlinderslag: 2de
100m-vryslag: 7de

Baie geluk Karu en Delmar – dit wil gedoen wees!

/ Nuus, Skaak, Sportuitslae

‘n Hele paar van ons leerders het Saterdag aan die opsionele individuele skaak WP-proewe deelgeneem. Die meeste van ons leerders wat deelgeneem het, dring deur na die volgende rondte. Ons wag met groot opwinding om te hoor wie amptelike uitnodigings vir die volgende rondte ontvang!

/ Nuus, Sport
  • 18:30 in die saal.
  • Ons sal tydens hierdie sessie algemene inligting met betrekking tot die wintersportprogram met ouers deel.
  • Alle ouers / voogde wie se kind(ers) aan ‘n wintersport deelneem, moet asb. die sessie bywoon.
/ Nuus, Sport, Swem

Ouers is welkom om die swemgala op 9 Februarie by te woon.

  • Tyd: 09:30 – 14:00
  • Moedig asb. jou kind(ers) aan om deel te neem. Leerders hoef nie in te skryf nie, ons moedig massa deelname aan.
  • Alle leerders (deelnemers en toeskouers) kom met LO-klere skool toe.
  • Deelnemers moet hul eie swemkeppie en skoolswembroek OF gewone donkerblou swembroek hê.
  • Die uitslae sal gebruik word om leerders te identifiseer vir opkomende swemgalas.
  • Vryslag, borslag, vlinderslag en individuele wisselslag begin met ‘n duikslag in die swembad. Rugslag begin in die swembad.
  • Aan die einde van ‘n item moet swemmers in die swembad bly totdat die afsitter die teken (‘n blaas van die fluitjie) gee dat hulle mag uitklim. Vir borsslag en vlinderslag moet swemmers aan die einde van die item met beide hande raak.
  • Volgorde vir individuele wisselslag: 1. Vlinderslag, 2. Rugslag, 3. Borsslag, 4. Vryslag
  • Volgorde vir wisselslag AFLOS: 1. Rugslag, 2. Borsslag, 3. Vlinderslag, 4. Vryslag
  • Die snoepie sal oop wees en daar sal ‘n koffiestalletjie wees.
  • GEEN kos en koeldrank by die swembad nie, slegs water in plastiekbottels word toegelaat.
  • Pak asb. vir deelnemers droeë onderklere, sonskerm en genoeg water in.
  • Geen leerder mag voor die einde van die gala huis toe gaan nie.
/ Atletiek, Nuus, Sport
thumbnail of Atletiek Interskole FINALE PROGRAM – 2024

Dinsdag, 6 Februarie, neem ons aan die jaarlikse interskole te Hoërskool Jan van Riebeeck deel. 60 van ons atlete neem deel en dit beloof om ‘n opwindende dag te wees.

  • Alle atlete moet asb. Dinsdagoggend reeds om 07:00 in hul atletiekklere by die skool (laerskool) aanmeld. Atlete sal met skoolbusse na die veld vervoer word.
  • Alle atlete neem deel in die oranje JvR-sporthemp.
  • Toegang vir die atlete is gratis en toeskouers betaal ‘n ingangsfooi van R20.
  • Daar is geen parkering by die atletiekveld nie, maar wel op die Buysveld, bo die atletiekveld. Parkering kos R20.
  • Die eerste item skop om 08:30 af en ons sal om ongeveer 14:30 klaar wees. Daar sal vervoer vir alle atlete wat terug skool toe moet gaan, wees.
  • Daar sal iets op die dag te koop wees en ons vra dat almal ‘n geldjie inpak. Onthou asb. jou sonskerm en hoed.

Volg die skakel na die program.

Ons wens vir elke atleet alle sterkte toe.

Ons wil spesiaal vir meneer Hanekom bedank wat baie ekstra ure ingesit het om die byeenkoms moontlik te maak.

Atletiek Interskole FINALE PROGRAM - 2024
/ Nuus, Sport

Neem asb. kennis dat die sportvorms wat ouers invul om aan te dui of hul kind(ers) aan wedstryde gaan deelneem met ‘n WhatsApp-boodskap in die relevante ouderdomsgroep van die sportsoort vervang word.

  • Ouers kan laat weet of hul kind(ers) speel of nie speel nie deur die boodskap lank in te hou en dan te reageer met ‘n ???? of ‘n????.
  • Daar sal ook ‘n vervoeropname in die boodskap wees. Ouers kan die relevante opsie kies.
  • Maak asb. seker dat jy op die sportgroepe se ouderdomsgroepe in die Community is om hierdie boodskappe te ontvang. Join gerus indien jy nog nie deel is nie.
/ Nuus, Sportuitslae, Tennis

7 Jannies is gekies vir die A en B-spanne by Cape Town Tennis Capping. Baie geluk aan die volgende leerders:

Rafa Lamprecth, Jeanne van Heerden en Stella Lamprecht (oud-Jannie) – A-span
Amelie van der Walt, Ané Swanepoel, Adriaan Wessels en Gustav van der Linde – B-span

/ Nuus, Sport
  • Neem asb. kennis dat alle o.7 – o.9-krieket die eerste kwartaal op die Conradieveld gaan plaasvind en nie meer op die skool se veld nie.
  • Daar is ook ‘n verandering in die gr. 4 – 7-swemtye. Tye het verander van 14:15 – 15:15 na 14:15 – 15:00.
  • Volg hierdie skakel vir die nuutste Buitemuurse Sportprogram.
/ Nuus, Sport

Sien asb. die dokument hier onder vir die reëlings. Kontak gerus vir Rashard indien daar enige vrae is: sport@jvrprim.co.za | WhatsApp 067 3118914

Ouer-en-Kind Sportdag
/ Atletiek, Nuus, Sportuitslae

Ons jaarlikse kleure-atletiek het op 6 en 8 Desember plaasgevind. Woensdag was dit die velditems en ons atlete het dit baie geniet. Ten spyte van die temperatuur wat by 36°C gedraai het, het ons atlete uitstekend gevaar.

Frank van der Walt en Jana Olivier het albei die diskus rekord vir seuns en dogters o.13 verbeter.

Vrydag was dit tyd vir die baanitems en dit was ‘n ongelooflike dag. Die kleurgroepe het die pawiljoen pragtig opgemaak en die gees het oorgeloop. Musiek het gespeel, kinders het gesing en die atletiek was van baie hoë gehalte.

Delmar Benecke het die rekord vir 200m, 800m en 200m hekkies gebreek en Dawid-Wiese die 100m vir seuns ope.

In die junior afdeling is Cato Terblanche en Rafa Lamprecht as die beste dogter- en seunsatleet aangewys terwyl Jana Olivier en Delmar Benecke die senior afdeling gewen het.

Baie geluk aan die Oranjespan wat die atletiekbeker gewen het en die Blouspan wat met die geesbeker weggestap het.

Volg die skakel  vir die finale uitslae van die dag.

Neem asb. kennis, indien ‘n atleet ‘n eerste of tweede plek in enige baanitems of ‘n eerste plek in velditems verower het, kwalifieer hulle vir Interskole. Dit geld slegs vir o.10 – o.13.

Interskole sal op 6 Februarie by Hoërskool Jan van Riebeeck plaasvind.

/ Nuus, Sportuitslae

Chrystal Conradie het die afgelope naweek aan die Yskaats WP-Kampioenskappe deelgeneem en ‘n tweede plek behaal. Baie geluk, Chrystal! Wat ‘n ongelooflike prestasie!

/ Nuus, Rugby, Sportuitslae

Louis Hofmeyr en John Gillmer het Saterdag die Hamiltons Rugbyklub se toekenningseremonie bygewoon. Louis is as die o.8 speler van die jaar aangewys en John die beste o.13 agterlynspeler van die jaar.

Baie geluk, manne! Ons is trots op hierdie wonderlike prestasies van julle!

Belangrike Datums

mei 2024

03mei00:0023:59Hokkie: Edgemead

03mei07:4509:10Toets: Wiskunde (gr. 4 - 7)

03mei10:3012:30Uitstappie gr. 5 en 6: Peter and the Wolf by Artscape

04mei00:0023:59HS JvR Reünie-naweek

10mei00:0023:59Hokkie: Sportdag Mikro (Tuis)

10mei07:4509:10Toets: NW / NWT (gr. 4 - 6), Aardrykskunde (gr. 7)

11mei00:0023:59Rugby & Netbal: Sportdag (TUIS)

11mei00:0023:59Rugby & Netbal: Sportdag (TUIS)

17mei07:4509:10Toets: Gesk. ass. (gr. 4 - 7)

17mei07:4509:10Toets: Gesk. ass. (gr. 4 tot 7)

18mei00:0023:59Rugby: Porterville

20mei00:0023:59Grondslagfase Assesserings begin

20mei18:0019:00Beheerraadvergadering

21mei00:0023:59Eksamen begin vir Graad 7

21mei00:0023:59Winter Buitemuurs eindig

24mei00:0023:59Eksamen begin vir gr. 4 - 6

24mei00:0023:59Eisteddfod: Gr. 4-7

25mei00:0023:59Eisteddfod: Gr. 1-3

27mei00:0023:59Interne sport begin

29mei00:0023:59Vakansiedag: Verkiesing

31mei07:4514:00Sivvies

Wys Meer

junie 2024

01jun00:0023:59Veiling

05jun00:0023:59Eksamen eindig

05jun00:0023:59Interne sport eindig

06jun(jun 6)00:0007(jun 7)23:59Boekverkope

10jun(jun 10)00:0014(jun 14)23:59Sporttoer

14jun00:0023:59Skool sluit

14jun00:0023:59Sivvies

Wys Meer

julie 2024

07jul(jul 7)00:0012(jul 12)23:59Tennis: Toernooi by Sun City

09jul00:0023:59Winter Buitemuurs begin

09jul00:0023:59Skool heropen

09jul07:4514:10Graad 5 Lead4Life

10jul07:4514:10Graad 4 Lead4Life

12jul00:0023:59Hokkie: Stellenbosch hokkiedag o.7 - o.9

12jul07:4514:00Graad 6 Lead4Life

13jul00:0023:59Hokkie: Stellenbosch hokkiedag o.10 - o.13

15jul00:0023:59Ouerbesoeke

16jul00:0023:59Ouerbesoeke

17jul00:0023:59Rugby & Netbal: Kenridge (WEG)

17jul00:0023:59Rugby & Netbal: Kenridge (WEG)

19jul00:0023:59Netbal: B & C toernooi o.10 - o.13

19jul00:0023:59Netbal: B & C toernooi o.10 - o.13

19jul07:4509:10Toets: Afrikaans (gr. 5 en 7), Engels (gr. 4 en 6)

24jul00:0023:59Netbal: Table View (TUIS)

24jul00:0023:59Rugby: Koos Sadie (TUIS)

26jul00:0023:59Hokkie: Curro Langebaan (WEG)

26jul07:4509:10Toets: Afrikaans (gr. 4 en 6), Engels (gr. 5 en 7)

26jul07:4514:00Sivvies

27jul00:0023:59Rugby & Netbal: Langebaan (WEG)

27jul00:0023:59Rugby & Netbal: Langebaan (WEG)

31jul00:0023:59Netbal: Laerskool Kampsbaai (TUIS)

31jul00:0023:59Rugby: Goodwood (TUIS)

Wys Meer

augustus 2024

31jul00:0023:59Netbal: Laerskool Kampsbaai (TUIS)

31jul00:0023:59Rugby: Goodwood (TUIS)

02aug07:4509:10Toets: Wiskunde

03aug00:0023:59Mini Netbal- en Rugbydag: o.7 - o.9

06aug18:3020:30JanneMANNE saam met HS JvR en Jak de Priester

07aug00:0023:59Netbal: Brackenfell (WEG)

07aug00:0023:59Rugby: Brackenfell (TUIS)

09aug00:0023:59Nasionale Vrouedag

16aug(aug 16)00:0017(aug 17)23:59Interskole (TUIS)

16aug(aug 16)00:0017(aug 17)23:59Interskole

19aug18:0019:00Beheerraadvergadering

23aug00:0023:59Netbal: o.7-o.9 Toernooi Laerskool Tableview (WEG)

30aug00:0023:59Winter buitemuurs eindig

30aug01sepWelgemoed naweek

30aug07:4514:00Sivvies

Wys Meer

september 2024

30aug01sepWelgemoed naweek

02sep00:0023:59Somer Buitemuurs begin

06sep00:0023:59Somer Buitemuurs eindig

09sep(sep 9)00:0013(sep 13)23:59Konsertweek

12sep00:0023:59Mini-Krieket: Laerskool Van Riebeeckstrand (WEG)

16sep18:0020:00Beheerraad Begrotingsvergadering

19sep00:0023:59Markdag

19sep07:4514:00Sivvies

20sep00:0023:59Sivvies

20sep00:0023:59Skool Sluit

Wys Meer

oktober 2024

01okt00:0023:59Somer buitemuurs begin

01okt00:0023:59Skool heropen

03okt07:4514:10Graad 6 Lead4Life

04okt00:0023:59Ouma- en Oupadag

11okt00:0023:59Skaak: Toernooi Laerskool Panorama (WEG)

11okt07:4509:10Toets: Afrikaans (gr. 4 en 6), Engels (gr. 5 en 7)

12okt00:0023:59Tennis: 1ste Span Toernooi Laerskool Welgemoed (WEG)

14okt(okt 14)00:0018(okt 18)23:59Kultuurweek

18okt07:4509:10Toets: Afrikaans (gr. 5 en 7), Engels (gr. 4 en 6)

21okt18:0019:00Beheerraadvergadering

25okt07:4509:10Toets: Wiskunde (gr. 4-7)

25okt07:4514:00Sivvies

26okt00:0023:59Tennis: 1ste Span Toernooi Curro Brackenfell (WEG)

Wys Meer

november 2024

01nov00:0023:59Atletiek: Velditems

01nov00:0023:59Graad 1 Piekniek

02nov00:0023:59Atletiek: Baanitems

04nov18:0019:00Begrotingsvergadering met ouers

04nov18:0019:00Begrotingsvergadering met ouers

11nov18:0019:00Beheerraadvergadering

13nov00:0023:59Eksamen begin vir Graad 7

14nov00:0023:59Eksamen begin vir Graad 7

15nov00:0023:59Eksamen begin vir Graad 4 - 6

18nov00:0023:59Eksamen begin vir graad 4 - 7

26nov00:0023:59Eksamen eindig

27nov00:0023:59Eksamen eindig

28nov00:0023:59Carols by Candlelight

29nov07:4514:00Sivvies

Wys Meer

desember 2024

02des00:0023:59Graad 1-Prysuitdeling

02des00:0023:59Graad 2-Prysuitdeling

02des00:0023:59Graad 3-Prysuitdeling

03des00:0023:59Graad 4-Prysuitdeling

03des00:0023:59Graad 5-Prysuitdeling

05des00:0023:59Graad 6-Prysuitdeling

05des00:0023:59Graad 7-Prysuitdeling

09des00:0023:59Graad 7-afskeid

10des00:0023:59Sivvies

11des00:0023:59Skool sluit

11des00:0023:59Sivvies

13des00:0023:59Skool sluit vir onderwysers

Wys Meer