Kategorie: Algemeen
Waar Suidoos se spierwit pluime
oor ou Tafelberg afval,
en teen Vlaeberg se hange die
kanonskoot twaalfuur knal:
waar die see se blinkblou branders
teen ou Tafelbaai aanspoel,
staan ons skool, die Jan van
Riebeeck, met ‘n groot en edel doel.
Vas en stewig soos die berge is ons
moedertaal geplant,
liefde daarvoor sal ons uitdra oor
ons hele vaderland.
In ons werk en in ons lewe streef
ons al wat goed is na,
want ons skool sal van ons altyd net
die allerbeste vra.
Woorde: Alba Bouwer
Musiek: H. Pieter v.d. Westhuizen
Wat is ‘n MySchool-kaart?
Die MySchool-kaart is ’n maklike manier om jou skool te ondersteun sonder dat dit jou iets ekstra kos. Elke keer as jy met jou kaart by deelnemende winkels betaal, skenk die winkel ’n persentasie van jou aankoop direk aan ons skool. Jy dra dus by tot waardevolle projekte en hulpbronne, eenvoudig deur jou alledaagse inkopies te doen.
Registreer by hierdie skakel: Registreer: MySchool

U word hartlik uitgenooi na ‘n gesprek met Christien Neser, waar sy gaan gesels oor kinders wat “anders” is.
Die gesprek sal in die ZenDen plaasvind vanaf 18:00-19:00.
Kliek asseblief op die skakel om te registreer vir die aand: https://forms.gle/xaTC9jdvt1Hec4u8A

Marinda Brink – 27 Julie 2025
Ek lees ‘n eeu oue verhaal
van lewenswel en -weë, soos Laurika sing
waar Japie Louw en Trudie de Waal
Afrikaans as Moedertaal spoke jaag
om ons taal amptelik te bewaar.
En waarheen al die woorde is,
sal net Jannies kan verklaar.
Afrikaans, ons taal – groei en vernuwe
om nog ‘n 100 jaar amptelik te bly staan.
Japie, ons is jou dankbaar wat voet-by-stuk
gehou het dat ‘n Jan van Riebeeck-kultuur
fier en vors trots kan staan om liefde vir ons mooie
taal met die ander elf Tale te deel.
LS JvR jou waardes geëets teen Tafelberg, Leeukop en Seinheuwel
Respek
Eerlikheid
Verantwoordelikheid
Omgee
Lig omhoog jou heilsaamheid
om kinders in wêreldburgers te omskep.
Voorwaarts vir Afrikaans –
ons mooie taal vir nog eeue om te vier.
Christiaan het die afgelope naweek Pretoria toe gereis vir die Johnny Reitz Big 5-stoeitoernooi – die grootste van die jaar met 834 deelnemers. Hy het vier wedstryde gestoei, waarvan hy drie oortuigend gewen het sonder dat sy teenstanders enige punte kon aanteken – een selfs binne 27 sekondes!
Sy laaste wedstryd was eers na 20:00 en het tot die laaste sekonde vol spanning gebly. Alhoewel hy op punte verloor het, het hy ’n welverdiende silwer medalje huis toe gebring.
Met hierdie prestasie het Christiaan se jaarlike totaal nou op drie goue en drie silwer medaljes te staan gekom. Baie geluk – jou harde werk en deursettingsvermoë is ’n inspirasie!
Veels geluk aan die JvR-ballerinas met hul uitsonderlike prestasies! Hierdie talentvolle dansers het onlangs hul Royal Academy of Dance-balleteksamens met groot sukses voltooi by die Cape Ballet Centre.
Hul uitslae weerspieël maande se toewyding, dissipline en liefde vir die kuns van ballet. Wel gedaan, pragtige ballerinas!
Vlak 1 Eksamen
- Octavia Ackermann – Hoë Onderskeiding (Dubbel Goud)
- Anna Leach – Hoë Onderskeiding (Dubbel Goud)
- Deidre Louw – Hoë Onderskeiding (Dubbel Goud)
Vlak 2 Eksamen
- Christina du Toit – Hoë Meriete (Dubbel Silwer)
- Inge Engelbrecht – Onderskeiding (Goud)
- Olivia Faling – Hoë Meriete (Dubbel Silwer)
- Eliana Greef – Onderskeiding (Goud)
- Karen James – Onderskeiding (Goud)
- Mila Malan – Onderskeiding (Goud)
- Kitty Partner – Onderskeiding (Goud)
- Sophia Price – Onderskeiding (Goud)
Ons sien uit daarna om ons JvR-ballerinas van Cape Ballet Centre op die verhoog te sien skitter by die Artscape op 19 Oktober 2025!

Hierdie kwartaal gaan ons iets besonders doen — ons gaan die onderwysers van ons buur-skool, Prestwich Primary, verras en bederf in hul personeelkamer!
Dié toegewyde onderwysers werk ongelooflik hard en ontvang min erkenning. Laat ons saam ’n verskil maak deur hulle te waardeer met lekkernye en ’n klein geskenkie.
Hoe kan jy help?
Maak ’n vrywillige donasie via die KarriApp – elke bydrae help ons om hierdie spesiale bederf moontlik te maak.
????️ KarriApp oop: 4 Augustus – 5 September 2025
Saam sê ons: Dankie, Juffrou! ❤️
???? Loslitdag is hier! ????
Wanneer: Vrydag, 5 September 2025
Tema: Beyond the Label
Koste: R20
Kom wys jou ware kleure op Loslitdag! Leerders mag op 5 September in sivvies skool toe kom — maar net as jy ‘n Loslit-plakker het!
Koop jou plakker vir slegs R20 op Karri en help om bewusmaking te skep oor die belangrikheid daarvan om mense nie volgens hul etiket te beoordeel nie.
Wees deel van die verandering — gaan beyond the label!
Indien jy nie in kwartaal 2 ‘n Karri-kaart bestel het nie en nou een wil hê, kan jy direk deur hul webtuiste vir jou kind ‘n kaart bestel. Jy kan jou eie adres gebruik vir aflewering.
Volg hierdie skakel om ‘n kaart te bestel: KARRI KAART

Belangrike Datums
maart 2026
april 2026
mei 2026
junie 2026
julie 2026
augustus 2026
september 2026
oktober 2026
november 2026
desember 2026


