Kategorie: Algemeen
Bestellings kan direk via die volgende skakel gemaak word:
https://lunchboxphotography.co.za/schools/jan-van-riebeeck-primary/
Die afsnydatum vir bestellings is Saterdag, 12 Oktober. Ongelukkig sal geen bestellings meer na hierdie datum gemaak kan word nie.
Wagwoord – JVR2020

Ons wil ouers vriendelik versoek om vroegtydig kennis te neem dat daar ’n belangrike skrywe oor die skool se Kunsmatige Intelligensiebeleid in hierdie week se nuusbrief onder Jannies Gesprekke ingesluit is. Dit is van groot belang dat alle ouers die dokument aandagtig deurlees, aangesien dit riglyne bevat wat ons skoolgemeenskap direk raak.
Kyk sommer ook na die kort video opname in die artikel, waar Jannies vertel waarom hulle skool toe kom, verstaan die potensieel negatiewe impak van KI op leer en vergewis jouself van die skool se KI-beleid.
Skakel na artikel:
-
Klasse ruil soos normale rooster – akademie gaan voort
-
Tennis uitspeel rondtes
-
Krieket 13A-toer
-
Klasse ruil soos normale rooster – akademie gaan voort
-
Tennis uitspeel rondtes
-
Klasse ruil soos normale rooster – akademie gaan voort
-
Tennis uitspeel rondtes
-
Algemene kennis toets
-
Klasse ruil nie
-
Sivviedag
-
Markdag – Intersenfase verkoop (10:00)
-
Tennis uitspeel rondtes
-
Jan Kas gesluit
-
Skool verdaag om 13:00 vir gr. 1 – 7
-
Klasse ruil nie
-
Sivviedag
-
Vorderingsverslag (rapport) word elektronies gestuur
-
Tennis uitspeel rondtes
-
Jan Kas gesluit
-
Skool sluit om 10:30 vir gr. 1 – 7
Baie bekende Hofmeyr-kunstenaars tree op – in erkenning aan die familie se lang verbintenis met Welgemeend:
Het jou kind nodig om iets te print? Moenie bekommerd wees nie, ons help jou graag by die skool!
- Swart & wit: R5 per bladsy
- Kleur: R10 per bladsy
- Gaan betaal eers by tannie Adri (ontvangs)
- Sy sal vir jou ‘n papiertjie gee met bewys van betaling
- Stuur die drukwerk in PDF-formaat aan juffrou Marecia by marecia@jvrprim.co.za
- Drukwerk moet minstens 24 uur voor die tyd gestuur word.
- Geen onmiddellike drukwerk sal gedoen word nie.
Weekliks sing ons die volkslied uit volle bors, arms langs die sye, met groot entoesiasme en uiters trots op ons mooi, diverse land. Ons wil egter verseker dat ons elke taal wat in die volkslied ter sprake is, respekteer deur die woorde korrek uit te spreek. Ons sal dit op ‘n georganiseerde manier met die onderskeie graadgroepe implementeer.
Kan ons vra dat julle hierdie video saam met julle kinders by die huis kyk, ter voorbereiding van ons inisiatief:
Emirates Karaoke Anthems: South Africa
Ons streef na ope en gemaklike kommunikasie tussen alle partye om gesonde verhoudinge met ons skoolgemeenskap te handhaaf. Ons rig egter ‘n vriendelike versoek om ons kommunikasiepraktyk te respekteer:
Indien jy dringend met ‘n onderwyser tydens klastyd wil gesels deur gebruik te maak van WA-geskrewe of stemboodskappe en e-posboodskappe, ens. moet jy asseblief kennis neem dat die onderwyser se kernfokus spesifiek op onderrig en betrokkenheid by ons leerders gedurende klastyd lê. Ons onderwysers beantwoord baie graag boodskappe vanaf ouers, maar doen dit sodra hulle ‘n adminperiode tot hul beskikking het. In ons beleid stipuleer ons dat boodskappe binne 24 uur beantwoord sal word. Indien jy ‘n boodskap dringend onder die onderwyser se aandag wil bring en dit nie kan wag nie, moet jy asseblief vir Adri Marais (LS JvR) en/of Roxanne Kiko (Huppelland) kontak sodat hulle die boodskap direk en spoedig moontlik aan die onderwyser kan oordra.
Baie dankie vir die samewerking in hierdie verband.
Kontakbesonderhede:
Adri (ontvangs) – 021 423 4209
Roxanne (Huppelland) – 021 424 6056
Ons is super opgewonde en bevoorreg om BCSA en CapeLUG as deel van ons Akademiese- en Kultuurweekprogram te verwelkom.
Graad 1 – 3-leerders gaan heerlik blokkies bou terwyl die gr. 4 – 7-leerders torings vooraf in groepe gaan beplan en dit dan met bepaalde blokkies en figuurtjies gaan bou om te bepaal watter groep se toring die sterkste, hoogste, maklikste vervoer kan word, ens. is. BCSA bring hul eie blokkiestelle waarmee leerders gaan speel en bou terwyl CapeLUG se lede hul modelle gaan uitstal vir die maats wat baie geïnteresseerd is in blokkies bou.
Hierdie organisasie doen dit vrywillig en geen koste is hieraan verbonde nie. Ons wil hulle egter ondersteun deur blokkies in te samel sodat hulle dit vir ander projekte kan aanwend. Sien gerus die onderstaande inligting oor hierdie organisasie.

Sien meer besonderhede oor vakansiesorg hier onder:
VAKANSIESORG OKTOBER 2025Belangrike Datums
maart 2026
april 2026
mei 2026
junie 2026
julie 2026
augustus 2026
september 2026
oktober 2026
november 2026
desember 2026


