Kategorie: Akademie

/ Akademie, Nuus

Neem asseblief kennis dat graad 5-7 Engelseklasse vanaf 2026 jaarliks oor ingedeel sal word (net soos ons klasindelingsbeleid vir jaarlikse graadwisseling) om te verseker dat leerders blootstelling aan verskillende onderrigstyle en onderwysers ontvang. Dit beteken dat die huidige graad 5 en 6 Engelseklasse van hierdie jaar (2025) nie noodwendig by dieselfde onderwyser en klasmaats ingedeel sal word nie. Tot op hede het leerders van graad 5 tot 7 jaarliks Engelse onderrig by dieselfde onderwyser ontvang en saam met dieselfde groep maats in die klas gebly. 

Verder het ons ook besluit om slegs twee Engels HL (Home Language) en twee Engels FAL (First Additional Language) klasse per graad in te deel. 

Engelse onderwysers vir graad 5 tot 7-klasse:

HL (vakhoof): Charlene van Rooyen

HL: Mardry Wright (ook vakhoof van FAL)

FAL: André Lourens

FAL: Sharon Mabena

Hierdie indelings sal net soos die algemene klasindelings tydens die laaste week van hierdie kwartaal bekendgemaak word.

/ Akademie, Nuus

Sien asseblief die skryfbehoeftes wat jou kind in 2026 gaan nodig hê hier onder:

 

/ Algemeen, Biblioteek, Nuus
Leerders sal ongelukkig vanaf 7 November 2025 nie meer boeke mag uitneem nie, maar is meer as welkom om tydens tweede pouse op Dinsdae en Donderdae in die mediasentrum te kom lees of ontspan met ’n boek.
Kom geniet steeds ’n bietjie leespret!
/ Akademie, Akademie, Nuus
Alle gr.4-7 leerders wat tydens hierdie jaar besonderse prestasies behaal het óf veelsydigheid getoon het op sport- en kulturele gebied kan in aanmerking kom vir ‘n spesiale prys by die prysuitdeling. 
Voltooi asb. die aangehegte vorm en handig die vorm en afskrifte van bewyse van die prestasie(s) teen Vrydag, 21 November by juf. Lucia de Jager in. ‘n Hardekopie van die vorm kan ook afgehaal word. Veelsydigheid gr.4-7
/ Akademie, Eksamenrooster, Nuus

Sien die eksamenrooster vir November 2025 hier onder:

Eksamenrooster_November 2025

Ons is super opgewonde en bevoorreg om BCSA en CapeLUG as deel van ons Akademiese- en Kultuurweekprogram te verwelkom.

Graad 1 – 3-leerders gaan heerlik blokkies bou terwyl die gr. 4 – 7-leerders torings vooraf in groepe gaan beplan en dit dan met bepaalde blokkies en figuurtjies gaan bou om te bepaal watter groep se toring die sterkste, hoogste, maklikste vervoer kan word, ens. is. BCSA bring hul eie blokkiestelle waarmee leerders gaan speel en bou terwyl CapeLUG se lede hul modelle gaan uitstal vir die maats wat baie geïnteresseerd is in blokkies bou.

Hierdie organisasie doen dit vrywillig en geen koste is hieraan verbonde nie. Ons wil hulle egter ondersteun deur blokkies in te samel sodat hulle dit vir ander projekte kan aanwend. Sien gerus die onderstaande inligting oor hierdie organisasie.

Information for donations
 
What is Brick Club SA
Brick Club SA is a donation driven community initiative that brings play first activities to South African communities. We host free building sessions mainly in public libraries, with occasional Brick Club Experiences at daycares, children’s homes, and community centres. Children are the builders. Parents are welcome to be present and encourage them. Our duck mascot reflects our raise a village idea. Many small parts working together make something strong. Ducks are social, resilient, and intelligent. That spirit shapes how we welcome families and keep play simple, joyful, and free. Every Child, Every Brick, Every Possibility.
 
Where your donations go: Club Boxes
We wash and sort both new and used genuine LEGO® and pack them into Club Boxes issued to participating librarians. We choose libraries because they are safe and inclusive community hubs. In some areas they are among the few neutral safe spaces that everyone respects. Each Club Box can support about 20 to 40 children, depending on staffing. The same boxes are used by librarians or Club Leaders for ECD sessions, reading programs, holiday activities, and outreach. We also have homeschool groups and are piloting a neurodiversity group for 6 to 8 children where stimming and each child’s uniqueness are embraced in a welcoming environment. LEGO® is expensive. Many children know it but cannot access it. Librarians see wish lists that simply ask to play with real LEGO. Your donations help create new Club Boxes stocked with minifigures, baseplates, wheels, windows, and DUPLO® for younger builders. We issue these boxes as part of BCSA with monthly theme support, supply rotation, and guidance at no cost, so play stays free for families.
 
Brick Club SA is run entirely by volunteers and funded only by donations. Your contribution helps us expand as demand grows and supplies remain limited.
 
LEGO® and DUPLO® are trademarks of the LEGO Group, which does not sponsor, authorize, or endorse Brick Club SA.
 
You can see what we do or share https://www.facebook.com/BrickClubSA and our display with CapeLUG here https://www.facebook.com/share/p/16zNGKj9gR/
Akademiese- en Kultuurweek 2025

Om vaardighede aan te leer en kennis uit te bou, begin ons almal deur blokkies te bou. Ons is opgewonde om vanjaar se program en die aktiwiteite met julle te deel: Die Boublokke van Ontwikkeling

Beskik jy oor ’n unieke vaardigheid wat jy graag met ons leerders wil deel? Kontak my gerus by marinda@jvrprim.co.za.

/ Akademie, Algemeen, Nuus

Ons ouerbesoeke vir die derde kwartaal vind plaas op Maandag, 28 Julie en Dinsdag, 29 Julie 2025. Hierdie geleentheid stel ouers in staat om eerstehands met onderwysers te gesels oor leerders se vordering, prestasies en enige areas van ondersteuning.

???? Volg hierdie skakel om ‘n tydgleuf te bespreek: KLIK HIER

Vir enige navrae, maak asseblief kontak met die betrokke klasonderwyser of stuur ‘n e-pos aan megan@jvrprim.co.za

/ Akademie, Akademie, Kuns en Kultuur, Nuus

Tussen 17–26 September 2025 fokus ons op geïntegreerde, interaktiewe leer deur allerhande leergeleenthede te skep wat die boublokke van ontwikkeling benadruk word. Almal van ons het iewers begin wat ons òf ontwikkel het òf gestaak/verander het – jou stokperdjie of jou loopbaan. Jou nuuskierigheid en vaardighede het iewers of by iemand posgevat.

Indien jy by hierdie week op welke manier ook al betrokke wil raak, moet jy asb. vir Marinda Brink (marinda@jvrprim.co.za) kontak. Idees is welkom.

Voorlopige program:

Ouma- en oupadag (19 Sept.)

The Brick Club: uitstallings, werkSwinkels, speel-en-bou Maandag tot Dinsdag, 22-23 Sept. 

Curro-musiekfees (23 Sept.)

Jannies Talent (25 Sept.)

/ Akademie, Nuus

Leerders word volgens hulle grade in groepe ingedeel. Die groepe bestaan uit 8 leerders per groep en kom een keer per week vir 40 minute bymekaar. Leerders gaan vir 5 weke gratis studie-ontwikkeling ontvang. U kan ‘n epos aan Marietjie de Kock (marietjie@jvrprim.co.za) stuur om vir u kind ‘n plek te bespreek.

Die studie-ontwikkeling bestaan uit die volgende:

  1. Beplanning vir die kwartaal en doelwitstelling 
  2. Hersiening van verskillende opsommings
  3. Luister en konsentrasievaardighede
  4. Geheue oefeninge
  5. Beantwoording van toetse en eksamens

Die kursus begin die tweede week van die kwartaal op 28 Julie. Hier is die tye en datums vir die onderskeie grade:

/ Akademie, Algemeen, Nuus

Neem kennis dat ons vanaf hierdie kwartaal alle leerders vanaf Graad 1–7 se rapporte elektronies en in harde kopie (soos voorheen) sal versprei. Let asseblief op dat ons volgende week ’n e-pos aan ouers/voogde sal stuur om te bevestig dat die korrekte e-posadres bereik word. Jy sal ‘n afsonderlike e-pos ontvang vir elke kind wat jy in die skool het. Hierdie toetslopie sal nie oor enige belangrike inligting beskik nie. Ons het nodig om dit so te doen sodat ons die rapporte die daaropvolgende week, wanneer die skool sluit, aan alle ouers kan stuur. Indien jou e-posadres verander het, moet jy dit asseblief so gou moontlik aanpas.

Ons is baie opgewonde oor hierdie nuwe IKT-verwikkeling en wil ons dank aan Marié Cruywagen, Leon Hanekom en Megan Zondagh uitspreek.

/ Afrikaans, Akademie, Algemeen, Nuus
Dit is weer daardie tyd van die jaar waar die Jannies hul goeie spelvermoëns tydens die WOW-Spelfees ten toon kan stel. Leerders (graad 1-7) wat belangstel om deel te neem, sal woordelyste by hul onderwysers ontvang. Die woordelyste is ook hier beskikbaar.
Die leerders wat belangstel om deel te neem, word aangemoedig om al deur die woorde te begin gaan. Hierdie leerders sal dan in die eerste week van volgende kwartaal deur hul Afrikaanse onderwysers getoets word en inligting rakende registrasie sal daarna volg.
Belangrike datums wat al beskikbaar is (onderhewig aan verandering):
Distrikskompetisie: 22 Augustus 2025
Provinsiale rondte: 13 September 2025
Nasionale rondte:  11 Oktober 2025
 
Vir enige navrae, kontak gerus vir Ilse-Marié Holtzhausen (ilsemarie@jvrprim.co.za).
/ Akademie, Algemeen, Nuus

As gevolg van graad 4 – 7-leerders wat met eksamen begin, eindig die buitemuurse sportprogram die naweek vir hierdie leerders. Die graad 1 – 3’s sal steeds met buitemuurs voortgaan.

Hier volg inligting wat rakende uitkomtye en buitemuurse aktiwiteite tydens die eksamen:

  1. Die graad 7’s verdaag reeds op Maandag, 2 Junie, om 13:00 aangesien hulle reeds op Dinsdag, 3 Junie, met hul eksamen begin.
  2. Die skool sluit vanaf Donderdag, 5 Junie, vir almal (gr. 1 – 7) om 13:00 aangesien die gr. 4 – 6’e Vrydag, 6 Junie, met eksamen begin. Hierdie uitkomtyd sal geldig wees tot Donderdag, 26 Junie.
  3. Interne buitemuurse program sal vanaf 9 Junie tot 18 Junie in werking tree. Dit beteken dat sportoefening sowel as kultuur tydens skooltyd sal plaasvind.
  4. Dagprogram tydens eksamen:

7:45 – 10:00 – Eksamen skryfsessie

10:10 – 10:30 – Pouse

10:30 – 12:45 – Buitemuurs (Sport/kultuur) *Ma. en Wo. – Rugby en netbal / Di. en Do. – Hokkie en landloop

13:00 Skool verdaag vir almal

*Tweede pouse – onderwysers sal self besluit wanneer dit plaasvind.

/ Algemeen, Biblioteek, Nuus

The Book Box kom binnekort weer ‘n draai maak met hope interessante nuwe boeke! Spaar solank sodat jy vir jou ‘n lekker boek of twee kan koop voor die wintervakansie.

/ Akademie, Eksamenrooster, Nuus

Sien asseblief die eksamenrooster vir die Junie-eksamen hier onder:

Eksamenrooster Junie 2025

Belangrike Datums

augustus 2026

22aug00:0023:59Rugby o.11A : Brackenfell

22aug00:0023:59Wiskundekamp (Gr.6&7)

22aug00:0023:59Netbal (o.10 & o.11): Brackenfell

24aug(aug 24)00:0023(aug 23)23:59Ben Reynecke (Musiekonderwyser) verjaar

25aug08:0008:30Koffie-en-Beskuit Konsert

25aug13:0013:00Skaak: Courtrai Paarl WEG (Alle o.9-o.13 leerders)

26aug00:0023:59Beheerraad-vergadering

27aug00:0023:59Wintersport Eindig

27aug00:0023:59Trinity Musiekeksamens by Beau Soleil Musieksenstrum (Kenilworth)

28aug(aug 28)00:0027(aug 27)23:59Anika le Roux (Onderwyser) verjaar

28aug00:0023:59Finkom Vergadering

28aug00:0023:59Sivvies

28aug00:0023:59Hokkie: Interskole vs Welgemoed (TUIS) - Almal

28aug08:0008:00Assessering: SW Aardrykskunde

28aug08:0008:00Skaak: Interskole TUIS (o.9 , o.11 en o.13 span)

29aug00:0023:59Rugby: Interskole vs Welgemoed (TUIS) - Almal

29aug00:0023:59Netbal: Interskole vs Welgemoed (TUIS) - Almal

31aug00:0023:59GEEN SPORT

Wys Meer

september 2026

31aug00:0023:59GEEN SPORT

01sep00:0023:59GEEN SPORT

02sep19:0020:00Laerskool JvR Kore en Tjeggiese Kinderkoor (NG Kerk Tamboerskloof)

03sep(sep 3)00:0002(sep 2)23:59Sanna Molepo (Terrein) Verjaar

03sep(sep 3)00:0002(sep 2)23:59Gr.7 Entrepreneursdag

03sep00:0023:59Jannies vir Jesus

03sep00:0023:59Wintersporttoer o.13B

04sep(sep 4)00:0005(sep 5)23:59Tennis: o.13A Toernbooi by Courtrai

04sep08:0008:00Loslitdag

04sep08:0008:00Skaak: vs Deutsche Internationale Schule Kaapstad WEG (o.9, o.11 en o.13 span)

05sep(sep 5)00:0004(sep 4)23:59Skaak Topskole Wellington (o.9&o.11)

05sep09:0013:00SING. MOVE. PLAY. CONNECT

06sep(sep 6)00:0005(sep 5)23:59Skaak Topskole Wellington (o.9&o.11)

07sep00:0023:59Somersport Begin

07sep12:0014:30Tweedehandse Klereverkope

08sep00:0023:59Dolinda (Nasorg) Verjaar

08sep08:0008:00Kaapse Afrikaanse Eisteddfod - Junior Koor