Skrywer: Suzaan Burger

Beheerraadverkiesing

Ons verloor ongelukkig ‘n paar ouers by die Beheerraad: Kees Snijders het vroeër vanjaar uitgetree om te dien op die hoërskool se beheerraad, LJ le Roux se tweeling maak vanjaar klaar met laerskool en Cobus Loubser moet weens ander verpligtinge uittree. Die WKOD vereis dat interim-Beheerraadverkiesings afgehandel word teen 30 September – dit sal soos alles in die lewe vanjaar aanlyn plaasvind. Meer besonderhede oor die verkiesing sal later gekommunikeer word. Dis nie so erg soos dit klink nie en ’n baie lekker manier om jou gemeenskap te ondersteun. As jy lus het of iemand wil nomineer wat kan, maak asseblief so en stuur jou voorstel na jodene@jvrprim.co.za. Ouers van Huppelland kan ook staan. Die spesifieke portefeuljes wat gevul moet word is (1) finansies (2) regsaangeleenthede (3) sport en fasiliteite. As jy meer inligting nodig het, kontak gerus die twee staande Beheerraadslede: Merwe Scholtz (mscholtz@genfin.co.za) of Izelle Venter...

Lees Verder

Brief van Marinda Brink

Beste Laerskool Jan van Riebeeck-Ouer/Voog Ek voel bevoorreg om die geleentheid as waarnemende skoolhoof vir ‘n tydelike periode aan te gryp en stel myself ten doel om my beste te lewer. Wees gerus dat ek die erns van hierdie posisie besef. My ‘deur’ staan oop aangesien ek daarin glo dat spanwerk die beste oplossing vir enige probleem is. Verder voel ek dankbaar dat ek saam met ‘n ongelooflike Huppelland- en Laerskool-span kan werk. Na 18 jaar by Laerskool Jan van Riebeeck is ek steeds lojaal teenoor hierdie skoolgemeenskap. Dit is waarom ek net myself kan wees en doen wat ek voel reg is deur uit elke dag se ervaring te leer. Onder leiding van die beheerraad en Exco glo ek dat Laerskool Jan van Riebeeck ‘n blink toekoms sal...

Lees Verder

Huppelland Aansoeke

Daar is nog tyd om aansoek te doen vir plek by Huppelland. Ons nooi julle uit om deel van hierdie pragtige skool te word. Vir aansoeke, kontak gerus vir Mariette Herholdt by Huppelland by 021 424 6056 of stuur ‘n e-pos na...

Lees Verder

COVID-19 en veiligheid

Ons doen ‘n beroep op al ons ouers om asb. in hul karre gedurende die aflaai en oplaai van leerders te bly. Hierdie reëling geld ook vir die oplaai van nasorgleerders. Sodra die Departement van Onderwys vir ons laat weet dat besoekers sonder afspraak op die perseel mag kom, sal ons almal in kennis stel. Baie dankie vir jul samewerking in die verband. Dit is inderdaad ‘n hele gemeenskapspoging om gedurende hierdie vreemde tyd ons leerders veilig te...

Lees Verder