Ons verloor ongelukkig ‘n paar ouers by die Beheerraad: Kees Snijders het vroeër vanjaar uitgetree om te dien op die hoërskool se beheerraad, LJ le Roux se tweeling maak vanjaar klaar met laerskool en Cobus Loubser moet weens ander verpligtinge uittree.

Die WKOD vereis dat interim-Beheerraadverkiesings afgehandel word teen 30 September – dit sal soos alles in die lewe vanjaar aanlyn plaasvind. Meer besonderhede oor die verkiesing sal later gekommunikeer word.

Dis nie so erg soos dit klink nie en ’n baie lekker manier om jou gemeenskap te ondersteun. As jy lus het of iemand wil nomineer wat kan, maak asseblief so en stuur jou voorstel na jodene@jvrprim.co.za. Ouers van Huppelland kan ook staan.

Die spesifieke portefeuljes wat gevul moet word is (1) finansies (2) regsaangeleenthede (3) sport en fasiliteite.

As jy meer inligting nodig het, kontak gerus die twee staande Beheerraadslede: Merwe Scholtz (mscholtz@genfin.co.za) of Izelle Venter (iventer@media24.com).