Beste Laerskool Jan van Riebeeck-Ouer/Voog

Ek voel bevoorreg om die geleentheid as waarnemende skoolhoof vir ‘n tydelike periode aan te gryp en stel myself ten doel om my beste te lewer.

Wees gerus dat ek die erns van hierdie posisie besef. My ‘deur’ staan oop aangesien ek daarin glo dat spanwerk die beste oplossing vir enige probleem is. Verder voel ek dankbaar dat ek saam met ‘n ongelooflike Huppelland- en Laerskool-span kan werk. Na 18 jaar by Laerskool Jan van Riebeeck is ek steeds lojaal teenoor hierdie skoolgemeenskap. Dit is waarom ek net myself kan wees en doen wat ek voel reg is deur uit elke dag se ervaring te leer. Onder leiding van die beheerraad en Exco glo ek dat Laerskool Jan van Riebeeck ‘n blink toekoms sal hê.