Skrywer: Megan Zondagh

Old School-ondersteunersdrag

Ons toets tans die belangstelling. Sodra daar genoeg belangstelling is vir ’n minimum van 80 items, sal die vooraf bestellings oopgestel word vir betaling via die Karri-toep. 👉 Voltooi asseblief die aangehegte vorm indien jy belangstel. 📅 Let wel: Die vorm sluit op 28 Maart 2026, en alle bestellings moet voor hierdie datum geplaas word. Indien daar voldoende belangstelling is, behoort die truie teen die einde van Junie beskikbaar te wees. Laat die Jannie-ondersteuners uitstaan langs die sportveld! Plaas nou jou bestelling by die skakel hier onder! (Indien jy reeds verlede jaar bestel het, wil ons jou vra om asb. weer hierdie opgedateerde vorm te voltooi.) Ondersteunersdrag 2026 – Fill out form...

Lees Verder

Skaakproewe: 7 – 8 Maart 2026

Na afloop van die skaakproewe wat op Saterdag, 7 Maart en Sondag 8 Maart, te Somerset-Wes plaasgevind het, het twee van ons vier spelers wat daaraan deelgeneem het, distrikskleure verwerf. Baie geluk aan Pieter-Steph Bothma en Daniel Lawson wat gekwalifiseer het vir die WP-proewe wat in Mei plaasvind. Ons is ongelooflik trots op julle en hoe julle JvR op die skaakbord verteenwoordig!...

Lees Verder

Kaperjolle koskompetisie: Skryf nou in!

Dis weer tyd vir die jaarlikse Kaperjolle koskompetisie. Vanjaar se tema is: Jan van Riebeeck se pitstop-toer, wat beteken jy kan ‘n dis maak van enige land waar ou Jan voet aan wal gesit het. Hier is hoe dit werk: 🌍 Jou span kan ‘n dis maak van enige van die volgende lande: Nederland, Indonesië, Japan, Viëtnam, Maleisië, Sierra-Leone, Tansanië, Portugal, Italië en natuurlik Suid-Afrika. Jou “pitstop” moet ook volgens die tema versier word. 🔥‘n Gedeelte van jou gereg moet op die kole gemaak word. 😋 Nes verlede jaar gaan dit weer ‘n proe-kompetisie wees. Die eetgerei sal voorsien word, en jou porsies moet so twee of drie happies groot wees. 🏆Almal wat proe, mag stem vir een gunsteling-gereg en die wenner is die pitstop met die meeste stemme. Wie gaan die kroon dra as Jan Pitstop Kampioen 2026? Skryf jou span teen 20 Maart in deur hierdie vorm in te vul: SKRYF HIER...

Lees Verder

Koffie-en-Beskuit Konsert: Dinsdag, 10 Maart

Ons volgende oggendkonsert vind Dinsdagoggend, 10 Maart, in die groot musiekklas plaas.    Die volgende leerders tree op:   Anya Greeff – Klavier Anton Titley – Klavier Natalie Lawson – Saksofoon Bella Naylor – Klavier Nina de Villiers – Klavier Ella van der Walt – Klavier Pierre du Toit en Elsie Janse van Rensburg – Klavierduet Pierre du Toit – Klavier Eliana Greeff – Klavier Daniel Oosthuizen – Klavier   Hier is enkele algemene reëlings rondom die verrigtinge:   * Deelnemende leerders meld stiptelik 07h45 by die groot musiekklas aan met hul instrument. Juf Bea en/of mnr Ben sal daar wees om hulle te ontvang en te help om instrumente te stem.  * Elke deelnemende leerder bring slegs een maatjie saam om die konsert by die woon. Ons het ongelukkig nie spasie om meer leerders te akkommodeer nie. * Ouers is welkom om te kom luister – bring gerus koffie saam! * Gebruik asb die deur by die Nasorg om by die musiekklas te kom. Die senior koor oefen in die saal.   Tyd: 08h00 – 08h30 Plek: Groot Musiekklas (Musiekdepartement)...

Lees Verder

Eisteddfod: Mei 2026

Liewe Eisteddfod-ouers Ons deel graag dat die Eisteddfod weer hierdie jaar aan die einde van Mei by ons skool sal plaasvind. Die spesifieke datum sal binnekort gekommunikeer word. Ons leerders presteer elke jaar uitstekend en ons is ongelooflik trots op hulle! 📌 Inskrywings Vind asseblief die inskrywingsvorm by hierdie skakel:  EISTEDDFOD INSKRYWINGS Inskrywings sluit op 4 Maart. Nadat jy jou kind ingeskryf het, sal die betaling op die Karri-toep beskikbaar wees. Geen laat inskrywings sal aanvaar word nie. Die koste beloop R120 per item. 📖 Belangrike kennisgewing oor Prosa (vanaf Graad 4) Leerders wat vir prosa inskryf, moet ’n leestuk uit ’n boek: Memoriseer Dramatiseer Let asseblief daarop dat Kwartaal 2 baie besig is met sport, eksamens en ander aktiwiteite. In die verlede het sommige leerders onttrek omdat hulle nie genoeg tyd gehad het om behoorlik voor te berei nie. Dink dus asseblief mooi voordat jy jou kind vir prosa inskryf. Drama-groete...

Lees Verder