Skrywer: Megan Zondagh

KAPERJOLLE – 11 APRIL 2026

Dis weer tyd vir Laerskool Jan van Riebeeck se jaarlikse Kaperjolle – die grootste en lekkerste dag van die jaar! Wat kan jy verwag? 🍔 Kosstalletjies: Onder andere boereworsrolle, pannekoek en Woodstock Brewery se food truck. 🍭 Lekkergoedland: Bederf jou soettand – spookasem en slushies! 🎶 Musiek: Om jou in die regte bui te kry. 👻 Spookhuis: Vir die dapperste avonturiers! (Slegs Graad 4–7). Slegs 13:00–17:00. 🎯 Speletjies: Die vierkantspeletjies is vir alle kinders. 🍺 Kroeg: Yskoue bier en wyn vir volwassenes. 🍖 Koskompetisie: Wie kook die beste in die dorp? Skryf asseblief jou span in! 📅 Datum: 11 April 2026 ⏰ Tyd: 12:00–18:00 📍 Plek: Laerskool Jan van Riebeeck (klein veld) Hierdie is die perfekte geleentheid om jou familie en vriende te bederf met hope pret en vermaak. Kom skep herinneringe wat julle vir altyd sal koester! Toegang: 👨‍👩‍👧‍👦 Volwassenes: R100 – sluit proegeleenthede by die braaikompetisie én ’n stem vir die wenner in. 🎈 Juniorkinders (Graad R–3): R100 – eindelose vermaak met speletjies in die vierkant. 🎃 Seniorkinders (Graad 4–7): R140 – toegang tot al die speletjies én die spookhuis. 🌟 Moet dit nie misloop nie – ons sien jou daar!...

Lees Verder

Koffie-en-Beskuit Konsert: Dinsdag, 17 Maart 2026

Ons volgende oggendkonsert vind Dinsdagoggend, 17 Maart, in die NASORG plaas.    Die volgende leerders tree op:   Strykensemble – Jacob Venter, Coreen Scholtz, Theo Robson, Anna-Sophia Leach, Morgan Smit Lukas van der Westhuizen – saksofoon Antjie Samuel – klavier en viool Micah Nikiforos – saksofoon Frannie Samuel – klavier Samuel Smit – klavier Emma Kuys – klavier Matthias Ackerman – klavier Mathias Barkhuizen – klarinet Cara Scholtz – klavier   Hier is enkele algemene reëlings rondom die verrigtinge:   * Deelnemende leerders meld stiptelik 07h45 in die Nasorg aan met hul instrument. Juf Bea en/of mnr Ben sal daar wees om hulle te ontvang en te help om instrumente te stem.  * Elke deelnemende leerder bring slegs een maatjie saam om die konsert by die woon. Ons het ongelukkig nie spasie om meer leerders te akkommodeer nie. * Ouers is welkom om te kom luister – bring gerus koffie saam! * Gebruik asb die deur by die Nasorg om in te kom – die senior koor oefen in die saal, en ons wil hulle nie steur nie.   Tyd: 08h00 – 08h30 Plek:...

Lees Verder

Junior en Senior Kooroptredes: Kwartaal 2, 2026

Ons kore werk hard om voor te berei vir die konserte wat gedurende die tweede kwartaal vir ons voorlê. Indien daar optredes bygevoeg word, sal ons julle in kennis stel.    Teken gerus die datums aan en hou die Nuusbrief en betrokke WA-groepe dop vir meer gedetaileerde inligting rakende die spesifieke geleenthede:   Junior Koor   7 Mei HS JvR Reünie Kultuuraand (aandkonsert) 19 Junie Grondslagfase Musiekkonsert (oggendkonsert by LS JvR)   Senior Koor   12 April Passion ChoralFest by Hugo Lambrechts @ 16h00 21 April Fairmont High School Choir Evening (aandkonsert en busvervoer sal gereël word) 7 Mei HS JvR Reünie Kultuuraand (aandkonsert) 18 Junie Intersenfase Musiekkonsert (aandkonsert by LS JvR)   Ek herinner graag dat dit verpligtend vir koorlede is om die optredes by te woon, tensy daar vooraf by juf. Bea (junior koor) of juf. Rolene (senior koor) verskoning gemaak word. Moenie huiwer om ons te kontak met enige vrae nie – ons help...

Lees Verder

Skoolpromosie: Aquabox

Een van ons ouers is ’n plaaslike verspreider van Mountain Falls mineraalwater en bied tans ’n lekker skoolpromosie aan. Op die “Acquabox” water (10 L of 15 L in ’n boks) geld die volgende: vir elke 2 bokse wat jy bestel, word 1 boks gratis aan jou kind se klas geskenk . Dit is ’n eenvoudige manier om die skool te ondersteun terwyl jy terselfdertyd water vir jou huis bestel. Jy is ook welkom om botteltjies water te bestel, beskikbaar in Still of Sparkling. Bestellings word gratis by jou huis afgelewer, wat dit baie gerieflik maak. Ons sal dit...

Lees Verder

Old School-ondersteunersdrag

Ons toets tans die belangstelling. Sodra daar genoeg belangstelling is vir ’n minimum van 80 items, sal die vooraf bestellings oopgestel word vir betaling via die Karri-toep. 👉 Voltooi asseblief die aangehegte vorm indien jy belangstel. 📅 Let wel: Die vorm sluit op 28 Maart 2026, en alle bestellings moet voor hierdie datum geplaas word. Indien daar voldoende belangstelling is, behoort die truie teen die einde van Junie beskikbaar te wees. Laat die Jannie-ondersteuners uitstaan langs die sportveld! Plaas nou jou bestelling by die skakel hier onder! (Indien jy reeds verlede jaar bestel het, wil ons jou vra om asb. weer hierdie opgedateerde vorm te voltooi.) Ondersteunersdrag 2026 – Fill out form...

Lees Verder

Skaakproewe: 7 – 8 Maart 2026

Na afloop van die skaakproewe wat op Saterdag, 7 Maart en Sondag 8 Maart, te Somerset-Wes plaasgevind het, het twee van ons vier spelers wat daaraan deelgeneem het, distrikskleure verwerf. Baie geluk aan Pieter-Steph Bothma en Daniel Lawson wat gekwalifiseer het vir die WP-proewe wat in Mei plaasvind. Ons is ongelooflik trots op julle en hoe julle JvR op die skaakbord verteenwoordig!...

Lees Verder

Kaperjolle koskompetisie: Skryf nou in!

Dis weer tyd vir die jaarlikse Kaperjolle koskompetisie. Vanjaar se tema is: Jan van Riebeeck se pitstop-toer, wat beteken jy kan ‘n dis maak van enige land waar ou Jan voet aan wal gesit het. Hier is hoe dit werk: 🌍 Jou span kan ‘n dis maak van enige van die volgende lande: Nederland, Indonesië, Japan, Viëtnam, Maleisië, Sierra-Leone, Tansanië, Portugal, Italië en natuurlik Suid-Afrika. Jou “pitstop” moet ook volgens die tema versier word. 🔥‘n Gedeelte van jou gereg moet op die kole gemaak word. 😋 Nes verlede jaar gaan dit weer ‘n proe-kompetisie wees. Die eetgerei sal voorsien word, en jou porsies moet so twee of drie happies groot wees. 🏆Almal wat proe, mag stem vir een gunsteling-gereg en die wenner is die pitstop met die meeste stemme. Wie gaan die kroon dra as Jan Pitstop Kampioen 2026? Skryf jou span teen 20 Maart in deur hierdie vorm in te vul: SKRYF HIER...

Lees Verder

Koffie-en-Beskuit Konsert: Dinsdag, 10 Maart

Ons volgende oggendkonsert vind Dinsdagoggend, 10 Maart, in die groot musiekklas plaas.    Die volgende leerders tree op:   Anya Greeff – Klavier Anton Titley – Klavier Natalie Lawson – Saksofoon Bella Naylor – Klavier Nina de Villiers – Klavier Ella van der Walt – Klavier Pierre du Toit en Elsie Janse van Rensburg – Klavierduet Pierre du Toit – Klavier Eliana Greeff – Klavier Daniel Oosthuizen – Klavier   Hier is enkele algemene reëlings rondom die verrigtinge:   * Deelnemende leerders meld stiptelik 07h45 by die groot musiekklas aan met hul instrument. Juf Bea en/of mnr Ben sal daar wees om hulle te ontvang en te help om instrumente te stem.  * Elke deelnemende leerder bring slegs een maatjie saam om die konsert by die woon. Ons het ongelukkig nie spasie om meer leerders te akkommodeer nie. * Ouers is welkom om te kom luister – bring gerus koffie saam! * Gebruik asb die deur by die Nasorg om by die musiekklas te kom. Die senior koor oefen in die saal.   Tyd: 08h00 – 08h30 Plek: Groot Musiekklas (Musiekdepartement)...

Lees Verder