Skrywer: Megan Zondagh

Roosters ruil om: Woensdag, 8 April 2026

Neem asseblief kennis dat die Dinsdag- en Woensdagrooster omgeruil sal word wanneer die skool heropen. Op Woensdag, 8 April, sal ons dus die akademiese program van ’n Dinsdag volg. Dit beteken dat aktiwiteite soos senior kooroefening, saalperiode en ander Dinsdagverpligtinge sal plaasvind. Let egter daarop dat sport steeds volgens die gewone Woensdagprogram sal voortgaan.    ...

Lees Verder

Wêreldboekedag – 23 April 2026

Ons vier vanjaar Wêreldboekedag op ’n opwindende manier! Leerders word uitgenooi om aan te trek soos hul gunsteling karakter uit ’n Jaco Jacobs-boek. Daar wag ook ’n spesiale verrassing – die beste kostuum wen ’n fantastiese boekprys! 🎉 Ons kan nie wag om al die kreatiewe karakters by die skool te sien...

Lees Verder

Dekades: Die storie van Laurika Rauch

🎭 Kaartjieverkope is NOU OOP! 🎟️   Moenie “Dekades: Die storie van Laurika Rauch” misloop nie – ’n onvergeetlike musikale reis deur die jare met een van Suid-Afrika se mees geliefde stemme. Die hele Hoërskool Jan van Riebeeck is op die verhoog in hierdie eens in ‘n leeftyd revueproduksie, opgedra aan ons ikoon-oudleerder, Laurika Rauch!    ✨ Beleef die magiese, die stories en die liedjies wat generasies geraak het.   🎫 Kry jou kaartjies nou op Quicket: 👉 https://qkt.io/BYKiYc   🌟 BBP-ervaring beskikbaar: Geniet die vertoning vanuit die GOUE / BBP-area met premium sitplekke, ligte verversings en ’n drankie ingesluit.   📍 Moenie wag nie – bespreek vandag nog en wees deel van hierdie besondere...

Lees Verder

Senior Koor: Oefening Woensdag, 8 April

Die senior koor skop die tweede kwartaal af met ’n heerlike kooroefening! Hierdie reëling is getref sodat die senior koor genoegsame oefentyd het voor hulle belangrike optrede by die Passion ChoralFest op Sondag, 12 April.   Hier is die koor se oefentye vir die eerste week van die tweede kwartaal:   * Woensdag, 8 April: 07h30 – 08h30 (sover moontlik, verseker dat die leerders betyds vir die oefening is, asb) * Donderdag, 9 April: 11h30 – 12h30   Baie dankie vir almal se samewerking in hierdie verband. Ons sien baie uit na die senior koor se eerste...

Lees Verder

Lukas presteer by Nippers-kampioenskappe

Lukas Loubser het die naweek van 14-15 Maart aan die Wes-Kaap Nippers-kampioenskappe deelgeneem. Hy het baie goed presteer en die volgende medaljes verower.   Silwer in die flags Silwer in die beach sprints 4de in die hardloop en swem afdeling   Hy neem 26-28 Maart deel aan die nasionale kampioenskappe in Gqberha deel.  Ons wens vir hom alle sterkte...

Lees Verder

Ouerbesoeke: 13 & 14 April 2026

Ons ouerbesoeke vir die eerste kwartaal vind op Maandag, 13 April, en Dinsdag, 14 April 2025, plaas. Hierdie geleentheid stel ouers in staat om eerstehands met onderwysers te gesels oor leerders se vordering, prestasies en enige areas van ondersteuning. Volg hierdie skakel om ‘n tydgleuf te bespreek: KLIK HIER Hoe maak ek ‘n bespreking nadat ek op die skakel geklik het? 1. Kies jou kind se graad 2. Kies die datum  3. Kies ‘n onderwyser (Select Staff) 4. Kies ‘n gepaste tydgleuf Vir enige navrae, maak asseblief kontak met die betrokke klasonderwyser of stuur ‘n e-pos aan...

Lees Verder

Senior Koor tree op by Passion ChoralFest

Ons senior koor tree Sondag, 12 April, by die Passion ChoralFest in die Hugo Lambrechts Ouditorium op. Dit is ’n groot voorreg om die verhoog met bekende kore soos die Cape Town Camerata, Tygerberg City Choir, Vivox Voces en die DF Akademie Kamerkoor te deel, en die koor sien daarna uit om by hierdie geleentheid te sing. Die konsert is die afgelope week ook in die  TygerBurger geadverteer.   Ons nooi die skoolgemeenskap uit! Dit beloof om ’n besonderse konsert te wees. Sien aangehegde dokumente vir meer inligting rakende kaartjieverkope en konsert detail.    Datum: Sondag, 12 April Plek: Hugo Lambrechts Tyd: 16h00 Kaartjies: www.choirfest.co.za   Reëlings vir die Senior Koor:    * Repetisie: Arriveer 13h30. Die repetisie saam met die ander kore begin stiptelik om 14h00. * Ouers wat nie die konsert bywoon nie, kan die leerders weer 18h00 by Hugo Lambrechts oplaai. Ons sal nader aan die tyd die lokaal identifiseer. * Kleredrag: Formele Skooldrag (hou WA-groep vir spesifikasies dop)   Kontak gerus vir juf Rolene indien daar enige verdere vrae is....

Lees Verder

Markdag – Donderdag, 26 Maart 2026

Ons sien baie uit na Markdag wat volgende Donderdag, 26 Maart plaasvind! Leerders in Graad 1 tot 3 kry die geleentheid om hul eie produkte te verkoop en sommer ook ’n bietjie entrepreneursgees te ontwikkel. Belangrike inligting: 💰 Kostes: R20 per tafel 🔢 Slegs 44 tafels beskikbaar 📲 Besprekings: Karri is oop vanaf 20 Maart tot 25 Maart ⏰ Opstel van tafels: Vanaf 09:30 🛒 Verkope begin: 10:00 Moet dit nie misloop nie – dit beloof om ’n heerlike en lewendige oggend te...

Lees Verder

Tweedehandse Skoolklereverkope – Maandag, 23 Maart 2026

Aan die einde van elke kwartaal gaan ons ’n verlore goedere-verkope hou – alles wat nie afgehaal is nie. Die opbrengs van hierdie verkope gaan direk aan ons biblioteek/mediasentrum, om nuwe boeke aan te skaf. Dit is ’n wonderlike manier om verlore items ’n tweede kans te gee en terselfdertyd ons biblioteek te ondersteun! Tyd om jou kas op te knap en lekker skoolklere teen bekostigbare pryse te kry! Ons tweedehandse skoolklereverkope vind op Maandag, 23 Maart, van 12:30 tot 15:30 plaas. Waar: Onder die afdak by die aflaaisone (agterste parkering) Prys: Items geprys tussen R20 en R100 Betaling: Kontant of kaart word aanvaar Kom koop skoolklere teen goeie pryse – ’n perfekte geleentheid om te bespaar en die skoolbiblioteek te...

Lees Verder

Musiek-ouervergaderings: Kwartaal 2, 2026

Die Musiekdepartement wil graag ‘n geleentheid skep vir ouers/voogde om hul kind(ers) se musiekonderwyser(s) te ontmoet. Ons wil hierdie tyd gebruik om te gesels oor jou kind se musieklesse en om ook te luister na wat julle graag met ons wil deel. Algemene kwessies soos musiekeksamens, eisteddfods, lestye, oefenroetines en algemene vordering en verwagtinge, is van die belangrike punte wat ons graag wil bespreek. Ons nooi daarom alle musiekouers uit om enige van jou kind(ers) se musieklesse gedurende Kwartaal 2 by te woon. Julle is ook welkom om ‘n alternatiewe tyd vir ‘n ontmoeting af te spreek. Kontak gerus jou kind se musiekonderwyser om ‘n datum en tyd vir ‘n ontmoeting te bevestig. Ons sien baie uit daarna om ouers in die musiekdepartement te verwelkom en hoop om almal deur die loop van Kwartaal 2 hier te sien. Ek lys die musiekonderwysers en...

Lees Verder

KAPERJOLLE – 11 APRIL 2026

Dis weer tyd vir Laerskool Jan van Riebeeck se jaarlikse Kaperjolle – die grootste en lekkerste dag van die jaar! Wat kan jy verwag? 🍔 Kosstalletjies: Onder andere boereworsrolle, pannekoek en Woodstock Brewery se food truck. 🍭 Lekkergoedland: Bederf jou soettand – spookasem en slushies! 🎶 Musiek: Om jou in die regte bui te kry. 👻 Spookhuis: Vir die dapperste avonturiers! (Slegs Graad 4–7). Slegs 13:00–17:00. 🎯 Speletjies: Die vierkantspeletjies is vir alle kinders. 🍺 Kroeg: Yskoue bier en wyn vir volwassenes. 🍖 Koskompetisie: Wie kook die beste in die dorp? Skryf asseblief jou span in! 📅 Datum: 11 April 2026 ⏰ Tyd: 12:00–18:00 📍 Plek: Laerskool Jan van Riebeeck (klein veld) Hierdie is die perfekte geleentheid om jou familie en vriende te bederf met hope pret en vermaak. Kom skep herinneringe wat julle vir altyd sal koester! Toegang: 👨‍👩‍👧‍👦 Volwassenes: R100 – sluit proegeleenthede by die braaikompetisie én ’n stem vir die wenner in. 🎈 Juniorkinders (Graad R–3): R100 – eindelose vermaak met speletjies in die vierkant. 🎃 Seniorkinders (Graad 4–7): R140 – toegang tot al die speletjies én die spookhuis. 🌟 Moet dit nie misloop nie – ons sien jou daar!...

Lees Verder

Koffie-en-Beskuit Konsert: Dinsdag, 17 Maart 2026

Ons volgende oggendkonsert vind Dinsdagoggend, 17 Maart, in die NASORG plaas.    Die volgende leerders tree op:   Strykensemble – Jacob Venter, Coreen Scholtz, Theo Robson, Anna-Sophia Leach, Morgan Smit Lukas van der Westhuizen – saksofoon Antjie Samuel – klavier en viool Micah Nikiforos – saksofoon Frannie Samuel – klavier Samuel Smit – klavier Emma Kuys – klavier Matthias Ackerman – klavier Mathias Barkhuizen – klarinet Cara Scholtz – klavier   Hier is enkele algemene reëlings rondom die verrigtinge:   * Deelnemende leerders meld stiptelik 07h45 in die Nasorg aan met hul instrument. Juf Bea en/of mnr Ben sal daar wees om hulle te ontvang en te help om instrumente te stem.  * Elke deelnemende leerder bring slegs een maatjie saam om die konsert by die woon. Ons het ongelukkig nie spasie om meer leerders te akkommodeer nie. * Ouers is welkom om te kom luister – bring gerus koffie saam! * Gebruik asb die deur by die Nasorg om in te kom – die senior koor oefen in die saal, en ons wil hulle nie steur nie.   Tyd: 08h00 – 08h30 Plek:...

Lees Verder

Junior en Senior Kooroptredes: Kwartaal 2, 2026

Ons kore werk hard om voor te berei vir die konserte wat gedurende die tweede kwartaal vir ons voorlê. Indien daar optredes bygevoeg word, sal ons julle in kennis stel. Teken gerus die datums aan en hou die Nuusbrief en betrokke WA-groepe dop vir meer gedetailleerde inligting rakende die spesifieke geleenthede: Junior Koor 7 Mei HSJvR Reünie Kultuuraand (aandkonsert) 19 Junie GF Musiekkonsert (oggendkonsert by LJvR) Senior Koor 12 April Passion ChoralFest by Hugo Lambrechts @ 16h00 21 April Fairmont High School Choir Evening (aandkonsert en busvervoer sal gereël word) 7 Mei HSJvR Reünie Kultuuraand (aandkonsert) 18 Junie ISF Musiekkonsert (aandkonsert by LJvR) Ek herinner graag dat dit verpligtend is vir koorlede om die optredes by te woon, tensy daar vooraf verskoning gemaak is by Juf Bea (junior koor) of Juf Rolene (senior koor). Moenie huiwer om ons te kontak met enige vrae nie – ons help...

Lees Verder

Skoolpromosie: Aquabox

Een van ons ouers is ’n plaaslike verspreider van Mountain Falls mineraalwater en bied tans ’n lekker skoolpromosie aan. Op die “Acquabox” water (10 L of 15 L in ’n boks) geld die volgende: vir elke 2 bokse wat jy bestel, word 1 boks gratis aan jou kind se klas geskenk . Dit is ’n eenvoudige manier om die skool te ondersteun terwyl jy terselfdertyd water vir jou huis bestel. Jy is ook welkom om botteltjies water te bestel, beskikbaar in Still of Sparkling. Bestellings word gratis by jou huis afgelewer, wat dit baie gerieflik maak. Ons sal dit...

Lees Verder