Author: Megan Zondagh

Geagte Ouers / Voogde – 12 Julie 2024

Dit is my groot voorreg om ons leerders, ouers/voogde en personeel hartlik terug by die skool na ‘n heerlike wintervakansie te verwelkom. Ek glo dat almal die drie weke van lekker rus behoorlik gebruik het om die spreekwoordelike battery sommer ten volle te herlaai en is ook slaggereed vir nog ‘n besige kwartaal propvol opwindende aktiwiteite wat voorlê. Een van die hoogtepunte vir die kwartaal is ongetwyfeld die twee-jaarlikse konsert wat voorlê. Daar is verder heelwat sport- en ander kultuurgeleenthede (Koor & Eisteddfod) om na uit te sien, veral die jaarlikse interskole wat tuis tydens die naweek van 16 en 17 Augustus plaasvind. Die Suid-Kaap Sporttoer vanaf 10 – 14 Junie 2024 was weereens ‘n reuse sukses en die leerders wat die toer meegemaak het, praat nog steeds met lof oor die wonderlike ervaring om teen ander skole, veral buite ons area, te speel asook die ongelooflike besienswaardighede wat hulle besoek het nie. Ons het weer nie toegelaat dat die leerders hulle selfone saam op toer neem nie. Hulle het dus saans na die sportwedstryde bordspeletjies gespeel en lekker met mekaar gesels. Dit is juis die samesyn, sosialisering en kameraadskap wat die leerders vir ‘n baie lang tyd gaan onthou en waardeer. Weereens baie dankie aan die personeel (Leon, Lucia, Ischké, Shahneé, Sharon, Maricqe, André, Erick, en Rashard) wat die leerders op toer vergesel het en so mooi na...

Lees Verder

Sporttoer: 10-14 Junie 2024

Gedurende die laaste skoolweek van kwartaal 3, 10 – 14 Junie, het 50 van ons leerders na die Suid-Kaap op ‘n Rugby-, netbal- en hokkietoer vertrek. Die opwinding was groot en ons is hier weg in goeie gees. Die Maandag het ons hokkiewedstryde gespeel teen Laerskool Volschenk. Die dogters het 1-1 gelykop gespeel en die seuns het ongelukkig in die laaste oomblikke van die wedstryd 1 – 2 verloor. Ons het daarna na Hartenbos vertrek waar ons  vir die week gebly het.  Van hier af het ons elke dag wonderlike aktiwiteite gedoen en wedstryde gespeel. Dinsdag het ons teen Laerskool Park in Mosselbaai gespeel.  Beide ons o.12 en o.13 netbalspanne het gewen teen uiters sterk kompetisie. Ons rugbymanne het ongelukkig verloor. Woensdag was ons in Oudtshoorn waar ons weer aan netbal- en hokkiewedstryde deelgeneem het. Al ons spanne het gewen. Donderdag was ons by Laerskool Vorentoe in Grootbrak.  Ons netbalspanne het beide hulle wedstryde gewen en ons rugbymanne het in ‘n uiters spannende wedstryd 17-24 verloor.  Ons het in totaal 12 wedstryde gespeel, 8 gewen, 1 gelykop en 3 verloor.  Tussen al die wedstryde het ons leerders baie pret gehad.  Van Redberry Farm waar hulle deur die doolhof kon beweeg en hulle eie aarbeie pluk, ten pin bowling speel, die volstruisplaas in Oudtshoorn geniet tot “sandboarding” in Vleesbaai.  Dit was ‘n onvergeetlike week en ons leerders het dit baie...

Lees Verder

Senior Koor: Belangrike datums

Daar lê ’n bedrywige en opwindende tyd vir ons senior koor voor, en ek wil graag enkele belangrike datums en tye onder almal se aandag bring.   Dinsdag, 16 Julie: Kooroefening 12h40-14h10  Ons senior kooroefening gaan Dinsdag, 16 Julie, voort soos normaal ter voorbereiding van ons optrede op 22 Julie by die Tafelberg Koorfees. Alhoewel daar ouerbesoeke is en die skool reeds om 13h00 verdaag, versoek ons asseblief dat alle senior koorlede die volle oefening bywoon. Indien daar broers of susters is wie nie koor sing nie, is hulle welkom om by die Nasorg te wag tot 14h10.   Saterdag: 20 Julie: Koorkamp 10h00 – 12h30  Ons reël ‘n lekker oefen en spanbou geleentheid vir die senior koorlede, waar ons spesifiek gaan fokus op die voorbereiding en afronding van ons repertorium en die massakooritmes vir die Tafelberg Koorfees. Volg asseblief hierdie skakel vir meer inligting. Maandag: 22 Julie: Tafelberg Koorfees 18h00  Ons junior en senior kore neem deel aan die Tafelberg Koorfees, en ons kan nie wag om ons nuwe repertorium met almal te deel nie. Verdere inligting rakende hierdie geleentheid sal binnekort uitgestuur word.  Ek vra dat enige afwesighede van hierdie drie geleenthede asseblief persoonlik aan my gekommunikeer word. Ons wil graag ’n positiewe ervaring tydens ons koor se eerste groot optrede hierdie jaar verseker, en hoop dat ons met ’n volledige koor kan werk by al ons oefen geleenthede.  Baie...

Lees Verder

Gr. 7-Musiekkonsert: 16 Julie 2024

Ons Graad 7-musiekleerlinge hou konsert op Dinsdagoggend, 16 Julie, om 07h45, in die skoolsaal. Daar sal dus geen normale saalbyeenkoms plaasvind nie. Ons nooi graag al die deelnemers se ouers/voogde uit om die konsert saam met ons te kom...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde – 14 Junie 2024

So breek die einde van ‘n lang en besige, maar ‘n opwindende kwartaal aan. Vandag ontvang elke leerder sy/haar rapport om erkenning te ontvang vir hul harde werk, toewyding en deursettingsvermoë die afgelope kwartaal. Ek wil graag die leerders hartlik gelukwens en komplimenteer met hul spograpporte. Ons is saam met julle as ouers/voogde baie trots op jul kinders se akademiese vordering en –prestasies.  Geniet ‘n welverdiende wintervakansie om sommer alles te doen wat julle die afgelope tyd as gevolg van die eksamen en/of assesserings nie voor tyd gehad het nie. Op Vrydag, 07 Junie, het die oorhandiging van die sporttoerklere vir die Suid-Kaaptoer vroeg die oggend in die saal plaasgevind. Ons was so bevoorreg om ‘n legende in die netbalwêreld, Pumza Maweni, tydens hierdie spesiale geleentheid by ons skool te verwelkom. Sy was so gaaf om die sporttoerklere aan die toerlede te oorhandig. Pumza is ‘n voormalige Protea-netbalspeler en het ‘n ongelooflike 121 wedstryde vir Suid-Afrika gespeel. Sy is ‘n ware rolmodel vir ons dogters en dit was ‘n besondere voorreg om haar te kon ontmoet. Die netbaldogters en -afrigters het dit vreeslik geniet om foto’s saam met haar te neem. Baie dankie aan juf. Sharon wat met Pumza reëlings getref het om haar besoek aan ons skool moontlik te maak.    Ons sporttoerspanne het op Maandag, 10 Junie, so net na 08:00 op ‘n luukse bus na die...

Lees Verder

Frank presteer in rugby: Junie 2024

Hiermee wil ons graag vir Frank van der Walt wat op Donderdagaand, 13 Junie, sy WP-Kleure vir rugby ontvang het, hartlik gelukwens en vir hom sterkte toewens vir sy deelname aan die Cravenweek wat vanaf 17 – 20 Junie op Loftus Versfeld in Pretoria plaasvind. Baie geluk ook aan sy ouers Franci en Nel wat hom so getrou langs die rugbyveld ondersteun. Ons is saam met julle baie trots op Frank se puik prestasie. Hy is ‘n ware ambassadeur vir ons skool. Ons wens Frank die beste toe! Mag hy baie ervaring opdoen, maar dit in die proses ook geniet....

Lees Verder

Kunstefees: Hoërskool Jan van Riebeeck

Hier is nog ’n fantastiese kultuurgeleentheid vir ons leerders om na uit te sien! Hoērskool Jan van Riebeeck bied in Kwartaal 3 ’n Kunstefees aan, wat tussen 22-26 Julie op hul skoolgronde plaasvind. Ons gaan sommer lekker baie Jannies inskryf sodra almal weer terug is by die skool na die vakansie. Ons heg solank die inligtingstuk rakende die Kunstefees hier aan. Intussen hoop ons dat die musiekinstrumente nie té veel stof opgaar gedurende die vakansie nie, want ons spring in Julie flink met ’n propvol kultuurkwartaal weg! Ons leerders neem aan die Kaapse Afrikaanse Eisteddfod deel in Augustus, die...

Lees Verder

WP-Gimnastiek Kampioenskappe

‘n Hele paar van ons Jannies het verlede naweek in Saldanha aan die WP-Gimnastiek Kampioenskappe deelgeneem. Hulle is almal deel van die Ignite Gimnastiekklub en het baie goed gevaar. Hier is hulle uitslae: Vlak 1 Nina De Villiers – goud Elisa van den Berg – goud Lua Groenewald – silwer Amelie Mouton – goud Gia Kruger – silwer Hanna Louw – silwer Vlak 2 Elizabeth Snyders – silwer Olivia Blackmore – brons Noa Rademan – brons Vlak 3 Bella Naylor – silwer Klara Jansen van Vuuren – silwer Bella Malan – brons Ons is baie trots op...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde – 7 Junie 2024

So kom die 2de laaste week van kwartaal twee asook die eksamen tot ‘n einde terwyl Moeder Natuur se winterreën salig oor die stad uitsak. Ek glo dat heelwat ouers/voogde saam met hul kinders ‘n groot sug van verligting gegee het toe die laaste vak op Woensdag, 05 Junie, geskryf is. Die antwoordstelle is amper klaar gemerk, ‘n deeglike modereringsproses word gevolg en punte word verwerk sodat ons op Vrydag, 14 Junie, die dag wat die skole sluit, vir elke leerder sy/haar rapport kan gee. Graag wil ek spesifiek die leerders bedank en gelukwens met hul deeglike voorbereiding vir die eksamen asook die besonderse werketiek wat hulle dwarsdeur die kwartaal gehandhaaf het. Hartlike dank ook aan ons ouers/voogde wat hul kinders so mooi en lojaal die afgelope twee weke tydens die eksamen/assessering ondersteun het om net hul beste te doen. Laaste, maar nie die minste nie, ‘n hartlike dank aan ons opvoeders en leerontwikkelingspersoneel wat met soveel deernis en toewyding ons leerders vir die eksamen en assesserings voorberei het. Vanaf Maandag, 27 Mei, het die interim buitemuurse sportprogram in skooltyd, net na die aflê van die daaglikse eksamens plaasgevind. Die doel om nog steeds met sportoefeninge tydens die eksamentyd voort te gaan, was tweeledig: eerstens, die leerders geniet dit terdeë om direk na ‘n lang eksamensessie uit die klas te kom, die vars lug te geniet en aktief te...

Lees Verder

Uitstappie Gr. 1-3: Fynbos Rehabilitasieprojek

Op Woensdag, 12 Junie, sal die gr. 1-3-leerders van Laerskool Jan van Riebeek die geleentheid hê om ‘n bedreigde spesie Fynbos-saailinge te plant en eerstehands te leer oor konsepte soos bewaring, endemies en bedreigde plantspesies en ‘n praktiese geleentheid hê om by te dra. Meer inligting: Kaapstad se flora-koninkryk (Cape Floral Kingdom) is een van ses flora ‘koninkryke’ in die wêreld. Ons koninkryk spog met die grootste verskeidenheid plante in die wêreld! Daar is ongeveer 9000 plantspesies waarvan amper 70% endemies is! Ongelukkig kom die koninkryk onder vreeslike druk a.g.v. menslike teenwoordigheid, stadsuitbreiding en -ontwikkeling. Amper een derde van die spesies is op die bedreigde spesies lys. As deel van ‘n gemeenskap en bewaringsprojek het ons ‘n rehabilitasieprogram gestig om van die mees bedreigde spesies terug in hulle natuurlike omgewing te plant. Ons Kloofstraat Park is so geleë dat ons ‘n baie spesifieke groep Fynbos-/Renosterveld-spesies kan plant. Dit is op die rooilys van krities bedreigde spesies. 1500 Saailinge is klaar geoes en word in ‘n kwekery gekweek ter voorbereiding vir oorplanting. Ons beoog om 300m2 van die park te omskep in ‘n inheemse, endemiese Fynbos-Renosterveld publieke...

Lees Verder

Kaapse Afrikaanse Eisteddfod: Uitslae 24 & 25 Mei 2024

Ons leeders het puik by die solosang afdeling van die Kaapse Afrikaanse Eisteddfod die afgelope naweek presteer. Baie geluk aan elke leerder wat deelgeneem het. ’n Spesiale woord van dank aan mnr Ben, juf Regina (Hoërskool Jan van Riebeeck) en juf Antoinette (Privaat) vir al hul moeite om die leerders voor te berei en te begelei vir hierdie geleentheid! Deelname : Geen % Vermelding: 60 – 69% Eervolle Vermelding: 70 – 74% Eervolle Vermelding +: 75 – 76% Eervolle Vermelding ++: 77 – 79% Lof: 80 – 84% Lof +: 85 – 86% Lof ++: 87 – 89% Hoogste Lof: 90 – 94% Diploma: 95% en hoër Graad 2: Jean-Jacques Rossouw Afrikaanse Lirieke: Diploma Jean-Jacques Rossouw Eie Keuse: Lof Graad 3: Noa Rademan Afrikaanse Lirieke: Hoogste Lof Noa Rademan Eie Keuse: Lof Kitty Partner Afrikaanse Lirieke: Hoogste Lof Kitty Partner Eie Keuse: Diploma Christina du Toit Eie Keuse: Hoogste Lof Christina du Toit Afrikaanse Lirieke: Hoogste Lof Graad 4: Coreen Scholtz Musiekblyspel: Diploma Coreen Scholtz Eie Keuse: Diploma Antjie Samuel Afrikaanse Lirieke: Lof Antjie Samuel Eie Keuse: Lof Antjie Samuel Musiekblyspel: Hoogste Lof Graad 5: Ella van der Walt Afrikaanse Lirieke: Eervolle Vermelding Rupert Janse van Rensburg Eie Keuse: Eervolle Vermelding Rupert Janse van Rensburg Afrikaanse Lirieke: Eervolle Vermelding Pieter Rademeyer Musiekblyspel: Eervolle Vermelding Pieter Rademeyer Eie Keuse: Hoogste Lof Pieter Rademeyer Afrikaanse Lirieke: Lof Graad 6: Zani Scholtz...

Lees Verder