Die buitemuurse program vir die eerste kwartaal sal op Maandag, 31 Januarie, begin. Ons gaan wel met ons tennisranglys spelers vroeër begin ter voorbereiding van hul eerste wedstryde.
 
Let asb. daarop dat ons hierdie kwartaal saam met St Cyprians se leerders op die Gardens rugby & football klub se velde atletiek gaan oefen. Die Hoërskool gaan binnekort met herstelwerk op hul velde begin en dit sal dan nie beskikbaar wees nie. Leerders sal steeds met die bussies vervoer word of ouers/voogde kan hulle kom aflaai en optel by die veld.
 
Ons gaan ook die kwartaal afskop met die O/12 & O/13-netbalproewe. Leerders wat hierdie jaar vir die spanne wil speel, moet die proewe bywoon sodat ons spanne kan finaliseer. Sien asb. die webkalender vir datums. Meer inligting sal met spelers gekommunikeer word.