Hoërskool Jan van Riebeeck bied bergfiets as sport aan en nooi graag ons laerskoolleerders om by die sessies aan te sluit. Sien die onderstaande inligting indien jou kind/ers sou belangstel. Ouers neem self verantwoordelikheid vir hul kinders se deelname en enige kommunikasie vind direk met die afrigter plaas.

Die Hoërskool het  verlede jaar ’n weldoener gehad wat in privaatkapasiteit die vaardigheidsessies, soos aangebied deur BreakAway Rides, se kostes gedra het om ons laerskoolleerders aan bergfiets bloot te stel en om ons Hoërskool-bergfietsbaan bekend te stel. Die kwartaallikse fooi, wat deur Hoërskool Jan van Riebeeck se bergfietsklub bestuur word, sal vanaf hierdie jaar R550 per kwartaal beloop. Dié bedrag sal die afrigters se kostes dek.

Ons begin op Vrydag, 21 Januarie 2022, met ons eerste vaardigheidsessie vir 2022. Elke kind sal ’n minimum van 8 x 1.5 uur sessies per kwartaal se vaardigheidslesse ontvang. Hierdie lesse word deur BreakAway Rides se afrigters aangebied. Die vaardigheidsessies vind elke Vrydag van 14:15 tot 15:45 op HS JvR se bergfietsbaan in De Hooplaan, Tamboerskloof plaas.

Die fietsryers sal elke Vrydag in 2 groepe verdeel word en die afrigters sal die kinders indeel by òf die ‘nipper’-groep vir beginners, òf die ‘junior’ groep vir meer gevorderde fietsryers.

Ons sal deur die loop van die jaar ook ’n addisionele na-ure-kursus aanbied waar die fietsryers vaardighede aangeleer word om hul eie fietse te diens.

Indien jy bevestig dat jou kind/ers by ons klub wil aansluit vir 2022, volg asseblief die SKAKEL.