Kultuurbedrywighede is deel van ons skool se daaglikse program, maar as deel van ons strewe om vir die leerders van Laerskool Jan van Riebeeck ‘n gebalanseerde keuse te bied, word verskeie kuns en kultuur aktiwiteite as buitemuurse bedrywighede aangebied.

Musiek, drama, dans en kuns word aangebied en hieruit vloei konserte, Eistedfodd, uitstallings en openbare optredes. Die leerders wat hiervan gebruik maak se selfvertroue kry ‘n hupstoot en hulle kry geleentheid om hul talente te ontwikkel.

Kuns en Kultuur Nuus

Senior Koorkamp: 6 – 7 Februarie

Dit is weer daardie tyd van die jaar en die senior koor se jaarlikse koorkamp is om die draai!  SKEDULE Vrydag, 6 Februarie:  * Middagete voorsien deur die skool: 14h00-14h20 * Oefen: 14h20 - 17h45 * Piekniek op die skoolveld vir alle koorlede en -ouers: 18h00 - 19h00 Saterdag, 7 Februarie: * Oefen: 09h00 - 14h00 * Ons voorsien: * Waatlemoen vir peuselhappie * Boereworsrolle vir middagete * Leerders pak genoeg water en peuselhappies in. * Kampkonsert vir ouers: 14h15 - 14h30 Kom kuier saam by ons senior koorpiekniek op Vrydag, 6 Februarie, vanaf 18h00 - 19h00. Ons nooi ook alle ouers uit om Saterdagmiddag, 7 Februarie, ’n kort kampkonsert in die skoolsaal by te woon. Die koorkamp is verpligtend vir alle senior koorlede. Indien iemand nie die koorkamp kan bywoon nie, moet juf. Rolene asb in kennis gestel word.  Groete, Rolene     ...

Eksterne Musiekeksamen Uitslae

Ons wens ons leerders wat hierdie jaar aan eksterne musiekeksamens deelgeneem het baie geluk! Dit verg besonderse toewyding en harde werk om hiervoor voor te berei, en ons is baie trots op julle uitstekende resultate!  

Musiekinskrywings vir 2026

Musiekaansoeke vir 2026 is oop! Skryf gerus jou kind in vir musieklesse en kontak Juf Rolene vir enige navrae.   ???? Vul asseblief hierdie vorm in indien jy belangstel: https://jvr.info/musiek2026 [pdf-embedder url="https://laerskooljanvanriebeeck.co.za/wp-content/uploads/2025/12/Musiekinskrywingsvorm-2026.pdf" title="Musiekinskrywingsvorm...

REDENAARS 2026

Raak deel van die Redenaars WhatsApp-groep om alle inligting rakende volgende jaar se redenaars te ontvang. Alle kommunikasie sal daar plaasvind. Gaan na ons LsJvR Community en soek die groep Redenaars (Ls JvR)   Vul asseblief die vorm in indien jou kind in Redenaars 2026 belangstel: REDENAARS 2026 – Fill out form  Hier is die kompetisiedatums asook inligtingsessie se datum wat in die eerste week van skool plaasvind. Dagboek asseblief hierdie datum! [pdf-embedder url="https://laerskooljanvanriebeeck.co.za/wp-content/uploads/2025/11/Redenaars-kompetisie-inligting-2026.pdf" title="Redenaars -kompetisie inligting...

Interne sport- en kultuurprogram tydens eksamentyd: 17 – 27 November 2025

Neem asseblief kennis dat sport en kultuur binne skooltyd plaasvind aangesien die skool daagliks om 13:15 verdaag. Leerders kom met korrekte sportdrag vir die bepaalde sportoefening op die dag skool toe. Maak asseblief ook seker dat musiekleerders die korrekte instrumente saambring. Sien hier onder die rooster vir die program:  ...

Kerskonsert – Donderdag, 27 November 2025

Kom geniet ’n betowerende aand vol musiek en feesvreugde tydens ons jaarlikse LsJvR Kerskonsert! ???? Datum: Donderdag, 27 November ???? Tyd: 19:00 ???? Kaartjies: R50 (beskikbaar op Karri)

BARBARA SCHREUDER DANSSKOOL

Ons dansskool bied verskeie genres van dans aan! Hierdie naweek is dit Ballet se beurt, en ons jaarlikse American Academy of Ballet "Performance Awards" vind op Sondag, 9 November 2025, om 10vm by LS JvR plaas. Ons beoordelaars is Iain McDonald van Joburg Ballet in Johannesburg en Laurence Kaplan, Direkteur van AAB in New York. Ons oulike dansers is reeds baie opgewonde! Dis ’n wonderlike geleentheid om aan ’n internasionale program deel te neem met pragtige, voorgeskrewe werke. Alhoewel al ons dansers AAB-opleiding ontvang, is deelname nie verpligtend nie. Ons is trots op die dansers wat gaan deelneem en ons dansskool verteenwoordig. Break a leg! Deelnemers: Gr 1: Heike Louw en Ada Uys Gr 2: Mila Maree, Emily Theron, Isabella Robinson, Cornelia Opperman en Emma Wilke Gr 4: Mika van der Walt en Christa-Bella Swart Gr 5: Heidi van Heerden en Natalie Lawson Gr 6: Solange Stevens Gr 7: Ella Grey en Gabi Buckenham Gr 9: Kerala Allewell en Karlien van der Walt Gr 10: Lara Basson Kom ondersteun ons gerus! Almal is welkom, en jong en oud sal dit geniet: pragtige musiek, stylvolle choreografie en talentvolle dansers. Groete, Juf Barbie...

Ouer koor optrede by LS JvR-Kerskonsert

Ons nooi graag die ouers van ons junior en senior koorlede uit, om deel van die ouer koor te wees wat tydens ons kerskonsert op 27 November gaan optree. Kom deel in die vreugde van samesang tydens Kerstyd!   Die repetisietye is as volg:   Dinsdag, 18 November, om 18h30 - 19h30 Vrydag, 21 November, om 18h30 - 19h30 Dinsdag, 25 November, om 18h30 - 19h30   Ons moedig almal aan om al drie oefeninge by te woon, maar verstaan heeltemal as jy slegs by twee kan wees. Kom sing steeds saam!   Indien jy graag deel wil wees van hierdie besonderse ervaring, gaan loer gerus op die junior en senior kore se WA-groepe vir die skakel wat jou na die vorm sal neem.   Kontak vir Rolene van Zyl by rolene@jvrprim.co.za indien daar enige verdere vrae...

Antjie Samuel: Huisgenoot Eisteddfod Kategoriewenner

Antjie Samuel (graad 5) het aan die Huisgenoot Eisteddfod deelgeneem, en is as ’n kategoriewenner in haar ouderdomsgroep (graad 4-7) van die poësie- en redenaarsafdeling aangewys. Baie geluk met hierdie uitmuntende prestasie, Antjie! Ons is trots op jou.    

Kultuurkonserte: 29, 30, 31 Oktober

Dit is weer tyd om konsert te hou! Ons rond die jaar se kultuuraktiwiteite af met ’n heerlike aand van musiek en kultuur, waartydens ons saam met ons leerders hul harde werk, toewyding en puik vordering vier.   Let asseblief op dat ons ’n ekstra datum bygevoeg het, aangesien daar soveel leerders is wat aan hierdie konserte deelneem. Ouers van die leerders wat deelneem, sou reeds ’n e-pos van juf. Rolene en jou kind se musiekonderwyser ontvang het òf kyk gerus na die lys met name wat op die Musiek WA-groep geplaas is. Maak asseblief seker dat julle weet op watter datum en tyd jou kind speel.   ISF-Kultuurkonserte:   Woensdag, 29 Oktober, om 19h00 - 20h00 (Alle graad 4-deelnemers) Donderdag, 30 Oktober, om 17h15 - 18h15 (graad 5 - 7-deelnemers) Donderdag, 30 Oktober, om 19h00 - 20h00 (graad 5 - 7-deelnemers)   GF-Kultuurkonsert:   Vrydag, 31 Oktober, om 08h00 - 09h00        Kontak gerus vir juf Rolene by rolene@jvrprim.co.za vir enige verdere navrae.  ...

Addisionele vakke

Kuns en Kultuur Aktiwiteite

Eisteddfod

Ons skool neem jaarliks aan die Kaapse Afrikaanse Eisteddfod deel.

Kategorieë: Voordrag van gedigte, onvoorbereide lees, prosa, mimiek, spreekkoor, solosang, klavier, blokfluit en kuns.

Kuns

Leerders ontvang tweeweekliks kunsonderrig in die kunsklas. Die kinders se kunswerke word op ‘n deurlopende basis in die skoolgange uitgestal en is ook dikwels die fokus van spesiale uitstallings in die skool se voorportaal.

Jannies Talentaand

Jannies Talent is ‘n heerlike informele aand waar ons eie Jannies hulle spesiale talente kom vertoon.

Koor

Ons skool het twee kore nl. Juniorkoor (Gr 1-3) en Seniorkoor (Gr 4-7).

Die kore tree by koorfeeste, kerke en skoolfunksies op.

Musiek

Leerders ontvang by ons skool onderrig in klavier, sang, blokfluit, musiekteorie, kitaar, viool en ukelele. Daar is geleentheid om in te skryf vir eksterne eksamens van Unisa, Royal Schools of Trinity College asook die Eisteddfod.

Die musiekleerders hou elke jaar twee musiekkonserte in die skoolsaal.

Die Suidooster

Die skoolkoerant, die Suidooster, verskyn aan die einde van elke kwartaal. Graad 7- en 6-leerders dien op die redaksie.

Redenaars

Leerders vanaf Graad 4-7 kry die geleentheid om aan redenaars deel te neem. Met die nodige afrigting en voorbereiding neem ons ook aan die ATKV-redenaarskompetisie deel. Ons leerlinge het die afgelope paar jaar deurgedring na die finale rondte in die Wes-Kaap waar van hulle ook onder die top-10 geëindig het.

Konsert

Ons hou elke tweede jaar konsert waaraan die hele skool deelneem. Die konsert bied al die leerders die geleentheid om hul kreatiwiteit ook op kultuurvlak uit te leef.

Privaat Buitemuurse Kultuuraktiwiteite

Aktiwiteit Tye Kontakpersoon Kontakbesonderhede
Drama Jana Nel jana@jvrprim.co.za
Kuns Gr. 2-3 Do.; Gr. 4-7 Ma. & Di. Rentia van der Merwe emmarentia8@gmail.com
Moderne Dans Kontak vir tye. Barbara Schreuder barbie.schreuder.dance@gmail.com
Naaldwerk Kontak vir tye. Marianne Conradie & Suzaan Burger lawwelappe@gmail.com
Klavier Kontak vir tye. Estelle Slabber eslabber@gmail.com
Kitaar & Ukelele Kontak vir tye. Shaun Berry shaunberry14@gmail.com
Viool Kontak vir tye. Hannelize Gravell hannelizegravell@gmail.com
Canvas Klub Kontak vir tye. Christelle Janse van Rensburg www.canvas.club | 084 595 5007