Kultuurbedrywighede is deel van ons skool se daaglikse program, maar as deel van ons strewe om vir die leerders van Laerskool Jan van Riebeeck ‘n gebalanseerde keuse te bied, word verskeie kuns en kultuur aktiwiteite as buitemuurse bedrywighede aangebied.

Musiek, drama, dans en kuns word aangebied en hieruit vloei konserte, Eistedfodd, uitstallings en openbare optredes. Die leerders wat hiervan gebruik maak se selfvertroue kry ‘n hupstoot en hulle kry geleentheid om hul talente te ontwikkel.

Kuns en Kultuur Nuus

Senior Koor: Oefening Woensdag, 8 April

Die senior koor skop die tweede kwartaal af met ’n heerlike kooroefening! Hierdie reëling is getref sodat die senior koor genoegsame oefentyd het voor hulle belangrike optrede by die Passion ChoralFest op Sondag, 12 April.   Hier is die koor se oefentye vir die eerste week van die tweede kwartaal:   * Woensdag, 8 April: 07h30 - 08h30 (sover moontlik, verseker dat die leerders betyds vir die oefening is, asb) * Donderdag, 9 April: 11h30 - 12h30   Baie dankie vir almal se samewerking in hierdie verband. Ons sien baie uit na die senior koor se eerste...

Senior Koor tree op by Passion ChoralFest

Ons senior koor tree Sondag, 12 April, by die Passion ChoralFest in die Hugo Lambrechts Ouditorium op. Dit is ’n groot voorreg om die verhoog met bekende kore soos die Cape Town Camerata, Tygerberg City Choir, Vivox Voces en die DF Akademie Kamerkoor te deel, en die koor sien daarna uit om by hierdie geleentheid te sing. Die konsert is die afgelope week ook in die  TygerBurger geadverteer.   Ons nooi die skoolgemeenskap uit! Dit beloof om ’n besonderse konsert te wees. Sien aangehegde dokumente vir meer inligting rakende kaartjieverkope en konsert detail.    Datum: Sondag, 12 April Plek: Hugo Lambrechts Tyd: 16h00 Kaartjies: www.choirfest.co.za   Reëlings vir die Senior Koor:    * Repetisie: Arriveer 13h30. Die repetisie saam met die ander kore begin stiptelik om 14h00. * Ouers wat nie die konsert bywoon nie, kan die leerders weer 18h00 by Hugo Lambrechts oplaai. Ons sal nader aan die tyd die lokaal identifiseer. * Kleredrag: Formele Skooldrag (hou WA-groep vir spesifikasies dop)   Kontak gerus vir juf Rolene indien daar enige verdere vrae is....

Musiek-ouervergaderings: Kwartaal 2, 2026

Die Musiekdepartement wil graag ‘n geleentheid skep vir ouers/voogde om hul kind(ers) se musiekonderwyser(s) te ontmoet. Ons wil hierdie tyd gebruik om te gesels oor jou kind se musieklesse en om ook te luister na wat julle graag met ons wil deel. Algemene kwessies soos musiekeksamens, eisteddfods, lestye, oefenroetines en algemene vordering en verwagtinge, is van die belangrike punte wat ons graag wil bespreek. Ons nooi daarom alle musiekouers uit om enige van jou kind(ers) se musieklesse gedurende Kwartaal 2 by te woon. Julle is ook welkom om ‘n alternatiewe tyd vir ‘n ontmoeting af te spreek. Kontak gerus jou kind se musiekonderwyser om ‘n datum en tyd vir ‘n ontmoeting te bevestig. Ons sien baie uit daarna om ouers in die musiekdepartement te verwelkom en hoop om almal deur die loop van Kwartaal 2 hier te sien. Ek lys die musiekonderwysers en...

Koffie-en-Beskuit Konsert: Dinsdag, 17 Maart 2026

Ons volgende oggendkonsert vind Dinsdagoggend, 17 Maart, in die NASORG plaas.    Die volgende leerders tree op:   Strykensemble - Jacob Venter, Coreen Scholtz, Theo Robson, Anna-Sophia Leach, Morgan Smit Lukas van der Westhuizen - saksofoon Antjie Samuel - klavier en viool Micah Nikiforos - saksofoon Frannie Samuel - klavier Samuel Smit - klavier Emma Kuys - klavier Matthias Ackerman - klavier Mathias Barkhuizen - klarinet Cara Scholtz - klavier   Hier is enkele algemene reëlings rondom die verrigtinge:   * Deelnemende leerders meld stiptelik 07h45 in die Nasorg aan met hul instrument. Juf Bea en/of mnr Ben sal daar wees om hulle te ontvang en te help om instrumente te stem.  * Elke deelnemende leerder bring slegs een maatjie saam om die konsert by die woon. Ons het ongelukkig nie spasie om meer leerders te akkommodeer nie. * Ouers is welkom om te kom luister - bring gerus koffie saam! * Gebruik asb die deur by die Nasorg om in te kom - die senior koor oefen in die saal, en ons wil hulle nie steur nie.   Tyd: 08h00 - 08h30 Plek:...

Junior en Senior Kooroptredes: Kwartaal 2, 2026

Ons kore werk hard om voor te berei vir die konserte wat gedurende die tweede kwartaal vir ons voorlê. Indien daar optredes bygevoeg word, sal ons julle in kennis stel. Teken gerus die datums aan en hou die Nuusbrief en betrokke WA-groepe dop vir meer gedetailleerde inligting rakende die spesifieke geleenthede: Junior Koor 7 Mei HSJvR Reünie Kultuuraand (aandkonsert) 19 Junie GF Musiekkonsert (oggendkonsert by LJvR) Senior Koor 12 April Passion ChoralFest by Hugo Lambrechts @ 16h00 21 April Fairmont High School Choir Evening (aandkonsert en busvervoer sal gereël word) 7 Mei HSJvR Reünie Kultuuraand (aandkonsert) 18 Junie ISF Musiekkonsert (aandkonsert by LJvR) Ek herinner graag dat dit verpligtend is vir koorlede om die optredes by te woon, tensy daar vooraf verskoning gemaak is by Juf Bea (junior koor) of Juf Rolene (senior koor). Moenie huiwer om ons te kontak met enige vrae nie – ons help...

Koffie-en-Beskuit Konsert: Dinsdag, 10 Maart

Ons volgende oggendkonsert vind Dinsdagoggend, 10 Maart, in die groot musiekklas plaas.    Die volgende leerders tree op:   Anya Greeff - Klavier Anton Titley - Klavier Natalie Lawson - Saksofoon Bella Naylor - Klavier Nina de Villiers - Klavier Ella van der Walt - Klavier Pierre du Toit en Elsie Janse van Rensburg - Klavierduet Pierre du Toit - Klavier Eliana Greeff - Klavier Daniel Oosthuizen - Klavier   Hier is enkele algemene reëlings rondom die verrigtinge:   * Deelnemende leerders meld stiptelik 07h45 by die groot musiekklas aan met hul instrument. Juf Bea en/of mnr Ben sal daar wees om hulle te ontvang en te help om instrumente te stem.  * Elke deelnemende leerder bring slegs een maatjie saam om die konsert by die woon. Ons het ongelukkig nie spasie om meer leerders te akkommodeer nie. * Ouers is welkom om te kom luister - bring gerus koffie saam! * Gebruik asb die deur by die Nasorg om by die musiekklas te kom. Die senior koor oefen in die saal.   Tyd: 08h00 - 08h30 Plek: Groot Musiekklas (Musiekdepartement)...

Eisteddfod: Mei 2026

Liewe Eisteddfod-ouers Ons deel graag dat die Eisteddfod weer hierdie jaar aan die einde van Mei by ons skool sal plaasvind. Die spesifieke datum sal binnekort gekommunikeer word. Ons leerders presteer elke jaar uitstekend en ons is ongelooflik trots op hulle! 📌 Inskrywings Vind asseblief die inskrywingsvorm by hierdie skakel:  EISTEDDFOD INSKRYWINGS Inskrywings sluit op 4 Maart. Nadat jy jou kind ingeskryf het, sal die betaling op die Karri-toep beskikbaar wees. Geen laat inskrywings sal aanvaar word nie. Die koste beloop R120 per item. 📖 Belangrike kennisgewing oor Prosa (vanaf Graad 4) Leerders wat vir prosa inskryf, moet ’n leestuk uit ’n boek: Memoriseer Dramatiseer Let asseblief daarop dat Kwartaal 2 baie besig is met sport, eksamens en ander aktiwiteite. In die verlede het sommige leerders onttrek omdat hulle nie genoeg tyd gehad het om behoorlik voor te berei nie. Dink dus asseblief mooi voordat jy jou kind vir prosa inskryf. Drama-groete...

Musiekleerders neem deel aan die South African Flute Festival

Drie van ons skool se fluitspelers neem 28 Februarie - 4 Maart aan die South African Flute Festival, wat by Universiteit Stellenbosch se Musiekdepartement plaasvind, deel. Hierdie inisiatief bied die geleentheid om aan meesterklasse by bekende plaaslike fluitonderwysers en die internasionaal befaamde Gareth McLearnon deel te neem, professionele en studente konserte by te woon, om deel te wees van die fluitkoor en ander ensemble geleenthede, en werkswinkels vir onderwysers en leerders by te woon.   Ons is baie trots op Dané Walker, Sophia Jooste, en Jenna Erasmus wat aan hierdie wonderlike geleentheid gaan deelneem. ’n Groot dankie aan juf Lily van der Merwe wat die fluit-leerders inspireer en aanmoedig om hul vaardighede op hierdie inspirerende manier te slyp....

Musiekkonserte: Kwartaal 1, 2026

Loer gerus na die datums en tye van volgende week se musiekkonserte. Vra asb. vir Juf Rolene óf jou kind se musiekonderwyser indien daar enige vrae rondom jou kind se deelname aan hierdie konserte is. Ons help graag. Maandag, 23 Maart Graad 2: 08h00 - 09h00 Graad 3: 09h15 - 10h10 Graad 7: 10h30 - 11h30 Graad 6: 11h30 - 12h30 Dinsdag, 24 Maart Graad 4: 08h00 - 08h30 Graad 5: 09h00 - 10h00 Ons nooi alle ouers, familie en vriende uit om te kom luister en saam met ons die kinders se harde werk en vordering te vier. Indien daar leerders is wat buite die skool musiekles ontvang en graag wil deelneem, kontak my gerus. Die leerders wat by die skool musiekles neem, kry voorkeur, maar ons akkommodeer graag enige leerder wat musiekles buite die skool neem, indien die program dit...

Koffie-en-Beskuit Konsert: Dinsdag, 24 Februarie

Ons eerste oggendkonsert vind Dinsdagoggend, 24 Februarie,  in die groot musiekklas plaas. Ons kan nie wag nie!   Die volgende leerders tree op:   Joe Barnard - Klavier Anna-Sophia Leach - Viool Jacob Venter - Viool Mila Maree - Klavier Deon de Kock - Saksofoon Benjie Ntloko - Klarinet Michaela Lawson - Klavier Christina du Toit - Klavier   Hier is enkele algemene reëlings rondom die verrigtinge:   * Deelnemende leerders meld stiptelik 07h45 by die groot musiekklas aan met hul instrument. Juf Bea en/of mnr Ben sal daar wees om hulle te ontvang en te help om instrumente te stem.  * Elke deelnemende leerder bring slegs een maatjie saam om die konsert by die woon. Ons het ongelukkig nie spasie om meer leerders te akkommodeer nie. * Ouers is welkom om te kom luister - bring gerus koffie saam! * Gebruik asb. die deur by die Nasorg om by die musiekklas te kom. Die senior koor oefen in die saal.   Tyd: 08h00 - 08h30 Plek: Groot Musiekklas (Musiekdepartement)...

Addisionele vakke

Kuns en Kultuur Aktiwiteite

Eisteddfod

Ons skool neem jaarliks aan die Kaapse Afrikaanse Eisteddfod deel.

Kategorieë: Voordrag van gedigte, onvoorbereide lees, prosa, mimiek, spreekkoor, solosang, klavier, blokfluit en kuns.

Kuns

Leerders ontvang tweeweekliks kunsonderrig in die kunsklas. Die kinders se kunswerke word op ‘n deurlopende basis in die skoolgange uitgestal en is ook dikwels die fokus van spesiale uitstallings in die skool se voorportaal.

Jannies Talentaand

Jannies Talent is ‘n heerlike informele aand waar ons eie Jannies hulle spesiale talente kom vertoon.

Koor

Ons skool het twee kore nl. Juniorkoor (Gr 1-3) en Seniorkoor (Gr 4-7).

Die kore tree by koorfeeste, kerke en skoolfunksies op.

Musiek

Leerders ontvang by ons skool onderrig in klavier, sang, blokfluit, musiekteorie, kitaar, viool en ukelele. Daar is geleentheid om in te skryf vir eksterne eksamens van Unisa, Royal Schools of Trinity College asook die Eisteddfod.

Die musiekleerders hou elke jaar twee musiekkonserte in die skoolsaal.

Die Suidooster

Die skoolkoerant, die Suidooster, verskyn aan die einde van elke kwartaal. Graad 7- en 6-leerders dien op die redaksie.

Redenaars

Leerders vanaf Graad 4-7 kry die geleentheid om aan redenaars deel te neem. Met die nodige afrigting en voorbereiding neem ons ook aan die ATKV-redenaarskompetisie deel. Ons leerlinge het die afgelope paar jaar deurgedring na die finale rondte in die Wes-Kaap waar van hulle ook onder die top-10 geëindig het.

Konsert

Ons hou elke tweede jaar konsert waaraan die hele skool deelneem. Die konsert bied al die leerders die geleentheid om hul kreatiwiteit ook op kultuurvlak uit te leef.

Privaat Buitemuurse Kultuuraktiwiteite

Aktiwiteit Tye Kontakpersoon Kontakbesonderhede
Drama Jana Nel jana@jvrprim.co.za
Kuns Gr. 2-3 Do.; Gr. 4-7 Ma. & Di. Rentia van der Merwe emmarentia8@gmail.com
Moderne Dans Kontak vir tye. Barbara Schreuder barbie.schreuder.dance@gmail.com
Naaldwerk Kontak vir tye. Marianne Conradie & Suzaan Burger lawwelappe@gmail.com
Klavier Kontak vir tye. Estelle Slabber eslabber@gmail.com
Kitaar & Ukelele Kontak vir tye. Shaun Berry shaunberry14@gmail.com
Viool Kontak vir tye. Hannelize Gravell hannelizegravell@gmail.com
Canvas Klub Kontak vir tye. Christelle Janse van Rensburg www.canvas.club | 084 595 5007