Kategorie: Sport


Van 19–24 Julie het ons 1ste Tennisspan (seuns en dogters) die voorreg gehad om aan die gesogte Sun City Tennistoernooi deel te neem. Altesaam 18 van Suid-Afrika se voorste skole (17 dogters- en 18 seunsspanne) het in die dogters- en seunsafdelings meegeding, wat vir ons spelers die geleentheid gebied het om hul vaardighede teen die bestes te toets.
Gedurende die week het ons spelers elke dag wedstryde teen sterk skole soos Courtrai, Trinity House, Hennops, Elarduspark en Randhart gespeel. Elke wedstryd het nuwe uitdagings gebied en waardevolle ervaring opgelewer. Ons spelers het hulself met trots gemeet aan van die sterkste tennisskole in die land.
Meisies: 3de plek
Seuns: 6de plek
Hierdie uitslae weerspieël nie net talent nie, maar ook ure se oefening, deursettingsvermoë en spanwerk. Ons spelers het met trots die JvR-klere gedra en uitstekende sportmangees op en langs die baan getoon. ‘n Hartlike dankie aan ons afrigters, ouers en ondersteuners wat hierdie toer moontlik gemaak het. Julle aanmoediging, ondersteuning en opoffering het ‘n groot bydrae gelewer tot die sukses van ons spelers.
Daniel Lawson en Pieter-Steph Bothma het die afgelope naweek uitstekend gevaar by die Kaapse Ope Skaakkampioenskappe. Albei het in die o.10-kategorie deelgeneem, waar Daniel ’n eerste plek en Pieter-Steph ’n derde plek behaal het.
Daniel is boonop as die kampioen in sy ouderdomsgroep gekroon.
Baie geluk met hierdie puik prestasies! Ons is ongelooflik trots op julle.

Belangrike Datums
september 2026
oktober 2026
november 2026
desember 2026
januarie 2027
februarie 2027
maart 2027
april 2027
mei 2027
junie 2027
julie 2027
augustus 2027
























