Kategorie: Sport

/ Netbal, Nuus, Sport
Karu Rademeyer het die afgelope jaar, as deel van die Western Cape Coastal-netbalprogram, twee aksienetbalspanne tydens hul weeklikse aandligawedstryde verteenwoordig. Karu is die hoofdoel van beide spanne.
 
Tydens die afgelope week se finale rondes, het Karu en haar spanmaats van Thunderballers (o.12’s en o.13′) en Golden Mustang (o.13-provinsiale spelers) in beide afdelings die goue medaljes verower.
Karu is boonop in dié naelbytwedstryde as speler van die wedstryd aangewys.  
 
Wel gedaan, Karu! Jy maak ons trots!
 
/ Nuus, Sport, Sport

Christiaan Cronje het Saterdag, 24 Augustus 2024, aan die WP-stoeikampioenskappe deelgeneem. Hy is op 27 Augustus 2024 gekies om deel van die WP-stoeispan te wees.

Baie geluk, Christiaan! Ons is trots op jou.

/ Nuus, Sport
Interskole 2024 is om die draai en dit moenie mis geloop word nie. Hier is die program vir volgende week se geesweek.
Ons vertrou dat die Jannies saam sal geesbou!
 
Kliek op die foto om saam gees te vang:
 
 
 
/ Netbal, Nuus, Sport

Ons hokkiespanne het 26 Julie, weg teen Langebaan Curro gespeel:

Seuns:
O7B wen 1-0
O7A wen 7-0
O8B wen 5-0
O8A verloor 1-4
O9C verloor 0-5
O9B wen 4-0
O9A verloor 1-2
O10B verloor 0-4
O10A wen 3-0
O11A verloor 1-2
O13A wen 2-0

Dogters: (WEG)
O7A wen 4-1
O8A verloor 1-5
O9A wen 2-0
O10B verloor 0-1
O10A wen 1-0
O11A wen 3-0
O13A gelykop 0-0

/ Netbal, Nuus, Sport

0.7A verloor 1-4
0.7B verloor 0-4
0.7C verloor 0-14
0.8A verloor 2-13
0.8B verloor 0-16
0.9A verloor 8-10
0.9B verloor 1-12
0.9C verloor 0-13
0.10A verloor 3-15
0.10B verloor 0-20
0.10C verloor 1-21
0.11A verloor 8-10
0.11B verloor 5-13
0.11C verloor 1-7
0.12A wen 8-6
0.12B verloor 2-14
0.12C verloor 4-12
0.13A verloor 12-32
0.13B verloor 7-18
0.13C verloor 2-19

/ Netbal, Nuus, Sport

Saterdag, 27 Julie, was die 0.13A’s die enigste netbalspan van ons skool wat kans gekry het om binnehuis te speel. Jannies wen die wedstryd 23-14. Ons is ongelooflik trots op die span en hul uithouvermoë. Baie dankie aan elkeen wat die span ondersteun het. Dit word opreg waardeer.

/ Landloop, Nuus, Sport

Drie van ons leerders het Woensdag, 24 Julie 2024, aan die Wynberg sone landloopwedloop deelgeneem. Hulle het baie goed gevaar in uiterse nat en modderige toestande.

Uitslae:
Lukas 17de
James 19de
Delmar 10de (deur na Cape Metro champs)

Baie geluk, Jannies! Ons is so trots op julle!

/ Nuus, Rugby, Sport

Op Woensdag, 17 Julie, het die Jannies Bellville toe gery om teen Laerskool Kenridge te speel. Hierdie wedstryd, wat lyk of dit ‘n jaarlikse instelling gaan raak, is ‘n goeie maatstaaf vir ons rugby en hoe dit ontwikkel. Alhoewel die tellings nie gister aan ons kant was nie, het ons beslis gewys dat Jannies veggees in moeilike omstandighede het.

Ons volgende wedstryde is teen LS Primêr (24/06, Tuis) en Curro Langebaan (27/06, Weg).

Rugby vir die kwartaal is nou amptelik in volle swang!

/ Netbal, Nuus, Sport, Sport

0.13A  wen 32-2
0.13B  wen 17-3
0.13C  wen 12-1
0.12A  wen 28-1
0.12B  wen 15-1
0.12C  wen 17 -3
0.11A  wen 12-2
0.11B  wen 11-0
0.11C   wen 8-0
0.10A  wen 11-1
0.10B  wen 8-5
0.9A   wen 10-2
0.9B   wen 4-1
0.9C   wen 2-0
0.8A  wen 13-0
0.8B  wen 2-0
0.7A  wen 6-0
0.7B  verloor 0-1

/ Nuus, Sport, Sport, Sportuitslae, Tennis

Dit is met groot opgewondenheid dat ons die nuus deel van ons tennisspan se deelname aan die onlangse tennistoernooi te Sun City wat gedurende die week van 8-12 Julie ‘n ware beproewing van uithouvermoë en vaardigheid vir ons spelers was. Ons is verheug om ons sukses en ervarings met julle te deel. 

Die toernooi het begin met intense wedstryde en ‘n atmosfeer van kompetisie wat aan ons span ‘n unieke geleentheid gebied het om hul vaardighede ten toon te stel. Met elke dag wat verloop het, het ons gesien hoe ons spelers groei en hulself op die baan uitdaag. 

Vir die dogterspan was dit ‘n besondere toernooi. Hulle het hulself as formidabele mededingers bewys en het met groot vasberadenheid vir elke punt baklei. Ons is trots om aan te kondig dat ons dogters ‘n indrukwekkende derde plek in die toernooi behaal het. Hierdie prestasie getuig van hul toewyding en harde werk. 

Die seuns het ook nie teruggestaan nie en het hulself as mededingende teenstaanders bewys. Hulle beklee ‘n eerbare agtste plek en het elke wedstryd met dapperheid en vasberadenheid aangedurf. Hulle prestasies is ‘n weerspieëling van hul verbintenis tot die spel en die span. 

Die ondersteuning van ons jannie-gemeenskap het ‘n groot rol in ons sukses gespeel. Julle aanmoediging en ondersteuning het ons aangespoor om elke dag ons beste op die baan te lewer.  Dit was ‘n ervaring wat ons span sal koester en wat ons motiveer om voort te gaan met ons tennisreis. 

Ons sien uit na die volgende uitdaging wat op ons wag en is vasbeslote om voort te bou op die sukses wat ons te Sun City bereik het. 

Sportgroete, 

Suné Swanepoel
Tennishoof 

/ Nuus, Sportuitslae

Hiermee wil ons graag vir Frank van der Walt wat op Donderdagaand, 13 Junie, sy WP-Kleure vir rugby ontvang het, hartlik gelukwens en vir hom sterkte toewens vir sy deelname aan die Cravenweek wat vanaf 17 – 20 Junie op Loftus Versfeld in Pretoria plaasvind. Baie geluk ook aan sy ouers Franci en Nel wat hom so getrou langs die rugbyveld ondersteun. Ons is saam met julle baie trots op Frank se puik prestasie. Hy is ‘n ware ambassadeur vir ons skool. Ons wens Frank die beste toe! Mag hy baie ervaring opdoen, maar dit in die proses ook geniet.

 

/ Nuus, Sportuitslae
Jannies ontvang Kyokushin Karate kleur belt

Ruby Tyler, Peter Wickwar en Susie Samuel het Saterdag, 8 Junie 2024, hul Karate beltgradering bygewoon. Baie geluk!

/ Nuus, Sportuitslae

‘n Hele paar van ons Jannies het verlede naweek in Saldanha aan die WP-Gimnastiek Kampioenskappe deelgeneem. Hulle is almal deel van die Ignite Gimnastiekklub en het baie goed gevaar. Hier is hulle uitslae:

Vlak 1
Nina De Villiers – goud
Elisa van den Berg – goud
Lua Groenewald – silwer
Amelie Mouton – goud
Gia Kruger – silwer
Hanna Louw – silwer

Vlak 2
Elizabeth Snyders – silwer
Olivia Blackmore – brons
Noa Rademan – brons

Vlak 3
Bella Naylor – silwer
Klara Jansen van Vuuren – silwer
Bella Malan – brons

Ons is baie trots op julle!!

Belangrike Datums

augustus 2026

29aug00:0023:59Rugby: Interskole vs Welgemoed (TUIS) - Almal

29aug00:0023:59Netbal: Interskole vs Welgemoed (TUIS) - Almal

31aug00:0023:59GEEN SPORT

Wys Meer

september 2026

31aug00:0023:59GEEN SPORT

01sep00:0023:59GEEN SPORT

02sep19:0020:00Laerskool JvR Kore en Tjeggiese Kinderkoor (NG Kerk Tamboerskloof)

03sep(sep 3)00:0002(sep 2)23:59Sanna Molepo (Terrein) Verjaar

03sep(sep 3)00:0002(sep 2)23:59Gr.7 Entrepreneursdag

03sep00:0023:59Jannies vir Jesus

04sep(sep 4)00:0005(sep 5)23:59Tennis: o.13A Toernbooi by Courtrai

04sep08:0008:00Loslitdag

04sep08:0008:00Skaak: vs Deutsche Internationale Schule Kaapstad WEG (o.9, o.11 en o.13 span)

05sep(sep 5)00:0004(sep 4)23:59Skaak Topskole Wellington (o.9&o.11)

05sep09:0013:00SING. MOVE. PLAY. CONNECT

06sep(sep 6)00:0005(sep 5)23:59Skaak Topskole Wellington (o.9&o.11)

07sep00:0023:59Somersport Begin

07sep12:0014:30Tweedehandse Klereverkope

08sep00:0023:59Dolinda (Nasorg) Verjaar

08sep08:0008:00Kaapse Afrikaanse Eisteddfod - Junior Koor