Kategorie: Algemeen

/ Algemeen, Nuus

Neem asseblief kennis dat alle leerders op 13 Desember 2021 sal uitvind by watter onderwyser en saam met watter maats hy/sy volgende jaar ingedeel is.

Wees asseblief gerus dat die opvoeders en bestuur klasindelings nie ligtelik benader nie en dat verskeie faktore tydens hierdie proses in ag geneem word. Ons streef veral daarna om al drie klasse in elke graad gebalanseerd in te deel. Ons versoek vriendelik dat klasskuiwe geensins oorweeg word nie aangesien dit ‘n wanbalans in die klas mag bring. Gee die spesifieke klasplasing ‘n kans aangesien ons kinders soms verskillende omgewings benodig om effektief te ontwikkel. Hou in gedagte dat jou kind dalk nie so goed by ‘n onderwyser of maat sal vaar soos wat jy mag dink nie. Laerskool Jan van Riebeeck se bestuur poog om uitmuntende, bekwame personeel aan te stel. Hierdie warm, omgee opvoeders van ons doen hul bes om ons Jannies se belange eerste te stel. Raadpleeg ons klasindelingsbeleid in die verband.

/ Algemeen, Nuus

Hartlike welkom terug by die skool na die heerlike kort Oktober-vakansie. Ek glo almal het die ruskansie terdeë geniet en hul ‘batterye’ herlaai sodat ons as skoolgemeenskap die laaste kwartaal spreekwoordelik die bul by die horings kan pak. My beste wense vergesel almal vir die kwartaal.

Sedert ons laaste nuusbrief van 01 Oktober 2021 het die regering die nasionale grendelstatus na vlak 1 verlaag en wag ons op meer spesifieke direktiewe vanaf die nasionale onderwysdepartement asook die WKOD rakende onder andere die bestuur van buitemuurse programme en die bywoning van toeskouers tydens wedstryde, oefeninge asook binnehuise optredes. Ons sal julle op hoogte hou sodra ons amptelike inligting ontvang. Ons glo dat met die geleidelike afskaling van die inperking ons binnekort positiewe nuus sal ontvang sodat ons meer geleenthede kan skep vir leerders en ouers om skoolaktiwiteite die laaste kwartaal van die jaar te kan bywoon.

Graag deel ek met julle die nuus dat die Grondslagfase se seunsbadkamers ook gedurende die Oktober-vakansie suksesvol opgegradeer is. Ons is baie trots dat al die badkamers in die skool vanjaar opgegradeer is. Dit is vir ons uiters belangrik dat alles moontlik gedoen moet word om die Jannies se persoonlike veiligheid en privaatheid tydens die gebruik van die badkamers te verseker. Laat my asseblief toe om veral ons Beheerliggaam te bedank wat die projekte ondersteun en goedgekeur het. Weereens baie dankie aan Ria Hertzog en Stephanie le Roux, die inisieerders van die projekte. Sodra die skool vir ouers meer toeganklik word, sal ons dit graag vir julle wil wys.

Weens die feit dat die nasionale inperking na vlak 1 aangepas is, het ek die wonderlike voorreg gehad om op Dinsdag, 12 Oktober 2021, vir die eerste keer sedert my aanstelling as Skoolhoof by JvR al die Graad 4 – 7-leerders saam in die saal toe te spreek. My boodskap het gehandel oor die kernwaardes van die skool, naamlik respek, eerlikheid, verantwoordelikheid en omgee. Die doel van die boodskap is om vir ons Jannies perspektief te gee dat waardes die boustene van ‘n gesonde samelewing is. Na afloop van my boodskap het ek ook die Gr. 7’s se Top 10 akademiese presteerders vir kwartaal 3 aangekondig. Die Top 10-leerders het elk ‘n spesiale sertifikaat ontvang om erkenning vir hul harde werk en pligsgetrouheid te gee. Ons glo dat dit ook die res van ons Jannies sal inspireer om skouer aan die wiel te sit en verantwoordelikheid vir hul eie leer te neem. Hiermee dan die Graad 7’s se Top 10 akademiese presteerders (alfabetiese volgorde) soos einde kwartaal 3:

Mieke Hertzog
Jan Karsten
Danny Newton
Elle Nortjé
Cala Snijders
Katrien Stimie
Héloïse Strauss
Mia Symington
Taniel Webber
Luca Zulch

Baie geluk aan die bogenoemde akademiese presteerders asook hul trotse ouers en grootouers. Baie dankie aan al die opvoeders wat reeds van Huppelland se dae instrumenteel was om ons leerders te bemagtig, te motiveer en te inspireer tot hoër hoogtes. Ons kernbesigheid is akademie en ons is trots op die akademiese standaard en kwaliteit van onderrig en leer by Laerskool Jan van Riebeeck waar uniekheid en kindwees van elke Jannie omarm word. Ons het nie net op akademiese gebied presteer nie, maar ook op kulturele gebied. Dus wil ek al die Jannies wat medaljes by die Eisteddfod gewen het, hartlik gelukwens met hul puik prestasies. Julle maak ons so trots!

Laat my ook toe om Khanyiso te bedank vir die diens wat sy koffiestalletjie by Huppelland en die laerskool bied. Sy kwaliteit boeretroos en professionele diens help beslis om die dag op die regte noot te begin. Let wel op dat ons sy koffiestalletjie vanaf kwartaal 4 geskuif het en hy bedryf dit nou vanuit die motorhuis langs die herwinningsarea wat sy dienste meer toeganklik en prakties maak. By voorbaat dankie dat julle sy dienste ondersteun. Soos hulle sê: “‘n Slegte dag met koffie is beter as ‘n goeie dag daarsonder”.

Laaste, maar nie die minste nie wil ek spesiaal ons Hoof van die Grondslagfase, Benita Smit, hartlik terug verwelkom by die skool na ‘n kwartaallange siekteverlof en wonderbaarlik na afloop van ‘n roetine-operasie wat skeef geloop het, herstel het. Haar klas is in hulle noppies om hul gunsteling juffrou weer terug aan hulle sy te hê.

Vanmiddag moet ek my tennisvaardighede tydens die langverwagte wedstryd teen die Hoërskool se Skoolhoof, Pieter Rademeyer, ten toon stel. Hierdie vertoonwedstryde dien as ‘n fondsinsamelingsprojek en die fondse geïn word deur die twee skole gedeel. Sien julle vanmiddag by die wedstryd en ek hoop nie ek stel julle teleur nie.

Geniet ‘n heerlike naweek en graag sluit ek met die volgende aanhaling wat na waardes verwys, af:

“Values are like lighthouses,
they are
signals giving
us direction, meaning and purpose”

/ Algemeen, Nuus

Die jaarlikse Oranjerivierroei vir Graad 7’s is vir 29 Maart 2022 – 3 April 2022 in die skoolvakansie bespreek. Graad 6-ouers moet asb. op die e-pos wat vandag hieroor gestuur word, reageer.

/ Algemeen, Nuus

Dit was ‘n besonderse mooi gebaar en ons wil graag vir Ashlyn-Beth uitsonder. Sy het die inisiatief geneem om ‘n besem te leen om die vierkant na Markdag voor die vakansie skoon te vee. Sy het dit met die vriendelikste glimlag en mooiste gesindheid gedoen. Dankie Ashlyn-Beth, jy inspireer ons Jannies en maak ons trots!

/ Algemeen

Alle bekers wat tydens 2020 se prysuitdeling ontvang is, moet so gou as moontlik (reeds gegraveer) teruggebring word. Die bekers kan by juf. Annami Gerber (biblioteek) ingehandig word.

/ Algemeen, Nuus

Om aan die WKOD en nasionale regulasies te voldoen, moet Laerskool Jan van Riebeeck ons ouers / voogde 30 dae kennis gee van die jaarlikse skoolgeld- en begrotingsvergadering. Neem asseblief kennis dat dit op Maandag, 8 November 2021, om 18:00 in die skoolsaal sal plaasvind. Volg die SKAKEL vir meer inligting.

/ Algemeen, Nuus

Oktober, die mooiste, mooiste maand… Só besig C. Louis Leipoldt dit in sy bekende gedig.

“Viooltjies in die voorhuis – Viooltjies blou en rooi! Viooltjies orals op die veld, en orals ai, so mooi!”

Die bogenoemde gedig bevestig net weer die prag en praal in ons Afrikaanse literatuur. Watter ander taal kan homself so mooi uitdruk: Daar word oor koeitjies en kalfies gepraat terwyl ons heerlik boeretroos op ‘n koue oggend geniet of die laventelhaan val homself disnis! Ons is trots Afrikaans en min tale is so kleurryk en flambojant soos Afrikaans!

Met die aanbreek van Oktober kom ons aan die einde van kwartaal 3. Dit was ‘n besige kwartaal met verskeie uitdagings, maar ons Jannies, ouers/voogde en personeel het in alle opsigte met vlieënde vaandels geslaag. Die kwartaal se akademie word tradisioneel gekenmerk deur verskeie take en opdragte wat vir punte voltooi moes word. Baie dankie vir al ons ouers/voogde se waardevolle insette in die verband. Ons kon darem ook ‘n bietjie wintersport beoefen en ons Jannies het die spandeelname, wat vir so lank taboe was, terdeë geniet. Baie dankie aan al ons opvoeders en afrigters vir hul leeue aandeel om wedstryde en toernooie vir ons Jannies moontlik en genotvol te maak.

Die laaste week by die skool was vol opwinding met musiekkonsert, kultuurkaskenades, Woord-Makietie en die personeel wat netbalwedstryde teen die o/13-dogterspanne gespeel het. Ek was deel van die onderwyserspan wat teen die o/13A-netbalspan op Woensdag gespeel het. Alhoewel ons gewen het, is ek seker dat ons met hordes voetfoute weggekom het. Hierdie jaarlikse hoogtepunt het in die vierkant afgespeel met al die Jannies wat rondom die baan en vanuit die skoolgebou beide spanne luidkeels aanmoedig. Opvallend is die besondere gees wat tydens die wedstryde geheers het. Die kameradie onder die Jannies en personeel is ‘n riem onder die hart. Die ongelooflike verhouding tussen personeel en leerders is een van die kosbare elemente wat JvR uniek maak. Ek is so trots om deel van ‘n skool te wees wat sy leuse en waardes uitleef.


Graag wil ek die musiekdepartement hartlik bedank vir die suksesvolle aanbieding van die kultuurkaskenades asook die musiekkonsert. Baie dankie Helecia, Ben en Estelle vir julle passie en toegewydheid asook dat julle deurgaans ‘n baie hoë standaard handhaaf wat ons van baie ander skole onderskei.

Op Woensdag, 29 September, het ek ook die voorreg gehad om die Hoofseun en Hoofdogter van 2021 bekend te maak. Die verkiesing van ons hoofleiers het op 27 tot 28 September plaasgevind. Dit is dan vir my aangenaam om met julle te deel dat Héloïse Strauss as die hoofdogter en Danny Newton as die hoofseun aangewys is. Baie dankie aan hul onderskeie ouers wat die spesiale geleentheid kon bywoon om hul balkies aan te steek. Dit was spesiaal. Baie geluk aan ons hoofleiers. Ons beste wense vergesel hulle twee vir die groot taak wat voorlê.

Ons skoolpersoneel is ook die week getrakteer deur die OOV om onder andere Onderwysersdag (5 Oktober) te vier. Graag wil ek Ria Hertzog en haar span bedank vir die groot bederf. Die opvoeders was heerlik bederf met ‘n wynproe-aanbieding by Ria se huis wat deur een van ons ouers, René Groenewald, aangebied is. Die algemene werkers is ook bederf met ‘n besoek aan die Twee Oseane Akwarium. Baie dankie Ria en die OOV vir die heerlike bederf.

Die afgelope week het Khanyiso wat ‘n koffiestalletjie by Huppelland bedryf ook sy dienste by die laerskool beskikbaar gestel. Graag versoek ons dat julle hom sal ondersteun sodat hy op ‘n permanente basis vroegoggend vir ons kwaliteit boeretroos kan voorsien om die dag op die regte noot te begin. Verder deel ek ook die goeie nuus dat ons beplan om die Oktober-vakansie die grondslagfase se seunsbadkamer ook soos die res van die leerders se badkamers op te gradeer.


Ek sal my plig versuim indien ek nie die personeel hartlik bedank vir hul harde werk, passie, toegewydheid en lojaliteit om te verseker dat ons Jannies skoolgaan geniet. Dit is vir my uiters belangrik dat ons leerders skool toe wil kom, want dit is lekker, leersaam en inspirerend. Hou vol met die puik werk en omgee. Dit is kosbaar en gaan nie ongesiens verby nie! Baie dankie ook aan ons Beheerraad vir hulle tyd, betrokkenheid en waardevolle insette om te verseker dat die skool van krag-tot-krag gaan.

Ek wens vir julle ‘n wonderlike Oktober-vakansie toe. Veilig reis vir die wat weggaan, lekker rus en wees veilig. Graag sluit ek af met die volgende aanhaling wat verwys na die mooiste maand van Oktober:

“A beautiful day
begins
with a
beautiful mindset”

/ Algemeen, Nuus

Leerders wat belangstel om Vrydag, 1 Oktober, ‘n tafel te bestuur of beman, kan vanaf Maandag R15 op die Karri-toepassing betaal.

Produkte moet van so ‘n aard wees dat leerders dit self skool toe kan dra, aangesien ouers nie op die perseel toegelaat word nie. Leerders is verantwoordelik vir hul eie kleingeld en geen lewende hawe mag verkoop word nie.

Die markie sal vanaf 09:00 tot 09:45 bedryf word.

/ Algemeen, Nuus

Die skoolbestuur wil graag weer ons ouergemeenskap se mening oor allerlei sake inwin. Dus wil ek julle vriendelike versoek om aan ons meningspeiling deel te neem. Dit is maklik en gou om in te vul. Die sperdatum is 22 Oktober 2021 en jy is welkom om anoniem te bly.

Dankie!
Naas Beets

/ Algemeen, Nuus

Ons sluit week 8 van kwartaal 3 af met die begin van ‘n heerlike langnaweek as ‘n welkome meevallertjie. Die beste deel van die langnaweek is natuurlik dat Vrydag, 24 September, Erfenisdag is, ook bekend as Nasionale Braaidag. Ons vier jaarliks Erfenisdag waar Suid-Afrikaners as ‘n reënboognasie aangemoedig word om hul eie kultuur te gedenk. Erfenisdag gaan nie net oor eie kulture van afsonderlike groepe nie, maar eerder ook oor uitreiking oor die verskillende kultuurgrense heen. Dit sluit elemente van nasionale eenheid, nasiebou en belangrik, versoening in. Die doel is juis om ons jeug aan te moedig om ons gedeelde erfenis in ere te hou. Sedert 2008 word Nasionale Erfenisdag deur Jan Braai onder die vaandel van Braai vir Erfenis as nie-winsgewende inisiatief bemark. Ek glo dat meeste van julle ook op die spesiale dag ‘n groot vuur gaan aansteek en ‘n lekker stukkie vleis (skaapkotelette, beeshaas, sosaties, hoender, vis, braaiwors, ens.) oor die oop kole braai.

Verlede Vrydag het die Gr.5-leerders vir Geskiedenis ‘n opwindende Egiptedag gehou. Hulle het geklee soos ware farao’s, mummies, Cleopatras, soldate, goeweneurs, slawe of adelikes skool toe gekom. Baie dankie aan juf. Mardry vir die wonderlike inisiatief asook die toekenning van pryse aan die leerders wat die beste geklee was. Ons leerders geniet die deel van die kurrikulum terdeë en kan nie uitgepraat raak oor die teorieë rakende die bou van die piramides en sfinkse nie. Die proses van mummifikasie, die geheimsinnige hiërogliewe asook die legendariese Toetankamen en Koningin Nefertiti fassineer ons leerders geweldig en dit is lekker om te sien hoe hulle entoesiasties oor antieke Egipte praat.

Ons skool se waarde vir die maand is selfbeheersing. Ek glo selfbeheersing is om vir jouself duidelike grense te stel en daarby te hou. Hierdie is beslis ‘n uitdagende waarde om uit te leef veral tydens die ongekende tyd van die pandemie. Die drakoniese reëls tydens die grendelperiodes het ons baie ingeperk en die moderne Suid-Afrikaner het maar ‘n broertjie dood aan voorskriftelikheid. Dus om jouself vandag tydens die pandemie te beheer, is geen geringe taak nie. Aristoteles het gesê: “Die mens wat sy eie drange kan afdwing, is moediger as die wat baie vyande oorwin het.” Wat kan ons doen as volwassenes om ons kinders te help as dit by selfbeheersing kom? Ek dink om die voorbeeld te stel, is uiters belangrik. Sien ons kinders dat ons, ons humeur in ‘n verkeersknoop totaal en al verloor of in die winkel as iemand by ‘n ry indruk? Die beste raad om ons kinders te help om selfbeheersing aan te kweek, is om dit self te toe te pas. Dit is ook belangrik dat ons, ons kinders leer dat hul dade gevolge het. Prys jou kind wanneer hy/sy selfbeheersing toegepas het. Gebruik rolspel indien nodig om potensiële situaties na te boots en help hulle om daarop ‘korrek’ en geduldig te reageer. Sterkte, ons kan almal hierby leer!

Die skoolbestuur wil graag weer ons ouergemeenskap se mening oor allerlei sake inwin. Dus wil ek julle vriendelike versoek om aan ons meningspeiling deel te neem. Dit is maklik en gou om in te vul. Die sperdatum is 11 Oktober 2021 en jy is welkom om anoniem te bly.

Ek wens vir julle ‘n wonderlike langnaweek toe, lekker braai, wees veilig en graag sluit ek af met die volgende aanhaling deur Ralph W. Emerson:

“What you do
speaks so loudly
that I cannot hear what you say”

/ Algemeen, Nuus

Die uitkomtye vir volgende week is as volg:

Maandag
Normale tye geld.

Dinsdag
12:45 (Gr.1-3)
13:00 (Gr.4-7)
Bus vertrek 13:05

Woensdag
12:45 (Gr.1-3)
13:00 (Gr.4-7)
Bus vertrek 13:05

Donderdag
12:45 (Gr.1-3)
13:00 (Gr.4-7)
Bus vertrek 13:05

Vrydag
10:30 (Gr.1-3)
10:45 (Gr.4-7)
Bus vertrek 10:50

/ Algemeen, Nuus

Weens die feit dat die land op ‘n grendelvlak 2 is, het ons besluit dat ons graag ‘n proeflopie wil loods. Daar sal tydens die week van 27 September tot 1 Oktober ‘n opelug koffiekroeg-fasiliteit by die klerebank beskikbaar wees. Ouers mag uit hul motors klim, maar moet maskers dra en kan ongelukkig nie in die skoolgebou kom nie.

Die koffiekroeg is soortgelyk aan die koffiekroeg by Huppelland en dit sal vanaf 07:00 – 09:00 oop wees. Daar sal stoele en tafels buite wees om jou koffie te geniet met die ikoniese Tafelberg in die agtergrond. Ouers kan ook ‘n wegneem-koffie bestel. Kaartfasiliteite en Snapscan sal beskikbaar wees. Die skoolhoof sal moeite doen om bietjie tyd saam met ouers daar te spandeer. Baie dankie vir julle ondersteuning en ons glo dat julle daarvan gebruik sal maak.

/ Algemeen, Nuus

Let asb. daarop dat die skool volgende week Donderdag, 23 September, vroeër sal sluit. Gr.1 – 3 verdaag om 12:45 en Gr.4 – 7 om 13:00. Die bus sal om 13:05 vertrek en die Nasorg sal oop wees.

/ Algemeen, Nuus

Dit is veronderstel om heerlike en sonnige lenteweer te wees, maar in die Moederstad het ons gou geleer dat Lentedag mag dalk volgens die kalender vir die res van die land op 1 September haar verskyning maak, maar meer hier onder die ikoniese Tafelberg met haar magiese uitsig is dit vir ons stadbewoners gewoonlik eers vanaf 1 November beskore. Moet dus nog nie die snoesige winterklere wegpak nie en maak seker jou kaggelhoutvoorrraad is voldoende vir nog ‘n maand of wat.

Vanaf Donderdag, 9 September, tot Saterdag, 11 September, het ons Jannies te heerlik aan ons wintersportafsluiting deelgeneem. Die stralende gesiggies was beslis ‘n klinkslae bewys dat die wintersportafsluiting ‘n reuse sukses was en dat hulle dit terdeë geniet het om saam met hul maats aan spansportaktiwiteite deel te neem. Ek het die voorreg gehad om ook op Saterdag die Gr.1’s se heel eerste netbalwedstryd by te woon. Al was dit net ‘n interne wedstryd, het die Gr.1’s gespeel asof hul lewens daarvan afhang. Dit was so spesiaal en hul ouers het vanaf ‘n afstand die dogters luidkeëls ondersteun. Ek was ook bevoorreg om Saterdagoggend ons o/13A-netbalspan onder leiding van juf. Ischké by die jaarlikse Wes-Kaap Topskole Toernooi te Laerskool Bastion in Brackenfell te ondersteun. Hulle het teen baie sterk kompetisie te staan gekom en 2 uit 3 wedstryde gewen. Ek is so trots op die span wat met waardigheid uit die stryd getree het en as ware ambassadeurs vir ons trotse skool opgetree het.

Die program vir die wintersportafsluiting was ook so opgestel dat ons Jannies aan beide die wintersport en die Eisteddfod kon deelneem. Verskeie van ons Jannies het aan die spraakkuns op 10 en 11 September deelgeneem. Ons is so trots op die merkwaardige uitslae! Baie dankie juf. Jana en onderskeie klasonderwysers vir jul leeue-aandeel tot ons Jannies se suksesvolle optredes.

Terwyl ons op Saterdag, 11 September, heerlik aan sport en Eistedfodd deelgneem het, was dit ook die twintigste herdenking van die 9/11-tereuraanvalle. Ek kan amper nie glo dit was 20 jaar gelede nie. Meeste van ons het heeltemal van die skokkende gebeurtenis vergeet, maar hoe kan ‘n mens ooit die traumatiese dag met die terreuraanvalle op die bekende World Trade Center Twin Towers en die Pentagon vergeet. My eerste reaksie was soos menigte wêreldwyd, geskok en in ongeloof van wie so braaf kon wees om die magtige VSA aan te val. Dit was die eerste aanval op die Amerikaanse souwereine gebied sedert Pearl Harbour deur die Japanese in 1941. Ons meegevoel gaan uit aan die duisende onskuldige mense wat die dag tragies gesterf het en ek glo die nadraai van die 9/11-tereuraanvalle word vandag nog gevoel.

Die feesboek is in wording en ek kan nie meer wag om die meesterstuk te lees nie. Die afgelope week is daar indrukwekkende feesfoto’s deur Anel Duncun en Keith Quixley geneem wat die feesboek gaan verfraai. Baie dankie aan juf. Marinda wat die spesiale feesboek beplan en met entoesiasme bestuur. Hou die spasie dop, hier is iets spesiaals op pad wat die geskiedenis en tradisies van ‘n 100 jaar in ‘n pragstuk gaan ontluik.

Groot was die opwinding met die jaarlikse kunsuitstalling by Huppelland vanaf 14 – 16 September 2021. Die tema vanjaar was KUNSTENAARS en dit het die geleentheid geskep vir ons dierbare Huppellanders om kreatief te wees, hulself uit te leef en vryheid aan hul skeppingsvermoë te gee. Die kinderkunswerke was professioneel uitgestal in ons klubhuis en die spesifieke kunstenaars wat gekies is, was so gepas by die ouderdomsgroep. Die Gr.0- leerders het Marc Chaggal gekies. Hy skilder in helder kleure en skilder veral huise, mense en diere. Die Gr.00-leerders het Paul du Toit gekies. Hy het gespesialiseer in skilderkuns, papier en gemengde media, maar veral beeldhouwerk. Die Gr.R’e het Martina Shapiro gekies. Sy gebruik ook graag helder kleure en abstrakte vorms om emosies en passie uit te leef. Baie dankie aan al die Huppelland-personeel vir hul besonderse geduld en moeite om die sukses daarvan te verseker. Die kwaliteit van die kunswerke is verstommend! Jul harde werk, toegewydheid en omgee gaan nie ongesiens verby nie.

Graag wil ek afsluit en tydens ongekende tye darem vir ‘n slag ook goeie nuus rakende ons personeel met julle deel. Baie geluk aan mnr. Leon en juf. Razelle wat binnekort ‘n nuwe lid tot die gesin ryker gaan word. Ons glo dat dit ‘n gesonde en spesiale swangerskap sal wees.

Ek wens vir julle ‘n wonderlike naweek toe, wees veilig en graag sluit ek met die volgende aanhaling deur die legendariese Winston Churchill af:

“Success is not final
failure is not fatal,
it is courage to continue
that counts”

Belangrike Datums

september 2026

14sep00:0023:59Krieket: o.13A vs Brackenfell (WEG)

14sep(sep 14)00:0015(sep 15)23:59Konsert: Optrede 1

14sep(sep 14)00:0018(sep 18)23:59Skool verdaag om 13:00 (Hele week)

14sep18:0020:00Konsert Kleedrepetisie

15sep08:0008:30Algemene Kennis toets

15sep18:3020:00Konsert: Optrede 2

16sep18:3020:00Konsert: Optrede 3

17sep18:3020:30Konsert: Optrede 4 (Grand Finale)

20sep(sep 20)00:0019(sep 19)23:59Heidré Ehlers (Onderwyser) verjaar

20sep00:0023:59Krieket: o.13A toer

21sep00:0023:59Krieket: o.13A toer

21sep09:0010:00Kultuursaal

21sep10:3011:00Skrywersbesoek - Silas en die ysbeer op Tafelberg (Annie Klopper en Zandré Coetzer)

21sep16:0018:00Beheerraad-vergadering (Goedkeuring)

22sep00:0023:59Markdag - Grondslagfase

22sep00:0023:59Sivvies

22sep00:0023:59Krieket: o.13A toer

22sep08:0008:30Koffie-en-Beskuit Konsert

23sep00:0023:59Sivvies

23sep00:0023:59Skole sluit (skoolvakansie)

23sep00:0023:59Krieket: o.13A toer

24sep00:0023:59Erfenisdag

25sep(sep 25)00:0005okt(okt 5)23:59Skoolvakansie

30sep00:0023:59Monica Robertson (Klasassistent) Verjaar

Wys Meer

oktober 2026

25sep(sep 25)00:0005okt(okt 5)23:59Skoolvakansie

30sep00:0023:59Monica Robertson (Klasassistent) Verjaar

06okt00:0023:59Skole heropen

08okt00:0023:59Jannies vir Jesus

09okt00:0023:59Lead4life (Gr.6)

09okt(okt 9)00:0011(okt 11)23:59Dapper stappers kamp en stapnaweek (Greyton)

10okt08:0012:00Hs JvR - Gr.7 Inligtingsdag

12okt00:0023:59WKOD: Sistemiese Toetse

13okt12:4513:45Matrieksaal

14okt15:0017:00Graad 6-middag (Hs JvR)

16okt00:0023:59Finkom Vergadering

16okt00:0023:59Atletiek: De Hoop

16okt08:0008:00Skaak: vs Deutsche Internationale Schule Kaapstad TUIS (o.9, o.11 en o.13 span)

17okt00:0023:59Tennis: o.13A Brackenfell (Seuns & Dogters)

20okt00:0023:59Atletiek: De Kuilen (o.10 - o.13)

20okt00:0023:59Atletiek: Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)

21okt18:3018:30Hs JvR - 100 Feeskonsert (in Stadsaal)

22okt18:0019:00Kultuurkonsert ISF

23okt(okt 23)00:0022(okt 22)23:59Skaak: Panorama Skaaktoernooi

23okt00:0023:59Skaak: Panorama

23okt08:0008:00LJvR Junior Koor en St Cyprian's Junior Choir "Choir Mingle"

23okt08:0008:30Kultuurkonsert GF

24okt00:0023:59Krieket: Minikriekettoernooi by Stellenbosch (o.7 - o.9)

26okt00:0023:59Beheerraad-vergadering

26okt00:0023:59Krieket: o.10A vs Curro Durbanville (WEG)

29okt00:0023:59Krieket: o.13A & B vs Curro Durbanville

30okt00:0023:59Sivvies

31okt00:0023:59Tennis: Welegmoed Open (o.13A)

Wys Meer

november 2026

31okt00:0023:59Tennis: Welegmoed Open (o.13A)

02nov00:0023:59Begrotingsvergadering: Ouers

04nov(nov 4)00:0003(nov 3)23:59Stemdag: Openbare vakansiedag

05nov18:0019:30Opedag: Gr.1 (SLEGS OUERS)

06nov00:0023:59Somersport Eindig

07nov00:0023:59Krieket: Mini-Kriekettoernooi by Curro Hermanus (o.7 - o.9)

09nov00:0023:59Eksamen Begin (Gr.7)

10nov00:0023:59Inligtingsaand (Gr.4)

12nov00:0023:59Eksamen Begin (Gr.4-6)

12nov00:0023:59Inligtingsaand (Gr.7)

12nov00:0023:59Tennis: o.8 Rooibal by Kenridge

13nov00:0023:59Krieket: Mini-kriekettoernooi by Durbanville (o.7 - o.9)

14nov08:0008:30Sue Ballet

16nov00:0023:59Interne Sport Begin

17nov00:0023:59Huppelland Gr.R Kleedrepitisie

20nov00:0023:59Huppelland Gr.R-konsert

20nov00:0023:59Eksamen Eindig

20nov00:0023:59Krieket: Durbanville Krieket Klub (o.8 & o.9)

21nov00:0023:59Ouersport- en Pretdag

23nov18:0018:00Beheerraad-vergadering

24nov00:0023:59Prysuitdeling: Gr.1-3

26nov00:0023:59Kerskonsert

26nov00:0023:59Jan Kas Sluit

30nov00:0023:59Prysuitdeling: Gr.4-6

Wys Meer

desember 2026

30nov00:0023:59Prysuitdeling: Gr.4-6

02des00:0023:59Atletiek

03des00:0023:59Prysuitdeling: Gr.6-7

03des08:0008:30Graad 3-Afskeid

04des00:0023:59Atletiek

07des00:0023:59Gr.7-Sokkie

08des00:0023:59Sivvies

08des00:0023:59Gr.7-Afskeid

09des00:0023:59Skole sluit (Leerders)

09des00:0023:59Sivvies

11des00:0023:59Skole sluit (Personeel)

14des(des 14)00:0012jan(jan 12)23:59Skoolvakansie

16des00:0023:59Versoeningsdag

25des00:0023:59Kersfees

26des00:0023:59Welwillendheidsdag

Wys Meer

januarie 2027

14des(des 14)00:0012jan(jan 12)23:59Skoolvakansie

01jan00:0023:59Nuwejaarsdag

08jan09:0012:00Jan Kas Open

11jan07:0010:00Jan Kas op

11jan08:0008:30Skool Open - Personeel

11jan08:3008:30EXCO-Vergadering

12jan08:0009:00Fasevergaderings

12jan12:0012:00Personeelvergadering

12jan13:0014:30Jan Kas oop

13jan08:0008:00Geen Klasruiling

13jan08:0008:00Saalbyeenkoms leierbalkies word oorhandig

13jan08:0008:30Skool Open - Leerders

13jan14:0014:00Atletiekspan oefen

13jan14:1014:10Nasorg Begin

14jan08:0008:30Klasruilings

14jan08:0008:30Karri-lyste oop vir bekendstellingsaand

15jan00:0023:59Swem: Senior Kleur Gala

18jan08:0008:00Buitemuurs Begin

19jan17:0017:00Huppelland Bekendstellingsfunksie

21jan07:1507:15Jannies-vir-Jesus begin

21jan17:0017:00Bekendstellingsfunksie: Musiekvergaderings

21jan18:0018:00Bekendstellingsfunksie: Klasvergaderings

21jan19:0019:00Bekendstellingsfunksie: Algemene vergadering in Saal

22jan08:0008:00Toets: Engels (gr.4&6)

22jan08:0008:00Toets: Afrikaans (gr.5&7)

23jan08:0008:00Lead4life: Leerderraad (LsJvR)

28jan00:0023:59Netbal: Patrys Netbaltoer (o.12 & o.13)

29jan(jan 29)00:0028(jan 28)23:59Sivvies: Skool Verjaar

29jan00:0023:59Netbal: Patrys Netbaltoer (o.12 & o.13)

29jan08:0008:00Toets: Engels (gr.5&7)

29jan08:0008:00Toets: Afrikaans (gr.4&6)

30jan(jan 30)00:0029(jan 29)23:59Junior Koorkamp

30jan00:0023:59Netbal: Patrys Netbaltoer (o.12 & o.13)

31jan(jan 31)00:0030(jan 30)23:59Skool Verjaar (106)

Wys Meer

februarie 2027

04feb00:0023:59Netbal: Voorseisoen (o.7 - o.13)

05feb(feb 5)00:0004(feb 4)23:59Senior Koorkamp

05feb08:0008:00Toets: Wiskunde (gr.4-7)

06feb(feb 6)00:0005(feb 5)23:59Senior Koorkamp

06feb00:0023:59Tennis: o.13A & B Kenridge (seuns & dogters)

08feb(feb 8)00:0012(feb 12)23:59Interne Redenaarskompetisie

11feb00:0023:59Netbal: Voorseisoen (o.7 - o.13)

12feb00:0023:59Krieket: Hugo-Rust Mini-kriekettoernooi (o.7 - o.9)

12feb08:0008:00Toets: NWT/NW (gr.4-7)

12feb08:0008:00FINKOM vergadering

12feb08:0008:00Sivvies: Valentynsdag

13feb00:0023:59WPNA: Netbalkliniek (o.7 - o.13)

14feb(feb 14)00:0013(feb 13)23:59Valentynsdag

16feb00:0023:59Atletiek: Interskole

17feb08:0008:30Graad 5&7 Kamp

18feb00:0023:59Netbal: Voorseisoen (o.7 - o.13)

18feb08:0008:30Graad 5&7 Kamp

19feb08:0008:30Toets: SW (gr.4-7)

19feb08:0008:30Graad 5&7 Kamp

19feb18:0018:00Klasbraai Laerskool (Conradieveld)

20feb00:0023:59WPNA: Netbalkliniek (o.7 - o.13)

25feb00:0023:59Netbal: Voorseisoen (o.7 - o.13)

25feb18:0018:00Huppelland Klasbraai (Conradieveld)

26feb00:0000:30Swem: Junior Kleur Swemgala

26feb00:0023:59SOMERSPORT EINDIG

26feb08:0008:30Sivviedag

26feb08:0008:30Toets: SW (Gr.4&&)

27feb00:0023:59Netbal: Onder die Berg (Hs JvR) o.12 & o.13

27feb00:0023:59Rugby: Onder die Berg (HsJvR) o.12 & o.13

Wys Meer

maart 2027

01mrt00:0023:59WINTERSPORT BEGIN

03mrt00:0023:59Eliam Kaunda (Terrein) verjaar

04mrt08:0008:30Toets: EBW (gr.7)

05mrt00:0023:59Netbal: Bulfees (o.8 - o.13)

05mrt00:0023:59Rugby: Bulfees (o.7 - o.13)

05mrt07:4508:45Kooroefening

05mrt08:0008:30Skool verdaag vroeër

11mrt18:0018:00Somersokkie (gr.5-7)

12mrt00:0023:59Hokkie: Lochnerhof (WEG) o.7 - o.13

12mrt08:0008:30Algemene Kennis toets

12mrt08:0008:30Skool verdaag vroeër

12mrt08:0008:30FINKOM Vergadering

13mrt00:0023:59Netbal: Lochnerhof (WEG) o.7 - o.13

13mrt00:0023:59Rugby: Lochnerhof (WEG) o.7 - o.13

15mrt08:0008:30Musiekkonserte (Gr.5-7)

16mrt08:0008:30Musiekkonserte (gr.2-4)

17mrt08:0008:30Junior Koorfees in skoolsaal

18mrt00:0023:59JvR Gholf Dag

18mrt08:0008:30Huppelland Spesiale Personedag

18mrt08:0008:30Sivvies

18mrt08:0008:30Oranjeriviertoer vertrek

18mrt08:0008:30Skool verdaag vroeër

18mrt10:0010:00Markdag

19mrt00:0023:59Rugby: o.11A & B Willie le Roux Fees

19mrt08:0008:30Sivvies

19mrt10:0010:30SKOOL SLUIT

20mrt00:0023:59Rugby: o.11A & B Willie le Roux Fees

21mrt00:0023:59Rugby: o.11A & B Willie le Roux Fees

21mrt00:0023:59Menseregtedag

22mrt00:0023:59Rugby: o.11A & B Willie le Roux Fees

22mrt(mrt 22)00:0005apr(apr 5)23:59Skoolvakansie

26mrt00:0023:59Goeievrydag

26mrt12:0012:00Sue-Ann Bouw (Adminassistent) verjaar

29mrt00:0023:59Familiedag

Wys Meer

april 2027

22mrt(mrt 22)00:0005apr(apr 5)23:59Skoolvakansie

06apr08:0008:30Skool Heropen

06apr08:0008:30Buitemuurse Winterprogram begin

06apr08:0008:30Nasorg begin

08apr07:0007:00Fasevergaderings

09apr00:0023:59Hokkie: o.13A Van Riebeeckstrand (Seuns & Dogters)

09apr08:0008:00Toets: Afrikaans (gr. 4&6)

09apr08:0008:00Toets: Engels (gr.5&7)

10apr00:0023:59Netbal: o.10A Netbaltoernooi

10apr12:0022:00KAPPERJOLLE

12apr08:0008:00GEEN SPORT

12apr13:0013:00Skool verdaag 13:00

12apr13:3013:30Ouerbesoeke

13apr08:0008:00GEEN SPORT

13apr13:0013:00Skool verdaag 13:00

13apr13:3013:30Ouerbesoeke

15apr07:1507:45Jannies vir Jesus begin

16apr00:0023:59Hokkie: Worcester-Noord (TUIS) o.7 - o.13

16apr08:0008:30Skool verdaag vroeër

16apr08:0008:30FINKOM-vergadering

16apr08:0008:30Toets: Afrikaans (gr.5&7)

16apr08:0008:30Toets: Engels (gr.4&6)

17apr00:0023:59Rugby: Worcester-Noord (WEG) o.7 - o.13

17apr00:0023:59Netbal: Worcester-Noord (WEG) o.7 - o.13

21apr00:0023:59Rugby: Milnerton (TUIS)

23apr08:0008:30Toets: Wiskunde (gr.4-7)

23apr08:0008:30FAMILIENAWEEK

24apr08:0008:30FAMILIENAWEEK

25apr08:0008:30FAMILIENAWEEK

26apr08:0008:30Skoolvakansiedag

26apr08:0008:30FAMILIENAWEEK

27apr08:0008:30Vryheidsdag

27apr08:0008:30FAMILIENAWEEK

28apr08:0008:30Dinsdag en Woensdag periodes ruil om (Kooroefening)

30apr08:0008:30Senior Koorkamp

30apr08:0008:30Toets: NWT/ NW (gr.4-7)

30apr08:0008:30Sivviedag

Wys Meer

mei 2027

01mei00:0023:59Rugby: Vredekloof (TUIS) o.7 - o.13

01mei00:0023:59Werkersdag

07mei00:0023:59Hokkie: Bell Park (TUIS) o.7 - o.13

07mei08:0008:30Skool verdaag vroeër

07mei08:0008:30Assessering: SW (gr.4-7)

08mei00:0023:59Netbal: Bell Park (TUIS) o.7 - o.13

08mei00:0023:59Rugby: Bell Park (TUIS) o.7 - o.13

12mei(mei 12)00:0011(mei 11)23:59Gr.6-Kamp

13mei(mei 13)00:0012(mei 12)23:59Gr.6-Kamp

13mei08:0008:30Musiekpersoneel Konsert

14mei(mei 14)00:0013(mei 13)23:59Gr.6-Kamp

14mei08:0008:30Assessering: SW (gr.4-7)

14mei08:0008:30FINKOM-vergadering

15mei00:0023:59Rugby: Mikro (WEG) o.7 - o.13

15mei00:0023:59Netbal: Mikro (WEG) o.7 - o.13

15mei00:0023:59Hokkie: Mikro (WEG) o.7 - o.13

19mei00:0023:59Rugby: Sunningdale (TUIS) o.7 - o.13

21mei00:0023:59Netbal: JvR B- D Netbaltoernooi (TUIS) o.10 - o.13

21mei08:0008:30Skool verdaag vroeër

21mei08:0008:30Eisteddfod

22mei08:0008:30Eisteddfod

26mei08:0008:00Naomi Uys (Onderwyser) verjaar

28mei00:0023:59Hokkie: Noord-Eind (WEG) o.7 - o.13 Seuns & Dogters

28mei08:0008:30Skool verdaag vroeër

28mei08:0008:30Sivvies

28mei08:0008:30SUMMIT

29mei00:0023:59Rugby: Noord-Eind (WEG) o.7 - o.13

29mei00:0023:59Netbal: Noord-Eind (WEG) o.7 - o.13

29mei08:0008:30SUMMIT

30mei08:0008:30SUMMIT

31mei00:0023:59Charlene van Rooyen (Onderwyser) verjaar

Wys Meer

junie 2027

31mei00:0023:59Charlene van Rooyen (Onderwyser) verjaar

01jun13:0013:00Skool verdaag om 13:00 vir gr.7

02jun08:0008:30Gr.7 Eksamen begin

02jun13:0013:00Skool verdaag om 13:00 vir gr.7

03jun08:0008:30Skool verdaag vroeër

04jun00:0023:59Hokkie: Minitoernooi by Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9 Seuns & Dogters)

04jun08:0008:30Gr.4-6 Eksamen begin

04jun08:0008:30Veiling

05jun00:0023:59Netbal: Minitoernooi by Van Rieebeckstrand (o.7 - o.9 Dogters)

05jun00:0023:59Rugby: Mini-Rugby Durbanville Voorbereiding

07jun08:0008:30Interne Buitemuurseprogram Begin

11jun08:0008:30FINKOM-vergadering

15jun08:0008:30Hoofleiertoesprake en Verkiesing

15jun08:0008:30Oefen Musiekkonsert

15jun08:0008:30Eksamen Eindig

16jun00:0023:59Jeugdag

17jun08:0008:30Musiekkonsert Oefen

17jun08:0008:30Toeroorhandiging

17jun08:0008:30Hoofleiers bekendmaak

17jun18:0018:00Musiekkonsert

18jun00:0023:59Helene Slabbert (Onderwyser) verjaar

18jun08:0008:30Lead4Life (gr.6)

18jun08:0008:30Noodhulpopleiding

19jun08:0008:30Noodhulpopleiding

21jun00:0023:59o.13A WINTER SPORTSTOER (Rugby, Netbal & Hokkie)

21jun08:0008:30Lead4Life (gr.4)

22jun00:0023:59o.13A WINTER SPORTSTOER (Rugby, Netbal & Hokkie)

22jun08:0008:30Lead4Life (gr.5)

23jun00:0023:59o.13A WINTER SPORTSTOER (Rugby, Netbal & Hokkie)

24jun00:0023:59o.13A WINTER SPORTSTOER (Rugby, Netbal & Hokkie)

24jun08:0008:30Sivviedag

24jun10:0010:00Markdag

25jun00:0023:59Ilse-Marie Holtzhausen (Onderwyser) verjaar

25jun08:0008:30Skool Sluit

25jun08:0008:30Sivviedag

28jun(jun 28)00:0019jul(jul 19)23:59Skoolvakansie

30jun00:0023:59Shahnee Felix (Onderwyser) verjaar

Wys Meer

julie 2027

28jun(jun 28)00:0019jul(jul 19)23:59Skoolvakansie

30jun00:0023:59Shahnee Felix (Onderwyser) verjaar

08jul00:0023:59Leon Hanekom (Onderwyser) verjaar

08jul00:0023:59Claudia Abdol (Assistent) verjaar

12jul00:0023:59Rugby-Kliniek

13jul00:0023:59Rugby-Kliniek

15jul00:0023:59Rugby-Kliniek

20jul08:0008:30Buitemuurseprogram begin

20jul08:0008:30Skool heropen

20jul08:0008:30Tennistoer: Sun City

21jul08:0008:30Tennistoer: Sun City

22jul07:1507:45Fasevergaderings

22jul08:0008:30Tennistoer: Sun City

23jul00:0023:59Hokkie: Curro Durbanville (WEG) o.7 - o.13

23jul08:0008:30Tennistoer: Sun City

23jul08:0008:30FINKOM Vergadering

23jul08:0008:30Toets: Engels (gr.4-6)

23jul08:0008:30Toets: Afrikaans (gr.5&7)

23jul08:0008:30Skool verdaag vroeër

24jul00:0023:59Netbal: Curro Durbanville (WEG) o.7 - o.13

24jul00:0023:59Rugby: Curro Durbanville (WEG) o.7 - o.13

24jul08:0008:30Tennistoer: Sun City

26jul08:0008:30GEEN SPORT

26jul13:0013:00Skool sluit 13:00

26jul13:3013:30Ouerbesoeke

27jul13:0013:00Skool sluit 13:00

27jul13:3013:30Ouerbesoeke

28jul00:0023:59Netbal: Van Riebeeckstrand (WEG) o.7 - o.13

28jul00:0023:59Rugby: Kampsbaai (TUIS) o.7 - o.13

29jul07:1507:45Jannies-vir-Jesus Begin

30jul(jul 30)00:0029(jul 29)23:59Bring-en-Raai

30jul00:0023:59Hokkie: o.9 Seuns & Dogters Driehoek (Robertson & Sunningdale)

30jul08:0008:30Toets: Afrikaans (gr.4&6)

30jul08:0008:30Toets: Engels (gr.5&7)

30jul08:0008:30Sivviedag

31jul00:0023:59JvR Mini-Sportstoernooi - Rugby & Netbal (o.7 - o.9)

Wys Meer

augustus 2027

31jul00:0023:59JvR Mini-Sportstoernooi - Rugby & Netbal (o.7 - o.9)

01aug00:0003(aug 3)23:59EXCO-Strat

02aug(aug 2)00:0006(aug 6)23:59JanArte Kunstefees

03aug00:0023:59Rugby: Bishops (TUIS) o.9 & o.13

04aug00:0023:59Rugby: Bishops (TUIS) o.11

04aug00:0023:59Netbal: Tableview (WEG) o.7 - o.13

06aug(aug 6)00:0009(aug 9)23:59FAMILIENAWEEK

06aug08:0008:30Toets: Wiskunde (gr4-7)

09aug00:0023:59Nasionale Vrouedag

13aug00:0023:59Hokkie: Courtrai (WEG) o.7 - o.13

13aug08:0008:30FINKOM-vergadering

13aug08:0008:30Toets: NWT/NW (gr.4-7)

13aug08:0008:30Skool verdaag vroeër

14aug00:0023:59Netbal: Courtrai (TUIS) o.7 - o.13

14aug00:0023:59Rugby: Courtrai (TUIS) o.7 - o.13

18aug00:0023:59Rugby: Kenridge (TUIS) o.7 - o.13

18aug00:0023:59Netbal: Kenridge (TUIS) o.7 - o.13

20aug08:0008:30Assessering SW (gr.4-7)

21aug00:0023:59Netbal: J.W.G Fees Brackenfell o.10A & o.11A

21aug00:0023:59Rugby: J.W.G Fees Brackenfell o.11A

21aug08:0008:30Wiskundekamp (gr.6&7)

26aug08:0008:30Wintersport Eindig

27aug00:0023:59Interskole Hokkie: Welgemoed (WEG) o.7 - o.13

27aug08:0008:30Sivviedag

27aug08:0008:30Groot "Brag"

27aug10:0010:00Interskole

27aug12:0012:30Skool verdaag vroeër

28aug00:0023:59Netbal: Welgemoed (WEG) o.7 - o.13

28aug00:0023:59Rugby: Welgemoed (WEG) o.7 - o.13

28aug08:0008:30Interskole

30aug08:0008:30GEEN SPORT

31aug08:0008:30GEEN SPORT

Wys Meer