Geagte Ouers / Voogde – 24 Mei 2024
Die wintersportprogram vir kwartaal 2 het die afgelope week tot ‘n einde gekom met ‘n besige, maar opwindende sportprogram agter die rug. Ek glo dat elke gesin nou na afloop van al die baie wedstryde, sportdae en toernooie ‘n bietjie kan begin asem skep en ook in die proses vir die gr. 4 – 7 Mei/Junie-eksamen wat die afgelope week afgeskop het, voorberei. Wintersportoefeninge het op Dinsdag, 21 Mei, vir die kwartaal geëindig, maar sportoefeninge gaan voort gedurende skooltyd en dit skop vanaf 27 Mei tot 05 Junie af. Hierdie wintersportoefeninge (o.7 – o.13) gedurende die eksamen is vrywillig. My ondervinding is dat die leerders dit geniet om sport net na afloop van ‘n eksamen- of assesseringsessie te kan beoefen. Dit help beslis om die angstigheid van eksamen te verminder asook om net ‘n bietjie asem te skep na ‘n lang skryfsessie. Studies toon dat leerders en studente wat gereeld oefen beter tydens kognitiewe toetse presteer, beter geheue het en meer waaksaam is tydens eksamens. Om voor te brei en gedurende die eksamen te studeer, kan geestelik en fisies uitputtend wees wat baie leerders moeg en afgemat laat voel. Wanneer jy oefen, stel jou liggaan hormone soos adrenalien en kortisol vry, wat weer help om die energievlakke hoog te hou. Ek is vas oortuig dat om sportoefeninge vir leerders tydens die eksamen in te sluit, hulle beslis sal help...
Lees Verder