Wanneer leerders op ‘n gegewe dag wedstryde speel, mag hulle met hulle sportklere skool toe kom. Ons versoek ook dat alle leerders ‘n volledige skoolsweetpak en toe skoene (tekkies) sal dra.

Hierdie reëling geld nie wanneer ‘n leerder slegs oefening het nie. Leerders kom dan met hul skoolklere skool toe en kan tweede pouse gaan aantrek vir die sportoefeninge.