Laerskool Jan van Riebeeck Nuus

Liewe Ouers,

Datums

>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

Vrydag, 27 Julie 2018 Sivvies

Vrydag, 27 Julie 2018 Skaak @ Reddam House, WEG

Vrydag, 27 Julie 2018 Landloop: Sun Valley(circuit champs)

Saterdag, 28 Julie 2018 TOERNOOI: O/7 – O/9 Table View Rugby en Netbal

Maandag, 30 Julie 2018 Hannes Muller (Terrein) verjaar

Maandag, 30 Julie 2018 BR Vergadering

Woensdag, 1 Augustus 2018 Amesa kompetisie

Woensdag, 1 Augustus 2018 NETBAL liga: Edgemead WEG

Woensdag, 1 Augustus 2018 RUGBY: Vriendskaplik@Reddam House (TUIS)

Donderdag, 2 Augustus 2018 WKOD Wisk kompetisie

Vrydag, 3 Augustus 2018 OOV Funksie: Quiz-aand

Saterdag, 4 Augustus 2018 Spelling Bee

Saterdag, 4 Augustus 2018 NETBAL: Kenridge O/10 & O/11 ontwikkelingstoernooi

Saterdag, 4 Augustus 2018 Sporttoernooi@Curro Hermanus,WEG

Maandag, 6 Augustus 2018 Wiskunde in aksie

Maandag, 6 Augustus 2018 NETBAL:Vriendskaplik@Herzlia,O/12 (TUIS)

Dinsdag, 7 Augustus 2018 Wetenskap in aksie

Dinsdag, 7 Augustus 2018 NETBAL liga: Curro Durbanville TUIS

Donderdag, 9 Augustus 2018 Wiskundekamp

Donderdag, 9 Augustus 2018 Vrouedag (Publieke vakansiedag)

Vrydag, 10 Augustus 2018 Skoolvakansiedag

Woensdag, 15 Augustus 2018 NETBAL vriendskaplik: Parklands WEG

Woensdag, 15 Augustus 2018 Rugby @ Curro Century City

Vrydag, 17 Augustus 2018 Skaak @ Highlands, WEG

Vrydag, 17 Augustus 2018 Bokkie Assembly

Saterdag, 18 Augustus 2018 SPORTDAG: Dirkie Uys

Woensdag, 22 Augustus 2018 Weskus Koorfees

Woensdag, 22 Augustus 2018 Rugby @ Table View (WEG)

Vrydag, 24 Augustus 2018 Skaak @ Phyllis Jowell, TUIS

Vrydag, 24 Augustus 2018 Ben Reynecke (musiek) verjaar

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Vraelys

Baie dankie aan almal wat reeds die vraelys voltooi het. Ons wil ‘n beroep doen op almal wat dit nog nie voltooi het nie om dit asb te doen…dit is vir ons baie belangrik dat so veel as moontlik van u dit doen sodat ons duidelik kan bepaal wat die meerderheid van u se mening oor die bepaalde vrae is en op watter aspekte ons dringende aandag aan moet gee.

Voltooi die GOOGLE FORM asb. vandag, 27 Julie 2018.

Indien jy nie die e-pos ontvang het nie, kliek hier of stuur ‘n e-pos aan: strategies@jvrprim.co.za.

ALGEMEEN

Ons Mandela-dag massa insameling was ‘n reuse sukses. Baie dankie aan elke Jannie en ouer wat ‘n bydrae gemaak het. Ons gaan verseker baie boksies vir Santa Shoebox kan vul!

Baie geluk aan Lia Luna Li Latti in Gr 3 wat Jannie van die week is. Dankie dat julle deurlopend herwin! Geniet die R100 Col’Cacchios geskenkbewys!

Kan julle help om 6000 2L wit melkbottels bymekaar te maak??

‘n Ouer van ons skool se besigheid, essay GIFTS en Kidz Positive is besig met ‘n kunsprojek waar gebruikte 2L melkbottels herwin word vir ‘n reuse kunsprojek wat werk verskaf aan HIV-positiewe ma’s. Hulle benodig 6 000 melkbottels binne 8 weke om hierdie projek te voltooi. Die eindresultaat sal in November landwyd bekend gemaak word. Hulle sal enige hulp baie waardeer.

Indien jy kan help, gee asseblief jou 2L melkbottels by Matthews in.

Ons herinner aan die Trivia-aand wat op 3 Augustus om 19:00 in die skoolsaal plaasvind.

Daar is 10 mense aan ‘n tafel wat as ‘n span deelneem. Indien jy graag wil deelneem of dalk ‘n volle span wil inskryf, kontak gerus vir Karien Zulch by 083 445 0980 of karienzulch@gmail.com. Daar is reeds 19 tafels bespreek – waar daar nog plek aan van die tafels vir individue beskikbaar is.

Die koste beloop R150 per persoon.

Daar is lekker pryse te wen, asook die vooruitsig om met die louere weg te stap as die skool se slimstes.

Die onderwysers het 2 spanne ingeskryf, so die kompetisie gaan straf wees!

Die OOV sien uit om ons ouers en onderwysers by hierdie sosiale geleentheid te verwelkom.

Oupa- en Ouma- dag is om die draai en ons Jannies is sommer baie opgewonde om al die Oupas en Oumas heerlik te bederf. Die lekker oggend van plesier vind 7 September om 10:00 in ons skoolsaal plaas. Kaartjies sal vanaf 1 Augustus te koop wees op die Karri Toep*. Die kaartjies beloop R100 per persoon. Daar is ook ‘n R140 opsie wat ‘n bossie blomme vir ouma insluit! Spring gou, kaartjies is beperk.

*Die Karri Toep is ‘n maklike en vinnige manier om betalings aan die skool te maak. Indien jy nog nie die toep afgelaai het nie sal jy op 1 Augustus ‘n uitnodiging per sms ontvang en kan dan die betaling maak deur op die skakel in die sms te kliek. Indien jy nie belangstel om Oupa- en Ouma- dag by te woon nie, kan jy slegs die uitnodiging “dismiss”.

AKADEMIE

Die top 3 presteerders van verlede week is:

3. Kate Mouton 1 840 punte

2. Kyra Schoeman 2 240 punte

1. Helene Greeff 2 456 punte



Baie geluk Helene!!

Die Akademiese Spele beloof om hierdie jaar groot pret te verseker aangesien ons gedurende die week (17 – 21 September 2018) – oor alle grade (gr. 1 – 7) en so ver moontlik alle vakke – akademie en sport gaan integreer. Vandaar die tema: Sportwetenskappe. Ons beoog om verskillende aspekte van sport in die klaskamer te bespreek om leer op ‘n lekker en interessante manier aan te bied.

Algemene skoolaktiwiteite waarby die hele skool betrokke sal wees – om solank na uit te sien: Elke klas sal ‘n skaakles ontvang; Sports Hub kom bied ander sportsoorte aan gedurende LO-periodes sowel as sporttoernooie smiddae na skool; Op Vrydag, 21 September, sal die onderskeie klasse in graadverband meeding in ‘n kaskarresies en daar sal verskeie motiveringsprekers optree.

Indien u graag betrokke wil raak ,bv. om met ‘n sekere graad of selfs ‘n sekere klas te gesels oor ‘n spesifieke onderwerp, bv. gesonde eetgewoontes, ‘n gesonde liggaam/postuur, ens. wat by sport/akademie aansluit, moet u asseblief vir Marinda Brink (marinda@jvrprim.co.za) kontak. Enige ander betrokkenheid sal waardeer word.

‘n Finale program sal nader aan die tyd bekendgemaak word.

Dear Parent,

Welcome back to another term of EDRO RoboCode. We hope your child had a wonderful and restful holiday and that they are ready to tackle the term with the gusto we know they have.



Module 2 Overview and Dates


Today we are kicking off the first lesson of Module 2 at Laerskool Jan van Riebeeck with a bang! In the second module, we are now eager and ready to dive deeper into computational logic. The focus of this module is on conditional statements – the programming logic of ‘if, then and else.” Problems worked on in this module involve participants integrating input from their robot’s sensors into their code. Examples of challenges faced in this module are ‘maze navigation with infrared proximity sensors’ and ‘programming a robot to avoid or seek out light.’ All work in this module continues to be done in a drag-and-drop style, reinforcing the confidence built in Module 1. We will be offering the lessons in the same format as last term, in the computer room from 14:30-15:45. The lessons will be running every Thursday from the 26th of July until the 20th of August.

Payment

Please note that the cost of the RoboCode module 2 going forward will be R950 for the term. We also offer a sibling discount and the total payable per term is R1500. If you would like to make a monthly payment arrangement, please let us know. We ask that payment is made upfront within the first 2 weeks of the term and therefore the deadline for this term is 06 August 2018. If you plan on discontinuing the programme, kindly advise us at the end of a given term and we will ensure that you do not receive attendance reminders and other correspondence. Payment can be made via a secure PayFast payment link (please use email address on record as reference) or via EFT to the following banking details:

ACCOUNT HOLDER: EDRO

BANK: FNB

ACCOUNT

No: 62628420961

BRANCH CODE: 255005

REFERENCE: JVRJ2 + CHILD’S FIRST NAME

PROOF OF PAYMENT: admin@edro.co.za

Absence

We try to follow up on any unexplained absences from the RoboCode Programme. If your child is missing a lesson, kindly inform us via email, WhatsApp or telephone.

Lastly, if you haven’t yet registered your child’s details on our website. Please do so by using the following link: http://edro.co.za/jvr/

As always, if you have any questions, comments or concerns, please do not hesitate to get in touch by email or phone.

Kind Regards,

Olwethu

Woensdag 1 Augustus neem 77 van ons leerders deel aan die finale rondte van die SAMF-Wiskundekompetisie. Hierdie vraestel sal in skooltyd gekryf word. Oefenvraestelle kan van die volgende skakel afgelaai word: http://www.amesa.org.za/Challenge/Wiskunde.html

Donderdag 2 Augustus skryf alle graad 4-7 leerders die eerste rondte van die WKOD-Wiskundekompetisie. Die 6 leerders wat die beste presteer per graad, gaan deur na die finale rondte van die kompetisie. Daar is altesaam 110 skole wat aan die kompetisie deelneem. ‘n Groot gedeelte van die vraestel bestaan ook uit Amesa vrae. Almal kan dus na die bostaande skakel gaan om ou/oefenvraestelle af te laai.

Sterkte met die voorbereiding en ons hou vir elke leerder duimvas.

Die leerders wat almal aan die SAMF-Wiskundekompetisie deelneem is:

---

KULTUUR

Baie geluk aan die volgende leerders wat uitstekend presteer het in die Unisa klaviereksamens: Linden Murray: Klavier Graad 1 – 87%

Jan Murray: Klavier Graad 2 – 84%

Nicholas de Jong: Klavier Graad 2 – 90%

Gabriel Smuts: Klavier Graad 2 – 91%

Ons is baie trots op julle

Albei ons kore tree op 27 Augustus tydens die Skole Musiekfees by die Kunstekaap Teater op. Verdere reëlings sal later deurgegee word.

SPORT

O/9 A 10-10 (gelyk O/11 A 49-0 (wen) O/13 A 29-35 (verloor) Daar is WEL wedstryde vir volgende week teen Reddam House.

Baie dankie aan al die ouers wat reeds die google vorm voltooi het om te bevestig of u kind kan speel. Elke speler wat deelneem, het ‘n harde kopie van die program asook ‘n padkaart ontvang (dis op oranje papier afgerol). Ongelukkig het die netbalprogram Woensdagmiddag verander en die netbalspelers sal ‘n nuwe program, op blou papier, ontvang. Die nuutste program, vir rugby en netbal, is ook op die webwerf beskikbaar.

https://laerskooljanvanriebeeck.co.za/2018/07/26/table-view-sporttoernooi-7-o-9-rugby-netbal/

Die wedstryde vir hierdie kwartaal het vinnig begin en die meeste van ons spanne het Woensdag, 25 Julie, teen Monte Vista gespeel:

O/9 A 7-0 (wen)

O/9 B 2-0 (wen)

O/10 A 9-3 (wen)

O/11 A 9 – 1 (wen)

O/12 A 16-6 (wen)

O/12 B 2-3 (verloor)

O/13 A 7-15 (verloor)

O/13 B 3-6 (verloor)

Volgende week speel ons teen Edgemead WEG.

Baie dankie aan almal wat reeds die nuwe netbalwedstrydhempie gekoop het. Ons het gister vir die eerste keer daarin gespeel en dit het pragtig gelyk. Die kinders se opwinding oor die nuwe hempie is aansteeklik. Onthou asb dat ons dit slegs vir wedstryde gaan dra. Vir die ouers wat nog nie ‘n hempie gekoop het nie, dit is steeds by die klerebank beskikbaar teen R175.

Vir duideliker weergawe, kliek op hierdie skakel: Cross Country Sun Valley Primary – 27 Julie 2018

---

Kliek HIER vir advertensies van die week

Wisdom stems from personal accountability. We all make mistakes; own them…learn from them. Don’t throw away the lesson by blaming others.

– Steve Maraboli

Vriendelike groete

J.H. Oosthuizen

SKOOLHOOF

Laerskool Jan van Riebeeck
Kloofstraat 52, Tuine, Kaapstad, 8001
021 423 4209