Laerskool Jan van Riebeeck Nuus

Liewe Ouers,

Datums

Vrydag, 23 Februarie 2018 Sivvies

Saterdag, 24 Februarie 2018 Atletiek:WP Byeenkoms

Dinsdag, 27 Februarie 2018 Astrid Jordaan (juffrou) verjaar

Dinsdag, 27 Februarie 2018 Gr.3 Redenaarskompetisie

Dinsdag, 27 Februarie 2018 Adri Marais (kantoor) verjaar

Woensdag, 28 Februarie 2018 Liewe Aarde sivvies

Woensdag, 28 Februarie 2018 Gr.4-5: Redenaarskompetisie

Vrydag, 2 Maart 2018 Munt-en-nootlegging

Saterdag, 3 Maart 2018 Eliam Kaunda (terrein) verjaar

Dinsdag, 6 Maart 2018 Hoërskool JvR: Opedag

Dinsdag, 6 Maart 2018 Gr.6-7:Redenaarskompetisie

Woensdag, 7 Maart 2018 Skrywersbesoek

Woensdag, 7 Maart 2018 Blikkie&Broodjiedag: Gr.7H

Donderdag, 8 Maart 2018 Boekverkoping

Donderdag, 8 Maart 2018 Verkiesing: Nuwe BR-Lede

Vrydag, 9 Maart 2018 Boekverkoping

Vrydag, 9 Maart 2018 Marike Badenhorst (sielkundige) verjaar

Saterdag, 10 Maart 2018 Atletiek: Wes-Kaap byeenkoms

Woensdag, 14 Maart 2018 Gr.7 Kamp (keer terug op die 16de Maart)

Saterdag, 17 Maart 2018 Dapper Stappers

Maandag, 19 Maart 2018 Gr.6: Lead4Life

Dinsdag, 20 Maart 2018 Krieket: De Kuilen Six-a-side toernooi

Dinsdag, 20 Maart 2018 Saal: Leerlingraad

Dinsdag, 20 Maart 2018 Somersokkie

Dinsdag, 20 Maart 2018 Blikkie&Broodjiedag: Gr.7K

Woensdag, 21 Maart 2018 Moontlike Karnaval

Woensdag, 21 Maart 2018 Menseregtedag (skoolvakansiedag)

Vrydag, 23 Maart 2018 Sivvies

>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Klasbraai: 13 April

Ons het besluit om die klasbraai wat op Vrydag 9 Februarie sou plaasvind, te skuif na die eerste Vrydagaand in die tweede kwartaal, nl. Vrydag 13 April.

George Ndlovu

Dit is met groot hartseer dat ons Maandag gehoor het dat George, ons opsigter by Huppelland, se derde oudste dogter verlede naweek in ‘n motorongeluk in Zimbabwe gesterf het. Dit is Sima, wat verlede jaar by ons was en nou in Hoërskool Jan van Riebeeck is, se suster. Ons medelye gaan uit na George en die res van sy gesin.

Prestasies van oud-leerders

Lené Vorster: Ons is baie trots om te kan sê dat Lené Vorster, een van ons graad 7-leerders van verlede jaar, pas verkies is op Hoërskool Jan van Riebeeck se verteenwoordigende raad van leerders vir 2018! Dit is inderdaad ‘n groot prestasie om na slegs ‘n paar weke by die skool tot ‘n leierskapsposisie verkies te word. Sy volg in die spore van indrukwekkende oud-leerders van Laerskool Jan van Riebeeck. Pragtig Lené en baie geluk!

Beheerliggaam verkiesing: Donderdag 8 Maart

Ons herinner alle ouers/voogde aan die beheerliggaam verkiesing, wat op Donderdag 8 Maart om 19:00 in ons skoolsaal sal plaasvind. Nominasielyste sal vanaf 1 Maart tot 7 Maart in mnr. Oosthuizen se kantoor beskikbaar wees. ‘n Beheerliggaam speel ‘n kardinale rol in die bestuur en finansies van ‘n skool en daarom is dit baie belangrik dat soveel as moontlik van u moet kom stem!

Die Suid-Afrikaanse Geheue Instituut

Hierdie instituut wil graag ‘n opname onder ons graad 4 – 7’s doen en het vandag die nodige vorms aan ons leerders versprei. Hoewel Laerskool Jan van Riebeeck dit nie voorskryf, goedkeur of afkeur nie, is u as ouers onder geen verpligting en bly dit u eie keuse of u dit wil opvolg.

ALGEMEEN

Die hoofbron van kommunikasie is die skool se webtuiste (www.jvrprim.co.za). Nuus en kennisgewings word byna daagliks daar gepubliseer.

Aan die begin van die jaar het ons alle ouers met ‘n e-pos adres op rekord, op die webportaal geregistreer. U kan kies om die skool se kennisgewings daagliks per e-pos te ontvang, en / of om die weeklikse nuusbrief Vrydae per e-pos te ontvang. Alle ouers wat dit nog nie gedoen het nie, moet dus asseblief hul kommunikasie voorkeure op die webportaal gaan aandui.

Gaan na die skool se webtuiste en kliek op “Teken aan” regs bo op die keuselys. Gebruik u e-pos adres of gerbuikersnaam wat vroeër per e-pos aan u gestuur is om aan te teken. Indien u u wagwoord vergeet het, kliek op “Jou wagwoord vergeet?” onderaan die venster en volg die instruksies. Wanneer u aangeteken is, kliek op u naam regs bo op die keuselys (langsaan “kontak”), en kies dan “My Besonderhede”.

Verander dan u kommunikasie voorkeure om of daaglikse nuus per e-pos te ontvang en/of die weeklikse nuusbrief op ‘n Vrydag te ontvang. Voorkeure t.o.v. die ontvangs van dringende SMS kennisgewings kan ook hier aangedui word. Wanneer u klaar is, kliek “wysig” onderaan die venster. U sal slegs die nuusbrief per e-pos ontvang indien u kommunikasie voorkeure op die webportaal gestoor is. Indien u kontak besonderhede verander, kan u dit ook onder “persoonlike besonderhede” gaan verander.

Die optrede van Stef Bos op 16 November ​2017​ in die skoolsaal was ‘n reuse-sukses. Almal wat dit bygewoon het, het Stef se aangrypende en vermaaklike konsert vreeslik geniet.

Ons het dié aand sowat R40,000.00 ingesamel vir die diversiteitsbeursfonds! Baie dankie aan almal wat ‘n kaartjie en ‘n drankie gekoop het, en natuurlik aan Stef wat onbaatsugtig die totale opbrengs van die konsert aan die beursfonds geskenk het.

Die fonds staan nou op R120,000.00 en die koste van die beursprogram is R40,000.00 per leerder per jaar. Ons benodig ‘n verdere R40,000.00 om die beurs-verwante uitgawes in 2018 te dek en moet ook die fonds opbou ten einde die leerders in toekomstige jare te ondersteun.

Verskeie ouers het aangedui dat hulle graag ‘n skenking aan die beursfonds wil maak. Maak gerus so, deur een van die volgende kanale te gebruik:

1) ‘n eenmalige skenking aan die Laerskool Jan van Riebeeck Opvoedingstrust, Investec, Rek no. 10011436695. Gebruik “Beursfonds / naam en van” as verwysing.

2) ‘n verbintenis tot ‘n maandelikse bydrae

SKENKING (volg die skakel)

Baie geluk aan Isabella Marais in Graad 1 wat ons Jannie van die week is! Ons hoop jy kan ‘n lekker pizza by Col’Cacchios eet! Dankie dat jy so gereeld herwin.

Onthou om ‘n plastiek bottel terug te hou wanneer jy herwin. Gebruik dit om jou eco brick te begin. Strooitjies, ‘glad wrap’, aartappelskyfiepakkies is ideale items om in jou brick te sit. Gaan kyk na die webblad met al die nodige inligting http://www.ecobricks.org/how/

AKADEMIE

Kontak vir Marinda Brink ( marinda@jvrprim.co.za ) indien u graag by die akademiese komitee betrokke wil raak

roesemoes

Wenners: Cayle Stoltz (Gr.5S)

Definisie: ‘n deurmekaarspul, gegons van stemme, musiek ens.

Sin: Daar was ‘n roesemoes op die speelgrond pouse en baie kinders het seergekry.

Die bekroonde kinderboekskrywer, Jaco Jacobs, besoek ons op 7 Maart.

Boekverkoping met boeke van LAPA uitgewers in die biblioteek 7 – 9 Maart.

Kaartfassiliteit is beskikbaar.



Die skool ontvang 10% van die opbrengs van die boekverkoping terug in die vorm van boeke.

My kind sukkel met Wiskunde! Help my! Ek haat Wiskunde! My kind het ‘n passie vir Wiskunde en ek voel hy/sy moet gestimuleer word! Hierdie is maar ‘n paar opmerkings wat ek al gehoor het. Nou hoe nou?

Gelukkig het elke probleem ‘n oplossing, anders was dit mos nie ‘n probleem nie? Daar is ‘n aanlyn program wat Wiskunde vir leerders lekker maak. Waar basiese hoofreken op ‘n baie kreatiewe manier gestimuleer word. Die program het sy ontstaan in Australië, maar is nou aangepas vir die Suid-Afrikaanse kurrikulum vanaf Gr R tot Gr 12. Die leerders doen dit by die huis of hulle kan dit in die middae by ons rekenaarlokaal doen. Rekenaarlokaal is oop elke middag tot 15:00, behalwe op ‘n Vrydag.

Daar is heelwat bekende skole wat reeds van hierdie program gebruik maak as deel van hulle program om hulle wiskundige uitslae te verbeter. Gaan kyk op die tuiste.

Die volgende vraag sal wees, maar hoeveel kos dit?

As u as individu inskryf, is die lisensiegeld per jaar nogal hoog. As ons skool 80 leerders en meer kry kan ons dit kry vir R250 per leerder per jaar. ‘n Ongelooflike besparing!!! Dit is minder as R21 per maand. Graad 6- en 7-Leerders hoef nie in te skryf nie. Ons gebruik Mathletics as deel van ons Wiskundeprogram.

U sal deur die KARRI-toepassing genooi word tot die program

Al wat u moet doen is om ‘n elektroniese inbetaling te maak vir R250 per leerder in die skool se bankrekening :

BANKBESONDERHEDE:

REKENINGHOUER: Laerskool Jan van Riebeeck

ABSA

BANK KODE: 632005

REKENING NR: 360 490 025

VERWYSING: Maths/kind se graad/Hanekom

U moet dan asb. die inbetalingstrokie vir my epos.

My e-posadres is leon@jvrprim.co.za. Sodra ek die inbetalingstrokie gekry het, konsolideer ek met Marali en dan is die Wonder Wêreld van Wiskunde ons oester.

Mnr. Hanekom

---

KULTUUR

Neem solank kennis van die volgende twee musiekkonserte aan die einde van die kwartaal:

Maandagoggend 26 Maart om 8:15 – Alle Gr 1 en 2 leerders

Dinsdagoggend 27 Maart om 8 :15 – Alle Gr 3 leerders

Almal is welkom om dit by te woon.

SPORT

Vrydag het 20 van ons leerders deelgeneem aan die metropool-sentraal atletiekbyeenkoms by Blue Downs. Dit was ‘n lang dag en van ons atlete moes 5ure wag voordat hulle kon deelneem, maar die wag was die moeite werd ,want 12 van ons atlete het gekwalifiseer om eerskomende Saterdag aan die WP-byeenkoms deel te neem.

Die uitslae is:

Danny Newton – Eerste 70m hekkies en eerste hoogspring

Heloise Strauss – Derde gewigstoot

Scarlett van der Merwe – Eerste 1200m

Marcelle van der Merwe – Eerste gewigstoot

Alexander Newton – Derde 75m en 150m Hekkies, tweede hoogspring

Jacomien van der Westhuizen – Derde hoogspring

Tariq Lubowski – Eerste spiesgooi

Alet Hitge – Eerste diskus

Mia Nortjé – Tweede 800m en vierde 1500m

Hannah Badenhorst – Derde 200m hekkies

Henry Potgieter – Tweede spiesgooi

John Willcox – Tweede 80m hekkies

Baie dankie mnr. Hanekom vir al die reëlings en mnr. Lilly wat op die dag gehelp het. Ons wens vir alle atlete sterkte toe. Ons weet dit sal goed gaan.

Dankie aan al die tennisspelers wat hierdie week wedstryde gespeel het.



Baie geluk aan die Gemengde A- en Gemengde B-spanne wat hierdie week gewen het en ook aan die Seuns A-span wat gelykop gespeel het. Die Gemengde C-span het hulle wedstryde baie geniet!



Sterkte met volgende week!

Die O/13 span het Donderdag meegeding teen LS Tamboerskloof (LST) op Hoërskool JvR se velde.

JvR het die loting gewen en het besluit om eerste te kolf. Ons het in die 20 boulbeurte ‘n totaal van 82 lopies aangeteken. Die uitblinker met die kolf was Ruben Janse van Rensburg met ‘n totaal van 27 lopies.

In ‘n baie spannende tweede helfte het LST die kolf geneem. Teen die 19de boulbeurt was die telling 80 lopies vir die verlies van 7 paaltjies wat beteken hulle moes 3 lopies kry om te wen, met 6 balle. Benjamin Pienaar het die laaste boulbeurt geneem en met sy laaste bal was die telling gelyk ,wat beteken het dat LST 1 lopie gekort het van 1 bal om te wen. Die oomblik het te groot geraak vir LST, wat ongelukkig sy eie paaltjie omgegooi het met die neergooi van sy kolf. Die wedstryd eindig dus gelykop !

Weens die tyd het die afrigters besluit om die wedstryd daar te eindig en nie oor te gaan in wat hulle noem ‘n “Super Over” nie.

---

Kliek HIER vir advertensies van die week

As ek my vreemde liefde bloot moes lê, wat sou die vrome skenkers van die skoonheid sê? Of sou ‘n sprank van hierdie vuur wat in my gloei, ook hulle aanraak, sodat hulle verstaan Die liefde neem ‘n duisend vorme aan.

– I.D.du Plessis

Vriendelike groete

J.H. Oosthuizen

SKOOLHOOF

Laerskool Jan van Riebeeck
Kloofstraat 52, Tuine, Kaapstad, 8001
021 423 4209