Die O/13 span het Donderdag meegeding teen LS Tamboerskloof(LST) op Hoërskool JvR se velde.
JvR het die loting gewen en het besluit om eerste te kolf. Ons het in die 20 boulbeurte ‘n totaal van 82 lopies aangeteken. Die uitblinker met die kolf was Ruben Janse van Rensburg met ‘n totaal van 27 lopies.
In ‘n baie spannende tweede helfte het LST die kolf geneem. Teen die 19de boulbeurt was die telling 80 lopies vir die verlies van 7 paaltjies wat beteken hulle moes 3 lopies kry om te wen, met 6 balle. Benjamin Pienaar het die laaste boulbeurt geneem en met sy laaste bal was die telling gelyk ,wat beteken het dat LST 1 lopie gekort het van 1 bal om te wen. Die oomblik het te groot geraak vir LST, wat ongelukkig sy eie paaltjie omgegooi het met die neergooi van sy kolf. Die wedstryd eindig dus gelykop !
Weens die tyd het die afrigters besluit om die wedstryd daar te eindig en nie oor te gaan in wat hulle noem ‘n “Super Over” nie.