Laerskool Jan van Riebeeck Nuus

Liewe Ouers,

Datums

Vrydag, 16 Februarie 2018 Atletiek:Sentrale byeenkoms (Blue Downs)

Woensdag, 21 Februarie 2018 Blikkie&Broodjiedag: Gr.7VR

Woensdag, 21 Februarie 2018 Gr.5 S.O.S.- kamp

Vrydag, 23 Februarie 2018 Gr.5’s terug van S.O.S.-kamp

Vrydag, 23 Februarie 2018 Sivvies

Saterdag, 24 Februarie 2018 Atletiek:WP Byeenkoms

Dinsdag, 27 Februarie 2018 Astrid Jordaan (juffrou)verjaar

Dinsdag, 27 Februarie 2018 Gr.3 Redenaarskompetisie

Dinsdag, 27 Februarie 2018 Adri Marais (kantoor) verjaar

Woensdag, 28 Februarie 2018 Liewe Aarde sivvies

Woensdag, 28 Februarie 2018 Gr.4-5: Redenaarskompetisie

Saterdag, 3 Maart 2018 Eliam Kaunda (terrein) verjaar

Dinsdag, 6 Maart 2018 Hoërskool JvR: Opedag

Dinsdag, 6 Maart 2018 Gr.6-7:Redenaarskompetisie

Woensdag, 7 Maart 2018 Blikkie&Broodjiedag: Gr.7H

Donderdag, 8 Maart 2018 Boekverkoping

Donderdag, 8 Maart 2018 Verkiesing: Nuwe BR-Lede

Vrydag, 9 Maart 2018 Marike Badenhorst (sielkundige) verjaar

Saterdag, 10 Maart 2018 Atletiek: Wes-Kaap byeenkoms

Woensdag, 14 Maart 2018 Gr.7 Kamp

Vrydag, 16 Maart 2018 Gr.7’s keer terug van hul kamp

Vrydag, 16 Maart 2018 Theuns van der Bank (onderwyser) verjaar

Saterdag, 17 Maart 2018 Dapper Stappers

>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Leon en Razelle Hanekom

Almal weet seker teen hierdie tyd al dat die Hanekoms ‘n seun ryker geword het. Sy naam is Dawid en ma en seun is gesond en reeds by die huis! Baie geluk Leon en Razelle en ons hoop dat julle baie vreugde sal hê met Dawid!

Hartseer nuus

Dit was gister die begrafnis van Elze en Anja van Zyl se mamma wat Vrydagaand na ‘n kort siekbed tragies gesterf het. Ons gebede gaan uit na Gideon en hulle twee en glo dat hulle mooi herinneringe aan Elzette hulle deur hierdie moeilike tyd sal help.

ALGEMEEN

Baie geluk aan Leila en Neena Lonte wat ons Jannies van die week is – hoop julle geniet die Col’Cacchios geskenkbewys. Hou asb aan om gereeld te herwin!

Ons hoop julle het almal al slim planne om elke moontlike druppel reënwater op te vang wanneer daar wel ‘n paar druppels reën val. Ons moet almal ons lewensstyl aanpas om by ‘n nuwe normaal itv watergebruik aan te pas. Begin om langer termyn te dink – bestel groot tenke wat met die geute verbind kan word. https://www.youtube.com/watch?v=M4fXt9i_LWE#action=share

Besoek gerus die Stad Kaapstad se webblad om op hoogte te bly van alles rondom die waterkrisis:

http://www.capetown.gov.za/Family%20and%20home/residential-utility-services/residential-water-and-sanitation-services/make-water-saving-a-way-of-life

Ons hou op Vrydag, 2 Maart ,‘n muntlegging/nootlegging om die woorde WEES USELF in die WAT (Woordeboek van die Afrikaanse Taal) te koop.

Dit behels die volgende:

*Leerders bring R1, R2 of R5 muntstukke of selfs ‘n noot,op Vrydag 2 Maart.

*Die skool ontvang ‘n sertifikaat met ons naam en die woorde wat ons koop.

*Ons kan R25 000 wen vir die skool in ‘n prystrekking, geborg deur Sanlam.

*Die skool kry gratis toegang tot die aanlyn- WAT, vir vyf jaar.

Ons skool kry eersdaags ‘n nuwe bus!

Die bus kort egter ‘n naam en ons vra dat ons leerders ‘n gepaste naam moet kies.

Die leerder wie se naam gekies word, sal ‘n kontantprys van R300 kry, sowel as ‘n R100 Col’Cacchio etebewys. Leerders kan die naam van die bus, sowel as hul eie naam en van, aan hulle registeronderwysers gee.

Warterskenking uit Rustenburg

Jannies ontvang waterskenking wat deur die Rustenburgers en Gift of the Givers geskenk is.

AKADEMIE

Die bekroonde kinderboekskrywer, Jaco Jacobs, besoek ons op 7 Maart.

Boekverkoping met boeke van LAPA uitgewers in die biblioteek 7 – 9 Maart.

Kaartfassiliteit is beskikbaar.

GRAAD 3

Die slaagpersentasie van die Sistemiese toetse in Afrikaans Huistaal en Wiskunde is 50% vir Graad 3-kurrikulumitems.

Die Wiskunde-uitslae van 2016 wys op `n slaagpersentasie van 96.7 %. Die Wiskunde slaagpersentasie van 2017 is 98.3 %. Daar is geen noemenswaardige verskil nie, maar daar word egter `n hoë standaard gehandhaaf in vergelyking met die slaagpersentasie in die Wes-Kaapprovinsie, van 59.3%.

Die gemiddelde slaagpersentasie in Afrikaans Huistaal van 2016 was 91.8 %. Die slaagpersentasie van 2017 is 98.3 %. Daar is `n merkbare styging van 6.5 % in die slaagpersentasie van Afrikaans. Ons skool handhaaf `n hoë persentasie van prestering in vergelyking met die slaagpersentasie in die Wes-Kaapprovinsie, van 46.6%.

GRAAD 6

Wiskunde:


Ons slaagpersentasie is 89,7% in vergelyking met ons gelyke skole se 62,8% en die provinsie se 38,6%. Ons gemiddelde persentasie is 77,1% in vergelyking met ons gelyke skole se 59% en die provinsie se 46,9%.

Afrikaans:

Ons slaagpersentasie is 93,1% in vergelyking met ons gelyke skole se 64,6% en die provinsie se 38,7%. Ons gemiddelde persentasie is 70,8% in vergelyking met ons gelyke skole se 55,3% en die provinsie se 43,8%.

Ons is trots op al die Jannies en poog om te werk aan fokusareas wat aandag benodig onder andere ons leerders se woordeskat. Ouers kan help deur hul kinders aan te moedig om meer Afrikaanse boeke te lees.

---

KULTUUR

Dit is weer tyd vir Eisteddfod inskrywings. Hierdie inskrywings is slegs vir Spraakkuns, nie musiek of kuns nie. Dit vind plaas op die naweek van 18 / 19 Mei by Laerskool Jan van Riebeeck.

Alle inskrywings moet asb. betyds gedoen word. Laat inskrywings sal direk aan Dee Penny by die Kaapse Afrikaanse Eisteddfod gerig moet word. Indien die inskrywing aanvaar word, sal u dubbel die inskrywingsfooie moet betaal. Die fooie is tans R40 vir elke solo-item. Dit is R55 vir duette en R65 vir groepe van 3 of meer. Groot groepe (soos Kore en Koorsprake) kos R175, asook die Eksperimentele Program vir die Gr.7’s.

Inskrywings sluit volgende week, 21 Februarie 2018.Laai asb vorm af om uit te druk:

https://laerskooljanvanriebeeck.co.za/wp-content/uploads/2018/02/Brief-na-ouers-Eisteddfod-inskrywings-vir-2017-Copy.pdf

SPORT

Interskole Atletiekuitslae

Beskikbaar op die webtuiste

Eerskomende Saterdag sou 20 van ons leerders deelgeneem het aan die metrolpool-sentrale byeenkoms te Vygieskraal. Vygieskraal is egter as onveilig verklaar en die byeenkoms skuif na Blue Downs, Vrydag 16 Februarie. Daar is vervoer vanaf die skool na die byeenkoms en terug skool toe vir alle atlete.

Mnr. Hanekom sal die atlete vergesel.

Ons atlete wat deelneem is:

Stef Mostert

Henry Potgieter

John Willcox

Hannah Badenhorst

Kirsten Heyns

Mia Nortjé

Alexander Newton

Tariq Lubowski

Alet Hitge

Jacomien van der Westhuizen

Neena Lonte

Danny Newton

Marcelle van der Merwe

Scarlett van der Merwe

Jana Brink

Roelf van der Merwe

Cayle Stoltz

Gizelle Kading

Heloise Strauss

Lameez Booysen

Ons wil vir elke atleet voorspoed toewens. Ons weet julle sal baie goed doen.

Die droogte beïnvloed nie net die swem nie, maar ook die toestande van die velde vir krieket.

Die WPCA het ‘n skrywe uitgereik waarin hulle alle wedstryde kanselleer. Ons kontak steeds die skole en probeer wedstryde reël. Nie almal wil egter voortgaan nie.

https://laerskooljanvanriebeeck.co.za/wp-content/uploads/2018/02/Further-clarity-regarding-the-suspension-of-WPCA-matches.pdf

Baie geluk aan die Gemengde C-span wat gewen het. Die A-seunsspan het gelykop gespeel en die A-dogters en B-gemengde spanne het baie lekker, maar harde kompetisie gehad.

Baie dankie aan al die oulike tennisspelers wat hierdie week wedstryde gespeel het. Baie dankie vir elke ouer se bydrae en rondryery.

---

Kliek HIER vir advertensies van die week

Always remember that you are absolutely unique. Just like everyone else.

Margaret Mead

Vriendelike groete

J.H. Oosthuizen

SKOOLHOOF

Laerskool Jan van Riebeeck
Kloofstraat 52, Tuine, Kaapstad, 8001
021 423 4209