Laerskool Jan van Riebeeck Nuus

Liewe Ouers,

Datums

Donderdag, 18 Oktober 2018 Kooroptrede met Laurika Rauch

Donderdag, 18 Oktober 2018 GEEN Sportoefening nie

Vrydag, 19 Oktober 2018 Ouer & Kindkamp CONRADIEVELD

Vrydag, 19 Oktober 2018 Always: Gr.6-dogters

Saterdag, 20 Oktober 2018 WOW Spelfees: Nasionaal

Maandag, 22 Oktober 2018 Gr.7H: Gesk.uitstappie

Dinsdag, 23 Oktober 2018 Krieketwedstryd: O/9 wedstryd, GROENPUNT

Woensdag, 24 Oktober 2018 Tennis: Ligawedstryde Gemeng A,B,C- & seunsspan, WEG

Woensdag, 24 Oktober 2018 Krieketwedstryd: O/11 teen Kampsbaai,TUIS

Donderdag, 25 Oktober 2018 Skool sluit vroeër

Donderdag, 25 Oktober 2018 GEEN sportoefening behalwe krieketwedstryd

Donderdag, 25 Oktober 2018 Krieketwedstryd: O/13 teen Hout Bay Inter. TUIS

Vrydag, 26 Oktober 2018 Sivvies

Saterdag, 27 Oktober 2018 Groote Kerk kermis

Maandag, 29 Oktober 2018 Gr.7VR: Gesk.uitstappie

Dinsdag, 30 Oktober 2018 Krieketwedstryd: O/9 wedstryde, GROENPUNT

Woensdag, 31 Oktober 2018 Liewe Aarde sivvies

Woensdag, 31 Oktober 2018 Krieketwedstryd: 0/11 vs. Kronendal, TUIS

Woensdag, 31 Oktober 2018 Tennis: Ligawedstryde WEG en TUIS

Donderdag, 1 November 2018 Krieketwedstryd: 0/13 teen Kampsbaai TUIS

Saterdag, 3 November 2018 Tweekamp Liga 3 STELLENBOSCH

Maandag, 5 November 2018 Razelle Hanekom (sportkoördineerder) verjaar

Maandag, 5 November 2018 Michelle Kellerman (Juffrou) verjaar

Dinsdag, 6 November 2018 Krieketwedstryd: 0/9 St.Paul, GROENPUNT

Woensdag, 7 November 2018 Tennis: Ligawedstryde WEG en TUIS

Woensdag, 7 November 2018 Krieketwedstryd: 0/11

Woensdag, 7 November 2018 BR Vergadering om 17:00

Woensdag, 7 November 2018 Begrotingsverg. om 19:00

Donderdag, 8 November 2018 Krieketwedstryd: 0/13

Vrydag, 9 November 2018 Huppelland Gr.R-konsert

Vrydag, 9 November 2018 Gr.4-7: Swemgala

Dinsdag, 13 November 2018 Krieketwedstryd: 0/9 teen H.Weizmann, GROENPUNT

Dinsdag, 13 November 2018 Gr.4/2019 Ouervergadering

Woensdag, 14 November 2018 Kriekewedstryd: 0/11

Woensdag, 14 November 2018 SOMER-Buitemuurse aktiwiteite eindig

Donderdag, 15 November 2018 Gr.7 2019 Ouervergadering

Vrydag, 16 November 2018 Gr. 7 Eksamen begin

Vrydag, 16 November 2018 Gr.1-3: Swemgala

Saterdag, 17 November 2018 Dapper Stappers

>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

ALGEMEEN

Die Kaperjolle was ‘n dag waarna ons almal uitgesien het. Teen Vrydag het almal asem opgehou, want die Suid-Ooster wou maar net nie gaan lê het nie. Dit was egter steeds ‘n ongelooflike Kaperjolle Saterdag vir ons onderwysers, ouers en Jannies. Ons kon nie vir n beter dag gevra het nie !

Baie dankie aan elke liewe persoon wat deel was van die dag se groot sukses. Dankie vir al ons potjiekoskompetisie deelnemers, ons ouers wat ekstra potjies gemaak het, bydraes en skenkings gegee het, uitgehelp het met die diensbeurte, en dan aan almal, oud en jonk, wat saamgekuier het.

‘n Spesiale woord van dank aan ons beoordelaars, ‘Erick & Daneel Duo’ vir hulle musiek, Lloyd van Dogzcool vir die hondevertoning en ons pannekoek-, aartappel-draaistokkies- en koffieverskaffers. Baie dankie ook aan Hannes Muller en sy span vir die terrein opstel en skoonmaak, Suzaan Burger en Lou van Dyk vir die kommunikasie en Marili Basson wat na die finansiële kant omgesien het.

Daar het ‘n paar items agtergebly op die veld wat by Ontvangs ingehandig is. Ons sien uit na volgende jaar se Kaperjolle!

Laerskool Jan van Riebeeck OOV

Daar is verlede week ‘n post gemaak vir ons nuwe hoofseun en hoofdogter van 2018, maar dit het perongeluk nie in die nuusbrief verskyn nie.

Baie geluk aan Benjamin Pienaar en Annabel de Jager wat as ons hoofdogter en hoofseun vir 2018 verkies is. Ons is baie trots op albei van hulle.

Die laaste dag vir fotobestellings is volgende Vrydag, 26 Oktober. Indien jy die bestellingskoevert verloor het, gaan asb. na die fotograaf se WEBTUISTE (Lunchbox Photography) en bestel die foto’s direk daarop.

Dit is weer tyd om die vere te begin reg skud vir ons jaarlikse prysuitdeling. Alle bekers wat tydens die prysuideling en atletiekbyeenkoms in 2017 ontvang is, moet op Woensdag, 7 NOVEMBER terug wees in die biblioteek. Bekers moet reeds gegraveer wees. Gebruik gerus Premier Shoes in Kloofstraat (tel.021 424 4904) hiervoor.

Bekers moet soos volg gegraveer word:

Prysuitdelingbekers (alle bekers & trofeë ontvang tydens die Prysuitdelingsgeleentheid):

2017 : Sannie Smit (2017: noemnaam & van van leerder/s)

Atletiekbekers:

2018 (l.w. NIE 2017 NIE) : Sannie Smit (2018: noemnaam & van van leerder/s)

‘n Beker wat deur leerders gedeel word, moet alle leerders se name bevat. Vir navrae, kontak magriet@jvrprim.co.za

Emil van der Walt (graad 11) en Carla van der Merwe op die rooitapyt by die Bokkie-toekennings wat laasnaweek by Grand West gehou is. Emil was een van 4 leerders landwyd wat voor die skare van 5 000 verskyn het as genomineerde in die “Skole Uitblinker van die Jaar”-kategorie. Hy maak ons trots!

Do You See Now se SATURDAY SESSIONS bied aan studente die geleentheid om aan stuur te kom van die 4de industrïele revolusie.

Met 3D ontwerp en 3D printing werksessies dra ons by tot ‘n holistiese benadering in studente se onderrig deur die teorie relevante toepassing te gee in ons werkswinkels.

Werksessies geskied op Saterdae tydens die 4de kwartaal in Laerskool Jan van Riebeeck se rekenaarsentrum. Volg gerus die skakel na ons WEBTUISTE vir registrasie en werkswinkelbesonderhede.

Baie geluk aan Anna en Emma van Biljon wat Jannies van die week is – dankie dat julle gereeld herwin! Geniet die Col’Cacchios geskenkbewys.



Verminder jou aankope van enkelgebruik-plastiek. Besoek die volgende webblaaie: Two Oceans Aquarium, Plastic Detox, en daag jouself uit om plastiek wat slegs eenkeer gebruik word in jou lewe te probeer verminder.

AKADEMIE

Kliek HIER vir die skakel na die post om die eksamenrooster af te laai.

Mieke Hertzog is reeds die beste graad 4-speller in die Wes-Kaap!

Sy neem Saterdag aan die nasionale kompetisie deel waar sy teen al die ander streke se kampioene gaan kompeteer. Dit is ’n senutergende affêre.

Sterkte, Mieke!

Top 3 prestasie is:

3. Kylah van der Berg 3 290 punte

2. Jana Maree 5 297 punte

1. Delmar Benecke 6 510 punte

Baie geluk Delmar!!

---

KULTUUR

Die senior- en juniorkoor het gisteraand, 18 Oktober, aan ‘n kooroptrede saam met Laurika Rauch by Hoërskool Parow deelgeneem. Dit was ‘n lekker optrede en opwindend vir die leerders. Baie dankie aan almal wat gehelp het en die koor ondersteun het!

Baie geluk aan die volgende musiekleerders wat uitstekend gevaar het in die pas afgelope Unisa musiekeksamens. Ons is baie trots op julle.

SPORT

Al ons spanne kon ongelukkig nie Woensdag speel nie omdat ons heelwat tennisspelers aan die swemgala afgestaan het. Ons het egter twee spanne gehad wat deelgeneem het. Hier volg hul uitslae:

Gemeng A: Peet Karsten, Jan Karsten, Mia Symington en Annabel de Jager. JvR wen 3-3 teen Edgemead. Gemeng C: Daniël Grutter, Jacques Loubser, Marcel Eygenberger en Chiara Roodt. JvR wen 5-1 teen Parow Oos.

Ons kinders het baie goed gevaar by die Table View swemgala en ons het ‘n heerlike middag gehad. Die skole wat deelgeneem het, is: Milnerton, Table View A & B, Welgemoed, Somerset Wes en Jan van Riebeeck. Ons wag nog vir die amptelike uitlsae, maar ons het by die meeste items onder die top 3 geëindig.

Baie geluk aan ons O/9 A-span wat Dinsdag hul eerste wedstryd vir die seisoen teen Herzlia Highlands gewen het. Ons O/9 A en B-spanne speel volgende week teen Llandudno. Alle wedstryde word by Groenpunt Stadion gespeel. Sterkte manne!

Op Saterdag, 20 Oktober, word daar ‘n atletiekkliniek deur die Hoërskool aangebied. Ons atlete van O/11 – O/13 is almal welkom om dit by te woon. Die koste beloop R60 per atleet en word op die dag in kontant betaal. Mnr Joubert sal ook as een van die aanbieders optree. Indien u meer inligting wil hê, kan u die Hoërskool se Sportbestuurder, Ruvan Prinsloo ,kontak by ruvan.prinsloo@janvanriebeeck.co.za

Op Saterdag, 13 Oktober, het 23 van ons leerders aan die tweede ligabyeenkoms deelgeneem. Die sport het pragtig gegroei oor die laaste twee jaar. Dit is ‘n lekker sport en gaan grotendeels oor deelname. Dit was die eerste keer dat die byeenkoms by Jan van Riebeeck aangebied word. Die hardloopgedeelte het by die Hoërskool plaasgevind en die swemgedeelte by die Laerskool. Ons leerders het baie goed presteer. Die leerders wat deelgeneem het, is:

Baie geluk aan die volgende leerders wat almal ‘n plek in die top 3 behaal het:

Isabella Marais (1ste), Alexander Benecke (2de), Stef Mostert (2de) en Mia Nortjé (3de).

Ons wil ‘n spesiale woord van dank aan mnr. Hanekom rig wat die leerders afrig en dit moontlik maak dat al ons leerders kan deelneem.

---

Kliek HIER vir advertensies van die week

Happiness is not a state to arrive at, but a manner of traveling.

-Margaret Lee Runbeck

Vriendelike groete

J.H. Oosthuizen

SKOOLHOOF

Laerskool Jan van Riebeeck
Kloofstraat 52, Tuine, Kaapstad, 8001
021 423 4209