Alle swemmers (gr. 4 – 7) wat verlede jaar aan enige van die swemgalas deelgeneem het, word vriendelik uitgenooi om Maandae en Vrydae die oggendsessie by te woon. Ons moedig veral leerders wat eerste of tweede in ‘n item by die swemgala gekom het, aan om dit by te woon. Jonger swemmers sal tydens die normale swemoefening geïdentifiseer word en afrigters sal aandui watter swemmers ook die sessies kan bywoon. 

Die oefening is vanaf 06:30 – 07:30. Leerders sal die geleentheid kry om hul klere voor die skool begin aan te trek. Korrekte skool-swemdrag en swempet moet gedra word.