Soekfunksie

  • Filter Kategorie/ë

  • Herstel

Weeklikse Nuusbrief

Category: Netbal

By Laerskool Jan van Riebeeck streef ons daarna om vir almal 'n liefde vir netbal te kweek. Ons visie en doelwit is om vir elke speler dieselfde geleenthede te skep binne ons en hul vermoë.

O/7 tot O/9 spelers neem aan mini-netbal deel. Hier is die fokus op deelname en die onwikkeling van vaardighede. Daar word nie eers tellings gepubliseer vir O/7 & O/8 wedstryde nie. Mini-netbal bepaal dat spelers gereeld van posisies verander. Die langtermyn idee hiervan is om spelers aan soveel moontlike posisies bloot te stel terwyl hulle nog leer.

O/10 - O/13 Spelers begin al in 'n meer gestruktureerde formaat in spanne speel.

Die o/11 A, O/12 A en O/13 A spanne se uitslae word gedurende die jaar gebruik om op 'n "log" in te vul. Aan die einde van seisoen bepaal die "log" wie eerste in ons groep skole is. Indien ons spanne dan eerste is gaan ons deur na die volgende rondte om op die ou einde in aanmerking te kom om aan die CTPSN (ou WP) se finale deel te neem.

Die ander O/10 tot 0/13 spanne se wedstryde is slegs vriendskaplik.

Netbalnuus

Netbal Dagboek

maart 2021

19mrtHeeldagTOERNOOI: Porterville Netbal & rugby (WEG)

april 2021

30aprHeeldagNETBAL: Bellville-Noord O/12 & O/13 A aandtoernooi

mei 2021

06meiHeeldagNetbal: Fair Cape O/9 toernooi (WEG)

07meiHeeldagNetbal: Fair Cape O/8 toernooi (WEG)

08meiHeeldagNetbal: Fair Cape O/7 toernooi (WEG)

junie 2021

21junHeeldag25SPORTTOER: Netbal, Hokkie en Rugby O/13

julie 2021

24julHeeldagNETBAL: Kenridge O/12 - O/13 B & C toernooi