Sien die jaarverslag vir 2025 hier onder:
JAARVERSLAG 2025Neem asseblief die volgende datums in ag wanneer julle vir die nuwe skooljaar voorberei.
Aanlynwinkel
Die Jan Kas klerebank se aanlynwinkel maak weer op Maandag, 5 Januarie 2026 om 08:00 oop.
Klerewinkel
Voor die nuwe skooljaar begin, sal die físiese winkel op die volgende tye oop wees:
-
Vrydag, 9 Januarie 2026: 09:00 – 12:00
-
Maandag, 12 Januarie 2026: 07:00 – 10:00
-
Dinsdag, 13 Januarie 2026: 12:00 – 14:30
Skool heropen
Gewone winkelure hervat vanaf Woensdag, 14 Januarie 2026:
-
Maandag & Woensdag: 07:00 – 08:00
-
Dinsdag & Donderdag: 13:30 – 14:30
Namate ons voorbereiding vir die aanvang van die nuwe skooljaar, wil ons graag duidelikheid gee oor die opdatering van ons WhatsApp-groepe:
-
Graadgroepe se name word outomaties aangepas na die nuwe jaar se graadname. Ouers hoef nie die groep te verlaat nie — die nuwe graadonderwysers word eenvoudig bygevoeg.
-
Klasgroepe word gedurende die eerste week wanneer skole heropen, vervang met die nuwe jaar se klasgroepe.
-
Hoofgroepe (algemene inligtingsgroepe) wat nie jaarliks verander nie, bly onveranderd.
-
Sportgroepe wat volgens ouderdomsgroepe werk, word jaarliks vervang met die groepe vir die nuwe jaar.
Indien daar enige inligting of dokumente op van hierdie groepe is wat jy graag wil behou, stoor dit asseblief so spoedig moontlik, aangesien sommige groepe uitgevee of vervang gaan word.
Sien die Buitemuurseprogram vir kwartaal 1, 2026 hier onder:
Somer Buitemuurse-program 2026Hier volg ‘n kort opsomming van die laaste week se aktiwiteite:
Maandag, 8 Desember:
- Klasindelings vir 2026 word bekendgemaak
- Skool verdaag om 13:15
- Graad 7-sokkie om 18:00
Dinsdag, 9 Desember:
- Sivvies
- Saalbyeenkoms gr. 1 – 6
- Leerderraadslede vir 2026 word bekendgemaak
- Gr. 7-afskeid
- Senior Koor vir 2026 oefen
- Skool verdaag om 13:15
Woensdag, 10 Desember:
- Sivvies
- Gr. 7’s se laaste saalbyeenkoms 08:00 – 09:30 (Gr. 7-ouers is welkom)
- Ontvang rapporte (harde kopie en elektronies)
- Skool sluit 10:30
Sien hier onder oor hoe jy kan help:


Hier volg die week se krieketuitslae:

Drie van ons graad 6-leerders — Mila Malan, Elle Malan en Ella van der Walt — het hierdie kwartaal begin met binnenshuise hokkie as deel van die PSI-liga. Hulle het oor vyf Saterdae liga-wedstryde gespeel en uiteindelik as wenners uit die stryd getree!
Die nasionale spanne is onlangs aangekondig, en Mila Malan is as goalie vir die Cape Seal Pups (O/12A-span) gekies! Mila neem van 11 tot 14 Desember aan die nasionale byeenkoms deel, waar sy teen spanne van regoor die land, asook Namibië, sal speel.
Baie geluk, Mila! Ons is ongelooflik trots op jou!
Baie geluk aan ons dapper balletdansers met hul wonderlike uitslae! Deelname is opsioneel, maar elke danser het met groot trots en toewyding deelgeneem.
Die AAB-funksie het seepglad verloop en die dansers het hulself ten volle geniet.
Die beoordelaar, Iain McDonald, was baie beïndruk en wil graag al die dansers aanmoedig om volgende jaar weer deel te neem.
Dit is pragtige werk – opwindend, leersaam en uitstekend vir die bou van selfvertroue.
Ratings
Pre-Level: Silver Star
Hoër vlakke ontvang die volgende toekennings:
- Bronze
- Bronze + Distinction
- Bronze + Double Distinction
- Silver
- Silver + Distinction
- Silver + Double Distinction
- Gold
PERFORMANCE AWARDS – Uitslae (9 November 2025)
Gr. 1 – Pre-Level 1
- Heike Louw – Silver Star
- Ada Uys – Silver Star
Gr. 2 – Level 2
- Emily Theron – Silver Medal Double Distinction
- Cornelia Opperman – Silver Medal Double Distinction
- Emma Wilke – Silver Medal Double Distinction
- Mila Maree – Gold Medal
- Isabella Robinson – Gold Medal
Gr. 3 – Level 3
- Ciera February – Gold Medal
Gr. 4 – Level 5
- Mika vd Walt – Gold Medal with Summer School Sponsorship
- Christa-Bella Swart – Gold Medal with Summer School Sponsorship
Gr. 5 – Level 5
- Heidi v Heerden – Gold Medal with Summer School Sponsorship
- Natalie Lawson – Gold Medal with Summer School Sponsorship
Gr. 6 – Level 6
- Solange Stevens – Silver Medal Double Distinction with Summer School Sponsorship
Gr. 7 – Level 6
- Ella Grey – Silver Medal Double Distinction with Summer School Sponsorship
- Gabriella Buckenham – Silver Medal Double Distinction with Summer School Sponsorship
Gr. 9 – Level 9
- Kerala Allewell – Gold Medal with Summer School Sponsorship
- Karlien vd Walt – Gold Medal with Summer School Sponsorship
Gr. 10 – Level 10
- Lara Basson – Gold Medal with Summer School Sponsorship
Baie trots op elkeen van julle!
Juf Barbie
Prysuitdelings vind op die volgende dae en tye in die skoolsaal plaas. Kom woon dit gerus by.
Maandag, 1 Desember 2025:
Graad 1: 08:30
Graad 2: 10:00
Graad 3: 11:30
Dinsdag, 2 Desember 2025:
Graad 4: 09:00 (Geen Top 10 word aangekondig nie)
Graad 5: 11:00 (Top 10 word aangekondig)
Donderdag, 4 Desember 2025:
Graad 6: 09:00 (Top 10 word aangekondig)
Graad 7: 18:00 (Top 10 word aangekondig)
Neem asseblief kennis dat graad 5-7 Engelseklasse vanaf 2026 jaarliks oor ingedeel sal word (net soos ons klasindelingsbeleid vir jaarlikse graadwisseling) om te verseker dat leerders blootstelling aan verskillende onderrigstyle en onderwysers ontvang. Dit beteken dat die huidige graad 5 en 6 Engelseklasse van hierdie jaar (2025) nie noodwendig by dieselfde onderwyser en klasmaats ingedeel sal word nie. Tot op hede het leerders van graad 5 tot 7 jaarliks Engelse onderrig by dieselfde onderwyser ontvang en saam met dieselfde groep maats in die klas gebly.
Verder het ons ook besluit om slegs twee Engels HL (Home Language) en twee Engels FAL (First Additional Language) klasse per graad in te deel.
Engelse onderwysers vir graad 5 tot 7-klasse:
HL (vakhoof): Charlene van Rooyen
HL: Mardry Wright (ook vakhoof van FAL)
FAL: André Lourens
FAL: Sharon Mabena
Hierdie indelings sal net soos die algemene klasindelings tydens die laaste week van hierdie kwartaal bekendgemaak word.