Dis weer tyd vir Laerskool Jan van Riebeeck se jaarlikse Kaperjolle – die grootste en lekkerste dag van die jaar!
Wat kan jy verwag?
🍔 Kosstalletjies: Onder andere boereworsrolle, pannekoek en Woodstock Brewery se food truck.
🍭 Lekkergoedland: Bederf jou soettand – spookasem en slushies!
🎶 Musiek: Om jou in die regte bui te kry.
👻 Spookhuis: Vir die dapperste avonturiers! (Slegs Graad 4–7).
Slegs 13:00–17:00.
🎯 Speletjies: Die vierkantspeletjies is vir alle kinders.
🍺 Kroeg: Yskoue bier en wyn vir volwassenes.
🍖 Koskompetisie: Wie kook die beste in die dorp? Skryf asseblief jou span in!
📅 Datum: 11 April 2026
⏰ Tyd: 12:00–18:00
📍 Plek: Laerskool Jan van Riebeeck (klein veld)
Hierdie is die perfekte geleentheid om jou familie en vriende te bederf met hope pret en vermaak. Kom skep herinneringe wat julle vir altyd sal koester!
Toegang:
👨👩👧👦 Volwassenes: R100 – sluit proegeleenthede by die braaikompetisie én ’n stem vir die wenner in.
🎈 Juniorkinders (Graad R–3): R100 – eindelose vermaak met speletjies in die vierkant.
🎃 Seniorkinders (Graad 4–7): R140 – toegang tot al die speletjies én die spookhuis.
🌟 Moet dit nie misloop nie – ons sien jou daar! 🎊

Hier volg die week se rugbyuitslae:

Hier volg die week se netbaluitslae:

Sien meer inligting oor kwartaal 2 se studiekursus hier onder:
Indien jou kind deel is van die studiekursus, sluit gerus by die WhatsApp-groep aan: Studiekursus (Ls JvR)

Ons toets tans die belangstelling. Sodra daar genoeg belangstelling is vir ’n minimum van 80 items, sal die vooraf bestellings oopgestel word vir betaling via die Karri-toep.
👉 Voltooi asseblief die aangehegte vorm indien jy belangstel.
📅 Let wel: Die vorm sluit op 28 Maart 2026, en alle bestellings moet voor hierdie datum geplaas word.
Indien daar voldoende belangstelling is, behoort die truie teen die einde van Junie beskikbaar te wees.
Laat die Jannie-ondersteuners uitstaan langs die sportveld! Plaas nou jou bestelling by die skakel hier onder!
(Indien jy reeds verlede jaar bestel het, wil ons jou vra om asb. weer hierdie opgedateerde vorm te voltooi.)
Ondersteunersdrag 2026 – Fill out form

|
Na afloop van die skaakproewe wat op Saterdag, 7 Maart en Sondag 8 Maart, te Somerset-Wes plaasgevind het, het twee van ons vier spelers wat daaraan deelgeneem het, distrikskleure verwerf. Baie geluk aan Pieter-Steph Bothma en Daniel Lawson wat gekwalifiseer het vir die WP-proewe wat in Mei plaasvind. Ons is ongelooflik trots op julle en hoe julle JvR op die skaakbord verteenwoordig!
|

Hier volg die week se netbaluitslae:

Dis weer tyd vir die jaarlikse Kaperjolle koskompetisie.
Vanjaar se tema is: Jan van Riebeeck se pitstop-toer, wat beteken jy kan ‘n dis maak van enige land waar ou Jan voet aan wal gesit het.
Hier is hoe dit werk:
🌍 Jou span kan ‘n dis maak van enige van die volgende lande: Nederland, Indonesië, Japan, Viëtnam, Maleisië, Sierra-Leone, Tansanië, Portugal, Italië en natuurlik Suid-Afrika. Jou “pitstop” moet ook volgens die tema versier word.
🔥‘n Gedeelte van jou gereg moet op die kole gemaak word.
😋 Nes verlede jaar gaan dit weer ‘n proe-kompetisie wees. Die eetgerei sal voorsien word, en jou porsies moet so twee of drie happies groot wees.
🏆Almal wat proe, mag stem vir een gunsteling-gereg en die wenner is die pitstop met die meeste stemme.
Wie gaan die kroon dra as Jan Pitstop Kampioen 2026?
Skryf jou span teen 20 Maart in deur hierdie vorm in te vul: SKRYF HIER IN

Liewe Eisteddfod-ouers
Ons deel graag dat die Eisteddfod weer hierdie jaar aan die einde van Mei by ons skool sal plaasvind. Die spesifieke datum sal binnekort gekommunikeer word.
Ons leerders presteer elke jaar uitstekend en ons is ongelooflik trots op hulle!
📌 Inskrywings
-
Vind asseblief die inskrywingsvorm by hierdie skakel:
EISTEDDFOD INSKRYWINGS -
Inskrywings sluit op 4 Maart.
-
Nadat jy jou kind ingeskryf het, sal die betaling op die Karri-toep beskikbaar wees.
-
Geen laat inskrywings sal aanvaar word nie.
-
Die koste beloop R120 per item.
📖 Belangrike kennisgewing oor Prosa (vanaf Graad 4)
Leerders wat vir prosa inskryf, moet ’n leestuk uit ’n boek:
-
Memoriseer
-
Dramatiseer
Let asseblief daarop dat Kwartaal 2 baie besig is met sport, eksamens en ander aktiwiteite. In die verlede het sommige leerders onttrek omdat hulle nie genoeg tyd gehad het om behoorlik voor te berei nie. Dink dus asseblief mooi voordat jy jou kind vir prosa inskryf.
Drama-groete
Jana
Hier volg die week se krieketuitslae:



Hier volg die week se tennisuitslae:

Neem asb. kennis dat die somer buitemuurseprogram die week eindig. Ons begin Maandag, 2 Maart, met die winterprogram wat tot en met 21 Maart sal duur.
Sien die winter buitemuurseprogram vir kwartaal 2 en 3 hier onder: