Kategorie: Sport
Laerskool Jan van Riebeeck se eerste seuns en dogterspanne het hul tennisvaardighede en spanpoging ten volle ten toon gestel tydens die Egalite Tennistoernooi wat van 21 tot 25 Julie in Sun City gehou is.
Van die land se top skole het aan die kompetisie deelgeneem en die Jannies het behoorlik uitgeblink.
Die seunspan het dit tot die uitspeelwedstryde vir derde plek gemaak en moedig gestoei tot ‘n puik vierde plek. Die dogterspan het hul teenstanders oorrompel en die toernooi met eerste plek afgesluit, ‘n uitsonderlike prestasie.
Die hele skool is uiters trots op elke leerder wat die Jannie-naam met trots, vasberadenheid en sportmangees verteenwoordig het. Julle het beslis Sun City bietjie Jannie-mag laat beleef.


Ons is opgewonde om aan te kondig dat die Jantrap Fietsry Klub amptelik afskop met ons eerste fietsrydag op Vrydag, 27 September om 09:00! Hierdie is die perfekte geleentheid vir almal – van beginners tot ervare fietsryers – om saam te kom, nuwe mense te ontmoet en die buitelewe te geniet.
Wil jy deel wees van die avontuur? Sluit aan by ons WhatsApp-groepie vir meer inligting, roetes en opdaterings.
Kliek hier om aan te sluit: Jantrap WhatsApp-Groep
Maak seker jou fiets is reg, en trap saam met ons ‘n nuwe seisoen in beweging!
Belangrike Datums
november 2026
Wys Meer
desember 2026
Wys Meer
januarie 2027
februarie 2027
Wys Meer
maart 2027
Wys Meer
april 2027
Wys Meer
mei 2027
Wys Meer
junie 2027
Wys Meer
julie 2027
Wys Meer
augustus 2027
Wys Meer
september 2027
Wys Meer



































