As gevolg van die droogte en die swembad se watervlak wat te laag is, sal swem nie saam met al die ander somersportsoorte op 22 Januarie begin soos gister berig nie. Tot verdere kennisgewing sal swemoefening nie voortgaan nie. Leerders sal nog briewe ontvang met ‘n afskeurstrokie indien hulle belangstel om aan swem deel te neem. Voltooi dan asseblief die afskeurstrokie en stuur dit terug skool toe sodat ons die indelings van die swemgroepe reeds kan afhandel. Swimsmart begin vanaf hierdie jaar aktief met hul privaatlesse by die skool en ouers is welkom om hulle te kontak.