Senior Koor: Koorkamp Vrydag, 19 Julie 2024
Beste Ouers/Voogde, Ons Koorkamp se datum het geskuif na Vrydag, 19 Julie, en vind nie meer Saterdag, 20 Julie, plaas nie. Weens onvoorsiene omstandighede moes die datum verander, en ons hoop dat ons senior koorlede steeds die Vrydag-sessie kan bywoon. Plek: Laerskool Jan van Riebeeck skoolsaal Datum: Vrydag, 19 Julie 2024 Tyd: 14h00 – 15h15 Ek is jammer vir enige ongerief wat hierdie skuif veroorsaak. Ons sien uit na ‘n produktiewe en geïnspireerde tyd saam met die koor, waar ons gaan fokus op die finale voorbereiding en afronding van ons musiek vir Maandag se optrede. Laat weet asseblief indien jou kind nie hierdie oefening kan bywoon nie. Weereens baie dankie vir almal se wonderlike ondersteuning! Vriendelike groete, Rolene van Zyl...
Lees Verder