Drie van ons skool se fluitspelers neem 28 Februarie – 4 Maart aan die South African Flute Festival, wat by Universiteit Stellenbosch se Musiekdepartement plaasvind, deel. Hierdie inisiatief bied die geleentheid om aan meesterklasse by bekende plaaslike fluitonderwysers en die internasionaal befaamde Gareth McLearnon deel te neem, professionele en studente konserte by te woon, om deel te wees van die fluitkoor en ander ensemble geleenthede, en werkswinkels vir onderwysers en leerders by te woon.
 
Ons is baie trots op Dané Walker, Sophia Jooste, en Jenna Erasmus wat aan hierdie wonderlike geleentheid gaan deelneem. ’n Groot dankie aan juf Lily van der Merwe wat die fluit-leerders inspireer en aanmoedig om hul vaardighede op hierdie inspirerende manier te slyp.