Daar lê twee oefenkampe vir die senior koor voor, waartydens ons gaan fokus op die finale afronding van die musiek vir die Mzanzi Conductors Convention.

Waar: LJvR Skoolsaal

Saterdag, 1 Maart:

Tyd:  08h00 – 13h30

Kleredrag: Informeel en gemaklik.

Kos: Ons vra dat elke ouer asseblief middagete, ‘n peuselhappie en water vir jou kind sal inpak.

Ons begin stiptelik om 08h00 – ons sal vir die leeders tye gee om te ontspan en iets te eet tussen ons oefensessies.

Donderdag, 6 Maart:

  • 07h45 – 08h45 (Gewone oefentyd)
  • 14h00 – 17h00 (Geen sport of buitemuurse aktiwiteite vir koorlede op hierdie middag nie).

Ons sal 14h30 vir die leerders middagete voorsien. Pak asseblief peuselhappies en water in vir die res van die middag.

Neem asseblief kennis van die volgende:

  • Alle leerders moet stiptelik na afloop van die oefenkampe opgetel word. Die agterste hek sal oop wees vir gebruik.
  • Maak seker jou kind bring genoeg water om gedurende die oefensessies te drink.
  • Die snoepie is nie oop nie, en geen kind sal toegelaat word om die skoolgronde te verlaat tydens die kooroefening of pouses nie.

Laat weet asseblief indien jou kind nie ‘n oefenkamp kan bywoon nie – ons kan nie ‘n koorlid by die MCC laat optree as hy/sy ‘n oefenkamp mis en die ouer nie verskoning gemaak het nie. Ons hoop om alle koorlede teenwoordig te hê.

Ons sien uit na twee heerlike oefeninge! Vra gerus indien daar onsekerheid is oor iets.

Vriendelike groete,

Rolene van Zyl