Maandag, 10 Februarie, is klas en individuele fotodag. Leerders moet asb. netjies en volgens korrekte skooldrag skool toe kom.

Sien hier onder ‘n herinnering aan die korrekte skooldrag vir leerders:

Intersenfase (Graad 4 – 7)

Dogters: Hempie met geruite rompie en/of netjiese donkerblou kortbroek + kaalvoet/ donkerblou plakkies/swart skoolskoene met wit sokkies

Seuns: Hempie met netjiese, donkerblou kortbroek/khaki langbroek + kaalvoet/ donkerblou plakkies/swart skoolskoene met lang, donkerblou kouse met wit strepies

Grondslagfase (Gr.1-3)

Dogters:  Hempie (mouloos of moue) met skort of sportbroekie + kaalvoet/ donkerblou plakkies/tekkies met wit sokkies

Seuns: Hempie met sportbroekie + kaalvoet/ donkerblou plakkies/tekkies met wit sokkies