Aangesien die skooldrag aangepas is vir ‘n meer moderne, interaktiewe Laerskool Jan van Riebeeck is daar ook besluit dat die skool die bedryf van die klerebank sal oorneem.

Hierdie oordrag sal vanaf 1 Oktober in werking tree. Soos met die skooldrag is daar ook ‘n oorgangsproses met die klerebank. Ons het onder meer reeds ‘n groot bestelling van verskeie skooldrag items geplaas om aan ons ouers/leerders se onmiddellike behoefte te voldoen. Baie dankie vir diegene wat reeds klere bestel het om vir die eerste skooldag van 2024 gereed te wees. Gaan gerus voort met aanlyn bestellings sodat jy met sekerheid jou kind Jan. 2024 skool toe kan stuur.

Die nuwe bedryfstye en -organisasie sal later aan almal gekommunikeer word.

Tot tyd en wyl staan Eda steeds aan die stuur van die klerebank en alle vrae kan nog aan haar gerig word. Klere wat reeds by Eda bestel is, sal steeds hanteer word soos afgespreek. Sodra die klere beskikbaar is, sal dit gekommunikeer word.

Met hierdie skrywe poog ons om meer gereelde kommunikasie betreffende skooldrag en klerebankreëlings te sirkuleer. Ons wil graag ook rustigheid aan almal bied dat die skool werklik luister en die beste vir ons skoolgemeenskap probeer doen.

Ons leerders lyk werklik mooi en netjies met die nuwe skooldrag wat gedra word. Ons sien uit na die gr. 4-7-geruite rompies wat binnekort ook beskikbaar sal wees.

Graag wil ons ook vir Eda bedank vir 8 jaar se toegewyde diens en die moeite wat sy ingesit het om boonop die skooldrag bekostigbaar te hou.

2024 is ‘n MOOI jaar waarna ons almal kan uitsien.

Laerskool Jan van Riebeeck KLEREBANK-groete