Ons versoek dat leerders by die onderskeie afrigters aanmeld om hulle in kennis te stel dat hulle by die spesifieke sportkode betrokke wil raak. Al woon hulle nie die oefeninge gedurende die week van 12-15 September by nie. Ons gebruik die bywoningslyste van die week om die kommunikasie groepe met ouers op te stel.

SWEM:

Leerders hoef nie vooraf te registreer vir swemsessies  nie, maar ons vra dat ouers/leerders by die oefensessie hou waarby hulle aanmeld. Ons moet steeds die hoeveelheid swemmers per sessie vir almal se veiligheid beperk. Met die vooraf registrasie het dit ongelukkig te veel gebeur dat leerders net nie vir hul sessie opdaag nie. Ons wil graag vir soveel moontlik leerders die geleentheid bied om te swem en hoop dat bywoning in kwartaal 4 beter sal lyk, anders sal ons weer ‘n ander stelsel probeer.  Ons gaan gedurende 12-15 September moontlik ‘n landgebaseerde program volg alles onderhewig aan die weer.

NETBAL o.12 en o.13 vir 2023:

Daar sal nie Donderdag, 15 September, ‘n oefening wees nie. Die afrigters is by ‘n toernooi betrokke. Leerders wat wil netbal speel moet hul name op die lys buite Juf. Ischké Felix se klas skryf.

Sien die buitemuurseprogram onderaan:

2022-Buitemuurse-program - 12-16 Sep