Baie geluk aan Ella en Stephan le Roux wat Jannies van die week is. Dankie dat julle so gereeld herwin! Geniet die Col’Cacchios geskenkbewys.
Dankie aan almal wat 2L melkbottels en 5L waterbottels gebring het vir die kunsprojek van Kidz Positive. Sien die foto’s – pragtige protea blomme is uit die plastiekbottels gemaak en kan tans in sommige Woolworths winkelvensters gesien word. Die projek staan bekend as “From Waste to Wow”.
Onthou: Daar is ook ‘n houer waar elektroniese afval herwin kan word.

Kyk gerus na die video waar ‘n insetsel oor Liewe Aarde op KykNet se nuuskanaal was.