Kees Snijders het bedank as beheerliggaamslid (hy het nou by Hoërskool Jan van Riebeeck se BR betrokke geraak) en daarom het ons dus ‘n vakature as verkose ouerlid beskikbaar.

Die beheerliggaam het intussen vir Esri Marais as lid gekoöpteer aangesien sy al vir ‘n geruime tyd die BR met regsadvies bystaan. Die verkiesing sal op Woensdag, 8 April, om 19:00 in ons skoolsaal plaasvind.

Kliek HIER vir die verkiesingsvergadering kennisgewing en HIER vir die verkiesingsreëls.