Laerskool Jan van Riebeeck Nuus

Liewe Ouers,

Datums

Saterdag, 27 Oktober 2018 Groote Kerk kermis

Maandag, 29 Oktober 2018 Gr.7VR: Gesk.uitstappie

Maandag, 29 Oktober 2018 Tennis ligawedstryd TABLEVIEW

Dinsdag, 30 Oktober 2018 Madeleen verjaar

Dinsdag, 30 Oktober 2018 Krieket: O/9 wedstryde, GROENPUNT

Woensdag, 31 Oktober 2018 Liewe Aarde sivvies

Woensdag, 31 Oktober 2018 Krieket: 0/11 vs. Kronendal, TUIS

Woensdag, 31 Oktober 2018 Tennisliga TUIS en WEG

Donderdag, 1 November 2018 Krieket: 0/13 teen Kampsbaai TUIS

Saterdag, 3 November 2018 Tweekamp Liga 3 STELLENBOSCH

Maandag, 5 November 2018 Razelle Hanekom (sportkoordineerder) verjaar

Maandag, 5 November 2018 Michelle Kellerman (Juffrou) verjaar

Dinsdag, 6 November 2018 Krieket:0/9 St.Paul, WEG

Woensdag, 7 November 2018 Tennis: Ligawedstryde WEG en TUIS

Woensdag, 7 November 2018 Nuwe Gr.1’s besoek ons

Woensdag, 7 November 2018 Krieket: 0/11

Woensdag, 7 November 2018 Krieket: O/11

Woensdag, 7 November 2018 BR Vergadering om 17:00

Woensdag, 7 November 2018 Begrotingsverg. om 19:00

Donderdag, 8 November 2018 Krieket: O/13

Vrydag, 9 November 2018 Huppelland Gr.R-konsert

Vrydag, 9 November 2018 Gr.4-7: Swemgala (08:00 – 13:00)

Dinsdag, 13 November 2018 Krieketwedstryd: 0/9 teen H.Weizmann, GROENPUNT

Dinsdag, 13 November 2018 Gr.4 2019 Ouervergadering 18:00 SKOOLSAAL

Woensdag, 14 November 2018 Kriekewedstryd: 0/11

Woensdag, 14 November 2018 SOMER-Buitemuurse aktiwiteite eindig

Donderdag, 15 November 2018 Gr.7 2019 Ouervergadering 18:00 SKOOLSAAL

Vrydag, 16 November 2018 Gr. 7 Eksamen begin

Vrydag, 16 November 2018 Gr.1-3: Swemgala (08:00 – 13:00)

Saterdag, 17 November 2018 Dapper Stappers

Sondag, 18 November 2018 Tamboerskloof Kerssangdiens

Dinsdag, 20 November 2018 Rache de Goede (Juffrou) verjaar

Dinsdag, 20 November 2018 Gr.4-6:Eksamen begin

Dinsdag, 20 November 2018 Geen saal

>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

UIT DIE HOOF SE KANTOOR



Terreinpersoneel skenking

Soos in die verlede, wil ons weer ‘n beroep doen op ons ouers om ‘n vrywillige bydrae te maak vir al ons terreinpersoneel. Ons het vyf manspersoneel en drie dames. Hulle sal ‘n geldjie verkies bo nie-bederfbare produkte. Ouers wat ‘n bydrae wil maak, kan die bedrag EFT of per karri-toepassing (verwysing: terreinpersoneel). Verkieslik nie kontant nie.

ALGEMEEN

Dit het onder ons aandag gekom dat ‘n aaklige ramp verlede naweek vir Khayelitsha getref het. Ongeveer 1300 mense het hul huise en alles daarin op Saterdag, 20 Oktober, in ‘n verwoestende brand verloor. Ons as Jannies wil graag vir die laaste keer hierdie jaar hande vat om ‘n verskil te maak.

Ons versoek dus dat elke klas ‘n Omgeepakkie sal saamstel. Hierdie pakkie sal ten minste een familie uithelp met hul basiese behoeftes. Elke leerder in die klas hoef net een of twee items te bring. Die klasonderwyser sal ‘n item aan die leerder allokeer. Alle items moet asseblief teen 1 November by die skool wees. Kom ons vat hande vir die laaste keer in 2018 en maak ‘n reuse verskil!

Die Proefbegroting vir 2019 is tans beskikbaar ter insae by die Skoolhoof of die Finansiële Kantoor.

Dear Parents

For the past few months, we have been wrestling with various aspects of our business as we progress into 2019 and beyond while functioning on minimal sleep since bringing my first son, Xavier, into the world. No matter which way we looked at things, it became more apparent that sadly, the snoepie at JVR no longer formed a part of our long-term vision.

Pure Good has grown substantially since we took over the running of the Tuck Shop, opening at The Foschini Group Head Office in Parow in Nov 2017 and at Workshop 17 in the Watershed at the V&A Waterfront in May this year. With the growth, having to juggle all our sites as well as motherhood, I’ve realised it’s become increasingly challenging to give the Jannies the love and attention it truly deserves.

Therefore, it is with a heavy heart that we have decided to not renew the contract into 2019. This was one of the toughest decisions I’ve had to make in my business’s lifespan, as I have loved being a part of such an amazing school, feeding all the wonderful kids and hopefully having made a difference in their lives and the way they approach food as they grow up. I have thoroughly enjoyed working alongside the teachers and parents and hope to maintain this good relationship in the future.

We will continue to operate until the end of the 2018 school year, and I will work closely with the OOV in making sure the take over is as seamless and beneficial for the learners as possible. Please feel free to send me an email at shannon@puregood.co.za if you have any questions.

Yours in health and happiness 🙂

Shannon

Die snoepie gaan vanaf Januarie 2019 deur die OOV bestuur word. Lede van die OOV het aangebied om die snoepie vir ‘n proeftydperk van 6 maande te bestuur en te help beman om te kyk of dit ‘n langtermyn opsie kan raak. Indien daar enige vrae in die verband is, kontak asseblief vir Esna Boshoff, die OOV Voorsitter (esnaboshoff@gmail.com).

Baie geluk aan Ella en Stephan le Roux wat Jannies van die week is. Dankie dat julle so gereeld herwin! Geniet die Col’Cacchios geskenkbewys.

Dankie aan almal wat 2L melkbottels en 5L waterbottels gebring het vir die kunsprojek van Kidz Positive. Sien die foto’s – pragtige protea blomme is uit die plastiekbottels gemaak en kan tans in sommige Woolworths winkelvensters gesien word. Die projek staan bekend as “From Waste to Wow”.

Onthou: Daar is ook ‘n houer waar elektroniese afval herwin kan word.

Kyk gerus na die video waar ‘n insetsel oor Liewe Aarde op KykNet se nuuskanaal was.

Hoërskool Jan van Riebeeck het hulle slimste, veelsydigstes en hardwerkendste leerders tydens die skool se jaarlikse merieteseremonie beloon vir hulle harde werk. Van die spesiale toekennings wat die aand uitgedeel is, gaan aan oud-Laerskool Jan van Riebeeckers en sluit in die Jan van Riebeecker van die Jaar wat deur Theodore Pauw gewen is. Hy stap ook weg met Veelsydigste Presteerder seun gr 12, Erekleure vir leierskap (MR en onderhoofseun) asook verskeie vakpryse en ander akademiese prestasies.

Ons hoofdogter, Lila Ferreira en haar tweelingsuster en onderhoofdogter, Nina Ferreira, stap weg met die volgende prestasies. Lila ontvang die trofee vir Veelsydigste Presteerder dogter gr 12, 2de Graadposisie graad 12 en die Jamneck Wisseltrofee en erekleure vir leierskap (MR-voorsitter en hoofdogter). Nina behaal die 1ste klasposisie en daarmee saam die gesogte Dux-toekenning, asook erekleure vir leierskap (MR en onderhoofdogter).

Nog ‘n oudleerder om mee te spog is Emil van der Walt, ons Nuusmaker van die Jaar en Hoofseun van 2019.



Linkerkantste foto – Links: Braam en Daniël Regs: Lila en Nina

Regterkantste foto – Links: Emil van der Walt Regs: Theodore Pauw

AKADEMIE

Die top 3 presteerders van die week is:

3. Helene Greeff 1 085 punte

2. Delmar Benecke 1 350 punte

1. Jana Maree 3 542

Baie geluk Jana!

---

KULTUUR

Alle Eisteddfodmedaljes moet so gou moontlik aan juffrou Groenewald terugbesorg word sodat dit weer by die prysuitdeling oorhandig kan word.

Unisa musiekeksamen-uitslae -regstelling

Liezel Snijders het wel Graad 3 Blokfluit gespeel , maar dit was slegs ‘n evaluasie van 3 stukke . Hier word slegs kommentaar gegee en nie ‘n punt nie.

SPORT

Dear Parents, My name is Reuben Salimu, International Chess Coach and the schools chess instructor. The importance of chess to kids has not been fully appreciated, but I like it because chess is more than a board game. It teaches us to think analytically and to be more successful in life, no matter what our profession. Learning Chess will give your child skills that they can take with them throughout life: • Strategy • Tactics • Creativity • Perseverance • Calculated risk-taking We have chess at the school and its amazing when you get to experience what these kids are capable of and what they do with that limited exposure. The inert ability and talent plus skills they can get from this sport has not been exploited at all. To succeed at chess one needs to be able to: 1.Look 2.Learn 3.Practice The above applies in any area of competence. We have only 30 minutes a week with each group and this is by far not enough to do 1,2 and 3. Moreover, during that time we want to teach them and they want to play and it becomes a conflict. Our solution was to create an online platform which would enable kids to look, learn and practice easily in the comfort of their home. Its also available on android and IOS. With our platform the kids can • Play Real-time Chess games anytime • Chess puzzles • Video content • Guided lessons • Ability to join online competitions • Kids can even play their friends from class or club!

The service costs R200 for 3 months and we provide monthly reports and guides to keep you informed on how they are doing.



To get them started:


Email the following information to us at info@africanchesslounge.org

* First name and Surname of Child

* Name of School

* Your Email

Regards

Reuben Salimu

International Chess Coach

Volg die skakel vir die UITSLAE van die Tableview Swemgala.



Die onder 11’s het hierdie week teen Laerskool Kampsbaai gespeel.

JvR het die loot gewen en besluit om eerste te kolf. Ons teken toe 99 lopies aan in ons 20 boulbeurte.

Daarna was dit ons beurt om te boul. Die manne het goed gedoen en Kampsbaai beperk tot 73 lopies in hulle 20 boulbeurt, met 7 paaltjies plat.

Keegan Schoeman was die uitblinker met die kolf en het 41 lopies nie uit nie, aangeteken.

Met die bal het Taniel Webber en Jan Karsten uitgeblink, met twee paaltjies elk.

Jan Karsten het dit selfs reggekry om die een paaltjie in die helfte te boul!!

Baie geluk manne.

 

Ons spanne het baie goed gevaar die week. Ons uitslae is soos volg:

Gemeng A:Leila Lonte, Daniël Grutter, Marcel Eygenberger en Mia Symington – wen 6-0 teen Parklands Junior Prep

Gemeng B: Hannah Badenhorst, Jacomien van der Westhuizen, Annabel de Jager en Héloïse Strauss – verloor 0-6 teen Table View.

Seuns A: Alexander Newton, Fredrich Erasmus, Daniel van Reenen en Danny Newton – wen 6-0 teen Bloubergridge

Al was dit ‘n baie warm dag het ons kinders baie mooi gespeel. Die A- span het 21 lopies aangeteken teenoor Llandudno se 16 en die wedstryd gewen. Al bestaan die meeste van die B span uit O/8-spelers het hulle 49 lopies aangeteken teenoor Llandudno se 27 en ook hulle wedstryd gewen. Wel gedaan manne en dame!

---

Kliek HIER vir advertensies van die week

Besprekings is ALTYD beter as argumente, want

‘n Argumente is om uit te vind WIE reg is

en ‘n besprekings is om uit te vind WAT reg is.

– Anoniem

Vriendelike groete

J.H. Oosthuizen

SKOOLHOOF

Laerskool Jan van Riebeeck
Kloofstraat 52, Tuine, Kaapstad, 8001
021 423 4209