Laerskool Jan van Riebeeck Nuus

Liewe Ouers,

Datums

Vrydag, 14 Junie 2019 Matthews Kamanga (Terrein) verjaar

Vrydag, 14 Junie 2019 Skool sluit om 10:30

Sondag, 16 Junie 2019 Jeugdag

Maandag, 17 Junie 2019 Openbare vakansiedag

Donderdag, 20 Junie 2019 Magriet van Zyl (Juffrou) verjaar

Vrydag, 21 Junie 2019 Lucinda Crous (Juffrou) verjaar

Saterdag, 22 Junie 2019 Melissa Smook (Assistent) verjaar

Maandag, 8 Julie 2019 Claudia Josephus (Assistent) verjaar

Maandag, 8 Julie 2019 Leon Hanekom (Onderwyser) verjaar

Dinsdag, 9 Julie 2019 Skole heropen

>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Geniet die vakansie, lekker rus en kom veilig terug!

---

NUUTSTE NUUS

 

Die tafels vir die Bring & Raai Quiz aand is nou voltallig. Dankie vir almal wat so vinnig ‘n tafel bespreek het. Verdere inligting rondom die aand sal per e-pos aan die gasvrouens gekommunikeer word.

Betalings kan deur die spanleier op die Karri App gemaak word. Die datum is 19 Julie 2019 om 19:00 in die skoolsaal.

Lekker vakansie hou en verbreed julle kennis rondom:

· Sport& Ontspanning,

· Kuns & Vermaak,

· Geskiedenis,

· Natuurwetenskap,

· Lande en Plekke en wat ook al ons nuwe quiz master gaan uitdink om almal vas te vra.

Albei ons kore is genooi om op 1 Augustus by ‘n koorfees by die Hoërskool Jan van Riebeeck op te tree. Neem asb. kennis van die datum. Verdere reëlings sal later volg. Die kore sal ook later in Augustus by die Weskus Koorfees optree. Die datum is nog nie vasgemaak nie.

Let asb. op die volgende datums:

Eisteddfod Klavier: 3, 5, 12 Augustus

Eisteddfod blokfluit: 27 Julie

Alle betrokke deelnemers kry individuele briewe.

---

VERDERE NUUS

ALGEMEEN

Naam en van: Ayden Februarie

Graad: 6W

Waar bly jy?: Groenpunt, Kaapstad

Gunsteling vak: Ek hou daarvan as ons groeplees doen in die Engelse klas.

Ek is ‘n trotse Jannie en ek is deel van ons skoolkoor. Ek geniet dit om te sing. Ariana Grande is my gunsteling sanger.

Baie geluk aan die volgende leerders wat so gereeld herwin!

20 Mei Lida Mari Bosman Gr.3 DG

27 Mei Ben Esterhuyse Gr.1 DJ

3 Junie Conrad Slabber Gr.2 vZ

10 Junie Claire van den Heever Gr.4 F

Julle is Jannies van die vorige 4 weke en ontvang elk ‘n R100 Col’Cacchios geskenkbewyse Vrydag tydens saal. A.g.v. van die musiekkonsert en eksamen was daar nie saal die laaste paar weke nie.

Emil van der Walt (graad12) van Hoërskool Jan van Riebeeck het die seniorbeker by Vrydagaand se UCT-prysuitdelingsfunksie verower met ‘n uitsonderlike driekuns. Hy het 100% vir al drie rondes behaal. Meer as 7 500 hoërskoolleerders uit sowat 160 verskillende skole neem deel aan die eerste ronde. Daarna word die top studente na die UCT Challenge uitgenooi en ’n handvol dring na die UCT Olympiad deur. HS Jan van Riebeeck het hierdie jaar baie goed presteer en onder die Top 20 skole met ons uitslae geëindig.

---

KULTUUR

Die volgende uitslae is in klavier behaal:

Andree van Zyl, Graad 2: 77 %

Ben Terblanche, Graad 2: 80%

Linden Murray, Graad 2: 86%

Baie geluk julle!

---

Kliek HIER vir advertensies van die week

“A positive thinker sees the invisible, feels the intangible and achieves the impossible.”

– Winston Churchill

Vriendelike groete

J.H. Oosthuizen

SKOOLHOOF

Laerskool Jan van Riebeeck
Kloofstraat 52, Tuine, Kaapstad, 8001
021 423 4209