Laerskool Jan van Riebeeck Nuus

Liewe Ouers,

Datums

Vrydag, 21 September 2018 Kaskarkompetisie

Saterdag, 22 September 2018 Dapper Stappers

Dinsdag, 25 September 2018 Geen saal

Dinsdag, 25-27 September 2018 Tennis Rondomtalie vir ranglys

Woensdag, 26 September 2018 Gr.3-7: Skrywersbesoek TROULA GOOSEN

Woensdag, 26 September 2018 Liewe Aarde Sivvies

Donderdag, 27 September 2018 Markdag (Skool sluit om 13:00 vir Gr.1-3 en 13:15 vir Gr.4-7)

Donderdag, 27 September 2018 Sivvies

Donderdag, 27 September 2018 Lucia de Jager (Juffrou) verjaar

Vrydag, 28 September 2018 Sivvies

Vrydag, 28 September 2018 Skool sluit om 10:30

Saterdag, 6 Oktober 2018 Marinda Brink (Juffrou) verjaar

Dinsdag, 9 Oktober 2018 Suzaan Burger (Assistent) verjaar

Dinsdag, 9 Oktober 2018 Bibi Stoffberg (Juffrou) verjaar

Dinsdag, 9 Oktober 2018 Christopher Banda (terrein) verjaar

Dinsdag, 9 Oktober 2018 Skool heropen

Woensdag, 10 Oktober 2018 Buitemuurse program begin

Vrydag, 12 Oktober 2018 Gr.6:Lead4Life CONRADIEVELD

Saterdag, 13 Oktober 2018 Kaperjolle CONRADIEVELD

Saterdag, 13 Oktober 2018 Tweekamp Liga 2 JVR

Saterdag, 13 Oktober 2018 Swem: Distrik pre-proewe

Woensdag, 17 Oktober 2018 Swemgala by Table View

Woensdag, 17 Oktober 2018 Tennis Ligawedstryd

Woensdag, 17 Oktober 2018 0/11 Krieketwedstryd

Donderdag, 18 Oktober 2018 GEEN SPORTOEFENING

Donderdag, 18 Oktober 2018 Kooroptrede met Laurika Rauch

Vrydag, 19 Oktober 2018 Ouer- en kindkamp op die Conradieveld



> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Akademiese Spele: Sportwetenskappe – 17 tot 21 Sept.

Baie dankie aan almal wat tot dusver ons akademiese week op een of ander wyse ondersteun het. Dit is wonderlik om te sien hoe die kinders die aktiwiteite geniet!

Vrydag sluit ons af met ‘n skattejag vir gr. 4 & 5, kaskarwedrenne vir gr. 1 – 7 en nog ‘n paar interessante aktiwiteite. ‘n Groot dankie aan Marinda Brink wat aan die hoof gestaan het van die projek, asook al die onderwysers en ouers wat gehelp het. Dit was beslis ‘n reuse sukses!

Saterdag 13 Oktober.

Hou asseblief hierdie datum oop vir “Potjiekos kaperjolle” op die Conradieveld.

ALGEMEEN

Die skool probeer om so vinning en effektief moontlik inligting by ouers te kry en van ouers af te ontvang. Ons maak gereeld van Google vorms gebruik. Dit het egter onder ons aandag gekom dat daar nog verwarring oor die gebruik van die vorms heers. Ons vra dat julle asb. ALLES op die vorm noukeurig lees. Die inligting wat jy invul, word slegs aan die skool gestuur as jy op die knoppie druk wat sê SUBMIT. Die vorm kan soms in afdelings verdeel word en dan verskyn daar ‘n next knoppie onderaan die bladsy. Indien jy niks op daardie afdeling hoef te voltooi nie, druk next totdat jy by die laaste afdeling kom waar staan SUBMIT. Nadat jy submit gedruk het sal daar altyd ‘n boodskap verskyn wat jou bedank vir die voltooiing van die vorm. As jy nie die boodskap sien nie, het ons nie jou vorm ontvang nie.

Naam en van: Taytum Jacobs

Graad: 2E

Waar bly jy?: Vredehoek

Gunsteling vak: Ek hou daarvan om op ‘n Vrydag in ons klas in my tekenboek te teken. Ek hou ook van lees. My gunsteling boek is Dagboek van ‘n Wimpy Kid.

Ek is ‘n trotse Jannie, want ek help altyd my maats as hulle seerkry.

DUSN bied vir die afgelope 2 jaar 3D Printing werkswinkels aan by die Laerskool Jan van Riebeeck waarin die werksessies op hul beurt bydra tot ‘n meer innoverende aanslag in die ontwikkeling van studente se kritiese denke en bied sodoende ‘n holistiese ervaring tot WWKT (Wiskunde, Wetenskap, Kuns en Tegnologie) vakke.

Die geleentheid en behoefte het begin vorm om hierdie werksessies toeganklik te maak vir afgeleë gemeenskappe wat nie dieselfde geleenthede geniet as ons nie. Die potensiële werkswinkels word moontlik gemaak in samewerking met die Ubuntu Forum in Loxton wat fokus op die ontwikkeling van vaardighede, opleiding en die welvaart van die Loxton-gemeenskap.

Daar word beoog om die pilot- reeks van werkswinkels in die eerste week van die Desembervakansie bekend te stel in Loxton en ons is tans in die proses om borge en befondsing vir die projek te vind.

Om betrokke te raak kan die skakel na ons webtuiste gevolg word vir ‘n meer volledige uiteensetting van die projek waarvolgens verdere insette gelewer kan word.

http://www.dusn.co.za/loxton-community-project/

Die skrywer, Troula Goosen (Raaiselklip, Skool is ‘n riller, Maanligmeermin), besoek die graad 3 to 7’s op Woensdag, 26 September.

Haar boeke is beskikbaar by meeste boekwinkels of op NB-uitgewers se webtuiste.

AKADEMIE

Na baie voorbereiding het die aand uiteindelik aangebreek om aan die kompetisie deel te neem. Dit was heerlik om die goeie gees in die bus te ervaar. Niemand was op hul senuwees tot en met 10 minute voor die kompetisie nie.

Die skole wat aan die kompetisie deelgeneem het,is :

Van Riebeeckstrand, Gené Louw, Welgemoed, Mikro, Brackenfell, Table View, Melkbos Privaat, Curro Langebaan, Elkanah House, Chatsworth en ons. In totaal was daar 41 spanne.

Die leerders wat ons verteenwoordig het,is:

Jacomien van der Westhuizen, Anna van Biljon, Lili Louw, Alexander Newton, Stef Mostert, Mari Swanepoel, Nicholas de Jong, Dawid Adler, Albert Matthee, Christiaan Stimie, Chris Scott, Henry Potgieter, Benjamin Pienaar, Johann Jordaan, Gerard Snijders en Peet Karsten.

Die kompetisie is geskryf in 3 afdelings nl. spoedtoetse, woordsomme en woordsomme wat die leerders apart en saam kan uitwerk. Die onsekerheid van waar die leerders lê kon jy op hulle gesigte sien net voor die wenners aangekondig is.

Eerste was dit tyd om die wenspanne aan te kondig:

10. Van Riebeeckstrand

9. Curro Langebaan

8. Elkanah House

7. Elkanah House

6. Van Riebeeckstrand

4. Jan van Riebeeck en Gene Louw (Stef Mostert, Mari Swanepoel, Nicholas de Jong en Dawid Adler)

3. Jan van Riebeeck (Albert Matthee, Christiaan Stimie, Chris Scott en Henry Potgieter)

2. Welgemoed

1. Jan van Riebeeck (Benjamin Pienaar, Johann Jordaan, Gerard Snijders en Peet Karsten

Daarna was die aankondiging vir die wenskool. Hier tel hulle al die skole se punte bymekaar om te bepaal wie die algehele wenners is.

Die top 5 skole was:

5. Welgemoed

4. Gene Louw

3. Van Riebeeckstrand

2. Elkanah House

1. Jan van Riebeeck

Dit was onvergeetlik om die genot op die leerders se gesigte te sien toe hulle beloon word vir al hulle harde werk. Dit is die derde jaar in ‘n ry wat Jan van Riebeeck beide afdelings van die kompetisie wen. Ons is uiters trots op hierdie leerders. Julle het ons naam baie hoog gehou. ‘n Spesiale woord van dank aan mnr. Hanekom wat die leerders voorberei het vir die kompetisie. Ons wil ook dankie sê vir mnr. Hanekom, mnr. Joubert en juf. Felix, wat die leerders na die kompetisie vergesel het.



Do You See Now
se Critical Tinkering- werksessies bied die vakansie weer aan studente die geleentheid om aan stuur te kom van die 4de industrïele revolusie.

Met 3D ontwerp en 3D printing werksessies dra ons by tot ‘n holistiese benadering in studente se onderrig deur die teorie relevante toepassing te gee in ons werkswinkels.

Werksessies geskied op 1-2 Oktober en word aangebied in Laerskool Jan van Riebeeck se rekenaarsentrum. Volg gerus die skakel na ons webtuiste vir registrasie en werkswinkelbesonderhede.

http://www.dusn.co.za/holiday-workshops/

---

KULTUUR

Agt van ons Gr 1 en 2 dansers neem deel aan die American Academy of Ballet Performance Awards. Arwen Weich in Graad 6 neem ook deel.

Wanneer: Saterdag 22 Sept 2018 by JvR Laerskool Saal

Tyd: 14:00 – 15.15

Kaartjies: R30 by die deure

Kom ondersteun ons gerus! Bring maats en familie.

Lekker dans:

Jada Kalonda Badibanga

Isabella Marais

Danielle Boshoff

Sanmari v Schoor

Kerala Allewell

Karlien vd Walt

Lida -Mari Bosman

Arwen Weich

Simon van Dyk en Markus de Ridder (gr.3) het Saterdag, 15 September, die Gala -aand van die onlangse WKOD -kunskompetisie se Provinsiale ronde bygewoon. Dit was ‘n” rooi tapyt – geleentheid”wat onder andere bygewoon is deur die Minister van Onderwys , me. Debbie Schafer en die Weskaapse onderwyshoof, mnr. Brian Schreuder.

Die digter/rymkletser/musikant , HemelBesem, was die gasspreker.

Die ander distrikte het leerders ingesluit wat van so ver as Klawer en Oudtshoorn gekom het om die geleentheid by te woon.

Hier is Simon en Markus met die trofeë wat hulle ontvang het.

Baie geluk aan Jan Murray (gr. 7) wie se kunswerk ‘Endless boundaries’ gekies is vir Santam se 2019 aanlyn-uitstalling .

Die titel van hierdie jaar se kompetisie was “When I’m big”.

Daar was meer as 3500 inskrywings en Jan het met sy werk ‘n goeie bedrag geld vir ons skool gewen!!

Ons is baie trots op hom!

Albei ons kore tree op 18 Oktober om 19:00 by Hoërskool Parow saam met Laurika Rauch op.

Kaartjies is by juf. Helecia Groenewald te koop: kontant of EFT aan die skool.Die kaartjies kos R120 per persoon.

SPORT

Die tweekampseisoen het Saterdag afgeskop by Hoërskool Stellenberg. Dit was heerlik om so baie van ons atlete, 18 in totaal, te sien wat deelneem.

Die atlete se uitslae van Saterdag:

Delmar Benecke – 1ste

Willem Vorster – 5de

Ané Swanepoel – 1ste

Isabella Marais – 2de

Ruald Naudé – 5de

Dawid-Wiese Viljoen – 6de

Alexander Benecke – 4de

Albert Griesel – 10de

Sophia Liebenberg – 6de

Cara Swanepoel – 10de

Stef Mostert – 2de

John Willcox – 4de

Kian Eksteen – 7de

Mia Nortjé – 1ste

Mari Swanepoel – 5de

Isabella van der Walt – 6de

Adriaan Huysamen – 11de

Bernardt Wiese – 12de

Die ondersteuners was baie beïndruk hoe mooi ons altelete lyk en hoe goed hulle presteer het. Die seisoen is nog lank en daar is nog baie byeenkomste wat voorlê, maar dit gee tyd vir nog baie oefening en baie goeie uitslae. Ons sal mooi dophou hoe die atlete se tye verbeter.

Baie geluk aan die volgende seuns wat die afgelope naweek (14 &15 Sept) in die Paarl aan ‘n baie kompeterende 0/11 tennistoernooi teen 7 baie sterk skole deelgeneem het.

Fredrich Erasmus, Jan Karsten, Danny Newton, Sebastiaan Boshoff, Sebastiaan Maree en Christian Boshoff.

Hulle het goeie karakter gewys en aangehou om voluit te speel tot die einde. Baie dankie aan elke ouer wat die naweek rondgery het om te kom ondersteun, julle is tops!

Die skole wat deelgeneem het was Klein Boishaai Paarl, Noord-Eind, Courtrai, Kenridge, Durbanville, Eversdal en Rondebosch.

Baie dankie aan elkeen wat hierdie oggend saam met ons gedeel het. Ons wil in besonder vir Matchpoint tennis dankie sê vir die paar ekstra lesse vir ouers en die oggend se reëlings.

Die weer was perfek en van die ouers het vroeg ‘n paar balle kom slaan vir opwarming. Dit was wonderlik om te sien hoe almal van klein tot groot mekaar akkommodeer wanneer dit by vaardighede kom. Jonger boeties wat eintlik saam gekom het om die balman te wees het later ook ‘n paar balle geslaan.

Soos die oggend verloop het,is die vuur aangesteek en wors is gebraai vir worsbroodjies.

Ons hoop nie daar was te veel seer lywe nie, want ons weet by die volgende toernooi op 1 Desember,gaan daar nog meer mense wees!

Op Saterdag, 13 Oktober, vind die Distrik swemproewe se rondte by Laerskool Table View plaas. Indien u kind nie aan ‘n klub behoort nie en graag wil deelneem, kyk asb deeglik na die onderstaande vereistes en voltooi dan die vorm deur die skakel te volg. VORM

Doel van die Proewe:

Hierdie rondte is geskep om vir almal, selfs skoolswemmers wat nie aan ‘n klub behoort nie, die geleentheid te gee om aan die Wes-Kaap proewe deel te neem. Geselekteerde deelnemers sal dan in aanmerking kom om aan ‘n maksimum van 4 items deel te neem by die WK proewe wat vir 21 Oktober beplan word.

Reëls en inligting vir Pre-Proewe:

*Inskrywings sluit, 24 September om 16:00.

*Alle swemmers wat nie aan ‘n klub behoort nie, moet deur die skool ingeskryf te word.

*Klubswemmers moet registreer en bevestig in watter skool hulle is.

* Klubswemmers moet deur hul klub inskryf, via TM Zip file.

*Item kategorieë is as volg: Seuns en dogters Ouderdomme:11; 12; 13; 14; 15; 16 en 17.

*Slae is 100 Vryslag (Free), 100 Borsslag (Breast), 100 Rugslag (Back) en 100 Vlinderslag (Fly)

*Atlete mag vir ‘n maksimum van 4 items inskryf.

*Slegs atlete wat gebore is vanaf 2001 tot 2007 mag inskryf.

*Atlete moet minstens ‘n vlak 2 kwalifiserende tyd swem om in ag geneem te word vir die Wes-Kaap proewe. (sien aangehegde dokument vir tye)

*Swemmers se ouderdom word bepaal deur die eerste dag waarop die SA Skole Kampioenskappe begin, 9 Desember. Dit beteken dat atlete wat op 9 Desember 10 of 18 is mag NIE deelneem nie.

*Die perseel se reëls moet gehoorsaam word.

*Atlete word aangeraai om swempet, 2 handdoeke en verversings saam te bring.

*Alle atlete en beamptes moet 60 minute voordat die byeenkoms begin, by die registrasietafel aanmeld. Enige onttrekkings moet met die spanbestuurder (Juf Andri Baird) gekommunikeer word.

*FINA tegniese reëls word toegepas..

*Die duur van die pre-proewe sal bepaal word deur die aantal inskrywings wat ontvang word.

Ons het die geleentheid aangegryp om op 17 Oktober by Laerskool Table View aan hulle swemgala deel te neem. Ons sit in die unieke situasie dat ons nie hierdie jaar enige swemgalas aangebied of bygewoon het nie. Dit beteken dat ons tye en inligting van 2017 moet gebruik om die span saam te stel vir hierdie gala. Ons wil egter vir nuwe leerders of enige ander leerders wat nie op hierdie stadium deel van die span is nie, die geleentheid gee om aansoek te doen daarvoor. Belangstellendes moet bewys kan lewer van ‘n tyd wat hulle gekry het by hul klub of ‘n ander gala in 2017 of 2018 vir die item waarvoor hulle wil inkryf .

Hierdie bewys moet aan die sportkantoor (sport@jvrprim.co.za) gestuur word sodat dit met die ander kinders vergelyk kan word.

Volg die skakel om die VOORLOPIGE SPAN te sien.

Dit kan nog verander soos leerders se deelname met hulle bevestig word.

Reëls vir die gala:

1. ‘n Skool mag slegs een swemmer per item inskryf.

2. ‘n Swemmer mag aan 2 individuele items en alle aflosse deelneem

3. Alle swemmers moet ‘n swemkep dra in die swembad.

Ons wil graag ons ranglys op ‘n regverdige manier bepaal en nou al vir volgende kwartaal reg kry. Ons eerste ligawedstryde vind 17 Oktober plaas. Daarom het ons besluit om die laaste week van skool te gebruik om die kinders gedurende die skooldag teen mekaar te laat uitspeel. Dit is oop vir alle Gr.4 – 7 leerders wat kan tennis speel en self kan telling hou. Volg die skakel en voltooi asb. die vorm. Inskrywings sluit Vrydag, 21 September om 17:00.

TENNIS VORM

---

Kliek HIER vir advertensies van die week

Oordeel my nie volgens wat ek besit nie; oordeel my volgens wat mý besit.

-Anoniem

Vriendelike groete

J.H. Oosthuizen

SKOOLHOOF

Laerskool Jan van Riebeeck
Kloofstraat 52, Tuine, Kaapstad, 8001
021 423 4209