Die skrywer en fotograaf, Philip de Vos, het die Graad Ses-leerders Vrydag vir ons Wêreld Boekedag-viering besoek. Hierdie jong 79-jarige Kapenaar het jonk en oud op sy lewensreis van Bloemfontein tot in die Kaap saamgeneem. Met die huppel in sy stap, sang en rymelary het hierdie veelsydige oud-onnie die Graad Sesse vir 45 minute lank aan sy lippe laat hang.
Hallo walvis hoesie water?
Ons het leesboeke ter waarde van R4600 na afloop van die Afrikaanse boeverkoping van laaskwartaal ontvang. Baie dankie aan LAPA-uitgewers wat dit moontlik gemaak het.

Boekkarakters
Ons leerlinge het die Boekkarakter-sivvies Vrydag baie geniet. Meer foto’s en nuus hieroor in die volgende Suidooster. Baie dankie aan ouers & belangstellendes vir hulp met kostuums sodat ons ons gunsteling karakters kan lewe gee!

Links staan Philip met een van sy boeke en regs is Lumarie Fourie, gr.4VDV, as Rooikappie.